Weg!

Huweliksaansoeke in die vreemde

Dis ’n nagmerrie om uit Dakar te kom. Dis al donker toe ek buite ’n kerk ’n staanplekkie vir die aand kry. Die brandwond op my been (ek het te na aan ’n motorfiets se uitlaatpyp gestaan, sien Weg #201) het begin ontsteek, en my nagrus was ongedurig.

Teen sonsopkoms is ek op pad. Daar lê vandag twee veerbootkruisings voor; die eerste een by Foundiougne oor die Saloumrivier. Daar gekom, is slegs een van die twee veerbote in gebruik. Die voertuie wat staan en wag om aanboord te gaan, is swaar gelaai. Logge vragte goed is tot bo-op die dakke vasgebind. Hulle oorskadu letterlik my bussie, BlueBelle.

Dis ’n mooiweersdag met slegs ’n paar wolkies wat op die rivierwater weerkaats. Die plaaslike vissermanne se kleurryke handgemaakte bote lê aan wal terwyl hulle vis smous. Oorkant die bootjies staan ’n stewige, moderne gebou in kontras. Die werknemers is byna uitsluitlik Chinees. Dis een van etlike nuwe visverwerkingsaanlegte, vertel ’n visserman my. Dié ondernemings het ’n groot impak op hulle bestaan.

Dis uiteindelik my beurt om vir BlueBelle oor ’n ongelyke laaibrug op die veerboot te trek. Ek het skaars uitgeklim en die bussie se deur gesluit toe ’n man ’n reddingsbaadjie in my hande stop. Dis siedend warm, maar ná twee dekades in Europa waar gesondheid- en veiligheidsprotokol by my ingedreun is, trek ek dit sonder struweling aan. Dis eers toe ons al ’n ent gevaar het dat ek agterkom ek is die enigste een wat gehoorsaam was!

Galantheid in Gambië

Nadat ek en BlueBelle van die veerboot af is, ry ek sowat 90 km se redelike teerpad tot by die Karanggrenspos. Daar is skaars 20 m tussen dié geboue en Gambië se grenspos. Aan die een kant het ek nog Frans gepraat, maar moet nou – enkele treë verder – oorslaan na Engels. Die Republiek van Gambië is ’n geologiese aardigheid. Dis 480 km lank, maar skaars 50 km breed en heeltemal deur Senegal omring. Die ganse land is eintlik net die Gambiërivier en die omliggende vloedvlakte.

’n Middeljarige man neem my onder sy vlerk. Ek besef te laat dat ek goedgelowig sy hulp aanvaar het en onnodig vir ’n gratis visum betaal het!

Van die grenspas af ry ek sowat 20 km tot by Barra, die hawestad aan die noordelike oewer van die Gambiërivier. Hiervandaan haal ek nog ’n veerboot na die hoofstad,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante
Weg6 min read
’n Kuier By Die Kokerbome
Augustus het al hoeveel keer probeer om lente te wees. Maar sy is deur die winter grootgemaak en sal nie sommer van haar koue, winderige gewoontes ontslae kan raak nie. Daarom staan ek en vriend Japie Kruger vanoggend steeds om die roosterkoekvuur by
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu

Related