Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Maak My Wakker Voor Jy Gaan: A Justic Sekuriteit Roman
Maak My Wakker Voor Jy Gaan: A Justic Sekuriteit Roman
Maak My Wakker Voor Jy Gaan: A Justic Sekuriteit Roman
Ebook174 pages2 hours

Maak My Wakker Voor Jy Gaan: A Justic Sekuriteit Roman

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die nuwe nagklub in die stad is 'n lokval vir Justice Sekuriteit, gestel deur hul grooste aardse vyand, Esteban Fernandez.

Die nuutste en warmste nagklub in die stad het Justice Sekuriteit gehuur om sy klante te beskerm teen gevaar. Elke aand was die klub oop is, moet daar ‘n roterende vors van vier brommers en twee gewone drag personeellede tussen die betalende klante sirkuleer, net soos die bestuurder gevra het.
Vanaand het Joey Justice en Misty Wilhite opgedaag in die rotasie, saam met die klimmers Brandon King en Patty Ferguson. Toe Joey en Misty arriveer het Joey die klub binnegegaan terwyl Misty terug kar toe is vir ‘n vergete item. Terwyl Misty by die kar is, sien Misty die klub word oorgeneem deur ‘n groot vors gewapende mans en al die uitgange word geseël.
Binne word die ware eienaar van die klub indentifiseer as Justice Sekuriteit se grootste vyand, die Meksikaan dwelm kartel leier Esteban Fernandez, wie telefonies dreig om al die klub klante te vermoor tensy Joey homself opgee en Misty binne toelaat.
Op ‘n ander front, terwyl amper al die beskikbare personeel by die klub is, is ‘n moordenaar los in die amper verlate Justice Sekuriteit gebou. Die moordenaar is stil, vinnig en ‘n glibberige kalant. Jessica Queen, een van Justice Sekuriteit se nuutste vernnote, het ‘n klein groepie in die geslote gebou en moet die moordenaar vind ... of self vermoor word in die proses.
Vasgevang binne die klub saam ‘n klompie honderd onskuldige mense tydens ‘n dodelike kat-en-muis spel, moet Joey en sy vier brommers hul bes probeer om almal veilig te hou en nie gevang te word nie. Terwyl tyd uithardloop, maak ten minste een van Justice Sekuriteit se span lede die grootste opoffering ... maar kan hulle almal red? En kan die twee aanvalle verwant wees?
Geïnspireer deur die treffer lied “Wake Me Up Before You Go-Go” en vol spanning en afwagting, beloof “Maak My Wakker Voor Jy Gaan-Gaan” om jou op die punt van jou stoel te hou tot op die laaste bladsy!
LanguageAfrikaans
PublisherTektime
Release dateDec 18, 2023
ISBN9788835459767
Maak My Wakker Voor Jy Gaan: A Justic Sekuriteit Roman

Related to Maak My Wakker Voor Jy Gaan

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Maak My Wakker Voor Jy Gaan

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Maak My Wakker Voor Jy Gaan - T. M. Bilderback

    Boek beskrywing

    Die nuutste en gewildste nagklub in die stad het Justice Sekuriteit gehuur om sy klante te beskerm teen gevaar. Elke aand wat die klub oop is, moet daar ‘n roterende mag van vier brommers en twee gewone klere personeellede tussen die betalende klante sirkuleer, presies soos die bestuurder gevra het.

    Vanaand het Joey Justice en Misty Wilhite opgedaag in die rotasie, saam met die brommers, Brandon King en Patty Ferguson. Toe Joey en Misty arriveer, het Joey die klub binnegegaan terwyl Misty terug kar toe is vir ‘n vergete item. Terwyl Misty by die kar is, sien Misty die klub word oorgeneem deur ‘n groot mag gewapende mans en al die uitgange word verseël.

    Binne word die ware eienaar van die klub geïdentifiseer as Justice Sekuriteit se grootste vyand, die Meksikaan dwelm kartel leier Esteban Fernandez, wie telefonies dreig om al die klub klante te vermoor tensy Joey homself oorgee en Misty binne toelaat.

    Op ‘n ander front, terwyl amper al die beskikbare personeel by die klub is, is ‘n moordenaar los in die amper verlate Justice Sekuriteit gebou. Die moordenaar is stil, vinnig en ‘n glibberige kalant. Jessica Queen, een van Justice Sekuriteit se nuutste vennote, het ‘n klein groepie in die geslote gebou en moet die moordenaar opspoor ... of self vermoor word in die proses.

