Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Plettervlug
Plettervlug
Plettervlug
Ebook257 pages4 hours

Plettervlug

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Januarie 1991:
Kurt Lessing, voormalige atleet en nou beginner-onderwyser by 'n skool in die Laeveld, merk met die eerste saalopening van die jaar 'n lenige dogter in die heel agterste ry op. Die skoolhoof lig hom in dat sy 'n Franse boorling is wat by haar ouma in 'n reusagtige herehuis op die dorp bly. Dié en 'n paar andersdenkendes hou middernagtelike séances en word met agterdog bejeën.
Roxanne blyk 'n atleet met baie besonderse vermoëns te wees en Kurt reken dat sy met haar Franse paspoort 'n vrypas kan hê om in wêreldatletiek naam te maak.
Iets pla hom egter, want lank voor hy haar die eerste maal gesien het, het sy in talle drome telkens tot hom gekom teen die aaklige agtergrond van 'n uitwissingskamp in Nazi-Duitsland.
Roxanne onderwerp haar gewilliglik aan sy moordende oefenprogram, dog Kurt bly bekommerd: dit skyn dat sy ster-atleet 'n doodswens koester ...

LanguageAfrikaans
PublisherLewis Logan
Release dateSep 17, 2020
ISBN9781393921547
Plettervlug

Related to Plettervlug

Related ebooks

Related articles

Reviews for Plettervlug

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Plettervlug - Lewis Logan

    PROLOOG

    Olimpiese Spele: Berlyn – 1936:

    Sy voel amper meer senuagtig as vóór die wedloop.  Met net meer as honderdduisend mense op die pawiljoene en vir die eerste keer in die bestaan van die Spele ook die teenwoordigheid van TV-kameras wat wêreldwye dekking verskaf, ook geen wonder nie! 

    Die derde en tweede plekke se medaljewenners  in die honderdmeter naelloop word aangekondig en die twee dames,  ‘n Amerikaner en ‘n Pool,  neem met openlike trots hul plekke op die podium in en ontvang hul onderskeie medaljes.    Daar word beleefd hande geklap.  Die oorgrote meerderheid van die toeskouers is Duitsers, en as trotse Ariese ras kén hulle hul maniere.

    As háár naam gelees word en sy met ‘n veerkragtige beweging haar verhewe posisie tussen die ander twee inneem, bars ‘n oorverdowende gejuig los vir hierdie verdere diamant in die alreeds glinsterende medaljekroon van die Herrenvolk.  As sy vorentoe buig in ontvangs van haar toekenning,  is trane van vreugde wat haar wange benat, duidelik sigbaar.  Uiteindelik!  die hoogste erkenning van pretasie op die atletiekbaan na jare se opoffering, trane en feitlik bo-menslike wilskrag. 

    Sy bring die goue objek, swaar in hand en solied in voorkoms, na haar lippe.  Vir nou en vir altyd: haar méés kosbare besitting...

    Níks wat in die toekoms óóit kan gebeur, sal hierdie prestasie  ongedaan kan maak nie, al het die offisiële Nazi-koerant in ‘n nydige artikel beweer dat die Olimpiese Spele ‘n doeltreffende manier is om die onbeholpenheid van die Joodse nasie aan die kaak te stel.

    Maar vir die huidige is haar geheim nog veilig...

    HOOFSTUK 1

    ROXANNE

    1990

    SKADUKRANS  –  JANUARIE

    Adrenalien: die plotselinge opwelling met die bevel om in die wegspringblokke te sak; die klap van die afsetters-pistool wat die helmvlies van ingehoue energie aan flarde ruk sodat die hormonale vryvloei daarvan spier en ligament tot maksimale  prestasie kan aanvuur.  Gedetermineed  die inslag van spykerskoen op tartan in samehang met ‘n kakofoniese klankgolf van ondersteuners ter aanmoediging tot oorskreiding van uiterste menslike vermoë.

    Om alles te kroon: ‘n verhewenheid vér bokant die normale menslike norm; ‘n geloof in  die onsterflikheid van ‘n gegewe jeug; ‘n lewe lokkend in ‘n uitgemerkte snelbaan tot die oorwinnaarslint; ‘n doelwit getooi met beloftes van steeds groter roem.

    Op die keper beskou: ‘n bestaan in volheid wat teësinnig weier om selfs ‘n gedagte te verleen aan die werklikheid van ‘n lewe buite die verslawende effek van hierdie intense dampkring.  

