Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Selène
Selène
Selène
Ebook134 pages2 hours

Selène

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Wêreld wat herhaaldelik hervestig en hervorm is op 'n klassieke grondslag wat nou vervalle is, 'n swak sosiale integriteit en 'n eeue oue verdrag tussen die stadstate wat die oorlog oorleef het, Redui en Eyodasmi. 'n Ingewikkelde en delikate menslikheid van die sesde millennium, vier studente verlaat hul tuisdorp in die lig van die hoogste vlak van geleerdheid in die kulturele hoofstad van die tyd. Sosiale spanning en ideologiese implikasies oorheers die toneel waar die lewens van die vier vriende  rondgesleep en ontwrig word, wie se ervarings hulle dinge laat doen wat hulle nooit gedink het dat hulle dit moet regverdig of teen dit wees nie, as in daardie wêreld rondom hulle.  Optimisme, selfvertroue in kennis en in hul vermoëns sal nou aanskou word in al hul illusie, en die redes van die vreeslikste misdade soos die hoogste meriete uitstaande bly, span die aksies en dialoë van die hoofkarakters saam.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJan 26, 2017
ISBN9781507171288
Selène

Related to Selène

Related ebooks

Related articles

Reviews for Selène

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Selène - Valerio Dalla Ragione

    Valerio Dalla Ragione 

    ––––––––

    Selené

    "Om nie gebore te word nie is meer as alles; maar dan, sodra jy verskyn,

    kom jy gou terug na die plek waar jy vandaan kom,

    Dit is beslis die tweede beste"

    ––––––––

    - Sofocle, Edipo a Colono

    Dikwels, in stories of in fabels, is jy alreeds vertroud met die geskiedenis van die botsings tussen goed en kwaad, en selfs van die meer ingewikkelde komplotte waarvan die einde reeds bekend is, nog voordat die storie gelees is.

    Jy sou al baie helde teëgekom het, braaf in die sekerheid teen wie hulle alreeds te staan gekom het, hulle eie rolle al ‘n honderd keer oorgeskryf in 'n honderd ander avonture met baie akute en funksionele gedagtes tot die diens van 'n soms negatiewe krag sonder om te weet hoekom.

    As dit is waarna jy opsoek is, sal ons jou moet teleurstel, want wat jy begin lees is nêrens anders te vinde in ons geskiedenis nie, maar soos ons leef. Dit is nie maklik om die dieptes van 'n man waar te neem nie en om te oordeel is nog moeiliker.

    Vir hierdie rede, in die volgende bladsye, sal jy vind dat selfs elke letter wat deur ons hande geskryf is, word net die spontane gebeure weergegee sonder enige prysing of veroordeling.

    Voordat ons verder gaan, is daar 'n paar dinge wat jy moet weet:

    Op 2 September 2778, die tyd onbepaald, het die Aarde die woede ervaar van honderde vulkane wat na eeue van wag besluit het om hul meer weldadige en katastrofiese kant te wys, uitgesprei oor die hele planeet.

    Daar was biljoene mense wat in 'n paar uur gesterf het.

    Die as wat uit hierdie enorme berge voortgekom het, het die lug vir dekades lank verdonker en dit beset na die bevolking.

    Min het ons geweet van die gebeure van ons bevolking in daardie epog van terreur, 'n tydperk wat byna twaalf eeue lank geduur het tot die geboorte van die eerbiedige Friedrich Box.

    Om jou weg te vind, selfs al is dit nie so lekker om na te kyk nie, gee ons jou die datums om jou te help:

      2778: Rampspoedige vulkane en die begin van 'n nuwe Middeleeue

      3500 (?): Geskatte jaar van die grondlegging van Redui en Eyodasmi, die enigste twee state van die aarde; 'n Tweelingvaandel van wedersydse hulp.

    Desperate ekspedisie na die maan, waarvan niemand die gevolge sal ken nie.

      3911-3953: Die geboorte en dood van die fisikus Friedrich Box, wat geheel en al geleef het in Redui, wat die einde van die Middeleeue en die begin van 'n era van vordering gemerk het.

      4000-4500: Die stigting van verskeie kolonies regoor die planeet.