    Vasgevang binne die klub saam ‘n klompie honderd onskuldige mense tydens ‘n dodelike kat-en-muis spel, moet Joey en sy vier brommers hul bes probeer om almal veilig te hou en nie gevang te word nie. Terwyl tyd uithardloop, maak ten minste een van Justice Sekuriteit se spanlede die grootste opoffering ... maar kan hulle almal red? En kan die twee aanvalle verwant wees?

    Geïnspireer deur die treffer lied Wake Me Up Before You Go-Go en vol spanning en afwagting, beloof Maak My Wakker Voor Jy Gaan-Gaan om jou op die punt van jou stoel te hou tot op die laaste bladsy!

    Oor die Outeur

    T.M. Bilderback is ‘n voormalige radio aanbieder met ‘n klomp stories wat rondhardloop in sy kop, meestal gebaseer op, of geïnspireer deur klassieke liedere. Die outeur woon tans in Tennessee en skryf koorsagtig om al die stories in boekvorm te kry voor hulle hom skreeuend in die straat af dryf.

    MAAK MY WAKKER VOOR JY GAAN-GAAN

    A JUSTIC SEKURITEIT ROMAN

    Deur

    T.M. Bilderback

    Vertaal Deur

    Marlette Taljaard

    Inhoudsopgawe

    Hoofstuk 01

    Hoofstuk 02

    Hoofstuk 03

    Hoofstuk 04

    Hoofstuk 05

    Hoofstuk 06

    Hoofstuk 07

    Hoofstuk 08

    Hoofstuk 09

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Kopiereg 2013 deur T.M. Bilderback

    E-boek Omslag ontwerp deur Christi L. Bilderback

    Omslag Foto gelisensieer deur © Can Stock Photo Inc / Arturkurian

    Alle regte gereserveer. Geen deel van hierdie roman mag gekopieer of herdruk word sonder die uitdruklike toestemming van die outeur nie.

    Vir Christi

    My ondersteuning,

    My inspirasie,

    My alles.

    .

    Hoofstuk 01

    Die wekker begin sy skrille geskreeu teen vyf namiddag. Terwyl die amper oorweldige drang om dit op te tel en deur die vertrek te gooi onderdruk word, het Brandon King sy arm uitgesteek en dit saggies afgesit. Voordat hy ingee tot die idee om net nog ‘n paar minute te slaap, het hy die komberse afgegooi en homself uit die bed gesleep.

    Nuwe taak vanaand. Moet skerp lyk. Moet geskeer WEES! Weer spanwerk saam met Patty.

    Brandon het na Chris se kant toe gekyk. Ek is mal oor die taak maar dit neuk beslis ons tyd saam op.

    Hy het badkamer toe gestrompel om te gaan skeer en stort. Terwyl Brandon geskeer het, het hy gedink aan sy taak die laaste week.

    Brandon King was ‘n brommer – ‘n uniform sekuriteit offisier by Justice Sekuriteit. Brandon het sy werk baie ernstig opgeneem. Hy is raakgesien deur Joey Justice, die leier van die maatskappy, en sy vennoot, Percival King Louie Washington. Louie het hom uitgenooi om met hom te praat oor ‘n gewone klere pos. Brandon was aan die begin baie opgewonde, maar agterna het hy besluit om die aanbod te weier. Soos hy Louie vertel het, hy voel dat hy  nog ‘n bietjie tyd nodig het in die voorste linies, maar het gehoop dat die aanbod weer aangebied sal word op ‘n latere stadium.

    Brandon, het Louie gesê, Die aanbod staan. Wanneer jy dink jy is reg, kom sien my. Die werk is joune, man.

    Dit was lekker om te weet dat die groot base so baie van hom dink.

    Brandon het ‘n Baccalaureusgraad in Kriminele Justisie. Hy is besig met aanlyn klasse en werk vir sy Meestersgraad. Wanneer hy dit het, sal hy dit oorweeg of hy dit met ‘n doktoraat wil opvolg.

    Hy was een-en-twintig jaar oud.

    Brandon het die stort kraan oopgedraai en onder die sproei gaan staan. Hy het daar gestaan en die hitte hom laat wakker maak terwyl dit hom skielik slaat.

