Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Fatal Fantasy
Fatal Fantasy
Fatal Fantasy
Ebook162 pages2 hours

Fatal Fantasy

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wees gewaarsku dat hierdie boek gewaagde beskrywings het. Dit is egter geensins eroties of pornografies van aard nie. Dit is geskik vir volwasse lesers. Bewonderaars van aanlyn geselskamers sal hou van Fatal Fantasy.
Sonja het haar droom man ontmoet, maar hom die rug gekeer...Twee jaar later beland Sonja in ñ aanlyn geselskamer en hier kom sy baie eienaardige dinge teë. Dinge wat elke dag in aanlyn geselskamers gebeur - skokkende dinge waarvan die meeste mense egter onbewus is.
Herman die Helsim was die oorsaak dat Sonja in die aanlyn geselskamers beland het. Hier maak Sonja kennis met: Die Flerrie, Alice Die Fortuin Soeker, Devil In White Boots, Die Vulgêre Klipspringer asook Die Slinkse Honeylicious. Daar vind ñ huwelik plaas binne een van die gesels kamers. Die Vuil Vet Nimfomaan probeer haar bes om Sonja en haar droom man uitmekaar te hou. #MyBooksMyRules #50ShadesOfBlushing

LanguageAfrikaans
Release dateNov 19, 2015
ISBN9781310333699
Fatal Fantasy
Author

Flamingcrystal

~~~•••~~~Hallo julle! Baie dankie dat julle my boek afgelaai het en vir die tyd wat julle daaraan gaan spandeer om dit te lees.Ek is Marlaine Lloyd, ñ Afrikaanse skrywer en skryf onder my pen naam as Flamingcrystal. Ek woon in ñ klein dorpie Pongola in Kwazulu Natal, Suid-Afrika. Een van die mooiste klein dorpies in ons land waar daar nog geen verkeersligte is nie en waar almal nog omgee vir mekaar.Die van julle wat my nog nie so goed ken nie, daar is ñ rede waarom ek al 6 my kindle eboeke en paperbacks wat op Amazon gepubliseer was, onttrek het...nie net omdat my dogter besig is met die vergemakliking van die hoofstukke en bladsye se navigasie nie, maar ook omdat ek medies ongeskik vir werk verklaar is, en my assuransie nie toelaat dat ek enige inkomste verdien uit my boeke nie, selfs al was my boeke gepubliseer lank voordat hulle my ongeskiktheids eis goedgekeur het.Verdien ek enigsins iets uit my boeke kan hulle my maandelikse ongeskiktheids-toelae opskort.Daarom sou al die inkomste uit my boeke na die weeshuis gaan, maar selfs dit sou gesien word as ñ inkomste!My dogter het gedink dit is uiters onregverdig dat my familie en vriende nie meer my boeke by Amazon op die #Free #Gratis dae kon aflaai nie en sy het besluit om die hoofstukke en bladsye navigasies op elke boek te verbeter, en daarna het sy my boeke oorgelaai op Barnes and Noble Nook Books & Smashwords waar dit dan GRATIS aan my familie en vriende beskikbaar gaan wees.Amazon het nie die opsie van gratis boeke nie behalwe wanneer dit vir slegs ñ paar dae op promosie is.Tans is al my kindle eboeke en paperback boeke uit AL Amazon se sales channels ontrek deur bloot die 'untick' van die 'publish' blokkie. http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M Sodra ek hoor hoe ek my e-boeke permanent gratis kan maak vir julle op Amazon, sal ek julle laat weet.My boeke Geeste Portaal, Fatal Fantasy en Dejavu & Destiny Romantiese Weergawe is gratis op Smashwords en op Barnes and Noble Nook Books.~~~•••~~~Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) is an Afrikaans speaking author that currently lives in a small town, Pongola, in Kwazulu Natal in South Africa. She loves writing in the following genres: fiction, young adult paranormal, fantasy, horrors, thrillers and blushes when she writes erotica.Flamingcrystal is a widow and has 2 beautiful daughters. Flamingcrystal was raised on a farm in the Orange Free State in South Africa.She has a BA degree in Retail Marketing and is an #ASMSG member.

