Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Elmien
Elmien
Elmien
Ebook334 pages4 hours

Elmien

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

André De Lange verlaat sy ouerhuis op twee-en-twintigjarige ouderdom toe hy besef hy is 'n optelkind en sy broers beskou hom as 'n indringer.
Hy neem sy oorlede moeder se van, Rossouw, aan en neem hom voor om sy gewese familie te wys hy is nie 'n nikswerd nie. Hy verbreek ook sy verhouding met Hannelie toe hy besef slegs besittings en status is vir haar belangrik.
Hy gaan op see om 'n jong meisie van die lewe as haremslaaf te red en ontmoet die smeulende Angelique Pletkin, 'n Russiese skeepskaptein. Sy leer hom om 'n vrou te eer en hoe om haar te bemin.
Hy keer terug as 'n ryk man en koop die plaas onder 'n weduwee, Elmien Du Toit, uit. Hy stem saam met die eiendomsagent. Nie eers al gebruik hy sy verbeelding kan hy dink sy is mooi nie. Tog bekoor sy hom...... Hy onthou wat Angelique gesê het, in elke vrou skuil iets moois.
'n Ou Kaapse verhaal op sy beste.

Hierdie boek is interaktief, so u, as leser, kan met die kies van skakels, kies of u die erotiese weergawe (met beskrywende seks) of die romantiese weergawe (sonder beskrywende seks) wil lees.

LanguageAfrikaans
PublisherJohan Crous
Release dateMar 6, 2017
ISBN9781370362936
Elmien
Author

Johan Crous

Johan CrousI started to write during many recovery periods in Hospital due to surgery.Police officer by day, specializing in event management (disabled).Married to KarinTwo daughters and one granddaughter.

Read more from Johan Crous

Related to Elmien

Related ebooks

Related articles

Reviews for Elmien

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Elmien - Johan Crous

    Copyright © 2016 & 2017 Johan Crous. All Rights Reserved.

    ISBN 978-1-370-36293-6 (Epub)

    All rights reserved. Cover design by Johan Crous Book design by Johan Crous No part of this book may be reproduced in any form or by any electronic or mechanical means including information storage and retrieval systems, without permission in writing from the author. The only exception is by a reviewer, who may quote short excerpts in a review. This book is a work of fiction. Names, characters, places, and incidents either are products of the author’s imagination or are used fictitiously. Any resemblance to actual persons, living or dead, events, or locales is entirely coincidence.

    Address all correspondence and other inquiries to: jcrous699@gmail.com

    Cover designed and created by Johan Crous, images sourced from pixabay.com under public domain license and canstockphoto.com, purchased under Transaction ID: 1D211373WN1552645, dated 18 February 2017.

    PUBLISHED AND MANUFACTURED IN THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

    Self Published: 2016 & 2017.

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Titelblad

    Erkennings

    Waaroor die boek gaan

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3 Eroties

    Hoofstuk 3 Romanties

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7 Eroties

    Hoofstuk 8 Eroties

    Hoofstuk 7 Romanties

    Hoofstuk 8 Romanties

    Hoofstuk 9

    Nabetragting

    Biografie

    Elmien

    deur

    Johan Crous

    Interaktiewe weergawe

    ISBN 978-1-370-36293-6 (Epub)

    Erkennings:

    Die elektroniese weergawe van die boek is opgestel met Ultimate Ebook Creator 2.6.5.0.

    Spel en Taaltoets is met Skryfgoed 5 gedoen.

    Die omslag is ontwerp met Adobe Photoshop CS6 en Corel Paintshop Pro X8.

    Ek het ook Microsoft Office en Mobisoft Office vir Android gebruik.

    Ek is baie dank verskuldig aan Marlaine wat my aangemoedig het toe ek wou ophou skryf.

    Waaroor die boek gaan:

    André De Lange verlaat sy ouerhuis op twee-en-twintigjarige ouderdom toe hy besef hy is 'n optelkind en sy broers beskou hom as 'n indringer.

    Hy neem sy oorlede moeder se van, Rossouw, aan en neem hom voor om sy gewese familie te wys hy is nie 'n nikswerd nie. Hy verbreek ook sy verhouding met Hannelie toe hy besef slegs besittings en status is vir haar belangrik.

