Weg! Platteland

Steenbokpan Diép in die Bosveld se stilte

Steenbokpan is nie ’n plek waar ’n mens toevallig uitkom nie. Selfs Google Maps dui die dorpie op die verkeerde plek aan, en daarom moet jy nie blindelings jou foon se aanwysings volg nie, maar eerder met jou kop hierheen ry.

By die kruispad noord van die dorpie sê die padbord die grondpad noordwaarts vat jou Stockpoort toe. Die oos-wespad is teer: Na die ooste toe lê Lephalale (die ou Ellisras) en wes lê Glenover, wat eintlik maar net ’n plaas en fosfaatmyn is.

Dít wat ’n mens Steenbokpan kan noem, lê meestal hier suid van die kruispad, met die woonbuurt Lesedi ’n paar honderd meter verderaan tussen bosveldbome verskuil. Die “sakesentrum” bestaan uit ’n vulstasie, winkel en die Bosveld Pub & Grill. By laasgenoemde kan jy jou bakkie se moeë snoet in die skadu van ’n maroelaboom trek en binne lafenis gaan soek.

Maar vandag is dit Saterdag, knap ná nege die oggend, en Mechanté Harmse se vierde verjaarsdagpartytjie begin. Eers moet 12 kinders hulle sit kry om die tafel sodat die grootmense kan foto’s neem. Mechanté lê met haar kop op haar arms en kyk na haar pienk Supergirl-koek. Die sonbesies sing al.

Uit die kombuis verskyn melkskommels, ja, maar ook ’n paar gin-drankies van Adel Vos, die mede-eienaar.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –

Related