    Die man herontdek sy begeerte om te verower.

      4596: Die afstammelinge van die oorlewendes van die maan ekspedisie word opgemerk vanaf die Aarde, en op hul dorp sal die stad van Selené gebou word.

      4612: Redui en Eyodasmi voer oorlog, die mees gewelddadigste wat die mensdom nog ooit beleef het.

    In vier en twintig jaar het meer as een honderd en vyftig miljoen mense hul lewens verloor op die mees gruwelikste maniere. Met die einde van die konflik, en dienooreenkomstig met die tweelingskap, het die kolonies, toe nog afhanklik van die Unie van die twee magte, het hulle verkies om uit watse stad beskerm te word.

    ––––––––

    'n Ooreenkoms, blywend tot vandag nog, beboet die bepalings van die nuwe verhouding tussen die twee state.

    Selené, die hoofstad van die maan, al is dit baie kleiner in vergelyking met die twee aardse reuse, het ondersteuning op sy neutraliteit, onder leiding van die onsterflike monakhòs Lav Pat'Nab.

    Maar al hierdie dinge sal later verduidelik word met groot sorg en lewendigheid.

    Vir nou, al wat ons kan sê is dat, presies elf eeue ná die begin van die oorlog in die vroeë oggend, het Laszlo Prathama Simmeras, universiteitstudent van net twintig, besig was om gereed te maak om sy huis te verlaat. Dit is geleë in die distrik van Palladium, die grootste en rykste deel van Redui. Meer as 'n huis of woonstel, kan ons sê; goed geplaas byna 'n kilometer van die grond af.

    Die strate is stil. Die lug is dig. Die hele stad is 'n geweldige borrel van water en seep wat wag om te bars.

    Redui, die jaar 5712.

    1

    ––––––––

    Dieper, dieper dink Laszlo, en sodoende maak hy 'n skerp sny bokant sy ken. Te diep. Terwyl hy op soek is na iets om die bloeding te stop, loer hy na die venster wat uitkyk op die kruising tussen die strate Kis en Lagasj. Dit was nog nie lig nie, maar dit was beter in die duister om die helse kruispad van Palladium in die gesig te staar as in die oggend; die verkeer is nie die enigste struikelblok nie: die elite eenhede van die burgerlike magte was reeds in 'n hinderlaag op daardie uur.

    Om nie langer te talm oor die bekommernisse nie, sluip hy uit en gaan na vlak 11. 

    Die trappe, miskien die enigste nie- outomatiese element van die hele gebou, wat net verlig is deur die maanligstrale wat daarop val, wat vir hom lyk soos 'n skraal, ruimte, vol tempo en breed, byna 'n oorweldigende gevoel van 'n groot projeksie.

    Euforie in ekstase, iets heeltemal irrasioneel, dieselfde euforie wat nou druk om vinniger te val. Tog, selfs vinniger, met twee, drie, vier treë met 'n enkele stap, gly hy en stamp sy kop teen 'n glas venster;

    Genoeg vir vandag, moenie nog seerkry nie sê hy.

    Hy klim stadig in sy Wohks en kry dit aan die gang.

    Het jy al ooit bestuur in die nag. Die grootste verskil sal die hitte van die tonnel wees, teen die maksimum.

    Hy aarsel 'n bietjie langer, trap dan die versneller in; die voertuig huiwer op sy beurt, krakend, maar beweeg dan in die kring. Die lug in die tonnel is so koud dat Laszlo verplig is om elke opening in die Wohks toe te stop voordat die spoed vermeerder en dit dan onmoontlik sou wees om die taak te verrig.

    En nou is dit dagbreek. Die tonnels was byna heeltemal leeg en dit was nie nodig om so hard te konsentreër op die pad nie, behalwe vir die normale konsentrasie wat benodig is vir die lig wat nou begin helder skyn; die mis, yl soos die lug, meer as agt honderd meter van die grond af, verdeel die maanligstrale in 'n wye verskeidenheid van weë, wat self eindig met 'n kettingvorm onder die hoë geboue in.