Read more from Flamingcrystal

Related to Fatal Fantasy

Related ebooks

Related articles

Reviews for Fatal Fantasy

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Fatal Fantasy - Flamingcrystal

    INDEKS

    Bedankings

    Voorwoord

    Die Wildsplaas

    Haar Droom Man

    Die Beeldskone Model

    Die Flerrie

    Herman Die Helsim

    Lelike Heks Met Pers Hare

    Die Gesig In Die Spieël

    Die Honger Bloedhond

    Alice, Die Fortuin Soeker

    Afrikaner Bul Versus Hunter

    Agterbakse Vroue

    In Die Visier Van ñ Nimfomaan

    Die Gebreide ‘Willy Warmer’

    Die Man en Die Tiener

    Shadow’d Heart Ontmasker

    Alpha Male Verlei Die Weduwee

    Die Huwelik In Die Gesels Kamer

    Seks Aangevuur deur Jaloesie

    Devil In White Boots

    Die Chippendales

    Smarties By Die Pit Stop

    Telepatie óf Voorbode

    Die Vulgêre Klipspringer

    Die Slinkse Honeylicious

    Die Ballito Vakansie

    Kuier By Devil In White Boots

    Honeylicious Steel ñ Skuilnaam

    Destiny en Silver Dragon

    Die Gewraakte Oproep

    Hannes Troos Haar

    Geskok Luister Sy Na Die Storie

    Marius Verdwyn

    Skokkende Gebeure By Die Kerk

    Die Vuil Vet Nimfomaan

    Die Naak Fotos

    Slot

    Kopiereg

    Die reg om ©Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) as outeur van die werk te erken word voorbehou volgens die Kopiereg Wet 98 van 1978.

    Alle regte is voorbehou in geheel sowel as enige deel van die materiaal in besonder die reg om die teks te vertaal illustrasies daaruit te gebruik die voordrag uitsaai voorstelling van die teks op mikrofilm of op enige ander wyse en die berging daarvan in enige stelsel van inligtingsbewaring.

    Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm of op enige wyse gekopieer of versend word sonder die toestemming van die outeur nie.

    ASIN: B00HMQ6PPE ISBN-13: 9781495448225

    ISBN-13:9781310333699 January 1st 2014.

    Bedankings

    Ek bedank hiermee my 2 dogters Luzinda en Chrystal vir hulle ondersteuning tydens die skryf van hierdie boek.

    Madelene Martin het die omslag van Fatal Fantasy ontwerp.

    Haar unieke ontwerpe is beskikbaar by http://www.thebookcoverdesigner.com

    Aan my lesers baie dankie vir julle ondersteuning!

    Julle is welkom om met my te gesels op Twitter. @FlamingCrystal1

    Voorwoord

    Die name asook van die karakters is bloot toevallig en het geen betrekking op enige persoon bekend aan die skrywer nie. Die skuilname van die karakters in die gesels kamer gesprekke is deur die skrywer gefabriseer, die regte skuilname van hierdie mense word nie hier gebruik nie. Die naam van die aanlyn gesels kamer ‘Fantasy’ is deur die skrywer gefabriseer, dit is egter gebasseer op ware gebeurtenisse in ñ bekende aanlyn ‘chat zone’...

    Wees gewaarsku dat hierdie boek erotiese beskrywings het. Dit is egter geensins pornografies van aard nie.

    Sonja het haar droom man ontmoet, maar hom die rug gekeer...Twee jaar later beland Sonja in ñ Aanlyn Gesels Kamer en hier kom sy baie eienaardige dinge teë. Dinge wat elke dag in Aanlyn Gesels Kamers gebeur - skokkende dinge waarvan die meeste mense egter onbewus is.

    Herman die Helsim was die oorsaak dat Sonja in die Aanlyn Gesels Kamers beland het. Hier maak Sonja kennis met Die Flerrie, Alice Die Fortuin Soeker, Devil In White Boots, Die Vulgêre Klipspringer asook die Slinkse Honeylicious. Daar vind ñ huwelik plaas binne een van die gesels kamers. Die Vuil Vet Nimfomaan probeer haar bes om Sonja en haar droom man uitmekaar te hou.

    Slegs vir volwasse lesers!

    Die Wildsplaas

    Aanlyn gesels kamers is die duiwel se danssaal.

    Sonja sit in haar kantoor by haar woning en kyk uit deur die venster na die see. Salt Rock se see is blinkglad en rustig. Innerlik klots Sonja se emosies soos reuse golwe teen die rotse.

    Sonja woon die afgelope twee jaar hier reg langsaan die see. Sy het voorheen in Nylstroom gewoon.

    Sonja het haar nou bloediglik vir Hunter vererg. Dat ñ simpel mansmens in ñ gesels kamer van Fantasy haar só kon ontstel het. Sy is sommer lus en gooi haar selfoon dat dit doer deur die vertrek vlieg.

