Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Lang Henning en die Oujongnooi: Die Karoo Avonture, #4
Lang Henning en die Oujongnooi: Die Karoo Avonture, #4
Lang Henning en die Oujongnooi: Die Karoo Avonture, #4
Ebook121 pages1 hour

Lang Henning en die Oujongnooi: Die Karoo Avonture, #4

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Koekie Koffeman soek dringend man — en Lang Henning is die ideale kandidaat. Almal span saam om hom voor die kansel te kry en hy self in nie ongeneë nie. Is dit die einde van Lang Henning se vrye lewe op die vlaktes?

LanguageAfrikaans
Release dateSep 18, 2023
ISBN9798223909668
Lang Henning en die Oujongnooi: Die Karoo Avonture, #4

Related to Lang Henning en die Oujongnooi

Titles in the series (9)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Lang Henning en die Oujongnooi

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Lang Henning en die Oujongnooi - Mary Sadler

    — VOORAF —

    Iewers in die Groot Karoo, 1875.

    ’n Testament kan op sy dag nogal baie moeilikheid veroorsaak. Neem nou maar Matthys Koffeman s’n.

    Oom Matthys is met twee kinders geseën, ’n eersgebore dogter en toe, ’n paar jaar later, die langverwagte seun. As oom Matthys sy sin gekry het sou die seun, Klein-Thys, reëlreg die plaas wat sy oupa uit die wildernis makgemaak het erf, maar toe hy dit testamentêr so wou vaslê het hy teenkanting gekry van sy vrou, tant Hessie. Nee, het die tante gesê, eerlik is eerlik, dogter Gesina is die oudste en het erfreg. En so, om struweling te vermy, is daar toe nooit ’n testament opgestel nie en die saak het mettertyd in die vergeetboek geraak.

    Die kinders het grootgeword en almal, Klein-Thys inkluis, het aanvaar dat die plaas eendag syne sal wees. Gesina, of Koekie soos hulle haar genoem het, was ’n lieftallige jong vrou waarin die distrik se jongmans nogal sin gehad het. Menige jong boer het Saterdagaande kom opsit, maar tot haar ouers se frustrasie het sy afsydig gebly en die vryers een-een afgewys. Die dag toe sy haar dertigste verjaardag vier het hulle opgehou dink aan ’n huwelik en daarby berus dat hul enigste dogter nooit sal trou nie. Tog was sy ’n sieraad vir die familienaam, mooi, kuis en vroom. Die plaas was naby genoeg aan die dorp dat hulle elke Sondag kon inry vir die erediens en haar pragtige stem het al die ander kerkgangers s’n oorheers as sy so die hoë note vat. As dit nodig was, kon sy instaan vir die orreliste en die groot pyporrel het nooit so helder geklink as wanneer sy voor die klawerbord sit nie. Huishou kon sy ook en wat sy nie by tant Hessie geleer het nie, het sy self geprakseer — kook en bak en inmaak en tot die fynste naaldwerk — vir niks het haar hande verkeerd gestaan nie. ’n Voorslag vrou, maar sonder troulus. ’n Gebore oujongnooi, het die tantes van die gemeente kopskuddend gesê.

    Toe word oom Matthys ernstig siek en hy self voel dit gaan einde se kant toe, sodat hy moes besluit oor die plaas se toekoms. Na lange beraadslaging met tant Hessie is die testament uiteindelik so opgestel dat Gesina die plaas erf mits sy binne ’n jaar met ’n Koffeman trou, vanselfsprekend nou nie ’n naaste familielid nie. Gebeur dit nie, kry Klein-Thys die plaas. So, het oom Matthys by homself gereken, sal óf die familienaam nog steeds op die plaas voortgesit word óf Koffemansdrift sal Klein-Thys toeval, soos dit hoort. Enkele weke later sterf oom Matthys en die testament word gelees. En Koekie hoor dat sy geregtig is op die erfplaas, as —

    — HOOFSTUK 1 —

    Ses maande later …

    Die koers van die twee ruiters wat op ’n warm dag in die vroeë lente deur die wye Karoo ry gaan verby die Drie Susters wat oor Victoria-Wes troon, reguit noorde toe. Hulle reis is na die Gariep, die grens van die Kaapkolonie, waar stamgroepe Korannas en uitgeweke bandiete hulle tuisgemaak het op die eilande van die Grootrivier. Dis daar waar Lang Henning en Boet die geweer gaan soek wat Boet van sy vermoorde pa geërf het en wat deur ’n wapensmokkelaar van hom gesteel is.

    Teen laatmiddag kom hulle verby ’n indraaipad na ’n plaas toe.

    ‘Koffiemansdrift,’ lees Boet die naambord en hy begin lag. ‘Dit kon maklik jou familieplaas gewees het, jy sal goed inpas soos jy darem kan koffie drink!’

    Henning trek ’n gesig.

    ‘Kan nogal, nè,’ sê hy. ‘Net jammer dis Koffeman, nie Koffieman nie.’

    ‘Hoekom gaan ons nie hier aan nie? Dis al laat, ek is seker hulle sal ons slaapplek gee. En kos,’ sê hy verlangend. ‘Gekookte kos, nie biltong en beskuit nie.’

    ‘Hou tog op om alewig oor kos te kerm,’ sê Henning ongewoon skerp. ‘Nee, ons gaan nie hier aan nie. Ons gaan aanry tot by die dorp en daar slaap.’

    Boet kyk verbaas op en Henning voeg by, ‘Ek is seker daar sal ’n losieshuis wees waar ons kan eet.’

