Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Ikarus
Ikarus
Ikarus
Ebook514 pages8 hours

Ikarus

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Op 17 Desember spoel die lyk van Ernst Richter oop in die duine anderkant Parklands – dié Ernst Richter, berugte internet-entrepreneur, baas van die omstrede webwerf Alibi.co.za, wat ’n maand gelede so onverklaarbaar en sensasioneel verdwyn het. Selfs in normale omstandighede sou die Valke Bennie Griessel en Vaughn Cupido gesukkel het – by Alibi.co.za lieg almal soos tannetrekkers. Maar die omstandighede is nie normaal nie. Want Griessel het weer aan die suip gegaan. En Cupido is verlief. Op een van die verdagtes. En op 24 Desember begin ’n jong wynboer bieg voor ’n advokaat in Kaapstad,
wat die hele saak op sy kop keer. Kersfees sal nooit weer dieselfde wees nie.
LanguageAfrikaans
Release dateMar 6, 2015
ISBN9780798169783
Ikarus
Author

Deon Meyer

Internasionaal bekende skrywer Deon Meyer woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in dertien misdaadromans (onder meer Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015, Koors, 2016, Prooi, 2018, en Donkerdrif, 2020). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon en Prooi met die ATKV-prys vir Spanningsfiksie.

Read more from Deon Meyer

Related to Ikarus

Related ebooks

Related articles

Reviews for Ikarus

Rating: 3.9320986555555555 out of 5 stars
4/5

81 ratings2 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

  • Rating: 5 out of 5 stars
    5/5
    Deon Meyer's "Icarus" is terrific. This is Meyer's 11th novel, the 5th in the "Bennie" series. I have read all of his stuff and my recollection is that I have rated all of his books 4 or 5. Up until now I felt his stand alone "Blood Safari" was his best. It has a scene in it that still gives me the creeps (read it, you'll know the scene I mean, no hints). But "Icarus" surpasses even that excellent book. Though it's part of a series, it reads very well as a stand-alone, so if you haven't read any Meyer, jump on this book now. So, what's so great about it.?To start with, a fantastic cast of characters. The Capetown police detective team is a mash of nine or ten members, all male except for the boss, a mix of white and black, each with their own unique strengths and challenges, eg Capt Moorwillem Liebenberg resembles George Clooney. Benny Greisl is an alcoholic, on the wagon for over 600 days, at least when the story begins. A great plot - the Founder/CEO of a high tech business is missing, but soon unearthed from a shallow grave following a heavy rain. His company, Alibi.com, provides philandering spouses with documented "evidence" of their whereabouts on questionable occasions. There's a good bit of humor, and a lighter feel to this Meyer book than most. For example, when the team realizes that this case will get a lot more attention than most they speculate that it eventually become a movie and they start to cast it, Chris Rock would be Vaughn Cupido, Brad Pitt and Bradley Cooper would be forensic experts. Lots of good tension, the story moves along at a brisk pace, and some very good cliff hangers at the end of many chapters. One other huge plus for "Icarus" is that It shows how a team of detectives solve a crime and not one Lone Ranger smarter and more handsome than all the others, and so it interjected a sense of reality that many other crime fiction novels do not. And it has a nice bit of romance. I also enjoyed what I call enhanced reading - checking out some of the locales on Google Maps was fun and educational. Ditto for a Glossary in the back; check out the Africaans expressions. I came away with three favorite new words (bliksem is one of them, kak is another, and never mind the third). What's missing? - thankfully, some of the violence and blood that courses through previous books.What didn't I like? Bennie's drinking has been a big issue in previous books. I thought it has been over-done. I was bored with it. So when it raised its head once again in this story, I got turned off a bit. Though it went on longer here than what I would have preferred, it eventually resolved itself in a satisfactory way. But I've had enough of it. According to fantasticfiction.com Meyer's next book will deal with a fever that sweeps the globe and its aftermath. What a great idea ! Looking forward to it.The ebook was $9.99 - I will not pay more than that for an ebook!
  • Rating: 3 out of 5 stars
    3/5
    This is not the first book by Deon Meyer that I've read and enjoyed. One of his standalone thrillers, Blood Safari, is very good, and I distinctly remember reading one of his Benny Griessel mysteries-- but evidently, it was one in which Benny was on the wagon. You see, I have very few "buttons" that can be pushed when it comes to my reading. Due to personal experiences, the major button is main characters who are alcoholics. I don't like reading about alcoholics. In Icarus, Benny Griessel falls off the sobriety wagon big time, and I came extremely close to saying goodbye to this book. It says a lot about Meyer's strength as a storyteller that I decided to ignore Benny as best I could and read another page. Then another page. Then a chapter... all the way to the end.There are two timelines in this book. One takes the form of a rambling legal disposition that begins a few days after Richter's corpse was found. The second is the one of the investigation itself that starts as soon as the dead man is found. It was a bit slow going until the two timelines began to converge. Once that happens, the book picks up speed until its conclusion. It was fascinating to watch the investigation progress and to see the life and personality of the dead man (and others) unfold. Yes, I learned a lot about the history of winemaking in South Africa and about many other things. Meyer has created a strong story, but even though I did, in the end, rather grudgingly enjoy Icarus, I think I'll stick to his standalones. Sorry, Benny!