    Sonja het ongeveer twee jaar gelede vir ñ naweek by vriende op Thabazimbi gaan kuier.

    Haar vriende Linda en Jaco het ñ wildsplaas genaamd Leeukuil daar. Hulle het ñ enorme gastehuis op die plaas gebou met ñ lapa waar daar gereeld vleis gebraai word.

    Die niertjie vorminge swembad op die wildsplaas is omring met rotse en die water glinster helderblou en uitlokkend in die sonlig.

    Die rooi duiker bokkies is so mak dat hulle by die ganse se dammetjie daar naby die plaashuis kom water drink.

    Linda het verskeie soorte ganse onder andere swart ganse en reusagtige wit ganse asook die mooiste Egiptiese ganse. Die ganse raas wanneer die rooi duiker bokkies daar kom water drink.

    Die bokkies steur hulle egter glad nie aan die ganse wat hulle van die dammetjie af probeer weghou nie.

    Hierdie ganse kondig ook luidkeels die aankoms van besoekers aan.

    Een van hierdie Egiptiese ganse Tippie volg Sonja soos ñ skaduwee orals waar sy gaan. Sonja het die gans Tippie gedoop omdat die gans gelyk het soos ñ ballerina wat op die punte van haar tone loop. Linda kon haar oë nie glo dat hierdie gans so geheg aan Sonja kon raak nie.

    Vroeg daardie Saterdag middag het Linda vir Sonja dorp toe gestuur om bestanddele vir ñ nagereg wat sy daardie aand aan haar gaste wou voorsit te gaan kry.

    Die gastehuis was vol bespreek vir die naweek en Linda het skaars grond gevat. Sonja het dadelik ingewillig om gou dorp toe te ry om die nodige voorraad te gaan aankoop.

    Tippie wou met mag en mening saam ry. Sonja fluister saggies vir Tippie dat dit nie ñ goeie idée was nie. Sonja belowe die gans dat sy vir haar kaaskrulle sou saambring van die dorp af.

    Tippie kyk Sonja aan met haar koppie so skeef gedraai so asof sy alles verstaan en stap dan dood tevrede weer waggelend terug na die dammetjie.

    Die plaas is ongeveer 17 km vanaf die dorp. Sonja het haar CD van West Life in haar blou sport motortjie se cd speler gesit en uit volle bors sing sy mee terwyl sy dorp toe ry.

    Sonja ken die woorde van West Life se liedjie You raise me up al uit haar kop. Dit is een van haar gunsteling liedjies.

    Met ñ swierige draai trek Sonja by die parkeer plek voor die Spar op Thabazimbi in om die bestanddele vir die nagereg te gaan koop.

    Sonja het tydsaam deur al die rakke gestap om te kry wat nodig was en kort-kort gaan staan om na sekere items te kyk. Die winkel was vol mense wat net soos sy op die nippertjie voordat die deure om 13h00 op ñ Saterdag middag sluit kom inkopies doen.

    Daar staan lang rye mense voor elke kassier wat wag om vir hulle inkopies te betaal.

    Langsaan die kasregister staan daar ñ rak volgepak met sjokolade om dit uiters aanloklik vir enige impulsiewe koper te maak. Sonja gryp 3 blokke Bournville Dark sjokolade en voeg dit by die res van haar items.

    Daar staan ñ seuntjie van omtrent 5 jaar oud in die ry voor Sonja. Sy kleertjies is oud en gelap maar silwer skoon.

    Sy 3 jarige boetie staan agter die kassier en wag vir hom. Die seuntjie sit ñ Bar One sjokolade stafie voor die kassier neer. Die seuntjie haal ñ plastiek sakkie met 5 sente en 10 sente uit sy sak.

    Die ongeduldige kassier gryp die sakkie uit die seuntjie se hand.

    Sy tel die kleingeld en met ñ frons op haar ronde onvriendelike gesig snou sy die seuntjie toe dat die prys van die Bar One R4.95 is en dat die R1.25 wat hy vir haar gegee het heeltemal te min daarvoor was.

    Die kassier beveel die seuntjie om die sjokolade stafie terug te sit.

    Sonja sien hoe die seuntjie se kennetjie en onderlippie begin bewe dit is duidelik dat hy sy bes probeer om nie in trane voor almal uit te bars nie. Sonja buig nader aan die seuntjie en fluister in sy oor wag...moenie dit terug sit nie Die seuntjie se onderlippie hou dadelik op met bewe en hy kyk verwonderd na Sonja.