    Hy gaan op see om 'n jong meisie van die lewe as haremslaaf te red en ontmoet die smeulende Angelique Pletkin, 'n Russiese skeepskaptein. Sy leer hom om 'n vrou te eer en hoe om haar te bemin.

    Hy keer terug as 'n ryk man en koop die plaas onder 'n weduwee, Elmien Du Toit, uit. Hy stem saam met die eiendomsagent. Nie eers al gebruik hy sy verbeelding kan hy dink sy is mooi nie. Tog bekoor sy hom...... Hy onthou wat Angelique gesê het, in elke vrou skuil iets moois.

    Hierdie elektroniese boek is die interaktiewe weergawe en bevat beide die Erotiese weergawe (seks word beskryf) en Romantiese weergawe (Seks word nie beskryf nie). Volg net die instruksies om te kan kies wat u wil lees.

    Deel 1.

    Hoofstuk 1.

    Meerbank, Wes van Heidelberg.

    Die geluid weergalm oor die land. Sy plat hand tref my vol teen my bors. Ek val agteroor op die vars geploegde voor en sooi. Ouboet is 'n groot man.

    Stommerik! Kyk hoe ploeg jy! Jy sorg dat jy jou regruk. Is dit duidelik?

    Ja Ouboet.

    Ek spring op en gaan na die ploeg. Ek kyk om. My twee broers staan en grinnik. My oudste broer, Ouboet soos ek hom noem, of Gert de Lange, moes iets gesê het, want hy en my ander broer, of Boet soos ek hom noem, in werklikheid Hans de Lange, staan en kyk na my met 'n trek van genoegdoening op hul gesigte. Ek is heelwat jonger as my twee broers. Gert is ses-en-dertig en Boet is vier-en-dertig. Ek is 'n skamele twee-en twintig. Ek is my ouers se laatlam.

    Met 'n gesukkel kry ek en Toon die twee osse terug. Ons moet dit trapsgewys doen. Die ou ploeg is vrek swaar. Ek het al 'n hele paar keer die ou ploeg op die vuur herstel. Ek weet nie hoekom hulle nie maar die ding vervang en klaarkry nie. Dit is al agtien twintig. Daar is al beter beskikbaar. Ek sien Toon kyk na my, hy is eintlik Antoon, een van my pa se getrouste werkers.

    Moet niks sê nie. Ek het nie nou krag vir jou preek nie. Hy bly my broer en ek moet hom respekteer. Los dit nou.

    Toon swyg. By ons is daar geen sprake van baas en kneg nie. Ek en hy is ook inderdaad vriende, al is hy heelwat ouer as ek. Ek kyk terug en sien die rye wat ek geploeg het, is eweredig en reguit. Ouboet wou my seker maar net wys wie is baas, soos hy maar te graag doen.

    Jy sien self.

    Ja Toon, die rye is reguit. Kom ons maak klaar, hulle sal nou-nou moeg word van kyk en padgee.

    Die osse trek toe ek die teken gee en Toon hulle laat stap. Ek moet hard druk op die ploeg se twee handvatsels om hulle eweredig te hou. Pa het na my geluister. My twee broers wou die aapstuipe kry toe ek voorstel ons maak die ploeg se ploegbord korter. My broers het hewig kapsie gemaak toe ek vertel ek het dit op skool geleer en dit was in die geskiedenis lesplan.

    Ek, as die jongste, was skool toe gestuur en ek het my matriek gemaak. My broers het nie en hulle is glad nie gelukkig daaroor nie. Ek onthou hoe my pa gepaai het dat hulle my 'n redelike kans moes gee. Ek het die ploegbord korter gemaak. Die resultaat was onmiddellik sigbaar. Die grond word nie meer heel omgekeer nie, maar dit verbrokkel nou en die eindresultaat is honderdvoudig beter. My broers het my nie hierdie oorwinning laat smaak nie. Ek het al seker vier keer daarvoor moes boet.

    Ek geniet dit om te ploeg. Ek is op my gelukkigste as ek kan werk met grond. Goed, ek gee toe, tweede gelukkigste. Ek is op my gelukkigste as ek my nooi Hannelie Prinsloo in my arms kan neem. Ek het haar baie lief en gaan haar eendag vra om my vrou te word.

