Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Lang Henning en die Poskoetsrowers: Die Karoo Avonture, #3
Lang Henning en die Poskoetsrowers: Die Karoo Avonture, #3
Lang Henning en die Poskoetsrowers: Die Karoo Avonture, #3
Ebook121 pages1 hour

Lang Henning en die Poskoetsrowers: Die Karoo Avonture, #3

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Omdat sy perd kruppel is ry Boet met die poskoets Kimberley se kant toe, maar dan word die koets beroof en 'n beseerde boer en sy gesin bedreig deur die boewe. Lang Henning en Boet voel dis hulle plig om die poskoetsrowers aan die man te bring en die verlore geld op te spoor.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 14, 2023
ISBN9798223722335
Lang Henning en die Poskoetsrowers: Die Karoo Avonture, #3

Related to Lang Henning en die Poskoetsrowers

Titles in the series (9)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Lang Henning en die Poskoetsrowers

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Lang Henning en die Poskoetsrowers - Mary Sadler

    — HOOFSTUK 1 —

    Die pad noorde toe lê vaag en ver deur die Groot Karoo se bossieveld. Die twee ruiters wat op ’n lui stappie van die veld af daarop indraai is half aan die slaap en laat die perde met loshangende teuels hul eie koers vat op die twee wielspore wat deur die jare deur tallose waens in die grond uitgekalwe is. Die son bak op die klippe en die hond wat probeer om in een van die perde se skaduwee te bly se tong hang lank uit sy bek.

    Skielik hou Boet sy perd in en styg af.

    Lang Henning ry nog ’n entjie verder, word dan heel wakker en keer terug na sy metgesel toe.

    ‘Wat’s verkeerd?’ vra hy.

    Boet het die perd se een voet opgetel en krap met sy vingernael op die sool.

    ‘Hy’s weer kruppel,’ sê hy. ‘Ek moes hom nog laat rus het.’

    Lang Henning spring van sy perd en kom bekyk die hoef.

    ‘Lei hom ’n bietjie dat ek sien,’ sê hy en Boet vat die perd op ’n sukkeldraffie weg en weer terug. Hy is duidelik kruppel en Henning knik sy kop.

    ‘Hy’s seer,’ bevestig hy. ‘Jy sal hom nie verder kan ry nie.’

    Boet lyk nie bra gelukkig by die vooruitsig om te voet verder te gaan nie.

    ‘Wat gaan ons maak?’ vra hy.

    Henning dink ’n rukkie, dan sê hy, ‘Dis verder om terug te gaan Fraserburg toe — as ek reg onthou kom die poskoets môre hier verby op pad Kimberley toe. Ons kamp hier, en môre ry jy verder saam met hulle tot by Wagenaarskraal. Ek sal jou perd lei tot daar en dan bly ons oor tot hy weer heel reg is.’

    ‘Hoe weet jy al hierdie goed?’ vra Boet.

    ‘Ek ken die MacRoberts, hulle boer op Wagenaars­kraal,’ antwoord Henning.

    ‘Gawe mense?’

    ‘Gawe mense,’ beaam Henning.

    ‘Ek het nog nooit met ’n poskoets gery nie, het jy?’

    ‘Ja, maar dis nie iets om na uit te sien nie. Dit stamp jou binnegoed op ’n hoop.’

    Boet lag.

    ‘Seker nie so erg nie anders sou niemand mos met hulle reis nie. Moet ’n mens betaal?’

    ‘Ja, maar toemaar, ek het geld,’ stel Henning hom gerus. ‘Die laaste keer wat ek met Abbot kaart gespeel het, het ek gewen.’

    ‘Jy’s gelukkig,’ is al wat Boet sê.

    Abbot, ’n opperste swendelaar, se plan was om met sy pokerkaarte die plase van Verlatendal se boere van hulle te wen sodat hy alle grond sou besit teen die tyd dat die regering ’n spoorlyn daar begin aanlê. As dit nie was dat Lang Henning betyds ingegryp het nie, sou hy seer sekerlik geslaag het ook.*

    · · ·

    Later die volgende oggend sien hulle uiteindelik die stofwolkie van die poskoets aankom. Hulle trap die laaste kooltjies van die kampvuur dood en Henning kry die perde reg. Syne saal hy op, maar Boet s’n kry net sy toom op.

    ‘Jy gaan net stap, nè?’ maak Boet seker. ‘Hy sal nie kan draf nie.’

    ‘Toemaar, ek sal goed kyk,’ stel Henning hom gerus.

    ‘En jy sal seker my hond ook by jou moet hou,’ sê Boet half bekommerd. ‘Ek wonder of hy sal bly.’

    ‘Hy sal, hy’s mos gewoond aan my. Ek sal hom in elk geval eers aan ’n tou vat.’

    Boet knik.

    ‘Dit sal die beste wees,’ stem hy saam, ‘anders hardloop hy sweerlik agter my aan.’

    Die poskoets kom vinnig nader en Boet verkyk hom aan die logge swaaiende gevaarte wat agter die sesspan perde aangesleep word. Hoog op die bok sit die koetsier en sy mededrywer en toe die koets naby genoeg is, sien Boet dat dié behalwe ’n groot pistool in ’n holster ook ’n haelgeweer losweg in sy hande hou. ’n Entjie van waar hulle in die pad staan, trek die koetsier die leisels en roep, ‘Hoooo-nou!’ sodat die perde stilhou.

    Die koetsier tel ook ’n geweer op en kyk argwa­nend na Henning wat nader aan die koets beweeg.

    ‘Wat soek julle?’ vra hy en rig die geweer op Henning. Henning tel sy hande op en paai.

    ‘Ons soek net ’n saamry tot by Wagenaarskraal,’ sê hy. ‘Een van ons perde is kruppel.’