    Maar die noodlot laat soms die kontak-skakelaar van menslike beplanning in ‘n ander stroombaan sak om húlle wat die een oomblik nog op ‘n verhewe podium staan, met een minagtende veeg tot op straatvlak te demoveer.

    En dís nou presies waar ek myself bevind hier waar ek vir die eerste keer saam met die ander personeellede van Skadukrans Hoërskool op die verhoog sit en wag dat die verrigtinge moet begin.  

    Dit is die amptelike opening van ‘n nuwe skooljaar: dis warm, dog soos die protokol dit blykbaar vereis, is alle mansonderwysers gepak en gedas terwyl hul vroulike kollegas die vryheid het om hulself heelwat koeler te klee.  

    Hierdie onverstaanbare diskriminasie is nie die enigste rede vir my ongemak nie: die feit dat ék vandag die middelpunt van belangstelling van die ganse leerlingkorps in die kleinerige skoolsaal is, is nou nie juis bevorderlik vir die handhawing van ‘n non-chalante houding nie.  Ek kan ook maar net raai dat die  paar mondhoek-gesprekke van die groter dogters op die agterste gestoeltes nou nie juis oor landspolitiek gaan nie.

    Die vensters aan weerskante van die verhoog is oop, maar die ligte briesie wat daardeur stoot, slaag in geen mate daarin om die vroegoggend-hitte op die Laeveld  te besweer nie. 

    In ‘n oogopslag is dit duidelik dat die voorste gestoeltes beset word deur die jongste kinders wat vir die eerste dag in die opset van ‘n groter geheel geassimileer word.  Hul houding  in vergelyking met die res weerspieël onsekerheid: hier en daar selfs ‘n mate van angstigheid. 

    Die middelblok se leerlinge is groter van statuur en dis veral hierdie groep wat met ‘n streng uitdrukking op hul jeugdige gelate  dopgehou word deur prefekte wat, seun- en dogtersgewys,  by elk van die agt deure van die saal stelling ingeneem het.

    Doktor Fritz Rauch het,  sekerlik met voorbedagte rade, vir my ‘n sitplek langs hom aangewys.  Nou klap hy my vaderlik op die bobeen, staan op, verstel die mikrofoon asof oudergewoonte en maak keelskoon.  Onmiddellik is daar ‘n gedissiplineerdie stilte wat neerdaal en verligting spoel deur my as alle aandag  op die geagte skoolhoof gevestig word.  Hierdie verposing blyk egter van korte duur te wees, want nadat hy met welsprekendheid die tersaaklike afkondigings en tradisionele godsdienstige noodsaaklikhede afgehandel het, is dit asof hy nie kan wag om met ‘n verwelkoming  te begin nie. 

    Hy draai effe na agter en beduie met ‘n oop hand en breë glimlag in my rigting. En nou kinders,  in lewende lywe: die man wie se foto julle sekerlik voorheen nog net in koerante en tydskrifte gesien het, die einste meneer Kurt Lessing!

    Ek wriemel effe in my stoel,  voel in verleentheid hoe ‘n onwelkome warmte  teen my nek opkruip. Hopelik vertoon die erkennende glimlaggie wat om my mondhoeke huiwer, nie té geforseerd nie.

    Ek probeer my bes om gedurende sy ophemelende relaas  asof nikssiende voor my uit  te staar, maar hierdie poging is van korte duur as my aandag in onwillekeur  gedwing word na ‘n figuur in die middel van die agterste ry.

    Selfs op hierdie afstand is daar duidelike bewys van haar onopgesmukte skoonheid: skraal gesig met hoë wangbene,  glansende blonde hare in twee poniesterte met blou linte gebind wat aan die voorkant van haar skouers hang. Vorstelik troon sy uit oor die  dogters aan weerskante.  Ek kan nie die die kleur van haar oë  sien nie,  maar vir 'n oomblik is dit priemend in myne voor sy haar kop laat sak en vir die res van die opening-seremonie bewegingloos in dieselfde posisie bly sit.

    Die hoof se stem vervaag tot 'n agtergrondgeruis. Iemand begin op 'n klavier speel en almal staan op. Die skoollied word gesing, daarna die volkslied.