    Ek het egter nie nou tyd vir dagdroom nie en ek laat waai met die ploeg. Die een ry na die ander word geploeg. Ek is tevrede met die ploeg se prestasie. Ek gaan die ploeg nog 'n keer verander en aanpas, maar ek gaan my broers nie weer die geleentheid gun om my te kritiseer nie. Ek gaan dit net eenvoudig doen.

    Hoe lyk dit Boet? Sal Ouboet tevrede wees?

    My broer Hans het kom kyk. Ek dink Ouboet het wyslik besluit om nie te kom nie. Dalk is die moontlikheid daar dat ek iets van die ploeg kan sê. Ek het lankal reeds besluit om eerder te swyg. Ek sal maar eerder konflik vermy.

    Dit lyk goed André.

    Hy stap terug huis toe waar hy en Ouboet met hul vrouens saam met Pa en Ma sal koffie drink. Ek en Toon neem die toerusting weg. Ek gaan bêre die ploeg langs die waenhuis waar dit altyd staan. Toon jaag die twee osse stal toe en ons gee hulle water en strooi.

    Vanaand?

    Ja Toon.

    Ek weet ek gaan les opsê oor ek hom stilgemaak het. Toon leer my hoe om te baklei. Ek kan al heelwat meer doen sedert hy my nou al vier jaar lank leer. Toon kan nie verstaan hoekom ek stilbly as my broers my afknou nie. Hulle is immers my broers. Ek het respek vir hulle, al kan hulle my nie juis verdra nie. Ek het nie gevra om te kom nie. Ma en Pa het besluit. Dalk is ek 'n glips. Ek weet nie, maar ek is nou hier en hulle moet dit maar net aanvaar.

    Die waenhuis staan eenkant, so ongeveer sestig jaarts weg van die huis. Die groot deure maak voor oop en dit is nogal 'n aansienlike groot gebou. Dit is langwerpig van ontwerp. Aan die kort sy, weg van die huis af, is daar twee deure. Die groot deur gee toegang tot die gif en saad stoor. Hierin hou my pa sy saad en die swael. Die klein deur is 'n standaard deur en gee toegang tot 'n klein vertrek, waar ek tuisgaan. Dit is agt by tien jaarts groot. Ek het die mure afgewit en die vloer hou ek skoon. Dit het 'n beesmis vloer, maar ek het klei teëls gebak en die vloer geteël. Dit hou nou al die paar jaar sedert ek dit gedoen het.

    Daar is my bed wat eenkant staan, die klein kassie langs die bed en die hangkas. Daar is 'n klein tafeltjie waarby ek kan skryf en ook my klerekas. Ek het self al my meubels gemaak. As Pa dit moes gee, sou my broers seker daaroor ook gesanik het.

    My sink bad staan ook daar. Teen die een muur het ek 'n klein rakkie vasgemaak en daarop is my seep, my wasdoek en my afdroog handdoek. My skeermes is ook daar en my borsel. In my klerekas hou ek my persoonlike besittings in twee van die vier laaie. My skeermes se slypsteen, en my gewone mes se slypsteen is ook daarin. Ek bêre ook my messe daar en op die kassie is my Statebybel wat ek by my Pa gekry het. Dit het eers aan 'n vrou Rossouw behoort. Ek het ook 'n paar boeke.

    My geweer en my boog is in die een hoek staangemaak. My kamer is al plek waar my broers geen seggenskap het nie. Hulle kom ook nooit hier nie. Ek maak self my bed op. My beddegoed word saam met die huis s'n gewas. Ek stryk self my klere.

    Direk agter die deur is 'n kleinerige kassie, waarop en waarin ek my klein bietjie huisraad bêre. Ek het buite 'n klein oondjie gebou met 'n klein yster blad. Ek het my klein keteltjie waarin ek saans laat vir my koffie maak. My broers weet nie hiervan nie en dit is een plesiertjie wat hulle nog nie probeer stop het nie. Ek het onbeperkte toegang tot olie vir die lamp, want ek doen sommige aande die skoene. Ek moet almal se skoene maak. Ek het hierdie ambag vinnig aangeleer. Toon het ook gehelp. Ek moes iets buiten die ystersmid ambag ook leer. Ek weet nooit wanneer ek dalk eendag sal moet padgee nie. Ek kan seker nie vir ewig hier bly nie. Ek het lankal al besef hier is nie vir my plek nie.

