Val staan sterk
Min dinge is so skouspelagtig soos ’n Hoëveldse donderstorm. Eers is dit net ’n onrustigheid, iewers ver op die horison. Die gebroei begin vroegmiddag al met ’n wind wat opstaan en die wolke op hol jaag – hoog, hoog, hóóg die fletsblou lug in, soos ’n werpsel toeoogmaltesers wat oor mekaar beur om by die laaste oop tepeltjie uit te kom. Daar’s ’n soort ysigheid in die roering, en dan, wanneer daardie diep onderlangse gebrom losbars, begin ’n donker grysheid om die wit watte vou, en kort voor lank is dit pure drama: Blitse. Sekondes later donderslae. Vlae wind. En reën. Ou tannies met knopkieries.
So ’n toneel het hom vandag afgespeel hier op Val, die kleinste dorp in Suid-Afrika met ’n poskode (2425). Dis nie die eerste reën van die seisoen nie, want die wêreld is klaar groen, maar dis die eerste gróót reën, daardie bui wat enige boer van oor tot oor laat glimlag. Op die Valhotel se stoep staan ’n paar jong latte in kortbroek en koöperasiestewels die spektakel en gadeslaan. Hulle glimlag loop amper reg rondom, want hulle het net vanmiddag klaar gesaai. Nóú
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days