    Met gedagtes ‘n warboel en lyf asof met ysnaalde geprik, verstar ek in die moment.  Hoe is dit móóntlik?

    Dit is dan sý!

    ..........

    Ek en Spike, my  boesemvriend op universiteit, was verlede jaar die rekordshouers  vir beide die kort naellope in Suid-Afrika: ék in die honderdmeter en hy in die tweehonderd. 

    Op skool het ons verskillende provinsies verteenwoordig en  vir die eerste maal in ons matriekjaar teen mekaar te staan  gekom. Dit was egter eers op Stellenbosch  onder Coach  se afrigting dat ons feitlik onafskeidbaar geraak het.

    Coach, glad nie meer ‘n jong man nie, word plaaslik gereken as een  van die  mees bekwame afrigters in die kort afstande.  Met sy jarelange ervaring weet hy presíés hoe om die beste uit sy atlete te haal.  In daaglikse omgang is hy ‘n vriendelike man; gaaf en tegemoetkomend.  ‘n Misleidende front, want met ‘n  stophorlosie  in die hand ondergaan hy ‘n gedaanteverwisseling tot ‘n slawedrywer wie se woord wét is en wie se bevele jy tot op die letter van dieselfde wet moet nakom. As daar één man op hierdie planeet is wat wéét het hoe om ‘n mens se gal op die oefenbaan te werk, dan is dit hý!

    Daar was egter net één probleem: ten spyte van ons mededingende tye, was deelname vir ons om soos talentvolle atlete van ander lande aan die Olimpiese Spele  te kon deelneem, ‘n onmoontlike droom. Dáárvoor het ons geagte politici met hul onverklaarbare denksisteme  gesorg...

    Ek was besig met my hoër onderwysdiploma en sou spoedig as leerkrag kwalifiseer.  Coach wou nie gehad het ek  voortydig aansoek moet doen vir ‘n pos by ‘n skool nie; hy sou  reël vir ‘n nagraadse  beurs om my nog ‘n jaar of of drie  onder sy vlerk te hou. Dáárvoor was ek natuurlik méér as te vinde!

    Spike is ‘n man wat die lewe gevat het soos dit kom.  Behalwe sy atletiek, het hy nie toegelaat  dat  enigiets inbreuk gemaak het op  sy plesiersoekende lewenswyse in ‘n sorgvrye studente-omgewing nie.  Of hy daarin sou slaag om sy studie te voltooi of nie, het vir hom as enigste kind van ‘n baie welaf graanproduserende familie in die Swartland nou nie juis slapelose nagte besorg nie.

    Onvermydelik het ons ook kamermaats  geword in Coetzenburg en sommer met die eerste van baie vakansies daarna  is ek op uitnodiging saam na die familie se  vakansiehuis op Cape st. Nevis; niks meer as ‘n gehuggie in die Tsitsikamma-woud teenaan die see nie.

    As ywerige snorkelduikers  en met ‘n longkapasiteit ontwikkel  deur jare se intensiewe oefening op die atletiekbaan, kon ons soms minute lank onder die water met ons visgewere rondjag. 

    Of dit ons prestasies op feitlik elke atletiekbaan van náám in die land was, ons gereelde foto’s in die naweekblaaie of doodgewoon ons persoonlikhede, het ek nie geweet nie, maar ons was gewild soos in baie by die teenoorgestelde geslag op die kampus en natuurlik ook op uitgestrekte weivelde daarbuite.

    Spike was die ekstrovert; ek het meer na die teenoorgestelde geneig.  Hoeveel kéér moes ek nie sy dringende vermaning van: Jy weet, Kurt, eendag gaan jy in jou gryse ouderdom op die ouetehuis se stoep in die sonnetjie met jou kierie sit en jouself verwyt  vir die  onbenutte geleenthede  wat jy in jou prille jeug laat verbygaan het! 

    My verhouding tot die teenoorgestelde geslag was egter nie so eenvoudig  definieerbaar soos syne nie.  Dít te wyte aan ‘n  indringende belewenis gedurende my matriekjaar met ‘n beeldskone onderwyseres wat as prikkel gedien het na ‘n  terugflits  wat  onmóóntlik sy  oorsprong kon gehad het in my eie ervaringswêreld.  Vasgevang in ‘n oomblik van ekstase het dit vir my kompleet gevoel asof daar ‘n ander  persoon in die diepte van my gestel geskuil het!

