Maar Tintin in Tibet
()
About this ebook
Annelie Ferreira
Ná ’n BA en diploma in Vertaling aan die US het Annelie Ferreira as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers gewerk. Daarna volg deeltydse- en vryskutwerk vir ’n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ’n aantal nie-fiksieboeke, asook ’n roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ’n boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, met twee dogters, en bly tans in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy reis gereeld terug na hulle huis in Durbanville. Haar jeugroman Tot siens, koning Arthur word bekroon as die Goue Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2012 en die M.E.R.-prys vir jeugroman in 2013.
Read more from Annelie Ferreira
Tot siens, koning Arthur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDit vat guts Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsChuck Norris kan deel deur nul Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Kameel, 'n sprinkaan en 'n vrot tamatie Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Maar Tintin in Tibet
Related ebooks
Joe Speedboot Rating: 4 out of 5 stars4/5Kyk my in die oë Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAs die Cape Flats kon praat: Green Eyes en ander stories Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBlits: Perlemoendiewe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDaar is 'n ou in my aarbei-smoothie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk en Prins Donkerkuif Rating: 5 out of 5 stars5/5Anderkant die scrap Rating: 4 out of 5 stars4/5Speurhond Willem en die seerowers Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKospotte van Egipte en Italië Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie besoeker Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMoord Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSewe-en-veertig Rating: 5 out of 5 stars5/5Koors Rating: 5 out of 5 stars5/5Speurder Kwaaikofski 8: Vuilspel en nat voete Rating: 5 out of 5 stars5/5Kwaaiwater Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKortetjies en 'n lange Rating: 0 out of 5 stars0 ratings’n Hart is so groot soos ’n vuis Rating: 4 out of 5 stars4/5Ouens is nes ekstra bagasie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKaroonag Rating: 4 out of 5 stars4/5In die buitenste ruimte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVlerke vir almal Rating: 4 out of 5 stars4/5Die Poort 1: Bewakers Rating: 1 out of 5 stars1/5Hartstories: Huis toe met 'n ligter tred: Huis toe met 'n ligter tred Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsTien lukrake en baie kort kortverhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSpeurhond Willem in die Amasone Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBreinBliksem Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Poort 2: Reisigers Rating: 5 out of 5 stars5/5Hou jou oë oop Rating: 4 out of 5 stars4/5Tienerharte 3: Hartedief Rating: 5 out of 5 stars5/5Op die toneel Rating: 4 out of 5 stars4/5
Reviews for Maar Tintin in Tibet
0 ratings0 reviews
Book preview
Maar Tintin in Tibet - Annelie Ferreira
Dae soos daai Vrydag behoort te kom met ’n waarskuwing.
’n Soort shit alert, sê maar op jou selfoonwekker, verskaf deur ’n span van die Huisgenoot-astroloog, Die Burger se Weerhaan en George Claassen. Dit behoort alle areas van shit te dek.
Die shit wat jy sien kom, moet jy seker maar vat. Pa sug graag: Wat jy saai, sal jy maai
, gewoonlik in gesprekke oor F.W. en die uitverkoop van die Afrikaners, vroue in die kerk, gays in die kerk, ensovoorts – hy’s ’n NG predikant, maar van sy beste vriende is Doppers. (Dis ook hoekom ek ’n eerste jaar B.A. Admissie onder my sondes kan tel. Wat kan ek sê? Die appel het gedink die wêreld eindig onder die boom.)
Dis een van Pa se min sienings waarmee ek saamstem (statisties onbeduidend, ’n mens kan dit uitwerk selfs al sleep jy Psigometrie), hoewel ek reken ek en Pa maai verskillende goed van dieselfde saad. En ek dink meer daaraan as karma, soort van. Maar daardie Vrydagmiddag, in my ou Golfie in die middel van Stellenbosch, was my lewe so skoon soos Tutu se gewete.
Ek het ’n halfuur tevore my laaste vraestel vir Bedryfsielkunde III klaar geskryf. Ek het harder geleer vir die flippen vak as ooit tevore (een sleepvak is genoeg), waarvoor ek toe, in ooreenstemming met die saai-maai-teorie, beloon is deur al die vrae te kry wat ek gespot het.
Al my remliggies en die regterkoplig het weer gewerk, my spark plugs was sparking en my splinternuwe lisensie netjies sigbaar teen die voorruit vasgeplak. Ek het amper gewens ’n spietkop trek my af.
En die beste van alles: Ek was op pad na Ingrid om haar op te laai vir ’n week alleen by ons vakansiehuis op Struisbaai voor sy na haar ma-hulle op Langebaan sou gaan, en ek by CD Select op Stellenbosch sou inval vir die vakansie. Ek moet ’n paar shit lewens agter die rug hê om ’n meisie soos Ingrid te verdien, sy is ongelooflik. Mooi, slim en agtermekaar. Die ou wat blonde grappe maak met haar in die ronde sal sleg tweede kom. Nie dat sy nie ’n joke kan vat nie. Sy lag baie.
Een lewe alleen net vir daardie paar borste.