Book preview

Ikarus - Deon Meyer

DEON MEYER

IKARUS

Human & Rousseau

Les ennemis du vin sont ceux qui ne le connaissent pas.

(Die vyande van wyn is hulle wat dit nie ken nie.)

– Aanhaling toegeskryf aan beide prof. Dr. Sellier, Journal de Mèdicine,

volgens Boland, wynland (Vlok Delport, Nasionale Boekhandel, 1955),

en Professeur Portman (http://www.alpes-flaveurs.com),

vermoedelik prof. Michel Portmann, ’n medikus van Bordeaux.

____________

In clinical settings, some depressed people demonstrate a high proneness

to survivor guilt, that is, guilt over surviving the death of a loved one,

or guilt about being better off than others.

Guilt, fear, submission, and empathy in depression.

Lynn E. O’Connor, Jack W. Berry, Joseph Weiss, Paul Gilbert

in Journal of Affective Disorders 71 (2002) 19–27.

1

Dit is ’n komplot tussen hemel en aarde wat Ernst Richter se lyk ontbloot. Asof die heelal saamsweer om geregtigheid ’n hupstoot te gee.

Eers is daar die storm van 17 Desember, net ná agt die oggend. Dit is seldsaam, maar nie hoogs uitsonderlik nie, gebaar deur ’n verstote afsnylaagdruk: ’n blouswart, kolkende monster wat indonder van oor die Atlantiese Oseaan net noord van Robbeneiland.

Die wolkmassa slaan skouspelagtige wit vurktonge af na see en land. Dit sleep ’n digte reëngordyn saam, wat in minder as ’n halfuur 71 mm oor Bloubergstrand en Parklands, Killarney Gardens en Zeezicht uitstort.

Daar is vloedskade en verkeerschaos. Die hoofstroom- en sosiale media sal die groot A-woord ademloos ophaal. Aardverwarming.

Maar met die oopspoel van die liggaam is die aarde se bydrae meer beskeie; bloot die kontoere van die veld anderkant Blouberg, waar die suidooster soos ’n blinde beeldhouer die duine gevorm het om die stortvloed so toevallig te kanaliseer. Dit kalwe Ernst Richter se voete oop, die een kaal en tragies, aan die ander ’n swart sokkie, halfmas en komies.

Die laaste skakel in die kousale ketting is die noodlot, wat die nege-en-twintigjarige kameraman Craig Bannister teen 11:17 daar naby laat stilhou, langs Otto du Plessis-rylaan, die kuspad tussen Blouberg en Melkbosstrand. Hy klim uit sy voertuig en meet die weer. Die winde het grootliks gaan lê, die wolke is aan’t verbrokkel. Hy wil sy nuwe radiobeheerde robotvliegtuig toets, die DJI Phantom 2 Vision+ met ’n gestabiliseerde hoëresolusie-videokamera. Die Phantom, ’n sogenaamde kwadkopter, is ’n tegnologie-wonderwerk in die kleine. Dit is toegerus met GPS en ’n wifi-verbinding wat Bannister toelaat om sy iPhone aan die kamera te koppel. Hy kan die video op sy foon se skerm sien, net millisekondes nadat sy Phantom dit daar bo uit die lug uit opgeneem het.

Hier net ná 11:31 frons Bannister vir die vreemde beeld en hy manipuleer die Phantom om laer en nader te vlieg. Hy laat dit hang, net ’n meter bo die verskynsel, tot hy seker is.

Sand, swart plastiek, en voete. Duidelik.

Hy kyk op van die iPhone om te bepaal presies waar die Phantom sweef en begin haastig daarheen stap. Asof die videobeeld ’n fiktiewe maaksel is, soos ’n TV-drama. Hy volg ’n kronkelroete tussen plantegroei deur, op en af oor die sanddeinings. Eers toe hy oor die laaste helling kom, sien hy dit eerstehands. Hy stap nader, maak ’n eensame ry spore in die reëngestrykte sand.

Die voete steek uit onder die dik swart plastiek waarin daar klaarblyklik ’n liggaam opgerol is. Die res is nog onder die sand.

Shit, sê Craig Bannister.

Hy reik na sy foon, wat aan die beheerradio vasgeklem is. Dan besef hy die Phantom hang steeds ’n meter bo die grond, besig om alles op video vas te lê.

Hy laat die kwadkopter land en sit alles af. Dan maak hy die oproep.

* * *

Om 13:14, in die Ocean Basket in Kloofstraat, lui speurder-kaptein Bennie Griessel se foon. Hy kyk na die skerm en sien dit is majoor Mbali Kaleni wat bel. Sy nuwe bevelvoerder by die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaad-ondersoeke – ook bekend as die Valke – se Geweldsmisdaadgroep. Dit is vir hom ’n potensiële uitkoms. Daarom antwoord hy haastig, met vae hoop.

Bennie, I am sorry to interrupt your lunch …

It’s not a problem, sê hy.

I need you in Edgemead. Farmersfield Road. Vaughn is on his way too.

I’ll be there in twenty minutes.