    ‘Wie is jy?’

    ‘Die naam is Henning, en dit is Boet,’ sê Henning, terwyl Boet nog probeer inkry dat hy Jakobus Delport is.

    Die koetsier beskou hulle, kyk sy maat aan en laat sak dan die geweer.

    ‘Goed,’ sê hy. ‘Klim dan maar in, daar is nog oorgenoeg plek binne.’

    ‘Dis net vir hom,’ verduidelik Henning terwyl hy na Boet wys. ‘Ek ry ons perde tot by die volgende uitspan. Dis mos Wagenaarskraal, dan nie?’

    Die drywer skud sy kop.

    ‘Nee, daar’s nog een voor dit. Volg maar net die spore, jy sal wel daar uitkom. Toe Boet, sit jou goed bo-op en klim dat ons aangaan.’

    Henning help Boet sy saal en saalsakke bo-op die koets se dak laai en voordat Boet inklim vra hy, ‘Moet ek nou aanry Wagenaarskraal toe?’

    ‘Nee, net tot by die volgende pos, dan hoef jou perd ook nie so ver te gaan nie.’

    ‘Reg,’ sê Boet en klim in. ‘Onthou om die hond vas te bind,’ maan hy nog voor die koetsiersmaat die sweep klap en die perde in beweging kom.

    Henning tel sy hand in groet op en kyk die poskoets agterna terwyl hy wonder hoekom die twee drywers so geredelik gewapen is. Dan skud hy die vae gevoel van onrus van hom af.

    ‘Kom hond,’ roep hy en die hond volg hom gehoorsaam na waar die perde staan en wag.

    · · ·

    Daar is net vyf mense in die poskoets en Boet maak hom tuis langs twee van hulle, ’n man en ’n seun van omtrent sy eie ouderdom. Toe hy eers sit, kyk hy die ander nuuskierig aan. Behalwe die twee langs hom is daar ’n ouer man, ’n jong man en ’n meisie op die oorkantse bank. Al vyf se gesigte is na hom gedraai.

    ‘Ek is Jakobus Delport,’ stel Boet homself voor en voeg eerliksheidshalwe by, ‘Party mense noem my Boet.’

    Die ander antwoord een vir een.

    ‘Vivejee.’ Die groot man beduie met sy kop na die seun wat tussen hom en Boet sit. ‘Karel.’

    ‘Jansen,’ kom dit van die ouer man en die jongman volg met, ‘Combrinck. En dis my suster, Elsie.’

    ‘Aangename kennis,’ sê Boet terwyl hy Elsie Combrinck belangstellend beskou. Klein en fyn en die donker kappie omraam ’n gesiggie waaruit helder blou oë hom vrolik aankyk. Amper so mooi soos Nelie, besluit Boet en vir ’n oomblik gaan sy gedagtes weemoedig terug na die plaas by Beaufort waar ’n pragtige meisiekind bly, onbewus van sy vurige liefde vir haar. Maar hy kom gou terug na die werklikheid. Nelie moet wag, hy en Henning gaan eers sy pa se erfgeweer by die Gariep haal.

    ‘Gaan jy ook Kimberley toe?’ vra die man wat homself as Jansen voorgestel het. Hy is skraal en selfs soos hy sit kan Boet sien hy is kort. Sy klere is vol stof, maar netjies en van goeie snit. Sy gesig vertoon ’n skaduwee van ’n baard, maar is fyn­besnede en sy hande is wit en sonder eelte. Duidelik nie iemand wat gewoond is aan buite werk nie. Wat sou hy op Kimberley se diekens gaan soek?

    ‘Nee,’ antwoord Boet, ‘ek is op pad Gariep toe, maar my perd het kruppel geraak en my maat vat hom na die volgende pos sodat hy kan rus.’

    ‘Waar by die Gariep?’ vra Elsie se broer. ‘Ek ken nie hierdie wêreld nie.’

    ‘Ek is nie seker nie, maar my pa se geweer is laas deur ’n klomp boewe gesteel,’ verduidelik Boet, ‘en ek gaan dit terughaal.’

    ‘Hoe weet jy dis daar?’ wil Combrinck weet.

    ‘Henning sê so,’ sê Boet en bloos skielik toe hy besef hoe kinderlik dit klink. ‘Ek bedoel — ’

    ‘Wie is Henning? Die man wat daar saam met jou was?’ vra Elsie belangstellend. Boet knik en besluit dis raadsaam om die onderwerp te verander. Wat is dit van Henning wat die meisies soos bye na ’n heuningblom toe aantrek?

    ‘Gaan julle almal Kimberley toe?’ vra hy in die algemeen.

    Hierdie keer is dit Vivejee langs hom wat antwoord, ’n lywige oom met ’n rooi gesig en die klere van ’n man wat in die buitelug lewe. Boet wonder of Karel sy seun is. Dié het nog nie ’n woord gesê nie, net gesit en voor hom uitkyk.

    ‘Ons gaan diamante uitgrawe, nè, Seun?’ sê hy en stamp die ander in die ribbes met sy elmboog. Karel glimlag floutjies en beaam, ‘Ja, Pa.’

    ’n Oomblik flits daar iets in sy oë, maar dis so vinnig dat Boet wonder of hy hom verbeel het. Nuuskierig kyk hy die seun aan.

    ‘Waarvandaan kom julle?’ vra hy. Maar dis Vivejee self wat antwoord voor die seun iets kan sê.

    ‘Van die Kaap af,’ sê hy.

    ‘Maar julle het nou net eers opgeklim,’ merk Elsie op. ‘By die vorige uitspanplek. Hoe het julle dan daar gekom?’

    ‘Met ’n ander koets, maar toe het Karel siek gevoel en ons het oorgebly tot hy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1