Aangaande Astrid
()
About this ebook
Geskryf in die eerste persoon, praat die roman oor die ontmoeting tussen die verteller, Francis en 'n vreemdeling, 'n vrou wat Astrid genoem word, op 'n strand.
Francis is 'n desperate, onlangse bankrot biljoenêr wat kontak met sy familie verloor het, juis omdat hy daarna streef om ryk te word. Hy ondergaan deur die verhaal 'n persoonlike ontleding van sy geleidelike transformasie in 'n wrede werkalkoholis net om onbewustelik 'n ernstige pa te wees. Hy praat regdeur die roman duidelik oor sy angstig soeke na geluk wat hy tot dusver nie kon vind nie.
Astrid, deur middel van sensitiewe en slim dialoog, help hom om sy hartseer te oorkom en om vreugde te vind op plekke waar hy nooit gesoek het nie. Francis word geleidelik verras deur die uiterste wysheid van hierdie vrou en haar aansteeklike "Joie-de-vivre" en eers in die laaste paar bladsye, weet hy dat sy 'n weduwee is, 'n weeskind, en dat sy haar oë verloor het in 'n ongeluk, en tog is sy gelukkig, ten spyte van haar beproewing. Francis se probleme word skielik futiel.
Die boek eindig met 2 briewe, een van Astrid aan Francis gestuur om hom in te lig dat sy haar sig herstel het, danksy 'n onbekende kornea-skenker. Die tweede brief word deur Doris, Francis se vrou, aan Astrid gestuur om haar te vertel dat Francis oorlede is aan 'n hartaanval, maar dat hy "gelukkig" gesterf het, danksy haar hulp daardie dag op die strand, en dat hy [Francis] die onbekende skenker is.
Samevattend het Astrid hom gehelp om te sien wat hy nie vir homself kon sien nie. Hy bedank haar deur sy kornea te skenk.
Related to Aangaande Astrid
Related ebooks
Kennis van die aand Rating: 3 out of 5 stars3/5Wreed en mooi is die dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGedagtekringe, 'n Afrikaanse Bundel Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSeks & drugs & boeremusiek - die memoires van 'n volksverraaier Rating: 2 out of 5 stars2/5Liefde en Koeëls: 'n Sam Smith Misterie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVir ewig en altyd saam: 'n Reis van liefde, verlies en hoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsRian: 16 dinge wat ek nie moes sê nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGerugte van reën Rating: 4 out of 5 stars4/5Stiletto Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie verlore seun vannie Gaatjie Rating: 5 out of 5 stars5/5Onbeskryflike genade Rating: 4 out of 5 stars4/5Truitjie roer my nie: Oor Kempton en ander k-woorde Rating: 3 out of 5 stars3/5Die Ambassadeur Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSwemlesse vir 'n meermin Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWater in Wyn in Bloed (Die verhaal van Chris en Maria) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAfvoer Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Neus: 'n Raaiselroman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWeghol Veldbrand Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAlle sondaars welkom: Gedagtes oor God en die grense van mense Rating: 4 out of 5 stars4/5Alles wat blink Rating: 0 out of 5 stars0 ratings101 Bakgat maniere Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie onsigbare pou Rating: 4 out of 5 stars4/5Ons raaiselpad met alzheimersiekte: 'n Persoonlike reis Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsFlentermens word heelmens Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOutopsie: Bloed vertel 'n storie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKies die lewe: Leer dans in depressie Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Hemelhoë hekkie Rating: 3 out of 5 stars3/5Die Kuns van jou Liefde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMarike se laaste dans Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Reviews for Aangaande Astrid
0 ratings0 reviews
Book preview
Aangaande Astrid - Jean-Marie Kassab
Aangaande Astrid
Novelle
Jean-Marie Kassab
EEN SONNIGE DAG
E
K onthou daardie oggend asof dit gister was. Baie jare het verbygegaan sedert ek haar ontmoet het. Die verlate strand, bykans vry van enige teenwoordigheid, behalwe hare, die stil, koesterende son, die natuurskoon, haar gesig, haar stem, haar woorde, tot nou toe diep gegraveer in my geheue.
Gereed en gedetermineerd om vir eens en vir altyd klaar te speel met my probleme, het ek koorsagtig gesoek na 'n verlate plek waar ek kalm kan mediteer voordat ek enige besluite neem wat ek later sou berou.