So, daar’s ek in my Golf onder ’n helderblou hemel, my venster wyd oop in die Novemberhitte, besig om ’n verkeersirkel rustig te nader. Voor my is ’n Jack and Jill Driving School-nommertjie wat nie noodwendig so vinnig beweeg dat jy dit met die blote oog kan sien nie. Maar dis niks. Ek meen, ek het my beurt ook gehad, in Bloemfontein. Gelukkig het hulle breë strate daar. En ná ek my lisensie gekry het, het ek self ’n meisie of twee geleer. Dis beter om agter ’n leerlingbestuurder se kar te wees as langs haar binne-in die kar.
Ek sien die Jack and Jill voor my hik soos die enjin vrek. Dit skud weer aan die gang, rev brullend – en jaag agteruit in my vas.
My kop kap teen die kopstut vas. My bonnet skiet oop. Die kar ruk dood.
Shit.
Ek pluk die deur oop en tuimel uit. Die buffer is ingeduik soos ’n Coke-blikkie, onder my kaal voete is iets nats. Die radiator moes ’n knock gevat het.
Shít. Idiotiese leerlingbestuurder! Idioot!
Die deur aan die bestuurskant gaan rukkerig oop en ’n meisie klim uit. Sy het ’n koperrooi poniestert en huil dat die trane spat. Ek is verskriklik jammer!
snik sy. Ek is verskriklik jammer, Oom!
’n Ou kom aangestorm van die passasierskant. Nie ’n dag ouer as die oom nie, sy hare in ’n kuifie gejel. Jis, Meneer, jammer hieroor.
Ek weet nie watter deodorant hy gebruik nie, maar hy behoort sy geld terug te vra. Ons het versekering, al jou skade sal gedek word.
Die rooi poniestert skud vreeslik. Ag hemel, sy kon dit seker nie gehelp het nie.
Die nat onder my voete raak ’n plas. Ingrid het ook nie ’n kar nie, haar pa het vir haar ’n nuwe een vir Kersfees belowe nadat haar oue ’n paar weke gelede finaal uitmekaargeval het. Ek soek-soek na die vriendelike weergawe van: Gaan ry verder in Namibië! Nóú.
Ek haal diep asem. Ek was eintlik op pad Struisbaai toe,
sê ek uiteindelik, maar nou’s my radiator stukkend, lyk dit.
Nou huil die meisie éérs. Sy het ’n stywe T-shirt aan en met elke snik dein haar borste, wat my vir ’n oomblik van die kar laat vergeet.
Ons gebruik altyd Maartens Motors. Ek bel gou, dalk kan hulle vinnig help,
sê Kuifie en klap sy selfoon oop.
Halfvyf op ’n Vrydagmiddag? Good luck, ou pel.
Jack and Jill se agterste buffer hang self skeef, rooi stukkies glas van die remligte gestrooi op die pad. Asook glas van my blinknuwe regterkoplig … Ek wil saam met die meisie begin huil.
Agter ons dam karre op, ’n bestuurder toet.
Kuifie praat vinnig oor sy foon. Hy duik terug in die kar en kom te voorskyn met ’n pen en notaboekie. Meneer, kan jy asseblief jou besonderhede vir ons neerskryf? Naam, adres, foonnommer …
Hy vroetel in sy hempsak. Hier is ons besigheidskaartjie. My naam is hierop, Shaun van der Merwe.
Skreeuende bande soos ’n ongeduldige bestuurder verbyjaag. Dink jy ek staan vir my gesondheid hier, genius!
Ons staan en wag vir Maartens Motors se insleepdiens. Ek kan nie sien waar die radiator seergekry het nie, ek raai daar’s ’n kraak aan sy onderkant. Ek probeer die bonnet toemaak, maar dit spring weer oop.
’n Patrolliekar hou naby ons stil, ’n spietkop klim belangrik uit. Wat ’n waste. Net ’n paar minute gelede nog het alles aan my kar voldoen aan wettige standaarde.
Toe die meisie die verkeersman sien, verkrummel haar gesig weer.
Ag genade, arme ding. Wat sou die drukkie-protokol wees met ’n meisie wat jou kar opgesmash het? Moenie worry nie, regtig,
troos ek. Shit happens. Met almal. By the way, ek is Lukas.
Eva,
snik sy.
Dalk moet ek ’n tissue vir haar aanbied, maar toe ek my hande in my broeksakke steek, is daar net ’n selfoon, beursie en paar plakkies kougom in.
Dis die soort omstandighede waarin mens nie dadelik iets ergers verwag nie.
My selfoon begin lui.
Dis Pa.
Pa?
Lukas? Waar is jy?
Nog in Stellenbosch. Hoekom?
Ek staan op die oomblik voor julle woonstel. Willem is ook nie hier nie.
Hoe nou? Pa is veronderstel om in Bloemfontein te wees. Wat maak Pa hier?
Ek het jou kom kry.
Oukei, daai memo het ek definitief gemis.
Pa, ek is op pad Struisbaai toe, ek het mos vir Pa gesê. Of vir Ma, minstens.
