Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kettie Kind
Kettie Kind
Kettie Kind
Ebook72 pages45 minutes

Kettie Kind

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

EK IS 'N KETTIE KIND.

Verskeie gewigtige kortverhale in die noot van jou ouers se gunsteling sokkie dans treffer op steroids.

My naam is Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt en ek is 'n Boere Punk. 'n Boere Punk, natuurlik, is iemand wat die gees van die bittereinder van oud uitleef in literatuur, op so 'n boeiende en kreatiewe manier, dat dit die leser vermaak, iets leer, en boonop nog sosiale kommentaar ook lewer. 'n Boere Punk gebruik genre fiksie op 'n radikale manier om sy leser te roer. Dit kan net so teer en mooi wees, as wat dit rof en onbeskof is.

Alles is tot jou beskikking om jou punt te maak, en niks is verbode nie.

Hoe sê hulle? 'n Boer maak 'n plan, maar 'n Boere Punk maak seker daar's iets om oor te lag daarby.

Jy mag my dalk like, maar jou moeder gaan my wil vet voer, skattebol.
 

LanguageAfrikaans
PublisherBoere Punk
Release dateMar 23, 2019
ISBN9781386897774
Kettie Kind
Author

Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt

Social Media is tres satanique, but if you must: @JGL2Spooky

Related to Kettie Kind

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kettie Kind

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kettie Kind - Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt

    Wie nie waag nie, wen nie, baby! - Lianie May

    Indeks:

    Rofie

    Krabbel Kat

    Tiener Liefde

    Alwyn soos die Wind

    Die Tolleman Bende

    Tog te Dierbaar

    Kettie Kind

    Rofie

    L ees nou mooi die volgende storie sodat jy verstaan of hy vanpas of onvanpas is, my kind.

    "Vanpas, mamma?"

    Ja, seun. Vanpas.

    "Wat beteken vanpas, mamma?"

    Of iets aanvaarbaar is vir iemand of nie.

    Ek verstaan nie? Wie maak daardie besluit?

    Die gemeenskap, die kerk, of opgevoede geselskap.

    En hoe weet ek of iets onvanpas is?

    Wanneer dinge ongemaklik raak.

    Is ongemak 'n behoorlike maatstaaf, mamma?

    Die vlak daarvan, ja. Dis jou verantwoordelikheid om ten ale tye die geselskap waarin jy deelneem gemaklik te laat voel.

    Mamma.

    Ja, seun?

    Hoe groei 'n mens?

    Deur ongemak te oorkom.

    Ek sien. So ongemak is belangrik?

    Jy vra vreeslike snaakse vrae vanaand, nè?

    Is ek verkeerd?

    Nee, seun, jy is nie.

    Wat gebeur as geselskap te gemaklik raak, mamma?

    Dan gaan jy huis toe, my seun.

    So. Is hierdie verhaal dan die moeite werd of nie?

    Dit hang van jou af.

    Ek kan kies? Onder watse omstandighede is 'n verhaal die moeite werd?

    As hy 'n reaksie uit jou uitlok.

    Onder watse omstandighede is opgevoede geselskap die moeite werd?

    Dis nou genoeg vir eers.

    Mamma?

    Ons kan môre verder lees.

    Het ek iets verkeerd gedoen?

    Ek kan jou net vertel wat ek weet, my seun. My werk is om jou van ongemak te leer. Jou pa wys jou hoe om dit te oorkom. Nou toe. Klim in.

    Mamma.

    Ja, my seun?

    Wat as ek meer van ongemak hou as gemak?

    Dan moet jy 'n dokter gaan sien.

    Dawie gly in sy cowboy bed in. Sy mamma gee hom 'n soen op sy voorkop, en hy dryf weg in droomland in...

    - Jacobus Gideon Louis Nieuwoudt 2017

    Krabbel Kat

    L uister, manne. As ons 'n spook op kamera gaan vaslê, moet ons eers een vind.

    Hulle is besig om planne te beraam om iets gevaarliks aan te vang. Dis nie die eerste keer wat hulle hier sit nie. Nee, hulle kom gewoonlik bymekaar as die lewe te veel raak en die geld opdroog. Hulle is honger, julle sien, honger vir roem en rykdom. Vier jong mans met groot drome. Drome wat tot nou toe opsy gesit is vir die bogenoemde. Dit traak hulle vreeslik, hierdie drome. Soveel so, dat dit hulle soms wakker hou wanneer hulle eintlik moet slaap.

    Moet jy nou nie jou kop daaroor gaan staan en breek nie, Klippies.

    Klippies, so genoem na sy alkoholiese voorkeure, is die een van hulle wat laas, toe hulle besluit het om op hierdie heuwel bymekaar te kom, die spel gereël het. Toe, natuurlik, was dit om een van hulle kaalbas van 'n brug af te stamp, in die Apies Rivier in, hande en voete vasgebind, in die hoop dat hy dalk net miskien die volgende Houdini sou wees. Dit natuurlik alles vasgelê op kamera vir hulle YouTube kanaal: Die Sondag na Kerk Bende. Daar was toe ses van hulle gewees. Frederik het dit ongelukkig nie gemaak nie. En kêreltjie, wel hy slaan nou klip op Modderbee vir manslag. Maar dinge lyk uiteindelik weer goed vir hulle. Sedertdien het hulle hul aanslag so bietjie verander. Nou, dames en here, jag, of is dit nou jaag hulle spoke? Hulle het nou ongelukkig nog nie daaroor besluit nie, want soos Klippies enkele minute terug gesê het, soek hulle nog na een. Nou ja. Dis nou seker waar Daan van Graan in kom. Want sy oupa was glo met die helm gebore.

    Wat bedoel jy nou eintlik met die helm? 

    Net wat ek sê, Kasper.

    Kasper hou gewoonlik die video kamera vas. Dis nou die kamera wat sy pa vir hom vir Kersfees gegee het,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1