Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 DANKIE, BOKKE, VIR AL DIE VREUGDE EN TROTS

Praat van drama! Die ganse Suid-Afrika het saam naels gekou en gejuig toe Siya Kolisi en sy span die Webb Ellis-trofee die vierde keer omhoog gelig het

So, so trots op ons manne! Julle het jul punt bewys – twee keer in ’n ry! En so het julle die sportgeskiedenisboeke herskryf toe julle die eerste span ter wêreld geword het wat die beker vir die vierde keer wen.

MARIE

Dankie aan elkeen in die span. Julle het Suid-Afrika só trots gemaak. En dankie aan die afrigtingspan, die mediese span, organiseerders en almal wat op enige manier bygedra het. Een verenigde span, een verenigde land!

JS

Wat ’n prestasie. Frankryk, Engeland of die All Blacks kon enigeen die toernooi gewen het, maar ons verenigde Bokspan het ongelooflike karakter en veggees getoon. Die Bokke is waardige wêreldkampioene. So trots!

EUGENE

Ek het al my naels afgekou, my senuwees was heeltemal klaar en my keel was hees

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot5 min read
Lady Van Die Klein-skerm
SY SWEEF statig die hotelkamer binne, elegant soos jy sou verwag van ’n aristokraat. En wanneer sy sê “Yes, dear reader,” herken ’n mens dadelik die stem van Bridgerton se lady Danbury, vertolk deur Adjoa Andoh. Adjoa (61) kuier in Johannesburg om di
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related