LIGVOETS
Ná tien-plus buitelandse besoeke ken ek darem die basiese dinge rondom inpak, reissekuriteit, vlugtye en meer. Of so het ek gedink tot ek dié reisverhaal neerpen terwyl ek op die aansluitingsvlug huis toe wag. Miskien wou ek heimlik altyd ’n aktrise wees en nou kry ek my kans in ’n eenvrouvertoning, en omdat dit dalk my enigste kans is, moet alles ingeprop word.
Dinge loop van meet af aan vreemd. Op die lughawe naby my huis aangekom, is die vlug na Johannesburg eers ’n uur en toe een en ’n halfuur laat. Voor ons instap, basuin ’n luidrugtige Amerikaner met ’n Trump-haarstyl sy eie angs oor hul aansluitingsvlug uit. Afrika is nie vir sissies nie.
In Johannesburg sukkel die kajuitpersoneel dertig minute lank om ’n trap vir die vliegtuig te laat kom. Die enjin word afgeskakel en ons begin sweet asof ons in ’n sauna sit (met my jas vir Europa oor my arm).
Ek is net-net betyds by die hek van die redery en net toe die grondwaardin seker is ek is die mens op die paspoortfoto, bel ene Mabelo my met die nuus dat sy my tas het.
Ek het reeds my twee stukkies bagasie deurgeboek. Daar sou weens die vertraging in ieder geval ook nie genoeg tyd gewees het om weer in te boek nie. Ek staan dus by die trap van die vlug na Doha en voer debat met Mabelo (van Maseru) omdat sy vreemd genoeg dink dat ek haar tas sou hê
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days