SARIE

‘EK IS Sherlin Barends VAN IDASVALLEI’

Op Instagram stel Sherlin Barends haarself bekend as Bold. Bald. Bilingual.

Sy was altyd die raakvatter, die presteerder, die “sterk” vrou.

En toe, in die grendeltyd, het die “monsters” van haar verlede haar begin bekruip.

Vir my sê sy: “Ek is Sherlin van Idasvallei. My mense is storievertellers wat saam kan lag, ons is nederige, warme mense. Dis my anker. As ek daar veilig voel, kan ek my vlerke sprei.”

Weeksdae bied sy die radioprogram Kfm Mornings with Darren, Sherlin and Sibs aan. Sy, Darren Simpson en Sibongile Mafu staan bekend as ’n gul driemanskap.

Onlangs was sy ook die aanbieder van VIA (DStv-kanaal 147) se werklikheidsreeks Houvrou of trouvrou?. Sy tree gereeld as seremoniemeester op, doen stemwerk, is motiveringspreker. Haar hart se punt is Community Keepers, ’n organisasie sonder winsbejag, waar sy beskermvrou is. Hulle help by skole met berading vir getraumatiseerde leerders.

In ’n koffieplek kunsslangvel-Birkenstocks, groen energiedrankie in die hand.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie
Dit was ’n trounaweek van genot, uitspattige kleur en geluk. Met ’n pragtige verskeidenheid blommerangskikkings in dieprooi, perske en ligpienk, asook granate en turksvye op die tafels, het die dekor aan die Romantiese kunsbeweging herinner. Sonder d
SARIE1 min read
’n Pak Op Sy Tyd
Die klassieke swart tuxedo kry ’n nuwe voorkoms met ’n baadjie in naaswit Vir ’n swart uitrusting van kop tot toon, speel met teksture deur ’n baadjie van tweed of brokaat te dra. Of wees op die uitkyk vir detail soos kristalle op die kraag * Sien o

Related