Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Dokter Margaret in Delhi
Dokter Margaret in Delhi
Dokter Margaret in Delhi
Ebook499 pages8 hours

Dokter Margaret in Delhi

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dokter Margaret reis alleen na Indië om by haar ouers by die Amerikaanse Presbiteriaanse Sendingstasie in Futtehgurh te wees en dan na haar pos by ‘n hospitaal in Delhi. Daar moet sy nie net werkdruk oorkom nie, maar ook met haar intimideerders en intriges van die Mughals, by die Delhi Rooi Fort deel.

Margaret se martelaar sedert haar kinderjare, Kaptein Albert, sluit ook aan by ‘n Britse regiment wat vir diens in Indië gebasseer is. Die Rus, Kaptein Graaf Nicholai, wie Margaret in die Krim ontmoet het, arriveer ook in Indië onder die dekmantel van ‘n Franse dokter.

Die gebeure wat tot die Indiese Muitery/Rebellie gelei het en uitgebreek het in 1857, het nie net ‘n baie groot invloed op Margaret se lewe nie, maar ook op diegene wat haar liefhet en ander wat haar skade wil berokken.

Ook deurmekaar in die warboel is een van die Koning van Delhi, Shah Zafar se Rooi Fort Wagte, sepoy Sharif Khan Bhadur, die oupa van Dokter Wallidad, ‘n Amerikaanse dokter.

Die Azadi Reeks dek die opwindende gebeure en onrus wat Indië deurvleg het van 1857 tot 1947 en tot haar onafhanklikheid gelei het. Daardie voorvalle verswelg die karakters van hierdie storie op daardie tydstip en later hul afstammelinge se lewens weer in die 1960’s.

LanguageAfrikaans
PublisherBadPress
Release dateJun 22, 2017
ISBN9781547505890
Dokter Margaret in Delhi

Read more from Waheed Rabbani

Related to Dokter Margaret in Delhi

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Dokter Margaret in Delhi

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Dokter Margaret in Delhi - Waheed Rabbani

    TOEWYDING

    ––––––––

    Aan my vrou, Alexandra, sonder haar liefde, hulp en voortgesette ondersteuning sou hierdie werk nie moontlik gewees het nie.

    Ook

    In liefdevolle herinnering aan my geliefde pa en ma, wat ongelukkig nie lank genoeg geleef het om hierdie boek in druk te sien nie.

    INHOUD

    INHOUD

    STAMBOOM: Wallace’e, Barinowskys en Sharifs

    Inleiding

    Hoofstuk Een

    Besoekers uit Grimsby, Kanada

    Hoofstuk Twee

    Aankoms in Kalkutta

    Hoofstuk Drie

    Vaart op met die Ganges Rivier

    Hoofstuk Vier

    Futtehgurh, uiteindelik!

    KAART: Margaret se roete van Kalkutta na Delhi

    Hoofstuk Vyf

    Lewe op Futtehgurh

    Hoofstuk Ses

    ʼn Besoeker en ʼn geskenkperd

    Hoofstuk Sewe

    ʼn Geboorte en planne vir Delhi

    Hoofstuk Agt

    Futtehgurh na die dak huis

    Hoofstuk Nege

    Dak huis na Delhi

    Hoofstuk Tien

    Delhi lewe

    Hoofstuk Elf

    ʼn Besoek aan die Paleis se Zenana

    Hoofstuk Twaalf

    Nancy en Albert Arriveer in Delhi

    en ʼn Woonstel in Daryaganj

    Hoofstuk Dertien

    Die Delhi Kollege

    Hoofstuk Veertien

    Margaret Trek na Daryaganj

    Hoofstuk Vyftien

    Kersfeesbal by die Metcalfe Huis

    Hoofstuk Sestien

    Anneksasie van Oudh

    Hoofstuk Sewentien

    Begum Zinat Mahal se Siekte

    Hoofstuk Agtien

    Mini-Oordeelsdag

    Hoofstuk Negentien

    Ontsnapping Uit Delhi

    Epiloog

    Walli en Alexandra se tuiste

    Woordelys

    Iets oor die Skrywer

    Nota aan die Lesers

    C:\Users\Mr. XYZ\AppData\Local\Microsoft\Windows\INetCache\Content.Word\FamilyTree(1000).jpg

