Giggel oor gister
()
About this ebook
"Giggel Oor Gister" is 'n alternatiewe Afrikaanse digbundel. Dit bestaan uit 170 gedigte en drie kleur illustraties. Die digter het gebruik gemaak van 58 formele gedig strukture wat meestal voorkom in Engelse, Italiaanse, Japanese en Indiese digkuns. Dit poog om 'n verwysings werk te wees vir beginner digters.
Giggel Oor Gister is alternative Afrikaans poetry. The book contains 170 poems using 58 different formal poem structures, mostly found in English, Italian, Japanese and Indian poems. It also contains three illustrations in colour done by the author. It was written during 2012 and 2013, aiming to be a reference book for beginner poets in Afrikaans.
Read more from Jan Van Duyker
Grafte op die berg Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Koggelanemoon Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related to Giggel oor gister
Related ebooks
Voorouer. Pelgrim. Berg. Rating: 5 out of 5 stars5/5Ek stamel ek sterwe Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLegendes van Fernando van Noronha en Ander Verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGedagtes van n Woestynkind Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKronkelende Verhale: Feëverhale, #3 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Rook wat Donder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMorrígan Ontketen: Onmoontlike Onsterflikes, #8 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerstevlei Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie binneland in: Nog stories en reise Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDoringboom: 'n Gedigtebundel wat steek! Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWonderboom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerflenterde Verhale: Feëverhale, #4 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHierdie mens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDejavu & Destiny Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIngrid Jonker Versamelde Werke Rating: 5 out of 5 stars5/5Onder die radar: Stories uit ons land Rating: 5 out of 5 stars5/5’n Hart is so groot soos ’n vuis Rating: 4 out of 5 stars4/5Flenters Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsChokers en survivors Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy kat word herfs Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNoudat slapende honde Rating: 5 out of 5 stars5/5Tou Rating: 5 out of 5 stars5/5Katryn: Vrou van die Richtersveld Rating: 5 out of 5 stars5/5Rooiland Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHammie Rating: 5 out of 5 stars5/5Vry- Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPirouette Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAnderkant uit: Stories oor trauma en hoop: Stories oor trauma en hoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDit is Verby Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSo lig soos klip Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Giggel oor gister
0 ratings0 reviews
Book preview
Giggel oor gister - Jan van Duyker
Glips plafon (Haiku)
Gekweste kernkrag,
sentrales wat bang om knak
en soos ‘n blom val.
Hy wou grafitti raam (Hakoe)
Op die geboue langs ‘n kanaal boot vêr
Pryk grafitti in die skemer son
Dit lyk soos skribbel in ‘n vreemde taal
Hebreeus, ja dalk gemeng met Manderyn
Gaan dalk oor die straat se heerskappy
Was dit gespuit oor die vendetta, sy
Miskien jaloesie oor die mooi ontwerp
In ‘n koffiekroeg, peins ‘n valkoog man
Vier vriende met swart jasse lank
Die jasse is boosaardig swart van kwaad
Hul soek en gluur en soek en gluur vir niks
Die valk dink aan ‘n skildery se verf
Finudeense skrif het hy gedoop
Geverf, geraam, geskenk vir ‘n nooi
Sy nooi wat hom wou help met kop
Sy kop wat sukkel met die vreemde
Het later eers gesond geword
Vlieg met ‘n hink (Sonnet Italiaans tiepe1)
In ‘n vliegtuig oor die see vlieg hy
Daar praat so baie mense om sy lyf
Digters kan daaroor bundels skryf
Die stemme praat waaroor hy moet ly
Was hy dan rêrig skuldig wonder sy
Hy noem haar steeds met lag sy wyf
Die een wat hy kon vang met vyf
‘n Hink op die vliegtuig trap, was hy
Na ‘n week se slaap en wonder
Die psigiater weet nie meer nie
Tog help die terapie op sy bed
Daai boek wou hy nog donder
Weet glo niks van hinkepink nie
Hy het maar net sy bas gaan red
Foto’s van ‘n diefstal (Villanelle)
Stap maar stadig daar in Protea straat
Bo, daar iewers, is ‘n oog wat jou kan sien
Dis groot meneer wat skiet in Gordonsbaai
By die kaai daar onder langs bikini’s laat
Daar staan die priester wat vir Babel dien
Stap maar stadig daar in Protea straat
Daar onder sien jy ook ‘n boot met raat
Op sy dek is baie glase, drank en Mien
Dis groot meneer wat skiet in Gordonsbaai
As jy dalk iewers in ‘n sel loop staat
Word jy met pis en ‘n drol bedien
Stap maar stadig daar in Protea straat
Korasie is daar volop soos ‘n vis se graat
Volop daar meneer want jy is tien
Dis groot meneer wat skiet in Gordonsbaai
Polisieman, polisieman jou kaal granaat
Jou siek bende spog met heroien
Stap maar stadig daar in Protea straat
Dis groot meneer wat skiet in Gordonsbaai
Die juk van strandhout (Sonnet Elizabetaans)
As jy my so kielie kan ek lag
Die sukkel is vir eers vergeet
Die pret duur tot laat in die nag
Daai passie is in jou jy weet
Eendag droom ons oor ‘n plaas
‘n Stukkie grond met beeste
Ons sal daarnatoe moet haas
Voor die wilde weste geeste
Daar gaan my Kruger ponde
Ek soek maar net ‘n perd
Jy soek vyf-en-vyftig honde
Saam is ons dit werd
Dan sien ons die juk, dis oud
Was dit dalk van strandhout
Die gedokterde drankie (Sonnet Italiaans tiepe 2)
Op die tennisbaan ‘n kol Brent
Dit is maar net ‘n olie kol
Maar dis gemaak deur ‘n drol
Een wat piroët met ‘n tent
Wie’s in die nuus oor die lastige vent
Hy wat met druppels na drankies toe hol
Vriende maak met die televisie snol
Hy gebruik dan sy laaste paar sent
Nou vat ons sy mooiste koninging
Dis skaakmat teen die tweeling oor my
Dit kom neer op kinder verkragting
Onskuldiges wat daardeur swaar kry
Hul sameswering vir brokkies inligting
Wat vreemd mense onverwags laat vry
Trappies net te vêr (Ghazal)
Haar buitelyne wasig, haar glimlag langs ‘n swembad
In geloof het hy haar aanvaar, in sy manlikke verbeelding
Daar was oomblikke, soos die intense soen voor ‘n toe deur
Al was hul albei daar, was hy nooit in haar vroulikke verbeelding
Michael Jackson, het