75 Rand
()
About this ebook
Meer as 7,500 reeds afgelaai!
Waldo Leroux stap deur sy lewe om sy oorlede ma, Anita, te ontmoet en sin te probeer maak uit haar lewensverhaal.
Anita het een groot swakheid gehad, wat Waldo se lewe onherroeplik gekleur het, van so vroeg as sy agtste lewensjaar.
Stap saam met Waldo op sy emosionele reis: Anita se dramatiese laaste dae. Vier en twintig jaar se saamreis. Sketse van ander soortgelykes op Waldo se pad. 'n Verrassende ontmoeting beskryf die afsluiting, of is dit dalk 'n begin vir Waldo …?
Beskikbaar by meeste aanlyn boekwinkels.
75 Rand vertoon aangrypende stukke lewensreis, soos vertel deur die seun van 'n vrou. 'n Pragtige, talentvolle vrou, met een groot swakheid. Grafies, self-soekend, emosioneel belaai, humoristies by tye. Die verteller loop deur sy eie lewe om met 'n reis te begin. 'n Sterfte, 'n lewe en interessante ontmoetings met ander alkoholiste en drankgeaffekteerdes open 'n nuwe wêreld vir die leser.
Lang beskrywing
Dood.
Hoekom?
Het ek haar …?
Dood.
Hoekom!
Het sy self …?
Dood.
Hoekom?
'n Storie van 'n sterfte, lewe en mense, met ʼn knerts whisky.
Jy word uitgenooi om meegevoer te word op 'n stuk lewensreis, soos beskryf deur die seun van 'n vrou.
Onthul as 'n pragtige- en talentvolle argitekstekenaar, kunstenaar, gade en 'n ma van twee. In haar soektog na vrede?, liefde?, is sy gebreek op onheilspellende rotse, vlak onder die oppervlak van 'n goudgeel oseaan, oor drie stormagtige dekades.
Die verhaal ontvou in drie dele:
Waldo Leroux begin met 'n helder, emosiebelaaide vertelling van sy ma, Anita, se dood op 27 Desember 1999, asook die maande in aanloop tot en ná afloop van daardie dag.
Hierna word die horlosie teruggedraai om 'n selfsoekende en -ondersoekende reis te onderneem deur sy lewe as sy ma se seun. Hy diep kristalhelder herinneringe van pyn en plesier op, van so ver terug as sy voorskoolse jare. Stap daarna deur sy skool- en vroeë werksjare in aansluiting by die eerste hoofstuk.
Laastens deel Waldo sy interessante ontmoetings en verhoudings met sommige alkoholiste en ander dronk mense. Hy sien deur die geraas geskep deur hul mot-om-'n-kers gedragspatrone en ontdek hul doodgewone, beeldskone menslikheid.
Die boek sluit af: Waldo ontmoet en groet vir Anita in ʼn persoonlike brief.
Related to 75 Rand
Related ebooks
Lindie Stander: Agter my glimlag Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAfgehandel (2de uitgawe) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAs die stroom jou vat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsAlles wat blink Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDit is Verby Rating: 0 out of 5 stars0 ratings’n Hart is so groot soos ’n vuis Rating: 4 out of 5 stars4/5Don Juan kry 'n Vryersles Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk bly by jou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHammie Rating: 5 out of 5 stars5/5Swartskaap Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMargie van die seminary en ander verhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPsalms van 'n Huisvrou: The Book for Women Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKelder Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeen Trap Af Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Engel in die hoenderhok Rating: 3 out of 5 stars3/5Noudat slapende honde Rating: 5 out of 5 stars5/5Padmaker Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMia: 'n Ma se storie van verlies en hoop Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkoolstories 1969: 1980 Bredasdorp Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie rolbalspeler Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVerstevlei Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKamee: kortverhale Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSkeur Rating: 5 out of 5 stars5/5Moord Oord Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKyk my in die oë Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKlara Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStories uit 'n Straat Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie uil in die ysbos Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDonkermaan Rating: 4 out of 5 stars4/5Skemer oor Aasvoëlkop Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for 75 Rand
0 ratings0 reviews