    STAMBOOM: Wallace’e, Barinowskys en Sharifs

    Inleiding

    [Aik shakh-e-gul pe baith ke bulbul he shadman]

    Sit op ʼn blomme tak, die nagtegaal sing,

    [Kanthee bicha diye mere dil-e-lalazar mein]

    Dorings versprei in my hartskamers 

    —Bhadur Shah Zafar, Delhi (1775 – 1862)

    DIT LYK ASOF EK terug is in Delhi, op nog ʼn opdrag van die Johns Hopkins Hospitaal, maar met hierdie besoek op aandrang van my tannie en oom, bly ek by hulle in ons familie se ou haveli, Sharif Mahal in Daryaganj.

    Dit is ʼn snikhete aand en nie in staat om te slaap nie, het ek besluit om uit te gaan vir ʼn middernag wandeling. Die volmaan skyn in die wolklose lug, verlig die mistige laning van die haveli tot by die Jamuna Rivier, soos ʼn pad na ʼn geheimsinnige bestemming.

    Pragtige herehuise gooi reuse skaduwees oor indrukwekkende tuine aan weerskante van die straat, maar iets was vreemd, die herehuise het op ʼn manier terugverdraai in hul eertydse glorie, tydens die Mughal-era. Ek lê geen ag daarop nie en sweef moeiteloos vorentoe. Ek vind die Daryaganj Hek van die stadsmuur oop en haas daardeur en is verbaas om vloeiende water in die Jamuna-riviertak te sien wat lankal opgedroog het.

    Niemand is in die omtrek nie. Ek loop tot by die ghat en staan op die rivieroewer en kyk na die sagte golwe wat kabbel op die kliptrappe. Die maan weerspieël in die water en, asof dit daarin swem, strooi sy strale rond. Skielik hoor ek voettrappe, asof iemand, nee, twee persone hardloop. Ek sien ʼn vrou, onmiskenbaar Europees aan haar Victoriaanse rok en lang blonde hare wat agter haar vloei in die wind, by die Daryaganj Hek uithardloop. My hart mis ʼn slag toe ek haar herken as dieselfde dame van my drome.

    _________________________________________

    * ʼn  Woordelys van nie-Engelse woorde is aan die einde van hierdie boek

    Langs haar is ʼn donkerder vrou, moontlik Indies, behalwe sy dra Westerse klere en ʼn sjaal oor haar kop en skouers, waarskynlik haar diensmeisie, nee, haar aia, want sy dra ʼn kind met blonde hare in haar arms.

    Ek waai vir die vrouens om op te stop, want ek wil hulle vra of ek van enige hulp kan wees, maar hul ignoreer my, asof hulle my nie eens sien nie en gaan voort om langs die rivieroewer af te hardloop. Hulle vervaag gou in die verte.

    Ek wonder of ek die vrouens moet volg, maar ek hoor ritmiese voettrappe, soos wanneer ʼn groep soldate in harmonie hardloop. ʼn Troep kom deur die hek. Hul leier, ʼn Europese offisier hardloop voor met ʼn rewolwer in die hand. Hy word gevolg deur ses sepoys wat gewere met bajonette dra. Ek kruip agter ʼn boom weg sodat hulle my nie sien en skiet nie. Hulle draf weg in die rigting waar die dames verdwyn het.

    Ek bewe van ontsteldheid deur wat ek waargeneem het. Ek probeer om myself te kalmeer toe ek ʼn enkele figuur deur die hek sien kom. Hy is ʼn jong Indiese man, geklee in die Delhi styl: kurta-pajamas, swart onderbaadjie en ʼn wit topi. Toe hy nader kom, dink ek erken hom, maar deursoek my brein van waar ek hom gesien het. Dan dring tot my deur, hy is die persoon in die skildery wat in my oom se Connaught Place juwelierswarewinkel hang, maar hy lyk baie jonger. Hy is ... ek skree, "Sharif-Dada!"

    By die aanhoor van sy naam lyk hy verbaas en kom nader. "Arrey ... beta ... dis jy ... Wallidad?"

    "Ji, Dada. Dis ek." Ons omhels en trane van vreugde rol oor my wange.