Ek het gereeld in my loopbaan groot besluite in die stort geneem, of wanneer ek vasgevang was in 'n verkeersknoop, een keer selfs in 'n besige hysbak. Hierdie keer het die behoefte aan eensaamheid homself aan my opgedring, gegewe die kwessies op die spel. Ek het die einde van die pad bereik.
Ek het dikwels gelag vir diegene wat tyd nodig gehad het om te dink. Die soort mense wat 'n Rodin’s le Penseur posisie moes naboots voordat hulle in hul gedagtes kon delf. Ek praat van die ou wat sit, sy ken rustend op sy hand en wat voorgee om te dink. 'n Betekenislose cliché wat my geamuseer het.
Maar wat my betref, moes besluite onmiddellik, sonder enige vertraging, geneem word. Mits die data natuurlik voldoende en duidelik in 'n kort tabel van voordele
en nadele
opgesom is. Voordele
aan die linkerkant, nadele
aan die regterkant; opgestel soos in 'n Balansstaat. Wanneer die voordele
die nadele
oorskry, gooi ek myself kop en skouers in die besigheid in, andersins onttrek ek uit die projek sonder om twee keer te dink en soek ek 'n ander projek met al die energie tot my beskikking.
Ek pas hierdie benadering toe in my besigheid- sowel as in my privaatlewe. Die stelsel was vir 'n baie lang ruk flatervry, totdat dit, nie so lank gelede nie, gefaal het.
Mettertyd het hierdie besluitnemingstegniek van my 'n leefstyl geword, soort van 'n persoonlike leerstelling. Vra al die vrae in die wêreld, natuurlik, hoekom nie, maar dink? Nooit. Ek het altyd vir myself gesê dat die gevolgtrekkings óf in helder daglig gaan verskyn, óf hulle sal nooit verskyn nie.
As 'n vurige ondersteuner van swart of wit, het grys nooit vir my bestaan nie. Dit was nie 'n kleur nie, maar tog word ons van alle kante deur dit omring. Ongelukkig is die wêreld 'n grys plek. Die tragedie is dat grys die gunsteling kleur is van mense wat nie kan besluit nie, en daar is so baie van hulle. Grys laat hulle tuis voel en hulle voel gemaklik in die kokon van veiligheid wat dit hulle bied. My persoonlike mening is dat grys net 'n vuil wit of 'n dowwe swart is, niks meer en niks minder nie.
Ek was op verskeie geleenthede oor die vingers getik deur die mense naaste aan my omdat ek 'n wrede en genadelose roofdier geword het. Min mense het dit gewaag om dit in my gesig te sê, maar ek kon die afleidings maak uit die stil kyke van die skare rondom my.
Ek kon 'n tikkie goedhartigheid bespeur by diegene wat hulself vrylik uitgedruk het, maar dit is die stil kritiek wat my dieper geraak het. Sommige het my manier van dink gekritiseer terwyl ander my wrede dade veroordeel het. Ek is meegdeel dat die lewe te belangrik is om bloot gereduseer te word tot 'n eenvoudige binêre vergelyking met slegs twee eenvoudige uitkomste: óf 'n Ja óf 'n Nee
. Hoeveel keer moes ek van vriend en vyand hoor dat die lewe nie opgesom kan word in 'n reeks van nulle en ene soos in die geval van rekenaarprogramme nie. Nogtans was dit die enigste werklikheid vir my, die rede vir my gedrag. Ek is op verskeie geleenthede 'n hartelose robot genoem, maar ek het hierdie opmerkings as snobisties afgemaak en aangegaan met my lewe. My antwoord was altyd dieselfde: Laat digters pleisters op harte plak en laat die syfers oor aan die ouens wat weet van geld en die wêreld sou sekerlik 'n beter plek wees.
Dit was my manier van dinge doen en dit was vir lank my geheime wapen, die beroemde
"Duke of Nevers,[1] aangeneem deur
Lagardère"[2] , Paul Feval se hoofkarakter in die bekende Franse roman "Le Bossu", wie sy swaard swaai voor hy sy vyand in die voorkop steek, in 'n onkeerbare en dodelike beweging. Terwyl ek TV gekyk het toe ek jonk was het ek gedroom oor só 'n geheime wapen. Ek wou een kry, 'n geheime wapen van my eie, 'n onverbeterlike een wat my elke keer sou laat slaag en my onoorwonne sou hou. Sodra ek dit uitgepluis het, sou ek dit misbruik. Oor tyd en na 'n lang reeks suksesse, het dit teen my gedraai en in my eie hart in gesteek. My soeke na oorwinning het verander in 'n onbeperkte gierigheid.
