Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

My Liefste
My Liefste
My Liefste
Ebook104 pages1 hour

My Liefste

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Is jy doodseker hierdie man Is jou trouman Cornelia. Hoe lank ken jy hom, en is hy werklik lief vir jou ?”
Yolandi sien die seer in Cornelia se oë en skud haar kop heen en weer.
“Nee vriendin! Ek probeer nie julle verhouding verongeluk nie!... ek wil maar net nie hê jy moet seerkry nie. Of laat ek sê.. seerkry soos ek gekry het voor my troue wat nooit plaasgevind het nie..”
Hierdie keer is dit Cornelia se mond wat oophang.
“Ek verstaan nie Yolandi.. het jy op trou gestaan?”
Yolandi vertel vir Cornelia die hele verhaal... min wetende dat die man lang hulle netso verdiep is in die gesprek tussen die twee vriendinne...

Na ʼn rukkie gesels hulle weer oor Cornelia se komende troue.
“Ons gaan sommer aanbly in Kaapstad na die troue... en daar is eintlik nog so baie wat ek moet doen!” sê Cornelia.
“Maar help jou aanstaande skoonfamilie jou dan nie met van die reelings nie Cornelia?
Sy merk die hartseer trek om haar vriendin se mond.
“Sy ouers keer nie die huwelik goed nie Yolandi. En met my ouers wat albei oorlede is” ...... Sy bly ʼn rukkie stil.
“Daar is darem van sy niggies wat my help... maar ek sou so graag sy ma betrokke wou gehad het. Maar hulle, veral sy ma, verkies ʼn skoondogter met aansien en rykdom... en dit het ek nie.”
“ Ai Cornelia! Moenie dat hierdie dinge jou so ontstel nie... solank jy en Pieter mekaar liefhet, is al die ander dinge bysake. Jy gaan haar nog heeltemal oor rompel met jou sjarme! Wag maar en sien!”
Hulle lag heerlik saam.
“Ek is darem ook hier om jou te help met die troue..” antwoord Yolandi. Al kan ek net ʼn strukkie vir jou vou, is ek hier vir jou!”
“Jaaa, ek het skoon vergeet!” roep Cornelia uit.
“Jy is mos nou ook hier en kan ʼn handjie bysit. Dit is idiaal.!”
“Ek moet net nie my kursus afskeep nie Cornelia. Anders slag Me Naude my lewendig af . Veral as ek daar aankom met niks wat ek op die kursus geleer is nie!”
“Dis alles regso Yolandi, ons sal jou net gebruik as jy ʼn kansie het...” sê sy met ʼn glimlag.
Hulle gesels nou te lekker.... Deel gedagtes uit van hulle skooldae saam, en die matriekafskeid.

“Dames en here..” onderbreek die lugwaardin hulle gesprek.
“U word vriendelik versoek om u sitplekgordels vas te maak.” Sy herhaal die boodskap in engels.
“Ek moet jou telefoon nommer kry Cornelia. Ons moet in kontak bly.”
Hulle ruil gou nommers uit, en spoedig land hulle.......'n ontydige siekbed volg, en die dood tree in...

LanguageAfrikaans
PublisherErika Visagie
Release dateApr 8, 2015
ISBN9781310915352
My Liefste
Author

Erika Visagie

Ek is 'n doodgewone persoon wat die Here liefhet met my hele hart...Die boek wat ek geskryf het - is vir al die gekneuste mensies daar buite wat te jonk ryp gedruk is deur omstandighede buite hul beheer...

Related to My Liefste

Related ebooks

Related articles

Reviews for My Liefste

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    My Liefste - Erika Visagie

    My Liefste

    Published by Erika Visagie at Smashwords

    Copyright 2015 Erika Visagie

    My Liefste…

    Ingedagte sit Yolandi en kyk na die wolke onder haar. Sy glimlag.

    Die wolke lyk net soos uitgepluiste watte. Sy wens sy kan aan die wolke raak…

    Wat sal u drink juffrou? Onderbreek die lugwaardin haar gedagtes.

    Eeh… ʼn glasie rooiwyn sal lekker wees, dankie.. antwoord sy verleë.

    Die lugwaardin glimlag en skink vir haar ʼn glasie rooiwyn.

    Yolandi kyk by die vliegtuig se venster uit terwyl sy aan die wyn proe.

