Huisgenoot

BOER TROU ’N VROU

OP DIE R364 tussen Clanwilliam en Lambertsbaai sien jy ’n afdraaipad gemerk met wapperende ballonne. “Boer kry sy vrou!” kondig die swart bord onder die ballonne aan.

Volg jy vandag daardie pad, kom jy af op ’n toneel wat jou weer aan gelukkige eindes laat glo. Boer Willem se “Klein Pikkewyn”, soos hy haar noem, het nou ’n ring aan haar vinger nadat hulle daar in die prentjiemooi Cederberge getrou het. Hul lewe saam op ’n rooibosplaas in dié geweste lê nou oop voor hulle.

Nie dat die paadjie tot hier sonder kronkels was nie. Hulle moes dwarsdeur die inperking wag om trou te beloof in die NG kerk op Clanwilliam, die dorpie wat Sanel Prinsloo (24) nou saam met haar man, Willem Pool (31), haar tuiste noem.

Nadat hulle in 2019 voor kykers se oë in kykNET se 12de seisoen van Boer soek ’n vrou verlief geraak het, het Sanel van Mooinooi in Noordwes na die Wes-Kaap getrek om nader aan Willem te wees.

Sy het ingeskryf het. Sanel se raakvatterpersoonlikheid beteken sy weet wat sy wil hê en sy doen moeite om dit te kry.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related