SARIE

Rika Sennett ’n SUPER trouper

En daar trou die twee silwerdoek-hartediewe uit die jare sewentig, Rika Sennett en Hans Strydom! Kamma-kamma in Binnelanders as die eens befaamde prof. Letitia Snyman en daardie ou rakker, At Koster. Letitia, met ’n trok vol bagasie uit haar verlede én ’n breingewas . . .

“Dis stories, stories, stories,” sê Rika in ’n WhatsApp-
stemboodskap met haar mooi stem wat jou soos warm sjokolade omvou. Oftewel: drama, drama, drama. Als tot vermaak van die mensdom.

Soos Rika by geleentheid gesê het: “Dis ’n sirkus en ons [die akteurs] die narre.” Haar eie lewe is meer rustige Chopin, minder dramatiese Wagner. Lid van Johannesburg se junior stadsraad op hoërskool, joolkoningin aan die Universiteit Stellenbosch en die land se nuwe liefling in Jan Scholtz se prent. Sedert sy tien was, woon sy in die boomryke Northcliff in Johannesburg, nou net ’n hanetree weg van haar grootwordplek. Getroud, vanjaar 42 jaar, met die akteur James Borthwick. Hul paaie het gekruis toe hulle saam op die planke was – waar anders? Dit was tydens, ’n TRUK-opvoering in die Pretoriase Staatsteater. “TRUK het ’n Kewertjie beskikbaar gestel vir ons wat in Johannesburg woon. Jimmy bel en sê hy moet saamry Pretoria toe. Ek het nie ’n benul gehad wie hy is nie – sy verduidelikings is nooit dúidelik nie – en antwoord ewe: ‘Ek is jammer, dis net vir TRUK-mense.’ Nee, sê hy, hy speel ook in die stuk.” Só het hulle heen en weer in daai Kewertjie gery en die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It
SARIE6 min read
e-pos UIT Hanoi, Viëtnam
Hoekom Viëtnam? Ek en my man, Donovan, het altyd gedroom van ’n avontuur in Asië, maar nooit gedink ons sal boonop ’n tuiste hier vind nie. Ons besluit om Viëtnam te kies was deels geïnspireer deur die entoesiasme van ’n vriendin wat reeds hier was.
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related