    Soos verwag, was die tonnels steeds koud en omdat dit 'n risiko was om teen 'n hoë spoed te bestuur, kon Laszlo dit bekostig om te versnel tot tweehonderd en sodoende net 'n paar minute van die lesing te mis. Hy begin stadiger ry wanneer hy die teken sien wat die einde van Palladium aandui, 'n blok van keuses van die Burgerlike Magte Eenheid. Hy kry die nodige vorms en dokumente gereed toe die agent aan hom beduie om stil te hou; Dit was 'n eenvoudige kontrolepunt, waarskynlik daar opgerig as gevolg van die onluste.

    Nadat die agent besit geneem het van Laszlo se kaart, het die agent hom weer genader met min belangstelling in sy werk:

    -Wat is jou naam, Seun?-

    -Laszlo Simmeras-

    -Nommer?-

    -Prathama-

    -Distrik?-

    -Ek is van Palladium, Agent. Derde isolasie. Ek assisteer met lesings by die Dimensionele Sentrum en as u my asseblief kan verskoon, anders is ek bevrees gaan ek baie laat wees-

    Die agent glimlag en oorhandig sy dokumente aan hom, maar hou die vorms terug:

    -Hierdie vorms sal ons hou, Seun- en met ‘n breër glimlag -nou is jy vry om te gaan.-

    Sonder om hom te antwoord, trek Laszlo onmiddelik weg, met 'n nare gevoel wat hy al van te vore in soortgelyke omstandighede ervaar het.

    Uiteindelik bevind hy homself voor die distriksveranderingteken en sy hoop vlam op dat hy dalk nog betyds kan wees. Toe hy net 'n paar blokke van die Dimensionele Sentrum af is, hoor hy die gewelddadigste geraas en raak skoon bang meer as iets anders, hulle het begin met die betogings.

    In 'n laaste sarsie van woede, trek hy die Wohks vorentoe op topspoed na die volgende kolom, los dit daar in die middel en slinger homself in die hysbak in. Verplig deur sekuriteit, skree hy met alles wat hy in hom het:

    -Styg! Vlak nul. Stop.-

    Nodeloos om te sê dat sy bloed na sy brein gevloei het en alhoewel hy 'n bietjie lighoofdig voel vergeet hy van sy fisiese toestand toe hy die grondvloer bereik. Sy enigste bekommernis nou is om so vinnig moontlik te kan hardloop om die Dimensionele Sentrum te bereik wat gekenmerk word deur net 'n antenna wat uitsteek.

    Die wolkekrabbers was baie laer as dié van Palladium, en dus maklik onderskeibaar. Hy word onderbreek 'n paar kilometer verder, met net 'n elektroniese notaboek in sy hand, dink Laszlo daaraan om weg te kruip onder die donker stegies om die massa van die betogers te vermy.

    Natuurlik kon hy nie en begin druk teen die rivier van plakkate, reklameborde en baniere om nie bewus te raak van die idee dat hy gelynch kan word deur die massa nie.

    So na 'n halwe kilometer se beweeg tussen stote, stampe en soms skoppe deur, word Laszlo deur 'n sterk hand tot stilstand geruk en is verbaas om te verneem dat dit aan 'n man behoort. Hy het omgedraai en is getref deur die grootte van die individu wat beslis nie reg lyk nie. Die uitdrukking op sy gesig lyk soos dié van 'n dier, sekerlik 'n vark, hy het al 'n tweedimensionele voorstelling van die derde millennium van die Universiteit van Palladium gesien, sodat in 'n oomblik van dreigende gevaar soos dié wou hy amper lag, hy let selfs op hoe die are met geweld klop op daardie skedel waarvan die hare nou heel komieklik lyk.

    Skielik besef hy, en dit amuseer hom nog minder, dat die optog vir 'n paar sekondes gestop het en dat daar 'n koue stilte heers, almal se aandag is op hom gevestig. Hy het gevoel soos die bourgeois, aristokrate, en dat die stilte so gebreek was in kleiner en kleiner fragmente, tot op die punt dat daar geen manier was om vas te stel  uit watter rigting die geskreeu gekom het nie.

    Die varkagtige ou gryp

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1