Please apologise to your family, sê sy, want sy weet van die spesiale ete wat Alexa Barnard, die liefde in Griessel se lewe, gereël het.

I will.

Hy lui af. Alexa, Carla en die Van Eck-kêreltjie het die gesprek gehoor. Hulle kyk na hom. Sy seun Fritz se neus is steeds teen sy selfoon.

Ai, Pappa, sê Carla met begrip én teleurstelling.

Alexa neem sy hand en druk dit simpatiek.

Ek is jammer, sê Bennie en staan op. Hy voel die vae pyn in sy buik en arm. Nie meer so erg soos vanoggend nie. Ek moet Edgemead toe.

Groot moord? vra die Van Eck-kêreltjie. Hy is Carla se nuwe vriend. Hy lyk soos Liewe Jesus met sy skouerlengte hare en yl baard.

Griessel ignoreer hom. Hy haal sy beursie uit, dan sy kredietkaart. Hy gee die kaart vir Alexa. Hy is verlig toe sy knik en dit vat. Gee my net ’n soen, sê sy. My baasspeurder.

* * *

In die duineveld oos van Otto du Plessis-rylaan grawe hulle die lyk van Ernst Richter versigtig uit, terwyl die wind vir ’n paar minute ruk en stoot en weer gaan lê en die son agter die vet wolke uitkom, meteens warm en verblindend helder in die weerkaatsing van die duineveld en die nog onstuimige Atlantiese Oseaan.

Die SAPD se video-eenheid het teen 13:32 hulle opnames gedoen en Forensies is besig om die sand om die liggaam versigtig op te skep en in gemerkte plastieksakke te plaas.

Speurder-adjudant Jamie Keyter van Table View is die man in bevel. Hy het die area binne tien meter om die vonds met geel misdaadband laat afkamp. Hy het twee uniforms aangesê om die verkeer in Otto du Plessis-rylaan te beheer en nuuskieriges weg te hou. Met die agterdogtige, vaag-beskuldigende stemtoon wat hy vir sulke geleenthede reserveer, het hy vir Craig Bannister deeglik ondervra.

Why did you come and test your little aeroplane here, hey?

There’s no law against it.

I know that. But why didn’t you go to the place up there by the Vlei, where they fly the little aeroplanes?

That’s for the radio control hobbyists.

So?

Look, I just got this thing. I’m a professional DOP. This is a …

What is a DOP?

Director of photography. I work on TV and film productions. This is the latest technology in camera movement. A drone with an HD camera. I need to practise with it without dodging a hundred little aeroplanes.

Do you have a licence for it?

A licence? Nobody needs a licence for a little drone.

So you just stopped here?

That’s right.

Big coincidence. Jamie Keyter op sy ironiese beste.

What are you saying?

I’m not saying anything, I’m asking.

Look, I drove until I found a spot with a nice view, sê Bannister met groot geduld. The road, the sea, the mountain, just take a look. That’s pretty spectacular. I needed to practise flying the thing, but I wanted to test the camera too. On something worthwhile. Like this scenery.

Jamie Keyter het sy Ferrari-sonbril van sy neus afgelig om vir Bannister die ek-sien-deur-jou-kyk te gee.

Die man het net ongemaklik gestaan en wag.

So you have everything on video? het Keyter eindelik gevra.

Yes.

Show me.

Toe kyk hulle saam op die selfoon na die video. Twee keer. Okay, het Keyter gesê, en vir Bannister beveel om by sy kar te gaan wag. Die adjudant het sy Ferrari-sonbril weer op sy neus geplaas.

In die swart Polo-gholfhemp wat sy bollende biseps ten beste vertoon, en sy swart Edgars-chino met die swart leergordel, hande op die heupe, kyk hy nou na die twee voete wat onder die plastiek uitsteek.

Hy is ingenome met homself. Die voete, ondanks die nadoodse verkleuring, is duidelik dié van ’n witte. Dit beteken media-aandag.

Jamie Keyter hou van media-aandag.

* * *

Bennie Griessel, ses-en-veertig jaar oud, rehabiliterende alkoholis, seshonderd-en-twee dae op die waterkar, sit en staar deur die voorruit van sy motor, vasgevang in die verkeer van Buitengracht.

Gewoonlik haat hy Desembers.

Gewoonlik sal hy met ’n geprewelde jissis dié malhuis van vakansiegangers verwens, veral die fokken Gautengers wat met hul vet beursies in blinknuwe BMW’s so vinnig moontlik afjaag Kaap toe om die Krismis-bonus hier te kom blaas. Met ’n houding van ons-sal-Slaapstad-wakker-skud. En die totale bevolking van die Kaap se noordelike voorstede wat hul inhibisies by die huis los en strande toe stroom. Saam met die Europeërs wat vlug vir die koue.

Gewoonlik sal hy die gevolge van hierdie oorname wrewelrig oordink: Jy kry nie parkering nie, die verkeer stink, alles se pryse styg en die misdaadsyfer klim met minstens twaalf persent, want almal suip soos visse en dan kom al die verkeerde goed los.

Gewoonlik. Maar nie hierdie jaar nie. Want die benouing is in hom en oor hom en om hom. Soos ’n mistroostige wolk. Al weer. Nog steeds.