    Soos  Pink Floyd dit per geleentheid wou gehad  het:

    There’s someone in my head

    And it’s not me...

    Direk daarna het die drome begin: sommige ontstellend, donker en emosieloos; ander weer vol van vreugde en per geleentheid ook  intens eroties. Sentraal aan elk was  ‘n beeld wat deur die weke en jare na daardie eerste seksuele ondervinding  ontwikkel het tot één van drie-dimensionele helderheid. ‘n Beeld sonder naam; ‘n lewende entiteit wat ek snags vertroetel het, bedags in my geestesoog saamgedra en my onwillekeurig laat soek het na iemand wat moontlik in die wel-omlynde dimensie daarvan kon pas.

    Tot vandag!

    In die duiseling van absolute sekerheid voel ek  hoe my asemhaling verdiep, my hartslag versnel; want dáár, duidelik  sigbaar in die  agterste ry van ‘n onbeduidende hoërskool se saal op ‘n afgeleë dorpie genaamd Skadukrans, sit die einste...

    ..........

    Die onderwysers het gister reeds  byeengekom ter voorbereiding op ‘n eerste skooldag wat, soos ek verstaan, maar taamlik chaoties kan verloop.  Ek word aan die personeel voorgestel en onthou, tot my verleentheid, net ‘n paar van die name. Na die personeelvergadering vra doktor Rauch of dit vir my moontlik sal wees om hom die middag halfses in sy kantoor te ontmoet.

    Op die afgespreekte tyd sit ek, nou darem  gemaklik geklee, voor sy eikehout-lessenaar en, siende dat hy nog besig is met 'n telefoniese gesprek, by die venster en uitkyk.  Coach het my ingelig dat hy en doktor Rauch jare gelede saam op Stellenbosch studeer het.  Sonder dat ek hom spesifiek daarvoor uitgevra het, het ek  aanvaar dat Skadukrans Hoër se atletiekspan een van die sterkstes in die Laeveld  moet wees en dat my verworwe kundigheid juis op dáárdie  terrein benodig word.  Baie vreemd het ek dit dus gevind toe ek kort na my aankoms die enkele rugbyveld en  verwaarloosde atletiekbaan gesien het.  By die faktotum moes ek tot my argwaan hoor dat daar beswaarlik driehonderd leerlinge in die skool is...

    So: wat op aarde doen ek híér?

    Die wolke het vroegmiddag swaar en donker begin saampak.  Ten spyte van die vroeë uur is dit alreeds sterk skemer  en elke nou en dan is daar 'n waarskuwende flits met 'n veraf gerammel. Ek  onderdruk ‘n  dwingende begeerte om te sug met die beklemmende wete dat my geborgenheid in  ‘n sorgvrye universiteitslewe finaal tot ‘n onbeplande einde gekom het.  Onwillekeurig krap ek die jeukende snymerk aan my regterknie.

    ..........

    Coetzenburg atletiekbaan, September verlede jaar: Met die laaste oefenloop oor die tweehonderd  is dit mý  beurt in die binnebaan.  Ek is gedáán; Spike sekerlik geensins minder aangetas, maar hy is besig om my agter te laat.

    Sy momentum laat hom skuins in die draai lê, sy  bloedrooi haardos stoeiend teen die wind.  Gedemp  kom die klap van ons spykerskoene; tree vir tree in feitlike sinkronie.  Uit die hoek van my oog sien ek Coach by die wenstreep, duim op die stophorlosie se knoppie, sy skerp oë  fluktuerend  tussen die sekondewyser  en ons posisies op die baan.  Ons sal moet wikkel; as Coach nie tevrede is nie, sal ons die naelloop moet herhaal. 

    Ek trap af; die draai is so skerp soos die olimpiese standaard ironies vereis ook hier in ons landjie waar geen rekord internasionaal  meer erken word nie. 

    My regterknie het al voorheen probleme gegee, maar nie sóveel dat dit  nie met ‘n  koue yspak  en warm smeermiddel gesus kon word nie. As daar maar ‘n waarskuwing was, sou ek onmiddellik vaart verminder het.  Dít was my egter nie beskore nie.  Die aaklige klapgeluid aan die buitekant van my regterknie kon die  broosheid van die menslike liggaam nie beter geïllustreer het nie.