    In stilte ry hulle aan en ’n ruk later sien hulle ’n dorp aan die voet van ’n ry koppe lê. Die kerktoring blink in die laaste strale van die son en rondom is die wit huisies soos popspeelgoed versprei.

    ‘Dit lyk na ’n oulike plek,’ sê Lang Henning om Boet te laat vergeet van sy vroeëre afjak. Maar Boet is nog nie bereid om Henning te vergewe nie en hy antwoord nie.

    So kom hulle in die dorp aan, net na sononder.

    ‘As ek reg onthou — ’ mompel Henning terwyl hulle in Kerkstraat afry, ‘hier iewers moet dit wees — ’

    Hy draai by ’n systraat in en trek sy perd in voor die lang stoep van ’n gebou met baie deure.

    ‘Hier’s dit,’ sê hy tevrede.

    Aan die dak van die stoep hang ’n bord wat verkondig dat dit die GRAND HOTEL is, gelisensieer en ge‑licence om drank te verkoop.

    ‘Gits, ’n hotel,’ kan Boet nie help om hom te verwonder nie. ‘Hoe het jy geweet? Ken jy die plek?’

    ‘Ja, van ’n paar jaar terug,’ antwoord Henning. ‘Ek het iemand hier geken.’

    ‘Bly sy nog hier?’

    Henning trek sy skouers op.

    ‘Hy. Ek weet nie, miskien al weggetrek. Kom ons gaan in.’

    · · ·

    Die volgende dag is Sondag en toe die kerkklok lui besluit Henning om die diens te gaan bywoon. Hy en Boet trek hul skoonste klere aan en hoop maar die gemeente is nie te deftig nie. In die halfdonker kerk skuifel hulle by ’n agterste bank in en en wag op die sielevoedsel wat gaan kom.

    Die dominee wat die kansel beklim is ’n ouerige man met grys hare en ’n toga wat goed gevul is. Hy begin preek en sy stem dreun deur die kerk soos hy die gekose Bybelteks aan die gemeente voorlê. Boet begin ongemaklik kriewel en toe Henning hom aanstoot om stil te sit, fluister hy, ‘Ek verstaan nie ’n woord wat hy sê nie.’

    Henning byt op sy lippe, maar antwoord dan sag, ‘Dis Engels, het julle dit nie op die missie geleer nie?’

    Boet skud sy kop. Op die sendingstasie waar hy grootgeword het is in ordentlike Hoog-Hollands gepreek.

    ‘Hoekom praat hy Engels?’ vra hy. Die oom wat langs hom op die bank sit, draai sy gesig na Boet en sê, ‘Ons predikant is ’n Skot. G’n mens kan verstaan wat hy preek nie.’ Sy stem klink bitter. Ander wat die gefluisterde gesprek gehoor het, kyk nou ook in hulle rigting. Dit dreig om ’n algemene konferensie te word.

    ‘Bly stil,’ sis Henning. ‘Toe, vat jou Bybel en lees. Dis wat al die ander mense doen.’

    · · ·

    Na kerk nooi van die kerkgangers die twee reisigers vir koffie, ’n uitnodiging wat hulle dankbaar aanvaar. En dis toe daar, in die voorkamer van een van die diakens en sy vrou, dat hulle sommer die verhaal van Koffemansdrift hoor. Dis nou wel al amper ou nuus, maar dis darem ’n te lekker storie om onvertel te laat aan diegene wat dit nog nie ken nie. Op klein dorpies gebeur nie dikwels sulke opspraakwekkende goed nie en dan is daar nog ’n nuwe verwikkeling ook.

    ‘Ek sien die Koffemans is ook uit die rou,’ sê Cilliers, die diaken, kamma terloops toe daar ’n oomblik stilte in die gesprekke kom.

    ‘Koffemans? Hier buite is mos ’n plaas met daardie naam,’ sê Boet. ‘Ek dog ene dis Koffieman.’

    Die diaken lag.

    ‘Ja, dis hulle, hulle word partykeer nogal gespot,’ gee hy toe. ‘Tog, dis goeie mense, almal respekteer hulle. Ons kan net nie help om te wonder wat nou van die plaas gaan word nie.’

    ‘Hoeso?’ vra Henning belangstellend.

    En dis toe dat die verhaal van die testament uitkom. Cilliers sluit af met, ‘Jy sien, ou oom Matthys is mos so ses maande terug oorlede en die dogter weier om die plaas aan haar broer af te gee. Sy sê sy kan dalk nog die voorwaarde nakom en sy wil die jaar tyd hê om met ’n Koffeman te trou.’

    ‘Waar gaan sy dié vind?’ vra Boet nuuskierig.

    Cilliers trek sy skouers op.

    ‘Dis wat ons ook almal wil weet en ses maande is hoeka al om. Maar sy is vasbeslote en Thysie moet wag. Hy is lelik omgekrap, dit kan ek jou wel sê. Hy reken die plaas is syne.’

    ‘En die tante?’ Die storie is vir Boet tog te interessant.

    ‘Nee, tant Hessie stem saam dat die dogter ’n kans moet kry. Dit was glo ook sy wat in die eerste plek gekeer het dat Klein-Thys uit en uit moet erf, so hoor ek maar,’ vertel Cilliers.

    ‘Watter was hulle, in die kerk?’ sê Boet. ‘Waar het hulle gesit?’

    ‘Heel voor,’ beduie Cilliers, ‘in die tweede ry by die middelpaadjie.’

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1