’n Insleeptrok met MAARTENS MOTORS in goue letters op die kant kom aangery. Of liewer, ek was op pad Struisbaai toe, toe het ’n leerlingbestuurder …
Twee blou oë swem dadelik weer in die trane. … ’n klein ongelukkie met my voorste buffer gehad en nou’s my radiator stukkend.
Ai, Lukas.
Verwytend, nie simpatiek nie. Soos gewoonlik.
Die insleeptrok het nou net hier aangekom,
sê ek. Ek gaan saamry.
Ek sal jou kom kry. Watter plek is dit?
Maartens Motors. Hulle is net onderkant Papegaaiberg.
Ek beduie die pad soontoe en lui af.
’n Dude met spiere wat bult onder sy oorpak het uit Maartens se trok geklim. Ek staan nog nader om te help, toe het hy klaar die arme Golf se voorkant van die grond af gelig met sy insleephaak. Ek klim by hom in die trok se kajuit.
Ingrid. Ek beter haar gou bel. Ek is omtrent ’n halfuur laat, sien ek nou eers.
Die telefoon lui tot haar voicemail aangaan. "Hallo, dis Ingrid.
Ek is nie nou beskikbaar nie, maar …"
Ek wag ’n rukkie, toe probeer ek weer. Voicemail.
Dalk is sy in die toilet. Vroue kan ure vat daar.
Het julle soos ’n nooddiens, dalk?
vra ek die man van Maartens. Om ’n radiator vinnig reg te maak?
Die ou skud sy kop. Ons maak halfvyf toe op ’n Vrydag, julle het my net betyds gekry.
Sy stem is diep. Ons sal niks verder kan doen voor Maandag nie. En as Jack and Jill se versekering gaan betaal, sal hulle assessore eers self moet kom kyk voor ons kan begin regmaak.
Crap en crapper.
Ek bel weer vir Ingrid. Voicemail. Flippit, hoop nie sy’t maagprobleme nie. Ek SMS dat sy my dringend moet bel, daar is ’n probleem met my kar.
Ek het net by Maartens Motors uitgeklim toe Pa se silwer Merc daar indraai.
Ek staan en kyk terwyl hy nader ry. Dieselfde kuif en baardjie as altyd, net grys strepe nou in die swart. Kaptein Sardijn, het Willem hom genoem toe ons nog op skool was.
Hy parkeer eenkant terwyl ek my rugsak uit my kar gaan haal en die hand vol CD’s uit die cubbyhole skep om dit ook in die sak te druk.
Toe Pa uit die kar klim, skrik ek. Goeie aarde, van ek hom ’n jaar laas gesien het, het hy selfs dikker geraak, en toe het sy hemde al gekreun by die nate. Toe het Ma nog gesê hulle is saam op hierdie wonderlike dieet, sulke heerlike slaaie, mens word nooit honger nie.
Pa moes ’n enorme hoeveelheid slaaie verorber het.
Hy stap nader, skud sweterig blad. Dag, Lukas.
Ons kyk hoe twee Maartens-manne die Golf tussen ’n paar ander treurige karre instoot. Jy sê dit was ’n leerlingbestuurder? Reg van voor af?
Sy’t in my gereverse.
Gerevérse? Het jy vinnig gery?
Ek het omtrent stilgestaan!
Ek hoor ’n selfoon, pluk myne uit my sak – niks. Moet iemand anders s’n wees. So, sê net weer wat maak Pa hier?
Pa haal ’n sakdoek uit sy broeksak en vee sy gesig af. Ek het jou kom oplaai om saam met my Beaufort-Wes toe ry.
Beaufort-Wes?
Daar is ’n saak wat ek moet gaan ondersoek.
Huh?
Die spierpaleis van Maartens Motors kom nader. Hy is besig om in ’n invoice-boekie te skryf. Jou naam en ander besonderhede?
vra hy.
Lukas Kruger,
sê ek en rammel my foonnommer en adres af.
Hy skeur die boonste bladsy af en gee dit vir my, sê hulle sal my Maandag laat weet.
Ek en Pa loop na die Merc.
Kan ons by Ingrid se woonstel omry?
vra ek. Sy sou saamgegaan het Struisbaai toe, ek moes haar gaan oplaai het.
’n Skaduwee flikker in Kaptein Sardijn se oë. Alleen? Op Struisbaai?
Pa, ek is drie-en-twintig,
sê ek kortaf. En in elk geval weet Ma daarvan.
Nog ’n skadu, maar een wat ek nie kan peil nie.
Nou toe, kom,
sê Pa eindelik.
Dis nie heeltemal hoe ek my Pa se eerste ontmoeting met Ingrid voorgestel het nie, uit die bloute op ’n Vrydag, terwyl sy haar eintlik vir ’n romantiese week saam met my klaargemaak het nie. Oh well. Pa moes darem al foto’s van haar gesien het, Ma het my gevra om te mail. Ma dink sy’s pragtig, natuurlik. Het niks gesê van Pa se mening nie, maar dis normaal, Pa doen nie chatty reaksies nie. Ingrid het ook al foto’s van Pa en Ma gesien, ou Facebook-foto’s van Struisbaai.
Dit pla my dat ek niks