    Ons los mekaar, maar hy hou my steeds aan my skouers en staar na my met sy vurige oë. Waar het daardie vrouens gegaan? Het hulle nie hier verby gekom nie?

    Oorstelp met emosie, kan ek nie praat nie.

    Vertel my. Ons moet Dokter Margaret help.

    Toe ek probeer om te praat, maar die woorde vorm nie, skud hy my skouer.

    *****

    Word wakker, Walli skat. Dut jy weer? Dit is my vrou, Alexandra, wat my skouer skud terwyl sy langs my stoel staan.

    O! Jammer, liefling. Dit lyk asof ek ʼn slapie gehad het. Hoe laat is dit? Ek neem die koffiebeker wat sy na my uithou.

    Ek en Alexandra is klaar met ons potjie gholf by die Baltimore Twin Oakes Gholf en Buiteklub en terwyl ek in ʼn leunstoel op die klub se patio rus, het sy na die badkamer gegaan en teruggekeer met drankies van die koffiewinkel af.

    Amper eenuur. Ons vriende behoort enige tyd met hul rondte klaar te wees. Sy sit op ʼn stoel langs my. Hulle beweeg goed rond, selfs in hul senior jare.

    Dankie, skat. Ek hoop ek kan so goed loop op my oudag. Ek neem ʼn slukkie koffie en strek my bene. Dis ʼn lekker somersdag en ek voel warm, maar verfris na my dut.

    Kyk, daar is hulle. Alexandra wys in die rigting van die vier spelers.

    Ek kyk uit oor die setperk en sien ons besoekers uit Grimsby, Kanada, na ons aangeloop kom, hul gholfjoggies agterna.

    Hoofstuk Een

    Besoekers uit Grimsby, Kanada

    ––––––––

    Julie 1967: Baltimore, Maryland

    EK SKAKEL MY BUICK stasiewa aan en ry in die rigting van die gholfklub se uitgang; Alexandra sit langs my. Ons besoekers uit Grimsby — Jane en Bill Wallace en, Karolina en Greg Barinowsky — is op die twee banksitplekke agter. Ek beny ons vriende se vryheid; hulle is in hul aftreejare en op pad na ʼn vakansie in Florida. Dis Sondag en ek is bly om tyd af te hê van my besige skedule by die hospitaal en ek dink my vrou ook, van haar regspraktyk. Ons het pas ʼn rondte gholf klaargemaak en terwyl dit ʼn opwindende middag was, uit die stilte, lyk dit of elkeen van ons verdiep is in ons eie gedagtes, waarskynlik oor wat vroeër die oggend in die klub se parkeerterrein gebeur het.

    Dankie, Dokter Sharif, sê die hekwagter toe ek die venster afrol en aan hom  die voorafbetaalde, gestempelde parkeringstrokie en ʼn fooitjie oorhandig. Hy lig die versperring en wuif totsiens.

    Ek knik vir hom en verlaat die golfgronde deur die hekke en gaan voort op die kringweg wat ons na ons huis sal neem. Ek let die verbygaande motors op en wonder wat om te maak van Greg se voorafgereëlde vergadering wat plaasgevind het vroeër in die parkeerterrein met my pasiënt Richard — wat vir die CIA werk — en sy afdelingshoof. Ek is gefassineerd, sekerlik net soos Greg was toe hy ons ingelig het oor die aanbod van die CIA om hom te help om sy dogter, Katya, uit die Sowjet-Unie te bring. Wat hul voorstel meer interessant maak is dat in ruil wil hulle net hê hy moet handelaars van Russiesgemaakte gewere opspoor. Ons het gewonder — en Alexandra, die prokureur, het veronderstel — dat die gewere baie waarskynlik bestem was vir Afghanistan om deur sommige rebellegroepe gebruik te word, maar teen wie? Ek kan nie glo dat die gerugte Russiese inval van daardie land, wat Alexandra se pa genoem het, waar kan wees nie. Hy het daarvan te hore gekom in die Russiese emigrant gemeenskap in Kanada.