    Toe hy sy beste vriendin en vennoot, Patty Ferguson, vertel het van die aanbod, het sy gesê, Ek het daarvan geweet. Mej. Wilhite het my ook ‘n promosie aangebied.

    Het jy dit geneem? het Brandon gevra.

    Patty het geglimlag en hom teen die arm geslaan. "Wat dink jy?"

    Patty was besig met dieselfde kursusse as hy wat Brandon is maar sy het ‘n stekie ambisie wat soms haar eie goeie oordeel verbysteek. Maar, nie in hierdie geval nie – sy het ‘n brommer gebly.

    Wanneer ons gewone klere agente word, gaan ons saam, het sy gesê. "Dis wat beste vriende doen!"

    Brandon het uit die stort geklim, afgedroog en toe gaan regmaak om te skeer. Terwyl hy sy gesig vol room smeer, het hy sy huidige taak hersien.

    ‘n Nuwe klub in die stad, eenvoudig "Wham" genoem, het besluit hulle benodig meer sekuriteit as net ‘n paar spiertiere en het Justice Sekuriteit gehuur. As resultaat, het Wham vier brommers en twee gewone klere agente tydens oop ure. Die klub bestuurder het gesê dat hy verskeie dreigemente ontvang het, en dat die klub se eienaar hom beveel het om ekstra sekuriteit te huur, en het spesifiek Justice Sekuriteit gespesifiseer.

    Brandon was gestasioneer by die klub die afgelope drie aande. Dit was maklik genoeg, maar vir een of ander rede het Tony Armstrong, Justice Sekuriteit se hoof brommer, hom saam met Jim Crowe in ‘n span gesit en hulle het die ingang saam beman. Crowe se neerbuigende en nogal baasspelerige houding teenoor die klante het Brandon mal gemaak en hom laat wonder hoekom een van die klante nie net vir Crowe in die gesig klap nie. Uiteindelik het hy genoeg gehad en gisteraand het hy Tony gebel en gevra om Crowe ‘n ander taak te gee.

    Ja, seun, ek weet wat jy sê, het Tony gesê. Jou voormalige gewone klere agent het reeds gekla. Jy het langer uitgehou as wat meeste mense sou. Laat ons sien ...

    Brandon kon papier hoor beweeg. Oukei, jou vriendin, Patty, is vry more aand. Ek sal haar in jou span plaas en ek wil hê julle twee moet binne die klub patrolleer. Ek kan nie vir Crowe vervang nie, ek het nie op die oomblik iemand om hom mee te vervang nie ... maar ek kan iemand anders in sy span plaas by die deur. Hoe klink dit?

    Dankie Tony, het Brandon geantwoord. Ek was bang dat ek hom dalk self met ‘n vuis gaan bykom.

    Tony het gelag. Ek weet, kind, ek weet!

    Hei, Tony?

    Ja, Brandon?

    Wie gaan die gewone klere agente wees?

    Brandon het gehoor Tony blaai weer rond. Lyk soos ... hei, jy en Patty het die goudpot geslaan. Julle kry die grootman homself en sy meisie.

    Joey Justice en Misty Wilhite. Terwyl hy in ‘n span is saam met Patty.

    Moet skerp lyk. Moet skerp WEES! het hy gedink terwyl hy sy gesig afspoel.

    *****

    Die ewige dilemma met hierdie werk is nie of ek iemand moet skud, of skiet of hulle moet aankla vir ‘n kriminele daad nie. Die ewige dilemma is dit: Aangesien ek by Wham werk vanaand, moet ek minimale grimering aanwend of moet die Volledige Monty aanwend ... Ek bedoel, die volledige Patty?

    Patty Furguson het na haarself in die badkamer spieël gekyk.  Haar blonde hare het haar aantreklike en fyn gesig omraam. Haar diep blou oë het nie haar emosies verraai nie. Die ligte sproete oor die brug van haar neus en die boonste deel van haar wange het ‘n buitemuurse privaat lewe belowe.

