Huisgenoot

VREEMDER AS VVV-IKSIE.. .

DIE vrou met die helderblou strepe in haar hare en gehekelde sjaal lyk nie noodwendig soos iemand wat al sedert 2007 ’n toestel in haar lyf het wat deur “aliens” daar geplant is nie.

Maar dis presies wat die aliens sou wou hê ons moes dink. En soos ek gereeld by die Awakening UFO & Conscious Life Expo gehoor het: Om die aliens uit te oorlê, moet ons soos hulle dink.

Derrel W. Sims stem saam. Hy reageer op die vrou se bewering deur sy cowboyhoed te lig en haar aan te staar – dieselfde kyk waarmee hy ’n buiteaardse wese uitgedaag het toe hy op vier die eerste keer deur een ontvoer is.

Hy pluk sy draagbare infrarooikamera soos ’n rewolwer uit sy sak. “Wel, ma’am, ek skat ons sal moet uitvind.”

Derrel is 75. Danksy sy uitrusting, snor en algemene windgatgeit kan ’n mens hom van ver af as ’n Texan uitken. Hy is ook ’n “alien hunter” van beroep. Én ’n hipnotiseur, privaat speurder, handskrifontleder, gewese CIA-agent en – iets moet die rekeninge betaal – af en toe ’n eiendomsagent. Hy het boonop ’n swartbelt in karate. “Need someone to handle a tough situation?” staan op sy visitekaartjie oor ’n dekades oue foto waarop hy ’n tier op ’n grasperk vaspen.

Die inplanting is in haar hand, sê die vrou. Derrel vra sy moet haar juweliersware afhaal sodat hy toetse kan doen. ’n Klein skare kyk toe. Sy staan botstil en hou haar pols uit. Eers word die kamera daarteen gehou om te sien of daar ’n hittebron is. Daarna ’n geigerteller, wat bestraling monitor. Dan ’n “magneetbespeurder”, wat ek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot8 min read
Sê Só Nee Vir Jou Narsis
JARE lank het sy in haar praktyk kliënt ná kliënt gesien wat gefrustreerd, depressief, verward of hartseer was. As terapeut is dr. Ramani Durvasula van Los Angeles, Kalifornië, geleer om hulle te help om hul gedragspatrone te verstaan en lewenstrateg
Huisgenoot2 min read
Geheime In Soebatskloof
DIS e.tv se eerste Afrikaanse telenovelle dié – en die reeks heet Kelders van geheime. Huisgenoot is onlangs genooi na die bekendstelling op Plaisir, ’n wynlandgoed naby Fransch hoek – en dit was ’n sterbelaaide geleentheid op die einste plek waar di

Related