    Ek was eers my hande en gesig en ek trek 'n skoon hemp en broek aan. My broers moenie enige rede kry om weer in my keelgat af te spring nie. Dit is immers goeie maniere.

    Ek stap in. Die familie is almal daar, maar niemand sit al aan tafel nie.

    Dag Pa, dag Ma, Ousus en Sus.

    Ouboet se vrou, Henriëtte, en Boet se vrou, Sonette is ook daar. My pa wys ons kan gaan sit. Ek sit op my gebruiklike plek na almal eerste gaan sit het.

    Het julle klaar geploeg?

    Ja Pa, ons is klaar en ons is reg vir die saai môre. Ek sal persoonlik seker maak dat die koring reg gesaai word. André en Toon sal die hark trek.

    Ek wil nie hê daar moet probleme kom nie. André, julle moet die hark kort agter die saaier trek. Ek wil nie hê die voëls moet alles kom opvreet nie.

    Dit is reg so Pa.

    Na ete stap ek na my kamer en tap water in die sinkbad. Ek los net een emmer vol water om op die stofie warm te maak. Ek het 'n reeks potte. Die groot ene kom op die oondjie en ek stook die vuur.

    Ek weet ek sal nie gepla word nie. Ouboet en sy vrou Henriëtte, en hulle kinders woon in die hoofopstal. Ma en Pa ook. Boet en Sonnette en hul kinders woon in die bywonershuisie. Ek het lankal al besef daar is nie vir my 'n toekoms op hierdie plaas nie. Wanneer Pa die dag aftree, moet die plaas vir hom ook onderhou en ek sal nie deur Ouboet geduld word as hy die slag baas is nie. Ek het nog nooit enige deel van iets gevra nie, maar hy beskou my as 'n bedreiging. Ek weet nie hoekom nie en ek kon ook nog nooit agterkom hoekom nie.

    Daar is reeds 'n grofsmit op die dorp. Ek sal dus seker maar begin skoene maak en herstel. Daar is ook een op die dorp, maar hy is nie so vaardig nie en ek moes maar inspring toe my broers agterkom my werk is beter as syne. Snaaks dat hulle my ook uitlos as ek besig is om gereedskap reg te maak of skerp te maak. Toon se seun, Kloon, vir klein Toon, help my graag met die blaasbalk en ek het begin om hom te leer. Dit is deels vir die respek wat ek vir Toon het.

    Ek stap na die veekamp en ek sien Toon sit op die boomstomp. Hy praat nie, maar hy beduie ek moet by hom kom sit. Hy swyg eers, maar later begin hy praat.

    André, ek weet van die onrus wat in jou hart broei en wat jy so koester. Ek weet jy het wyslik besluit om nie jou hande te lig vir jou broer nie. Dit is wys van jou. Jou seer wat jy so koester in jou hart gaan, of kan jou vernietig. Jy moet iets anders kry om te koester. Ek gaan nie vanaand met jou oefen nie, want ek kan jou nie juis meer leer nie. Ek wil jou iets gee. Ek dink ek sal jou uit hierdie groef uit kry.

    Hy gee my iets. Ek kan in die skemer voel dit is yster.

    Wat moet ek met hierdie blokkie yster maak, en hoekom dink jy dit sal my uit my groef uit kry?

    André, jy moet nou baie mooi na my luister. Onthou jy die dag toe jy my kom wys het, toe jy jou jagmes klaar gemaak het?

    My hand beweeg onwillekeurig na die jagmes aan my sy. Ek trek dit uit die skede. Die mes het al heelwat slytasie op, maar dit is heel diensbaar. Dit is gemaak op die maklike manier deurdat ek die hef met twee hout plankies bedek het en drie koper klinknaels gebruik het. Die moeilike, maar mooi manier is om die hef dun te maak en deur 'n horing te druk of hol hout, maar ek soek iets wat onbreekbaar is.