Die verligting van sy ontsnapping uit die Ocean Basket het verdamp. Op pad kar toe het die swaarmoed in Mbali se stem tot hom deurgedring. Die gedemptheid, die ontsteltenis, versterk deur haar poging om dit te verbloem. In skrille kontras met die positiwiteit wat sy die afgelope twee maande as groepbevelvoerder probeer uitstraal het.

I need you in Edgemead. Farmersfield Road. Vaughn is on his way too.

Daar wag dus onheil. En hy sien nie meer kans vir onheil nie.

Daarom is die Desember-malhuis en die trae verkeer nie vandag ’n doring in sy vlees nie, maar ’n seën.

* * *

Die forensiese span het die lengte van Ernst Richter se lyk ontbloot.

Adjudant Jamie Keyter laat die videospan weer nader kom sodat hulle dit kan vaslê: die dik swart plastiek wat om die liggaam gerol is, net nie lank genoeg om die voete te kon bedek nie. En die bloedrooi koord waarmee dit deeglik vasgewoel is – bo by die kop, om die middel en om die enkels.

Keyter het die koerantfotograaf gesien wat met sy lang lens van Otto du Plessis-rylaan af foto’s probeer neem. Daarom staan hy nou wydsbeen, hande op die heupe: die toonbeeld van ’n speurder in beheer van sy misdaadtoneel. Hy hou die videospan dop tot hy tevrede is dat die opname al die toepaslike hoeke dek.

Okay, sê hy. Kom julle uit. En dan vir Forensies, met ’n gebiedende handgebaar: Sny hom oop.

Die twee forensiese analiste kies die regte instrumente uit hul toerustingkaste, lig die misdaadband en gaan kniel by die slagoffer. Die een sny die rooi koord versigtig los. Die ander neem die koord en plaas dit in ’n bewysstuksakkie.

Jamie Keyter klim nou self onder die geel band deur en stap tot by die liggaam. Kom ons rol hom oop.

Dit neem amper tien minute, want hulle moet versigtig werk en die enkele stuk swart plastiek is eindeloos lank. Die forensiese mense vou elke twee meter van die plastiek weer versigtig op om kontaminasie te probeer beperk.

Die uniforms, die video-eenheid, die twee speurder-konstabels en die ambulansmense staan nuuskierig nader.

En dan is die liggaam ontbloot.

Hy lê nog nie lank nie, sê die een forensiese analis, want daar is relatief min tekens van ontbinding, net algemene verdonkering van die vel, die bloupers netwerk van livor mortis sigbaar aan die voete en onderkant van die nek, en die sandkorrels wat van kop tot tone aan die lyk kleef.

Dit is ’n skraal man van gemiddelde lengte met dik, donkerbruin hare, geklee in ’n blou denim en ’n swart T-hemp met die woorde I refuse to engage in a battle of wits with an unarmed person in groot wit letters daarop.

Dalk ’n week of so, sê die ander een, en dink die slagoffer se gesig lyk vaagweg bekend, maar hy kan dit nie op die oomblik plaas nie. Hy onderdruk die impuls om iets daaroor te sê.

Dit is die naaste wat iemand daaraan kom om op die misdaadtoneel vir Ernst Richter te herken.

Hy’s met iets verwurg, sê die ander forensiese analis, en wys na die diep verkleuring wat soos ’n ring om die keel loop.

Obviously, sê Jamie Keyter.

2

Farmersfieldstraat is stil op dié Woensdagmiddag, middelklas, rye wit en roomkleurige drieslaapkamer-ontwikkelaarshuise met teëldakke en netjiese grasperke. Die oggend se storm het ’n spoor van takke en blare in die straat gelaat.

Griessel hoef nie te soek na die adres nie. Hy sien die bure in klein, verslae groepies oorkant staan, ’n klomp polisievoertuie op ’n bondel. Hy parkeer op die sypaadjie, vyftig meter weg. Hy bly sit met sy hande op die stuurwiel, sy oë neergeslaan.

Hy is nie lus om uit te klim nie.

Iets het gebeur om die normaliteit van voorstedelike Edgemead te versteur. En hy weet dit gaan die benouing van die afgelope maande vererger. PCSI, die elite Provinsiale Misdaadtoneel-ondersoekeenheid, se bussie staan ook daar. Wat maak hulle hier? En hoekom is hy en Vaughn van die Valke af ingeroep?

Hy haal diep asem en laat die stuurwiel stadig los, klim traag uit. Hy loop.

’n Wit muur versper sy uitsig, sodat hy eers moet omstap na die oprit waar ’n konstabel toegang beheer.

Die huis lyk soos die meeste van die ander in die straat. Daar is nog SAPD-mense in uniform voor die deur, in ’n kring, koppe omlaag.

Die konstabel keer hom met ’n verbiedende handpalm. Hy wys sy eieningskaart.

Die oë meteens groot: O, kaptein Griessel. Kaptein Cupido het gevra dat jy net hier wag. Ek laat hom gou roep …

Vir wat? vra Bennie, en stap om die man.

Nee, kaptein, asseblief. Benoud. Hy’t my beveel. Ek moet hom laat roep.