    Doktor Erasmus is ‘n internasionaal erkende ortopeed.  Menige knie na ‘n  besering, veral op die rugbyveld, kon hy met sy besondere vermoë op die operasietafel regtower.  Maar met ‘n bal onder die arm, anders as in ‘n atleet se geval wat rekords jaag,  sal niemand merk as ‘n vleuel ‘n  breukdeel van ‘n sekonde stadiger is  in ‘n lopie waarin spoed vereis word nie. 

    ‘n Week na die operasie sit ek met geboë skouers in sy spreekkamer.  Hy is ‘n skraal man, klein van postuur en met ‘n sagte stem.  Simpatieke oë in ‘n spreekkamer voorspel niks positief nie:  "Ek sal eerlik met jou wees, Kurt.  In normale gebruik sal die knie piekfyn wees.  Jy sal weer kan hardloop; jy sal selfs weer blitsvinnig van die merk af kan wees, maar...

    om jou vraag te beantwoord:  rekordtye sal jou ongelukkig nie weer beskore wees nie...

    Vir die eerste keer sedert ek Spike ken, was hy platgeslaan.  Sy gelaat wat feitlik permanent ‘n trek van jeugdige uitgelatenheid geprojekteer het, was in ‘n kleed van stroefheid gehul. Al wat hy kon uitkry, was:  My ou maat,  ek kan nou mos nie alleen onder Coach gaan staan en deurloop nie!  En sonder jou sal ek nooit weer ‘n rekord in my léwe kan hardloop nie...

    Coach het al baie atlete onder sy afrigting sien kom en gaan.  Met ‘n leegheid in my gemoed het ek geluister hoe hy gefilosofeer het  oor die hoogtes en leegtes van die daaglikse menslike bestaan: deure wat oopgaan as jy dit die minste verwag terwyl andere in jou gesig toeklap.

    En van deure gepraat, het Coach bygevoeg, die nuus van jou besering het alreeds wyd uitgekring.  Ek was vanoggend nog met ontbyt besig toe ek ‘n oproep van ‘n ou bekende kry: doktor Fritz Rauch, hoof van die Hoërskool Skadukrans...

    ..........

    Doktor Rauch is nog besig met sy gesprek toe ‘n verblindende weerligstraal wat sy flikkering sekondeslank op die klaskamervensters aan die oorkant van die vierkant vertoon, die verbinding verbreek.  

    Hy plaas die gehoorstuk terug en met ‘n  jammer dat ek jou laat wag het! sit hy agteroor en druk ingedagte sy vingerpunte teenmekaar.  Hy begin  om my kortliks in te lig  oor die missie van die skool en hoe  hy my sal help om daarby in te pas.  As standerdses-leerkrag wat nie so hewig akademies belas sal wees as my senior kollegas nie, sal ek saam met 'n mej. Petra Neveling  verantwoordelik wees vir die afrigting van  atlete voor die kleuresport-kompetisie  wat binnekort sal moet plaasvind.  Háár het ek darem al vroeër die oggend ontmoet. 'n Pragtige jong dame met 'n knoets van ‘n  verloofring aan die vinger.

    Na hierdie bedrywighede na-uurs sien ek baie uit.  Sekerlik sal dit ‘n voorreg wees om na ‘n oggend voor die klas in die buitelug te kan deurbring.  Alles goed en wel, maar Coach moes immer kennis gedra het van die feit dat só ‘n klein skooltjie in weerwil van uitstekende afrigting,  nooit  ‘n atletiekspan van formaat sal kan lewer nie.  Dáárvoor het jy ‘n gróót akademiese inrigting  nodig met ‘n bewese prestasie op die atletiekbaan wat  as lokmiddel vir talent van oraloor kan dien.

    Ek kan maar net hoop dat my geliefde afrigter wat so dikwels sy kaarte dig teen die bors gespeel het, ook in hierdie kleindorpse omstandighede  iets spesiaals vir my in die oog gehad het.     

    Die reën verhewig  in so ‘n mate dat die geruis vanaf die dak tesame met die geute wat nou hul  oorvloedige  lading in strome  uitstort, normale gesprekvoering bemoeilik. Ek  leun effe vooroor om doktor Rauch beter te kan hoor.