    Sy is eintlik so gelukkig dat sy genommineer is om hierdie kursus by te woon. Sy voel al lankal al sy het nodig om net bietjie weg te kom.... Nie dat sy gaan rus op hierdie kursus nie, maar dit is darem weg van die huis. Weg van die alledaagse roetine van opstaan, werktoe, eet en slaap.

    Sy was só opgewonde toe Me Naude haar ingelig het dat sy die kursus moet bywoon.

    Sy het in elkgeval geen kind of kraai om oor bekommerd te wees nie, nie eens ʼn hond nie! Die opsigter waar sy woon laat geen troeteldiere toe nie, al wil sy so graag ʼn hond van haar eie hê.

    Haar ouers is al oud, en is goed versorg. Sy het seker daarvan gemaak dat haar ouers niks kortkom voordat sy op kursus vertrek nie.

    Snaaks hoe die lewe is, dink sy terwyl sy ʼn slukkie uit haar glas neem. Sy is nou amper een en dertig... en dink nie eens daaraan om man te vat nie.... Dalk omdat sy so seer gekry het in haar vorige verhouding...Sy verkies dit om alleen te wees. Die wonde van haar vorige seer is nog nie heeltemal genees nie.... so of dit net gister gebeur het. Nee wat, dink sy by haarself, sy werk eerder aan haar toekoms, en leer soveel as wat sy kan. Me Naude kan haar maar op elke kursus stuur wat daar is! Glimlag sy.

    Sy sien ook teveel seerkry rondom haar. Yolandi dink aan haar vriendinne. Van hulle is al getroud, ander in vaste verhoudings … en die wat alreeds geskei is. Ander gaan deur krissise.. en dan die alewige ontrou!

    Al is dit nou al vier jaar terug wat Wouter haar verneuk het met ʼn ander vrou… en dit net voor hulle groot dag.

    Skuus tog dame hoor sy iemand praat.

    Sy kyk twee sitplekke van haar af sit ʼn mooi donkerkop meisie. Sy kyk direk in Yolandi se rigting.

    Praat jy met my? sê vra Yolandi.

    Die donkerkop meisie staan op en kyk na Yolandi..

    Cornelia? Cornelia! My maggies , na al die jare!" Roep Yolandi uit.

    Yolandi staan ook nou op en hulle omhels mekaar.

    Die man wat tussen hulle sit, voel half ongemaklik.

    As julle dames wil, kan julle maar sitplekke ruil.

    Hy kyk na Yolandi. Ek kan met jou plekke ruil.

    Hulle bedank hom, en Yolandi gaan langs Cornelia sit.

    Wat gaan jy in Kaapstad doen? vra Cornelia aan Yolandi.

    Ek gaan 'n Kursus bywoon vir my werk, en jy Cornelia? Mmm… as ek kan onthou, het jy in Pretoria gewoon?

    Jy sal dit nie glo nie! roep Cornelia uit. Ek staan op trou!"

    Yolandi se mond hang oop van verbasing.

    Wat! Is jy ernstig vriendin?

    Ek is dood ernstig Yolandi. Ons trou oor bietjie meer as ʼn maand.. Om presies te wees, oor ʼn maand en ʼn half.

    Baie geluk Cornelia! Ek is werklik bly vir jou…

    Cornelia sien die seer op Yolandi se gesig….

    Yolandi… is iets verkeerd? vra Cornelia versigtig toe haar vriendin ander pad kyk. Sy kon sweer sy het trane in Yolandi se oë gesien..

    Ag nee wat Cornelia, ek is maar net bly vir jou part.

    Maar Yolandi ken hierdie vriendin van haar… sy sal nou nie ophou voordat sy nie weet waaroor die trane regtig gaan nie..

    Cornelia bly vir ʼn rukkie stil.

    En jy vriendin.. vra Cornelia. Ek sien nog geen ringe nie. Maar ek weet ook jy was altyd die versigtige een van ons groep vriendinne! Glimlag Cornelia in haar rigting.

    Yolandi probeer haar emosies onder beheer bring….

    Ja… eerder versigtig as ʼn gebroke hart… sê sy met ʼn skewe glimlag.

    Yolandi… ek kan sien jou hart is seer. Jy kan nou maar regtig vir my vertel wat fout is. Ons was en is mos nog altyd soos susters vir mekaar..