    Terwyl ek die Buick nogal skerp van die snelweg afdraai op ʼn kleiner pad, onthou ek die voorval in Grimsby waar, na aanleiding van ʼn jaagtog ek daarin geslaag het om ʼn paar Russiese agente te ontduik. Dit was toe ek en Alexandra onderweg was na die Wallace Landgoed om hul ouma, Dokter Margaret Wallace, se seekis wat ek van Delhi gebring het, af te lewer. Soos ons uit haar dagboeke geleer het — wat in die kis gevind is — het sy as ʼn Dokter vir die Rani van Jhansi gewerk gedurende die tyd van die 1857 Indiese Rebellie. Die pragtig versierde kroon van die Rani was ook in die seekis ontdek. By inmenging van die Kanadese Sowjet Ambassade se agent het Margaret se ander kleinseun, Greg, die kroon aan hulle oorhandig in ruil vir ʼn visum aan die USSR en ʼn belofte van ʼn beloning op sy aankoms daar, maar dan weer, hoekom is die Russe so gretig om Margaret se joernale ook te besit? Die Wallace’e het dit vir my geleen om te lees en veilig te bewaar saam met ʼn versoek om ʼn biografie van Dokter Margaret Wallace te skryf.

    So, Walli, hoe ver trek jy met Margaret se joernale? Vra Jane vanaf die sitplek agter my.

    Ons het die eerste twee volumes klaar gelees. Hulle dek haar lewe in Noord-Amerika en Europa. Jy kan hul terugneem. Ons is ​​op die punt om met Volume III te begin, waarin ek glo sy geskryf het oor haar ervaringe in Indië.

    Ja, ons sien uit daarna om hulle te lees en is baie angstig om uit vind wat sy geskryf het oor haar tyd in Grimsby, sê Jane.

    Greg buig sy kop skuins sodat hy in my truspieël is. "Walli, wat van Katya se boek, Lara’s Story? Die een wat jy by haar in Delhi gekoop het. Wat sê sy oor Ouma?"

    Ek het dit nog nie gelees nie, Greg, net vlugtig daardeur geblaai. Dit blyk om te begin na Margaret se aankoms in St. Petersburg.

    Mag ek dit leen?

    Ja natuurlik. Ek sal dit na jou lees, sê ek.

    Ons huis se oprit verskyn en ek draai in, ek parkeer op die oprit langs die Wallace’e se blink blou Cadillac met Ontario plate.

    *****

    Na ʼn vinnige was, versamel ons in die agterplaas en sit op patio stoele met kussings onder ʼn skaduryke sambreel. Kleurvolle somersblomme is in blom in bosse rondom die tuin. Jane sê iets oor die geur van die rose aan Alexandra. Ek bedien hulle drankies: witwyn vir die dames en rooi vir die here. Terwyl Alexandra die tafel dek met aptytwekkers, slaaie en speserye, steek ek die propaan braai aan en gaan voort om beesfilet en wors te braai.

    Nadat ons opgeskep het sit ons rondom die tafel. Nog geabsorbeer in ons gedagtes, maar honger, eet ons eers in stilte, maar gou — na ʼn paar slukkies wyn — ontspan ons en die gesprek vloei geleidelik. Almal komplimenteer my op my braaivernuf en omdat ek die beesfilet presies gemaak het na almal se voorkeur.

    Alexandra, wat vir ʼn rukkie peinsend gelyk het, sê: Jane jy het vroeër oor Margaret se dagboeke gevra. Ja, ons het nogal baie oor haar en haar man, Robert, se lewe in Grimsby geleer, maar daar is min inligting oor Albert Miller. Jy weet, die een wat hulle na die Krim vergesel het. Weet jy enige iets oor hom of sy vrou, Nancy?

    Op Alexandra se vraag, krimp ek bietjie ineen, want ek dink nie dis ʼn goeie idee om Albert te bespreek nie. Ek is seker nie die Wallace’e of die Barinowsky’s weet wat Albert gedurende die reis na die Krim aan Margaret en Robert gedoen het nie, maar ek sê niks en gaan voort om my kos te kou.

    Jane antwoord: Nee, nie veel nie, Alex. Al wat ons weet is dat hy ʼn bietjie van ʼn haan onder die henne was en gesterf het iewers in die Krim of ... Indië, het jy gesê Greg? Sy vat ʼn slukkie wyn en kyk na Greg.