    Kurt, sê hy, en nou is daar ‘n onmiskenbare toon van entoesiasme in sy stem, jy wonder seker hoekom ek en jou atletiek-afrigter saamgespan het om jou op Skadukrans te kry.  Immers kon jy suksesvol aansoek gedoen het om ‘n pos by enige  bekende skool in die land  wat jou met gretigheid  sou verwelkom het. As jy voorbehoude het oor die atletiese talent van wat moontlik in óns skool  skuil, sal ek jou nie kon verkwalik nie...

    Wel, begin ek, half op die verkeerde voet gevang, vir my was Coach se aanbeveling genoeg.  Hy sou geweet het wat die beste vir my is.

    Hy kom skielik tot die punt: Roxanne Valette. sê hy en stut sy elmboë op die lessenaar asof hy ‘n damaskus-oomblik van my verwag. Het iemand miskien jou al van haar vertel, Kurt?

    Ek skud my kop liggies.  Eksotiese naam; Franse van.  Wat nog?

    Die entoesiastiese glans in sy oë  kan selfs in die skemerlig van die kantoor moeilik misgekyk word.  Roxanne, sê hy en aarsel ‘n oomblik terwyl hy liggies van genoegdoening glimlag, "is 'n Franse boorling wat net nie net intellektueel uiters begaafd is nie, maar op die koop toe ook kan spog met uitsonderlike atletiese vermoëns.  Hul  gesin het ongeveer so ‘n dekade gelede vanaf Parys na Suid-Afrika geïmmigreer.  Professor Valette, toe alreeds afgetree,  was ‘n dosent aan die Sorbonne en sy beeldskone en baie jonger vrou met hul pragtige ou blondekop dogtertjie het omtrént die  tonge losgehad.  Daar was fluisteringe van ou geld en verskeie eiendomme op die Franse platteland."

    Sy stem versag vaderlik toe hy van ‘die ou blondekop dogtertjie’ praat, en dadelik kry ek ‘n voorgevoel dat genoemde dogter en die een met wie ek in die saal oogkontak gemaak het, een en dieselfde persoon kan wees.

    Roxanne:  Die naam val soos goeie sjampanje op ‘n ontvanklike tong.  Dit móét net sy wees!

    Doktor Rauch gaan voort: Professor Valette het ‘n stuk grond reg aan die voet van die Skaduberg gekoop en na ‘n  bouperiode van bykans twee jaar was  sy massiewe herehuis voltooi.  Die gesin het aanvanklik nie juis veel in gemeen gehad met die plaaslike inwoners nie, kultuur in ag genome natuurlik heeltemal verstaanbaar.   Tóg het alles daarop gedui dat hulle baie gelukkig was in hul aanneemland.

    Nou praat hy met groter nadruk; so asof hy bang is dat ek belangstelling gaan verloor.  Professor Valette was ‘n  baie entoesiastiese sweeftuig-loods en het blykbaar juis dié omgewing opgesoek vanweë die heerlike klimaat en stabiele  opwaartse lugstrome. Wát ‘n tragedie was dit nie toe die egpaar onverklaarbaar kort na die voltooiing van hul woonplek op ‘n heerlike sonnige dag teen die boonste piek van die Skadukrans  verongeluk  het!

    Doktor Rauch aarsel in ‘n oomblik van bewoënheid voor hy in staat is om aan te  gaan. Roxanne was op hierdie stadium nog op laerskool en die gebeurtenis het só ‘n impak op haar jong gemoed gehad dat sy vir maande lank geweier het om met enigiemand te praat.  In die tussentyd het haar  ouma aan vaderskant  inderhaas vanaf Frankryk gekom  om die huishouding  en die opvoeding van die jong kind oor te neem.

    Ten spyte van die feit dat Roxanne die aansienlike somtotaal van haar ouers se rykdom geërf het, is dit logies dat geld nie alles kon regmaak nie. Sy  is vir maande na die tragedie deur uitstekende sielkundiges behandel,  maar soos ek verstaan, kon hulle nie daarin slaag om behoorlik tot haar deur te dring nie.  Die verloop van tyd het sekerlik verligting gebring, dog jy sal gou agterkom dat sy baie in haarself gekeer is.  Miskien is die trauma van die verlede steeds onderliggend in haar gemoed.

    Hy reik na die waterkraffie op sy lessenaar  en vra dan half-verskonend:  "Ek hoop nie ek verveel jou nie, Kurt, maar dis  belangrik om jou die agtergrond te skets van hierdie  besondere mens wie se

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1