    Hierdie mes is my trots.

    Ja, ek onthou Toon.

    Ek wil hê jy moet hierdie yster blokkie hou. Dit kom van Japan af en is ongelooflik duur. Hulle maak hul swaarde daarvan. Kry jou idee hoe swaar dit is en kry 'n ander stuk net so swaar, maar van die beste of hardste yster wat jy kan kry.

    Jy smee hulle aan mekaar en slaan dit dan heeltemal plat. Vou dit dan weer dubbel en smee aan mekaar en slaan dit weer plat. Doen dit meer as 'n honderd keer as jy kan. Dan het jy yster wat uit lae bestaan, baie dun, maar die yster is dan drasties sterker as nou en sal baie langer hou. Maak dan jou mes en jy het regtig een om op trots te wees. As jy sukkel om goeie yster te kry, koop of kry 'n ou swaard of bajonet.

    Ek kyk met nuwe oë na die yster blokkie. Ek het al heelwat gelees oor die Japannese se gehalte swaarde. Ek weet meteens ek sal nie kan rus voor ek dit probeer het nie.

    Dankie Toon, jy weet beslis hoe om my uit my swartgallige bui te kry.

    Kom ons gaan hardloop.

    Ons draf 'n stewige ent voor ek terug stap. My water is warm en ek gooi die bad vol en skuif die ketel op die oond. Ek trek my uit en klim in die bad en was my lyf. Ek dink weer aan die stuk yster wat ek in my laai weggesteek het.

    Ek gooi die water uit en ek gaan na die kassie en haal 'n stuk biltong uit. Ek maak koffie, en gooi heuning in en sit dan en staar in die vêrtes. Ek maak my goed skoon en na ek vir my siel gesorg het, klim ek in die bed.

    Die werfhaan kraai my wakker. Ek is vroeg op en ek skeer. In die spieël kan ek die blou merk op my borskas sien waar Ouboet my geklap het. Ek trek my werkklere aan en stap huis toe om my pap te gaan eet. Ek drink koffie en eet beskuit ook. Ek neem net twee blokkies, want Ouboet gaan weer my kop afbyt as ek nog wil eet. Dit is niks as hy vier of meer blokkies eet nie.

    Dit is onheilspellend stil aan tafel. Ek dink iets is gesê voor ek gekom het. Ek eet klaar en verkas.

    Môre André.

    Môre Toon.

    Ek het klaar die perde ingespan.

    Ek kyk na die lande en sien die twee perde wat daar staan met die harke agter hulle. Ek en hy stap saam. Ek het my hoed op my kop, en soos altyd my mes aan my sy.

    Soos gewoonlik is Ouboet kortaf.

    Sorg dat jy ordentlik hark.

    Ja Ouboet.

    Sy hand swaai ritmies van links na regs na hy 'n handvol koring korrels gevat het en hy skiet dit uit oor die grond. Ek stap met die perd agter hom. Teen middagete is ons halfpad met die land. Toon loop agter Boet.

    Middagete is heerlik. Ek eet vinnig en verkas. My twee broers drink eers koffie saam met my ouers en hul vrouens. Ouboet wil my tog nie daar hê nie. Ek wonder soms of hy dalk dink ek is 'n bedreiging vir hom.

    Ons werk weer die hele middag en ons is kort voor aandete klaar. Daar is net genoeg tyd om die perde weg te sit en gesig te was. Ek is nou so honger soos 'n wolf. Ek trek die deur van my kamer toe en ek stap na my ouerhuis.

    Die huis is groot, gebou soos 'n huis moet wees. Ek weet daar is nog steeds oop slaapkamers in die huis. Die stoep is so groot soos die huis. Die kombuis is ruim en almal staan soos gewoonlik rond en wag vir my pa. My broers staan by hul vrouens. Henriëtte en Sonette is twee mooi vrouens. Hulle is sagter van geaardheid as hul mans. Ek kan net goed van hulle praat. Die kos is reeds in die bakke op die tafel.

    Ons gaan almal sit toe my pa inkom. Ons vat soos die gebruik is, hande en hy dank. Ek val weg. Henriëtte en Sonette het afval gekook. Dit is heerlik. Ek wag eers tot almal klaar hul tweede bordjie geskep het voor ek myself help. Hulle weet beslis hoe om kos te maak.