    Julle is besig om my tyd te mors brom die kassier kliphard.

    Sonja strek haar uit tot haar volle 1.65m lengte en kyk af na die sittende kassier. Dit is onnodig dat jy hierdie kindjie so verneder. Ek sal vir die sjokolade betaal.

    Die kassier gluur Sonja aan maar een kyk na Sonja se silwer grys oë wat haar so deurdringend aankyk laat haar die aftog blaas.

    Die kassier het haar asvaal geskrik toe dit vir haar lyk asof Sonja se oë uit woede silwer weerlig strale na haar blits.

    Sonja voeg nog ñ Bar One by en betaal vir haar inkopies. Sonja oorhandig die 2 Bar One’s aan die seuntjie. Die seuntjie gryp Sonja om haar lyf en gee haar ñ drukkie. Baie dankie Tanniesê hy en daarna gryp hy sy boetie aan die hand en hulle hardloop by die winkel uit.

    Sonja wonder waar die kindertjies se ouers is en waarom hulle alleen daar in die winkel was.

    Nadat sy vir die items betaal het, het Sonja op haar armhorlosie gekyk. Dit was al byna half 3. Sonja het nie besef dat sy soveel tyd in die winkel spandeer het nie. Linda was teen hierdie tyd seker al bekommerd oor haar.

    Sonja het dadelik met ñ vaart by die winkel uitgehardloop reg in die breë borskas van ñ mansmens vas en haar pakkie met kruideniers het op die grond geval.

    Sonja buk dadelik af om haar pakkie van die grond af op te tel. Tipies mansmens kan mos nie kyk waar hulle loop nie! Brom Sonja binnensmonds.

    Geitjiegat Goddess! Jy is die een wat in my vasgehardloop het! sê die man laggend aan haar.

    Terwyl sy so hurkend daar sit merk sy op dat hierdie man skepe vir skoene het. Sulke reuse voete het sy nog nooit vantevore gesien nie. Sy bruin leer skoene is blink gepoets.

    Hy het die mees sensueelste stem wat sy nog óóit gehoor het.

    Haar Droom Man

    Sonja het orent gekom en opgekyk na die mansmens en dadelik sy besonderse mooi groenblou oë met die lagplooitjies daarom raakgesien.

    Sonja het hom oombliklik herken as die man van wie sy ñ maand gelede gedroom het!

    Sonja het gedroom dat hierdie einste man wat nou voor haar staan sy hande na haar uit gestrek het asof hy iets in sy hande vashou en hy het vir haar gesê dat hy sy lewe lank al na haar soek en dat Sonja sy hart vir haar moes neem.

    In haar droom het Sonja haar hande langsaan mekaar gehou en hy het sy hande teen mekaar gesit en met sy vingerpunte ñ hart gevorm. Daarna het hy sy hande in die holte van haar oop hande neergesit. Sonja het glimlaggend opgekyk in sy groenblou oë.

    Sonja het wakker geword uit die droom. Sy het geweet dat sy hom eendag sou ontmoet dat dit vir hulle bestem was om bymekaar te wees...

    Marius kon sy oë nie glo nie dit was die vrou van wie hy presies ñ maand gelede gedroom het!

    Marius het gedroom dat hierdie meisie met haar besonderse silwer grys oë vir hom gesê dat haar hart vir ewig en altyd aan hom sou behoort.

    Marius het vir haar geglimlag en sy hand na haar uitgestrek. Aangename Kennis! Ek is Marius Joubert. Sonja het haar hand uitgesteek na hom en hy het dit in sy groot bruingebrande hande toegevou. Sonja Liebenberg. Antwoord sy hom.

    Ek weet jy gaan dink ek is voor op die wa maar sal jy gou saam met my hier langsaan by die Wimpy gaan koffie drink? vra Marius haar net daar en dan.

    Hy wil hierdie meisie baie graag beter leer ken.

    Marius hou nogsteeds haar hand toegevou in syne en sy probeer ongesiens haar hand uit syne woel. Sonja wil hom nie laat agterkom dat hy haar voete onder haar uitgeslaan het nie.

    Marius grinnik toe sy haar handjie uit syne probeer woel en hou haar hand stywer vas.

    Ek drink nie koffie saam met vreemde mans nie! betig sy hom. Marius glimlag en sê vir haar dat hy mos nie meer ñ vreemdeling is nie aangesien sy al weet wat sy naam is.

    Sy loer na hom en sien dat Marius glimlag en met openlike liefde en bewondering na haar kyk.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1