Nou roep hom. Hy het nie lus vir Vaughn se streke nie.

Die konstabel vra luidkeels vir die uniforms voor die deur om die Valke-kaptein te laat kom. Een van hulle draf haastig na binne.

Griessel wag ongeduldig.

Cupido kom uit, haastig in sy Hawk-in-Protest-uitrusting – denim, geel T-hemp, blou baadjie, en die skril stelling van die geel-en-oranje drafskoene, wat hy gisteroggend met groot geesdrif verduidelik het: "Nike Air Pegasus Plus, pappie, almost a thousand bucks regular price, ma’ Tekkie Town het ’n sale gehad. Cool comfort in technicolour, it’s like walking on air in a wet dream. Haal die ‘werk’ uit ‘voetwerk’, every time. Ma’ die eintlike bonus is lat dié sneakers vir major Mbali heavy gaan afpis."

Vaughn betoog die afgelope week of wat teen "major Mbali (die nuwe rang elke keer ironies beklemtoon) se edik van netheid. Kaleni het die vorige Maandagoggend tydens ’n groepvergadering plegtig gesê: If you want to be professional, you have to look professional. We have a responsibility to the DPMO and to the public. En het hulle toe gevra om das en baadjie en formal shoes aan te trek. Of dan minstens ’n hemp met ’n kraag en ’n baadjie. Wat die laaste strooi was vir Cupido, want hy het al klaar baie swaar gesluk aan haar aanstelling as groephoof: Jy dink dis ’n coincidence, so ná die laaste election? I don’t think so. Oorlat sy ’n Zoeloe is, ethnic affirmative action, dis Zuma time all the time, Benna. Ek én jy het meer experience, meer jare diens, meer savvy. En sý kry die promotion?"

Griessel het geweet die probleem is eintlik Cupido se diepe bekommernis dat die nuwe bevelvoerder nie sy streke gaan duld nie. Mbali is nougeset en konserwatief; Vaughn is nié. Toe sê hy sy is die regte mens vir die pos, in die omstandighede.

Dit het nie ’n verskil gemaak nie.

Ondanks sy haas en die vrolike uitrusting is Cupido se gesig somber terwyl hy aangestap kom.

Benna, dis nie nodig dat jy ingaan nie. Our work here is done.

Griessel kan die toon in sy kollega se stem hoor, die aangeplakte saaklikheid wat ontsteltenis wegsteek.

Ek het nie al die pad gery om … Wat gaan aan, Vaughn? Wat het hier gebeur?

Trust my, Benna, asseblief. Dis ’n open and shut, kom ons loop. Cupido plaas sy hand paaiend op Griessel se skouer.

Bennie voel die humeur in hom opstoot. Wat gaan aan met Cupido? Hy trek sy skouer weg. Gaan jy my sê wat aangaan, of moet ek gaan kyk?

Benna, for once in your life, trust me, sê hy met ’n desperaatheid wat Griessel se agterdog net verder aanblaas.

Jissis, sê Griessel en begin voordeur toe stap.

Dis Vollie, sê Cupido.

Griessel steek vas. Vollie?

Ja. Onse Vollie. Vollie Vis. En sy family.

Adjudant Tertius van Vollenhoven, wat saam met hulle al twee gewerk het, destyds toe die Provinsiale Speurtak nog bestaan het. Vollie, wat sy Weskus-sêgoed spaarsamig en droog in sy Namakwaland-aksent opgedis het wanneer die nag te lank en die moreel te laag was. Vollie Vis, die boorling van Lambertsbaai wat naweke teruggegaan het en Maandae vir die hele span seekos gebring het. Met presiese instruksies vir die gaarmaak, want om ’n krefie op te fok is heiligskennis, kollega. Die man wat in die bestek van vier jaar twee reeksmoordenaars op die Kaapse Vlakte vasgetrek het. Met eindelose geduld en toewyding. En toe loop hy, Bothasigstasie toe. Hy het gesê hy het sy deel gedoen en hy soek ’n rustiger lewe – hy wil sy huwelik red, sy kinders sien grootword. Maar almal het geweet dit was die trauma van die ondersoeke, die maand ná maand by nog ’n verminkte slagoffer se lyk staan, wetend dat net ’n bietjie geluk die monsters kan keer, al doen jy wat.

Die ou onreg ontwaak in Griessel, die wrewel vir hulle wat verantwoordelik was.

Huisroof?

Nee, Benna …

Wat het gebeur, Vaughn?

Cupido se stem is amper onhoorbaar. Hy kan nie vir Griessel in die oë kyk nie. Vollie het hulle geskiet, laas nag, en toe vir homself.

Vollie?

Ja, Benna.

Hy onthou die twee oulike dogters, vroeë tienerjare, en Vollie se vrou, mollig, sterk, ondersteunend. Mercia of Tersia … Hy wil keer, hy wil dit nie in sy kop sien nie – Vollie met sy dienspistool by ’n kind se bed.

Here, Vaughn, sê hy en voel hoe die engte terugkom, versmorend.

Ek weet.

Griessel wil aanhou praat, hy wil van die drukking ontsnap. Maar hoekom? Wat het gebeur?

