Weg! Platteland

Ontmoet die mense

Martie en Shawn Smuts

Marlotti Farm Venue

Martie het grootgeword in die vallei, maar sy en haar man is eers van 2017 af permanent op die plaas, 20 km buite die dorp op pad na Pelgrimsrus, nadat hulle 13 jaar in Johannesburg gewoon het. Shawn was ’n agent op die produktemark en Martie in die kommunikasiebedryf. “Toe kry ons twee kinders… en toe verander alles,” lag Martie.

Martie se pa en broer is saaiboere, maar dié stukkie grond langs die pad was nie geskik vir boer nie. Dit is wel goed geleë vir toerisme op die Panoramaroete. “Ons grootste besigheid is toerbusse wat hier stilhou vir middagete, maar ons doen ook troues én hou skool- en leierskapkampe op die plaas – amper ’n moderne veldskool.”

Martie beskryf Ohrigstad as ’n vaardige gemeenskap. “Trix Crause verf al my naamborde en die DJ wat by Marlotti se boeredanse musiek maak, bou hekke. En dan is dit heerlik om uit te vind hierdie of daardie boer se vrou is eintlik ’n prokureur.”

Daar is luiperds op die plaas, en Martie en Shawn sien gereeld een van die groot katte by die huis, in die landerye of by die lokaal. “My dogtertjie, Nina, was twee maande oud toe ons hiernatoe getrek het, en as ons in Lydenburg by ’n koffiewinkel sit en die motors ry verby, dan vra sy: ‘Mamma, wat is dit?’ Sy ken nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland9 min read
Ons Gaan Terug plaas Toe!
In ’n fraai vallei tussen Ngodwana en Waterval-Boven, omtrent 15km suidwes van die Sappi Ngodwanapapiermeule, draai jy van die besige N4 af en mik noord oor die Elandsrivier na die voet van ’n berg. Dit is hier waar jy Dombeya – ’n plaas en kwekery –
Weg: Platteland5 min read
Die Voëlsoekers
Hopeloos te min mense weet van hierdie lieflike tuin by Caledonstraat 49 wat in November verlede jaar sy 25ste bestaansjaar gevier het. Die 16ha huisves twee damme, waaronder die Van Kerveldam wat in 1811 as George se eerste waterreservoir gebou is,
Weg: Platteland15 min read
Woeker Met Winter Se Oorvloed
BEDIEN BY DIE KAGGEL SAAM MET ’N STORIE Turkse rooilensiesop met Persiese platbrood DEUR NA DIE TAFEL WAAR BIBER DOLMAS KLAAR GEDEK IS Soetrissies vol stampkoring, korente en dennepitte OPGEDRA AAN PA SE RIEMPIESTOEL Wildspastei met speserykoejawel ‘

Related Books & Audiobooks