    André.

    Ja Pa?

    Ek en jou broers het gepraat. Ons wil hê jy moet die wa gaan laai en dan moet jy, Antoon en Jaap die wa neem en dit dorp toe neem.

    Dit is reg so Pa.

    Jy moet maar vir julle kos saamneem, want julle sal eers oormôre terug wees. Betaal die geld in ons bankrekening.

    Sal julle my verskoon asseblief?

    Sonnette keer my toe ek by haar verbyloop.

    Gaan jy by Hannelie kuier?

    Ja Sus, ek gaan.

    Geniet dit.

    Dankie, ek sal.

    Ek gaan na Toon se huis en ek lig hom in.

    Ek sal dadelik die wa gaan laai. Ons het die sakke aartappels gereed. Ons het dit verwag.

    Toon, ek gaan kyk of ek 'n bajonet kan kry.

    Jy moet steenkool ook koop, asook klinknaels en geelkoper vir die hef.

    Ek bring my keteltjie saam, en ook my boog.

    Ontspan jy en ons sal laai.

    Nonsens, ek kom help.

    Ons is vier mans en ons laai die aartappels. Dit is al pikdonker toe ons klaar is. Ek is al weer honger. Ek stap om na my kamer en in die stap sien ek die voorhuis se lamp brand nog. Dit is donker by Boet se huis. Hulle kuier nog almal saam. Ek voel in die donker en ek steek die lamp aan. Ek moes die tonteldoos drie keer slaan om 'n vlam te kry. Ek het 'n kan olie in die hoek. My lamp is vol. Die aanslaan van die vuur is gou en ek gaan haal water. Ek swaai die hefboom op en af en gou-gou is die twee groot emmers vol.

    Die klein kassie het beskuit en biltong in. Ek weet dit is Sonette se werk. Ek het haar een dag betrap toe sy 'n slopie beskuit en biltong bring. Sy het my gevra om nooit daaroor te praat nie. Ek weet Boet sou nie tevrede wees nie. Sy sorg dat ek altyd voorraad het. Sy bring koffie ook. Ek maak koffie terwyl ek wag en ek eet 'n stukkie biltong. Ek speel weer met die blok yster in my hand. Dit smeer my hand swart.

    Ons is al op voor die mense in die huis wakker is. Toon se vrou het ons kos gebring. Dit is beskuit en biltong. Daar is ook 'n slopie met koffie. Ek het my keteltjie vol koffie gereed en ons drie drink elkeen twee koppies voor ons vertrek.

    Griet is bly om my te sien. Sy was uitbundig toe ek haar opsaal. Sy ruk haar kop op van opgewondenheid. Ons vertrek met die osse wat die wa trek. Ons beweeg lekker vinnig. Hulle ken die pad en gee geen probleme nie. Ons stop vir middagete en ek maak koffie. Ons eet ons deel en beweeg die laaste deel na die dorp. Die osse is nou haastig en weet hulle gaan water kry en rus.

    Ek neem die geld na die bank. Ek het die bewys van die transaksie by my. My broers sal nie met my kan argumenteer nie. Hulle weet die eienaar van die mark is eerlik. Meneer Steenkamp het my persoonlik ontvang, want die bank was leeg daardie tyd.

    Middag André, wat kan ek vir jou doen?

    Oom, ek wil net hierdie geld deponeer op my pa se naam.

    Seker ou seun.

    Hy gaan haal die dokumente van my pa en skryf die bedrag in. Hy gee my die skriftelike bewys.

    Dankie Oom.

    André, as jy weer kom, moet jy jou boekie ook bring. Ek wil jou rente aanpas.

    Dankie Oom. Ek sal so maak.

    My volgende stop is by die algemene handelaar. Toon en Jaap help my dra. Ek sit die sakke met skoene neer. Niemand op die plaas weet dat ek vir oom Pieter Jooste skoene maak nie. Dit is harde werk, maar ek kry geld in wat ek andersins nie sou gehad het nie. Die afgelope vier jaar se werk het my al 'n lywige banksaldo gegee. Ek het al meer as vyftig pond in die bank.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1