Weg! Platteland

Ontmoet die mense

Anne Greenwell

Mede-eienaar van Book League

Sy wou landbou swot, vertel Anne, wat al 13 jaar op Darling woon saam met haar lewensmaat, Wendy, wat ook haar sakevennoot is en “die boeke doen” by hulle boekwinkel. “Daardie jare moes ’n vrou wat wou studeer, ’n onderwyser word en klaar, en so het dit gebeur dat ek in 1963 uit die ou Rhodesië na die Kaapprovinsie gekom het om by Golden Grove Primary School in Rondebosch skool te hou.”

Sy het 8 jaar gesukkel – “soos altyd moet die verdomde rugby-, netbal- en krieketvelde mos eerste opgeknap word” – om ’n biblioteek by dié skool in te rig. Ná 14 jaar het sy oorgeskuif na ’n onafhanklike boekwinkel en daarna as boeksmous vir die uitgewershuise Randomhouse en Pan Macmillan gewerk.

Anne het ná haar aftrede in 2000 “ ’n bietjie geskilder en groente gekweek”, maar ná ’n soveelste inbraak in die Kaapse woonbuurt Observatory (ook by húlle huis), het hulle een snikwarm Sondag in Februarie ’n huis op Darling gekoop.

“Jy kan ons inkomste uit hierdie besigheid in derdes deel: een derde boeke, een derde skryfbehoeftes, een derde ink vir drukkers. Op hierdie klein plekkie kry ons ’n bestaan gemaak. Die plaaslike gemeenskap en besighede ondersteun ons en, net so belangrik, aanvaar almal net soos hulle is. Hier raak jy betrokke, maar terselfdertyd los ons mekaar ook uit en gun almal hulle persoonlike ruimte. Maar as daar nood is op Darling, spring mense in en help.”

Fran Sexton en Dave Burger

Eienaars van Daisy Darling B&B

Dave, tans voorsitter van Darling-toerisme, en Fran, ’n oud-eiendomsagent en kunstenaar,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland1 min read
Om Van Vooraf Te Begin…
In Julie 2022 is al ons besittings gesteel gedurende die KwaZulu-Natalse plundertog terwyl dit in Westmead, Pinetown, geberg is. Ons moes letterlik van vooraf begin, maar dankie tog vir versekering. Nou het ons ’n nuwe huis in ’n aftreeontwikkeling o
Weg: Platteland1 min read
Dié Laster Is Niks Lekker
Ons bly op die platteland van Mpumalanga. Ons is gereelde kopers van die tydskrif en geniet die artikels baie. Veral die onderhoude met die mense van ’n spesifieke plek is baie goed – dit laat ’n mens hunker om sommer in die kar te klim en hulle te g
Weg: Platteland1 min read
Weg! Platteland
REDAKTEURS JOHAN VAN ZYL & PETER VAN NOORD helloplatteland@gmail.com KUNSHOOF SEAN ROBERTSON SOSIALE MEDIA VILIEN COETZEE UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 ISHMET DAVIDSON ALGEMENE NAVRAE YUMNA TOFEY yumna.tofey@media24.com 021 021 406 2205 HOOFBESTUURDER: L

Related