Volg jou neus op die Geurroete
‘Die geheim daarvan om miserabel te wees,” het die Ierse dramaturg George Bernard Shaw gesê, “is om genoeg ledige uurtjies te hê om te kan tob oor óf jy gelukkig is of nie.”
Dié ou boggher was duidelik nooit op Friemersheim nie, want hier in die skaduwee van die Outeniquaberg voel dit voorwaar of die uurtjies ledig geskape word – al kraai die hane en blaf die brakke en drafstap die manne in blou oorpakke smôrens knap ná ses al werk toe.
Tog lyk nie ’n enkele mens of dier of plant op Friemersheim mistroostig nie. Nie die tantes in hulle bontpienk japonne wat oor voorhekkies hang, beker boeretroos in die hand, en kopstukke gesels met die buurvrou oorkant die straat nie. Ook nie die beeste wat straatlangs lanterfanter en die gras op die sypaadjies kort hou nie.
Daar is ’n rustigheid, ’n gelatenheid, aan die lewe op hierdie geskiedkundige kerkdorpie halfpad tussen Mosselbaai en George en sowat 15 km noordwes van Groot-Brakrivier. Dit is genoem na die Duitse geboortedorp van die stigter, eerw. Johann Kretzen van die Berlynse Sendinggenootskap, wat in 1838 as timmerman in die Kaap aangeland het, vasbeslote om ’n sendeling te word. Dié droom kon hy eers 32 jaar later bewaarheid toe hy op 13 Desember 1870 ’n stuk van die plaas Gonnakraal gekoop en amptelik ’n sendingstasie begin het.
Kretzen, wat ook as onderwyser in die George-omgewing gewerk het, het hom veral daarop toegespits om die onderwysgeleenthede van bruin mense te verbeter. Hy het
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days