Huisgenoot

KYK WIE STUUR GROETE

SY VOETWERK het sy teenstanders na lug laat gryp en die skares laat brul. En al was dié spoedvraat se gloriedae doerie jare, is dit in Laurika Rauch se liedjie verewig.

Ja, ons praat hier van die legendariese Mannetjies Roux, een van die opwindendste spelers ooit in die groen-en-goud.

Maar hoe gaan dit deesdae met Mannetjies, nou 84 jaar oud? Sit hy voor die kassie en spoor die “jongklomp” daar in Frankryk aan terwyl hulle bloedsweet om die Wêreldbeker te behou?

Jintelman wat hy is, lag Mannetjies nie vir dié vraag nie. “Dis maar deel van ons tydverdryf om op die sportkanale rond te blaai. Ons kyk baie rugby, al die belangrike wedstryde,” antwoord hy.

Maar wag, nou loop ons die afskop vooruit…

Die Bokke se belangrike groepwedstryd teen Ierland lê nog voor toe ons by Mannetjies en sy sielsgenoot, Charlotte, tuis in Constantia aanklop. Hulle het ’n dekade gelede hierheen verhuis van hul “dorpshuis” op Victoria-Wes, gerieflik naby die familieplaas, Noblesfontein.

En met Mannetjies draai die gesprek sommer dadelik na die groot rugby van die dag.

Wie is die gevaarspanne?

Ierland en ook Frankryk “met hul tuisveld-en tuisskarevoordeel en goeie vertoning teen die All

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Kalligrafie
Korrek. Kállos beteken skoonheid, en graphein beteken om te skryf. Kalligrafie is die kuns van skryf met sierletters. Dis hoe lank die dokument is waarop die amptelike rekord van koning Charles se kroning gedruk is. Die handgeskrewe dokument is vir d
Huisgenoot4 min read
Skietgebede En ’n Plakkaat
TOE ek klein was, het ons radio geluister tot die batterye opgeraak het. In Nyandeni, waar ek grootgeword het, het hulle eers in die 2000’s elektrisiteit begin insit. Dit was soos toorkuns vir ons. Ons het nie eens ’n TV gehad nie. Baie mense het ges
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,

Related