Cupido beduie na die uniforms voor die deur. Bothasig-stasie het gister ’n meisie gekry, in die veld onderkant Richwood. Die tweede een. Selfde M.O. as ’n moord ’n maand gelede. Dis ’n serial. Bad stuff, Benna, very sick fucker. Vollie was daar.

Griessel sit alles bymekaar, sy hand op sy agterkop. Hy probeer verstaan wat gebeur het. Al die demone wat teruggekom het om vir Vollie van binne af op te vreet.

Kom, Benna. Kom ons loop.

Griessel staan versteen.

Cupido sien sy kollega is wasbleek. Benna, dis regtig beter as ons …

Wag … Griessel kyk skerp na Cupido. Hoekom het Mbali ons laat kom?

Bothasig se S.C. het haar gevra dat ons moet kom kyk. Hy sê hy wou net seker maak hulle mis nie iets nie, want die media …

O. En dan: Vir wat wil jy my daar uithou, Vaughn?

Cupido kyk hom in die oë en tik met ’n wysvinger teen sy slaap. Want jy’s nog nie reg nie, Benna. Ek weet dit.

* * *

Jamie Keyter en die twee forensiese analiste het elke sak van die slagoffer se denim noukeurig deursoek. Daar was niks in nie.

Hulle het die liggaam in die groot swart lyfsak geplaas, dit toegerits en die draagbaar laat kom. Die liggaam is na die ambulans gedra. Forensies het die swart plastiek en die rooi koord sorgvuldig gemerk en verpak. Die een analis het die metaalverklikker gaan haal en is nou besig om in konsentriese sirkels om die misdaadtoneel te stap, oorfone op die kop.

Die ander een staan by Jamie Keyter. Niemand anders is binne hoorafstand nie. Ek sweer hy lyk vir my bekend, sê die analis.

Obviously. Hy werk saam met jou, sê Keyter en frons agter die donkerbril.

Nie hy nie, die slagoffer.

Soos in jy ken hom?

Nee, nie kén nie. Net weet van …

Soos in ’n celebrity?

Ek weet net ek het hom al gesien.

Dit help fokkol as jy nie weet wáár nie … Dink jy hy’s ’n poliesman?

Die analis is nou spyt hy het sy mond oopgemaak. Nee, ek … Miskien is ek verkeerd. Miskien lyk hy net soos iemand wat …

Die een met die metaalverklikker gaan staan. Hier’s iets, sê hy. Dis omtrent drie meter van waar die slagoffer gevind is.

Die ander een vat ’n grafie en klim onderdeur die geel misdaadband. Hy gebruik sy hande om die sand onder die sensor van die verklikker los te maak en versigtig weg te skep. Hy kry eers niks.

Is jy seker? vra hy vir sy kollega.

Daar is definitief iets.

Veertig sentimeter onder die oppervlak voel hy die metaal. Hy werk met sy vingers om die sand weg te kry. Dan lê dit daar.

Jis, dis ’n selfoon.

Hy staan op, gaan haal ’n kwassie uit sy toerustingkas, en kom vee die sand weg, terwyl Jamie Keyter weer die kameraspan nader roep.

iPhone five, lyk dit my … sê die ou van Forensies. Hy druk aan ’n knoppie op die foon, maar niks gebeur nie. Dood soos ’n drol.

3

Transkripsie van onderhoud: Adv. Susan Peires met mnr. Francois du Toit.

Woensdag 24 Desember. Hugenote Kamers 1604, Koningin Victoriastraat 40, Kaapstad

Klanklêer 1

Adv. Susan Peires (SP): … natuurlik kan jy weier. Dan maak ek net aantekeninge. Maar die opname is ’n veel getrouer rekord, en dit word met presies dieselfde diskresie gehanteer. Ek laat dit transkribeer, wat in elk geval dan dien as notas. Die reëls van privilegie geld in alle gevalle.

Francois du Toit (FdT): Al vat jy nie my saak nie?

SP: Dis reg.

FdT: Wie transkribeer dit?

SP: My sekretaresse, wat ook onderhewig is aan die privilegie.

FdT: Nou goed, neem maar op.

SP: Dankie, meneer Du Toit. Kan jy jou volle name, jou geboortedatum en jou beroep vir die rekord gee?

FdT: Ek is Francois du Toit, gebore op 20 April 1987. Ek is ’n wynboer van die plaas Klein Zegen by Stellenbosch … Uit op die Blaauwklippen-pad.

SP: Jy is nou … sewe-en-twintig?

FdT: Dis reg.

SP: Getroud?

FdT: Ja. Met San … Susanne … Ons het ’n seun van ses weke. Guillaume.

SP: Dankie. Ek verstaan van jou prokureur dat die polisie op die oomblik vir jou wag? Op die plaas?

FdT: Ja …

SP: En jy soek advies oor hoe om die saak te hanteer?

FdT: Ja.

SP: Waarmee hou die polisie se ondersoek verband?

FdT: Gustav … my prokureur … Het hy nie vir jou gesê nie?

SP: Ek het afgelei dit is ernstig, maar ek het vir meneer Kemp gevra om nie detail te gee nie. Ek verkies om dit van die kliënt self te hoor.

