SARIE

Die einde van ’n vriendskap

‘Ek verstaan tot vandag nie hoekom my vriendin ons vriendskap kortgeknip het nie, want sy het nie verduidelik nie.

Maar dalk moet ek eers die aanloop tot ons vriendskap skets.

Waarom sy juis daardie dag op my gefokus het, weet ek nie, want ek was die vaal teenpool van haar sofistikasie. My onopvallende, ou klere is bymekaar gegooi vir gemak eerder as om stylvol te lyk. Sy was fyn uitgevat, modieus, die klere ooglopend duur.

Ons was lede van dieselfde kultuurgroep. As ’n “inkommer” het die groep my aanvanklik verwar. A het my teen haar gewaarsku. Sy het my weer teen B gewaarsku. C het teenoor my geïnsinueer dat iemand in die groep, D, “agter haar lyf aan” is. Dit was so belaglik dat ek my vervies het en dit gesê het. Omdat ek in elk geval nie juis ’n groepsmens is nie, het ek my

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Skoen Prag
Loopplankfoto’s Getty Images, produkfoto’s verskaf ■
SARIE1 min read
Droom Rokke
Foto Vonvé Bridal Couture, illustrasie Getty Images/Foto’s Bride & Co ■
SARIE1 min read
Sarie
TROU REDAKTEUR Michélle van BredaKUNSDIREKTEUR Maresa PretoriusPROJEKBESTUURDER Pieter HugoMODEREDAKTEUR Amaria CarstensSKOONHEIDSREDAKTEUR Monica van der WaltTEKSREDAKTEURS Natasja Lochner en Anine CapraroMODESKRYWER Marzanne SchoemanSKOONHEIDSKRYW

Related