    Yolandi loer na die man wat met hulle sitplekke geruil het, en sug ʼn sug van verligting toe sy sien hy is verdiep in sy storieboek.

    Ag vriendin, dit het so lank terug gebeur, dat dit nie meer saak maak nie. Ek is darem oor die ergste seer.

    Ek neem aan jy het hierdie spesifieke man baie liefgehad, vriendin?

    Yolandi antwoord nie dadelik nie.. haar gedagtes gaan terug na haar trourok wat al klaar gemaak was, ook die uitnodigings...die hele troue wat beplan en gereel was. En toe die groot ontnugtering… Sy vang Wouter met een van sy ou liefdes! En dit die aand voor hulle groot dag..

    Sy was oppad na haar ouerhuis om haar strooimeisies daar te ontmoet… toe sy Wouter se motor voor hulle geliefde eetplekkie gesien staan het. Sy het gewonder of hy en sy strooijonkers dalk ietsie by die plekkie gaan drink het.

    Haar nuuskierigheid het skielik die oorhand gekry , en sy het gestop om net vinnig by die venster in te loer.

    Die prentjie wat sy voor haar gesien het, sal sy seker nooit uit haar kop kan kry nie! Die man vir wie sy so lief was, was in ʼn diep gesprek met ʼn ander vrou. Hulle het hande vasgehou, en diep in mekaar se oë gekyk… Sy het ook gesien hoe hy die ander vrou sag op haar lippe soen. Iets het in haar geknak… Sy het die restaurant ingegaan en by hulle tafel gaan staan.

    Wouter het merkbaar verbleek toe hy haar sien. Hy het vinnig opgespring en probeer verduidelik…. Maar sy het niks gesê nie… net haar verloofring afgehaal en dit voor die ander vrou neergesit. Sy kan nog duidelik die ander vrou se oë onthou. Daar was nie skok of vrees nie… net lekkerkry! Sy het haarself uit Wouter se greep losgeruk, en die eetplek uitgestorm.

    Daar was geen troue nie… en die vernedering wat sy moes deurmaak, was net teveel.

    Mense wat haar op straat aangestaar het met ʼn ag siestog, die arme vrou houding! Maar sy het daardeur gekom, en kyk nou net vorentoe. Sy en Wouter het nie weer kontak met mekaar gehad nie. Sy het later van tyd gehoor hy is met die einste meisie getroud waarmee hy haar verkul het.

    Yolandi?

    Yolandi kyk na Cornelia.

    Is jy doodseker hierdie man Is jou trouman Cornelia. Hoe lank ken jy hom, en is hy werklik lief vir jou ?

    Yolandi sien die seer in Cornelia se oë en skud haar kop heen en weer.

    Nee vriendin! Ek probeer nie julle verhouding verongeluk nie!... ek wil maar net nie hê jy moet seerkry nie. Of laat ek sê.. seerkry soos ek gekry het voor my troue wat nooit plaasgevind het nie..

    Hierdie keer is dit Cornelia se mond wat oophang.

    Ek verstaan nie Yolandi.. het jy op trou gestaan?

    Yolandi vertel vir Cornelia die hele verhaal… min wetende dat die man lang hulle netso verdiep is in die gesprek tussen die twee vriendinne...

    Na ʼn rukkie gesels hulle weer oor Cornelia se komende troue.

    Ons gaan sommer aanbly in Kaapstad na die troue… en daar is eintlik nog so baie wat ek moet doen! sê Cornelia.

    "Maar help jou aanstaande skoonfamilie jou dan nie met van die reelings nie Cornelia?

    Sy merk die hartseer trek om haar vriendin se mond.

    Sy ouers keer nie die huwelik goed nie Yolandi. En met my ouers wat albei oorlede is …… Sy bly ʼn rukkie stil.

    Daar is darem van sy niggies wat my help… maar ek sou so graag sy ma betrokke wou gehad het. Maar hulle, veral sy ma, verkies ʼn skoondogter met aansien en rykdom… en dit het ek nie.

    Ai Cornelia! Moenie dat hierdie dinge jou so ontstel nie… solank jy en Pieter mekaar liefhet, is al die ander dinge bysake. Jy gaan haar nog heeltemal oor rompel met jou sjarme! Wag maar en sien!

    Hulle lag heerlik saam.

    Ek is darem ook hier om jou te help met die troue.. antwoord Yolandi. Al kan ek net ʼn strukkie vir jou vou, is

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1