FdT: Dit is … dit hou verband met die moord op Ernst Richter.

SP: Die ou wat vermis was? Die Alibi-man?

FdT: Dis reg.

SP: En jy is betrokke daarby?

FdT: Die polisie sou seker nie … Ek is jammer. Dit … Dis ’n lang storie … Ek moet die hele ding vir jou … Asseblief.

SP: Ek sien … Meneer Du Toit, voor ons verder gaan, kom ek gee jou die toespraak wat ek vir alle kliënte gee. Ek is nou al agt-en-twintig jaar lank ’n advokaat, en in dié tyd het ek meer as tweehonderd mense in kriminele sake verteenwoordig. Moord, manslag, verkragting, bedrog, noem maar op. My advies is altyd dieselfde, en die ervaring het oor en oor gewys dis goeie advies: Jy hoef nie met my eerlik te wees nie, maar dit maak uiteindelik my taak heelwat makliker. Ek oordeel …

FdT: Ek is van plan om eerlik …

SP: Laat ek net eers klaarmaak, asseblief. Ek is nie hier om jou te oordeel nie, ek is hier om te verseker dat jy die beste regsverteenwoordiging kry wat ek kan bied. Ek glo onwrikbaar in ’n regstelsel waar ’n beskuldigde onskuldig is tot die teendeel bo redelike twyfel bewys is deur die staat. Een van my grootste verantwoordelikhede is om die standaard vir redelike twyfel so hoog moontlik te stel. Ek het al sake aanvaar waar die kliënt vir my gesê het hy is skuldig, en ek het net so hard vir hom geveg as dié wat hul onskuld bepleit. Want die stelsel kan net werk as ons almal gelyk is voor die wet. En ek glo in die stelsel. Dus, ek gee nie om of jy skuldig is nie …

FdT: (Onhoorbaar.)

SP: Asseblief, meneer Du Toit …

FdT: Noem my Francois …

SP: Nee, ek gaan jou meneer Du Toit noem. Ons is nie vriende nie, ons is advokaat en kliënt. Dit is ’n amptelike, professionele verhouding, waarvoor jy baie geld gaan betaal. En waar ek my afstand en objektiwiteit moet behou. Ek wou sê, ek gee nie om of jy onskuldig is nie. Dit sal geen verskil maak aan my toewyding of die gehalte van my werk nie. Ek doen my absolute bes, want dit is waarvoor jy betaal. Ek kan jou nie dwing om met my eerlik te wees nie, maar ek wil graag vir jou die implikasies uitstippel. Versweë inligting het ’n manier om uit te kom. Nie altyd nie, maar dikwels. En wanneer dit op ’n onsimpatieke tydstip uitkom, kan dit jou verdediging onberekenbare skade aandoen. Ek kan net in terme van my rol verantwoordelikheid neem vir dit wat ek weet. Ek kan net jou saak bou en jou verdediging hanteer op grond van wat jy met my deel. As dit jou keuse is om ’n fiktiewe weergawe aan my voor te lê, het ek nie ’n keuse nie, ek moet daarmee werk. Maar na my mening, en gegrond op my ervaring, het dit feitlik nooit ’n positiewe invloed nie. In kort, meneer Du Toit, hoe eerliker jy met my is, hoe beter is ons kans om jou uit die tronk te hou. Verstaan jy dit?

FdT: Ja.

SP: Wil jy eers gaan dink?

FdT: Nee. Ek gaan vir jou alles vertel. Alles.

SP: Nou goed. Waar wil jy begin?

4

Om 15:48 loop Bennie Griessel by die Fireman’s Arms in, volgens legende die tweede oudste drinkplek in die Kaap, naas die Perseverance Tavern in Buitenkantstraat.

Die Fireman’s bedien alkoholiste en ander ernstige drinkers al sedert 1864, wat dit op dié Woensdag van 17 Desember sowat ’n honderd-en-vyftig jaar oud maak. Griessel gee nie ’n dooie duit om vir die Kaapse suipgeskiedenis nie. Dit was die beskikbare parkering in Mechaustraat wat hom hier laat stilhou het.

Hy stap doelgerig tussen die donker houttafels en -sitbanke deur tot by die lang toonbank, gaan sit en wag om bedien te word. Hy adem die reuke van die taverne in. Dit maak ’n duisend herinneringe los. Elkeen aangenaam.

Sy arms is op die blad, hy sien die fyn bewing van sy hande. Hy vou hulle saam, sodat die naderende kroegman dit nie sal opmerk nie.

Dubbel Jack, sê hy.

Rocks?

Nee, dankie.

Die kroegman knik en gaan skink. Kom aan met die bonkige glas, twee vingers se amber, meganies en geoefend, onbewus van die gewydheid van die oomblik.

Griessel huiwer nie. Hy dink nie aan die seshonderd-en-twee dae sonder alkohol wat agter hom lê nie. Hy neem die drankie en hy teug, diep.

Die smaak is ’n lang verlore vriend, die reünie ’n vreugde.

Maar dit doen nog niks aan sy binneste nie.

Hy weet die troos is nie in die eerste sluk nie. Dít, en die verdowing en die kalmte en die sin en die heling en die versagting en die balans en die orde en daardie eenwording met die heelal, kom eers later, hier teen die einde van die tweede goddelike glas.

