Marguerite & Greteli
Marguerite gesels
Jy is sedert 2016 in die bedryf – een wat dikwels meer “nee” sê as “ja”. Hoe het jy geleer om dié verwerping op ’n gesonde manier te hanteer sodat dit nie jou selfbeeld afbreek nie?
Dit het baie met my ouers, Deon en Anina, te make. Ek was vyftien toe ek by die Kaapse agentskap APM aangesluit het. Castings en oudisies het gevolg, waar die mooiste mense op aarde was, en ek het byna net “nee” gehoor. Dan sou my ma-hulle my altyd opbeur, lekker laat lag en net aanhou sê: “Sussie, dit maak nie saak nie.”
Ek het nooit druk van hulle of van my agentskap ervaar nie, wat die teleurstelling baie vergemaklik het.
Die hele proses was net lekker – ons het immers uitstappies van die oudisies gemaak. My agent moes altyd onderhandel vir die laaste , want dit was ’nvanaf die Paarl tot in Kaapstad. Ek sou as koshuiskind aan die Hoërskool La Rochelle op ’n bus klim en my ouers halfpad kry, dan sou ons saam stad toe ry. Ons sou iewers gaan eet, bygesê, ek was en is lief vir uiteet, waarna ek vir sou gaan. Natuurlik is ’n mens hartseer as jy nie die rol kry nie, maar jy leer ook om iets net te laat gaan. My pa sê altyd: “Sussie, as dit moet wees, sal dit wees!”
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days