    Nie so nie. Patty het die buitelewe gehaat. Elke keer wat sy al ooit gaan kamp het of gaan stap het, het iets slegs gebeur wat haar laat besluit het dat die buite lewe nie so lekker is nie. Haar ouers was groot buite lewe mense en het haar en haar broer altyd vir ‘n week gevat vir ‘n kamp elke liewe somer. Een jaar het sy visgevang by die meer waar hulle altyd gekamp het en toe haar lyn styf geraak het, het sy dit begin in katrol en baklei teen wat ook al gebyt het. Toe sy uiteindelik die lyn naby genoeg ingekatrol het sodat haar pa die net kon gebruik om te skep, het hulle ontdek dat ‘n groot breekskilpad aan die hoek gebyt het, die dop ‘n goeie vyftien voet lank. Haar pa het die skilpad in die boot getel om hom te probeer los hak maar die arme skilpad het dit onmoontlik gemaak. Die skilpad se temperament, pyn en vrees het dit aggressief gemaak. Dit het amper al Patty en haar gesin se vingers en tone geneem en haar pa het toe maar die lyn gesny en die skilpad oorboord gegooi. Hy het die hoek net daar in die skilpad se kaak gelos sodat dit nou ‘n mooi kaakring het om by sy skilpad vriende mee te spog. ‘n Ander keer terwyl hulle gaan stap het een somer, het sy die paadjie verlaat om te gaan piepie. Sy het nie die blare herken as giftige eik nie en het ‘n paar weke gejeuk op haar teerste plekke.

    So, nee, Patty was nie die buite lewe tipe nie, tensy dit sypaadjies, teerpaaie en die stad insluit.

    Patty was wel ‘n brommer ... by Justice Sekuriteit! Sy was baie trots op daardie feit en dat sy dit reggekry het om by haar beste vriend uit hoërskool dae nog, te kon bly regdeur haar loopbaan, nou ‘n klompie jare later. So ver, in elk geval.

    Soms wens Patty sy het die promosie aanvaar na g drag agent. Maar, as sy het, weet sy dat die geleentheid om saam met Brandon te werk nie so gereeld sou gebeur nie.

    Sy het vir Misty Wilhite gesê, Nee, ek dink ek moet vir eers ‘n brommer bly. Brandon en ek kan meer goed doen op hierdie manier. Ten minste vir ‘n rukkie.

    Misty het geglimlag. Ek verstaan, Patty. Laat weet my wanneer jy gereed is. Die werk sal daar wees vir jou.

    Maar ... op nagte soos hierdie, om te werk in die gewildste nuwe klub in die stad ... as sy in gewone klere was ...

    Skroef dit! Uniform of nie, dis die volledige Patty en klaar!

    Patty het begin om haarself te grimeer.

    ******

    "Misty! Gaan jy heelnag neem?" het Joey Justice deur die badkamerdeur gevra.

    Ek het jou gesê ek is besig om my gesig op te sit, het Misty geantwoord.

    Hoekom? Het dit afgeval?

    Gesê soos ‘n man wat die hele aand op die bank wil spandeer ...

    Speel net, hartjie.

    U-u...

    Ons moet genoeg tyd hê voor ons moet vertrek... Ek wil gou ‘n uil knip. Sal jy my wakker maak oor omtrent ‘n uur, voor ons gaan?

    Ja, Joey, Ek sal jou wakker maak voor ons gaan. Ek beplan mos nie om alleen na hierdie storie toe te gaan nie.

    Dankie, my heuning bytjie. Ek is lief vir jou!

    ******

    Tony Armstrong het Mark Haase, die nag ontvangs, vinnig ingelig oor alles voor hy die voorste lessenaar aan hom oorhandig het.

    En moenie vergeet nie, Mark, ek doen ‘n dubbel vanaand, het Tony aan Mark gesê. "Ek werk die uniform skof vanaand by Wham. Ek het so baie klagtes ontvang oor Jim Crowe dat ek hom eerstehands wil observeer."

    Was die klagtes so erg? het Mark gevra.

    Meer as waaroor ek wil praat. Meer as wat ons vir ‘n brommer moet kry.

    Wat is die paniek woord?

    Ritterbekkie. In die onwaarskynlike geval dat jy een van ons hierdie woord hoor sê vanaand, stuur almal. Ons sal dan in groot ga-ga wees.

    Ten minste sal jy die kinders by jou hê vanaand. En die groot base. Dit mag dalk help met Crowe.

    Tony het gelag. Ek hoop verseker Crowe mors nie vanaand op terwyl Joey daar is nie. Hy sal homself op sy eie gaai sien bons ... en die baas sal die bons werk doen!

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1