* * *

Die Suid-Afrikaanse Polisie se forensiese wetenskaplaboratorium is sedert 2011 in Silwerboomlaan, Plattekloof, gesetel, meer as 17 000 vierkante meter van indrukwekkende staal en glas. Die ruggraat van die gebou is ’n massiewe hoofletter C, vier verdiepings hoog, met vyf bonkige arms wat daaruit vloei – een elk vir die afdelings Ballistiek, DNS-analise, Wetenskaplike Analise, Dokument-analise, en Chemiese Analise.

Dit is in die kombuis van die Afdeling vir Wetenskaplike Analise, terwyl hy besig is om koffie in ’n beker te skink, dat die forensiese analis meteens besef aan wie die sandbespikkelde gesig van die lyk uit die duine anderkant Bloubergstrand hom herinner.

Kan dit wees?

Hy sê niks vir sy kollega nie, stap net haastig na sy werkstasie, plaas die koffie langs die toetsbord neer en google ’n naam.

Hy klik op ’n skakel, sien die foto wat laai. Hy weet hy het nie ’n fout gemaak nie. Hy soek in sy aantekeninge van die dag na adjudant Keyter se selnommer en skakel dit.

Jamie, antwoord die speurder, asof hy nie daarvan hou om gepla te word nie. Hy spreek sy naam Jaa-mie uit, nie die Engelse Djy-mie nie. Die analis vind dit vaagweg aansitterig en irriterend, soos die man self.

Hy identifiseer homself en sê: Ek dink … Ek is redelik seker die slagoffer is Ernst Richter.

Wie’s Ernst Richter? wil Jamie Keyter weet.

Die ou van Alibi wat vermis was.

Keyter is ’n oomblik lank stil, antwoord dan met groot irritasie: Ek het nie ’n clue van wie jy praat nie, pêl.

Dan beter jy Stellenbosch-stasie bel.

* * *

Griessel sit met albei hande om sy tweede dop.

Dit is sy vakansie dié, dink hy. Hy’t niks meer nodig nie. Nou kan Mbali haar nonsens los.

Sy het Maandag sy personeellêer onder oë gehad: You haven’t had a holiday in three years, Bennie, het sy besorgd gesê.

I had more than three months of sick leave after … Hulle het al twee geweet hy verwys na die skietvoorval waarin haar voorganger dood is, en Griessel gewond is.

"That doesn’t count. I want you to take a break between Christmas and New Year. You need to have a real holiday …"

’n "Real holiday"? Al waarvoor hy geld het, is om by die huis te gaan sit, en dit gaan hom binne ’n dag van sy sinne af dryf.

… and spend time with your loved ones.

Dit was Kaleni se troefkaart.

Sy loved ones.

Voor Mbali hom vanmiddag gebel het, het hy twintig minute lank daar in die Ocean Basket by sy loved ones gesit. Sy dogter Carla en sy vriendin en houvrou Alexa het onophoudelik gesels oor kunste-goed wat hy niks van weet nie. Sy seun Fritz het met sy selfoon gesit, vingers wat dans, en kort-kort ’n geheimsinnige laggie gegee as ’n nuwe SMS of WhatsApp of Facebook of Twitter of BBM, of wat dit ook al is wat nou ín is, die foon se klokkies laat lui. Asof sy pa nie bestaan nie. Asof dié nie ’n spesiale ete is wat Alexa met groot moeite gekoördineer het nie. Fritz, vir wie hy ’n fortuin moet betaal sodat hy aanstaande jaar filmskool toe kan gaan. Nie ’n figuurlike fortuin nie, ’n letterlike een, want AFDA vra R5 950 net vir registrasie. En R10 000 se inskrywingsgeld. En R55 995 se kursusgelde. Vir één jaar. Hy ken die bedrae, hy kan hulle in die middel van die fokken nag opsê, want hy moes dit vir sy bankbestuurder gaan voorlê. En toe dink die bank amper ’n maand lank voor hulle die lening toestaan.

En Fritz het geen waardering daarvoor nie, hy lê op sy selfoon tydens die spesiale ete, en Griessel weet nie wat om te doen nie.

Al twee sy kinders het ’n baie beter verhouding met Anna. Hy hoor hulle soms met sy eks oor die telefoon praat. Gesprekke vol lag en gedeelde ervarings en binne-inligting.

En hy? Wat moet hý doen? Sy lewe is sy werk, en hy kan nie daaroor praat nie. Oor sy altruïsme en sy depressie, volgens die shrink.

En die Van Eck-kêreltjie. Carla se nuwe vriend, wat saam met haar drama studeer op Stellenbosch (teen R29 145 per jaar, wat hy met groot moeite en spaarsamigheid sonder ’n lening kon hanteer, tot nou toe). Griessel kan Van Eck nie verdra nie. Hy het al begin wonder of sy dogter se vorige liefde, die Etzebeth-rugbyspeler, nie ’n beter proposisie was nie. Want Etzebeth het minstens geweet wanneer om sy bek te hou.

Van Eck is

Enjoying the preview?
Page 1 of 1