Sodra ek 'n projek geldig geag het, het ek myself heeltemal daaraan oorgegee, liggaam en siel, met al die beskikbare hulpbronne. Ek moes die hele tyd poker speel, elke keer moes ek met 'n stewige en behendige hand al my skyfies na die middel van die groen tapyt skuif. Om eerlik te wees, die gevoel was verfrissend.
Ek het hierdie alles of niks
benadering gebruik as my persoonlike houvas op ander. Dit het op een of ander manier die leuse van my lewe geword. Ongelukkig het dit geleidelik in 'n las verander voordat ek dit besef het. Ek het geword soos die dobbelaar wat hoop om te wen, of ten minste my geld terug te kry terwyl ek net nog één rondte speel, en dan nog een, terwyl ek sweer dit sou die laaste wees. Behalwe dat dit nooit was nie.
Uitgeput en geruïneer maar gedetermineerd om vir eens en vir altyd 'n einde aan my probleme te maak, het ek hierdie strand aan die einde van die wêreld opgesoek. Ek moes besluit of die beëindiging van my lewe 'n beter opsie sou wees as om voort te gaan met die stryd. Die gedagte aan selfmoord, wat altyd vir my verregaande en onverantwoordelik gelyk het, het geleidelik in my gedagtes ingesluip. Om my lewe te neem het 'n opsie geword en was nie meer 'n onmoontlikheid nie.
Die doel met hierdie reis was in die eerste plek om 'n einde te maak aan 'n lewenslange reis, maar hierdie reis het verander in my eie wedergeboorte. Dit bewys dat dit maklik is om die stuurwiel te neem, maar om jou bestemming te bereik is 'n ander storie.
Ek het voor die tyd geweet dat ek sal huiwer wanneer dit tyd word om die sneller te trek. Nogtans het ek my wapen uit die kluis geneem daardie oggend voor my reis en dit haastig skoongemaak voordat ek die pad aangedurf het. Om dit te gebruik om my eie lewe te neem was onwerklik en selfs absurd, nietemin het die klein speelding in my jas se sak rondgeswaai en was dit gereed om my te verlos van my hel.
SMITH EN WESSON EN EK
D
IT was 'n nikkel bedekte 38 kaliber. Eintlik 'n geskenk van 'n goeie vriend van my pa, 'n ou polisieoffisier, wat my as sy eie seun beskou het. Toe hy die geweer aan my gegee het, het sy knopperige hand liggies op my skouer gerus, en hy het vir my gesê: Ek hoop jy sal nooit nodig hê om dit te gebruik nie. Die beste wapen is die een wat jy nooit hoef te gebruik nie. Dit gaan alles oor selfbeheersing.
Sy woorde het my op daardie stadium verbaas.
Daar was, soos altyd, baie gaste. Ek het besef dat die ou man iets het om my later te vertel, en het 'n nota daarvan in my geheue gemaak, en voortgegaan om my gaste te vermaak. Omdat die drankies gevloei en die musiek te hard was om my toe te laat om uit te vind wat ek so pas van die ou man gehoor het, het ek gesoek na die eerste beskikbare geleentheid om 'n private gesprek met hom te voer.
Dit was my vyftigste verjaardag.
Hierdie onverwagse geskenk het my nuuskierigheid geprikkel. Ek is van nature 'n rustige persoon, ten spyte van my macho arrogansie. Ek het nooit 'n geweer besit of gevoel dat ek een nodig het nie. Om een as 'n geskenk te kry, selfs van 'n voormalige polisieman, was dwaasheid vir my. Ek het sekerlik nie van hom verwag om vir my goue mansjetknope te gee, soos dikwels die geval is op sodanige geleenthede nie, maar ek het my beleefde dankbaarheid met 'n hartlike handdruk getoon.
Toe al die gaste weg is, die musikante se instrumente weggepak is en die eetgerei verwyder is, het hy homself letterlik oor die bank voor die kaggel in my privaatsitkamer gegooi. Sy oë half geslote, 'n glas fynproewer cognac in sy hand, het hy sy storie begin met