    Greg sluk sy kos en knik. Ja, dit was in Indië. Ten minste, dis wat ek gehoor het vanaf een van sy kleinseuns, maar niemand weet presies waar Albert dood is nie. Hy draai na my en vra, dit was waarskynlik in die Muitery, of hoe noem jy daardie oorlog, Walli?

    Indiërs verkies om daarvan te praat as hulle Eerste Oorlog vir Onafhanklikheid, hoewel die meeste dit ʼn Rebellie noem, antwoord ek. Tog, die Britte verwys steeds daarna as die Indiese Muitery. Ek merk vermaak op almal se gesigte op.

    Alexandra sit haar mes en vurk neer en stoot haar bord vorentoe. So, vertel my Greg, het Nancy ook Indië toe gegaan saam met Albert?

    Greg vat ʼn sluk van sy drankie. Ek glo sy het. En weet jy wat, sy het die oorlog oorleef en teruggekeer na Grimsby. Van wat ek gehoor het, sy nooit weer getrou nie en alleen in ʼn herehuis op die Grimsby Berg gebly.

    Jane sluit aan by die gesprek en sê: Ja wel, jy weet haar pa, Kolonel Mitchell, was nogal ʼn invloedryke man in ons dorp. Nie net was hy die bevelvoerder van die kavallerie regiment nie, hy het ʼn paar belangrike politieke aanstellings ook gehad.

    Bill wat al die tyd stilgebly het, is klaar geëet en sit sy bord eenkant. Ek verag daai man, sê hy in ʼn harde stem. Hy was verantwoordelik om Oupa Robert oorlog toe te stuur en in die Krim te sterf.

    Jane neem vinnig Bill se hand. Nou, nou, Bill, sê sy in ʼn gerusstellende stem. Daar is geen rede om nog gegrief oor daardie gebeure te wees nie. Hulle het meer as ʼn honderd jaar gelede gebeur. Dis waar, ons het nie kontak met die Mitchells nie, maar met hierdie wonderlike terugkeer van ons liewe Margaret se seekis deur die goeie pogings van Alexandra en Walli sy waai haar hand na ons toe, miskien is dit tyd om vrede te maak met Nancy se gesin. Dink jy nie, skat?

    Doen wat jy wil, moet my net nie daarby insluit nie, antwoord Bill en vat ʼn slukkie van sy drankie.

    O, ek het vergeet om jou te vertel, Bill, hou Jane vol. Een van Nancy se kleindogters het die ander dag geskakel. Sy het gehoor van die aankoms van Margaret se seekis en wou na dit kom kyk. Ek het vir haar gesê ons sal haar sien wanneer ons terugkeer van hierdie reis.

    Alexandra, waarskynlik om die spanning te probeer verlig, begin die leë borde optel. Dis wonderlik Jane, vir die Mitchells om jou te gekontak het. Ek is seker jul sal baie hê om oor te praat, maar jy weet, ek wonder ... miskien ... kan jy hulle vra of Nancy ʼn dagboek of iets agtergelaat het?

    Ja, ek sal vra, want ek is seker hulle sal graag Margaret se joernale wil sien.

    Bill vat ʼn slukkie van sy wyn. O, ek sal laat hulle wag. Ons het Dokter Walli gevra om Margaret se biografie te skryf. Laat hulle ʼn boek koop en dít lees.

    Jane vryf weer Bill se arm. Hoekom nie, Bill? Om te vra of Nancy ʼn dagboek gehad het, klink na ʼn goeie idee.

    Bill sê in ʼn nors stem, Hoekom? Wat goed sal dit doen? Wat kan háar dagboek ons vertel wat ons nie klaar weet nie?

    Alexandra dek die nageregborde. Bill, dit mag dalk nie veel sê nie, maar dit sal interessant wees om Nancy se kant van die storie te kry.

    Ek is bly Alexandra brei nie uit oor wat die ‘storie’ is waarna sy verwys nie. Dit lyk beslis dat, sonder die lees van Margaret se joernale, die ander nie geweet het wat in die Krim gebeur het nie. Ek voel dit is nie die regte oomblik — kan dalk hul vakansie bederf — om ʼn bespreking daaroor te hê nie. Dit is beter vir hulle om die besonderhede van die voorvalle rondom hul oupa Robert se dood in die privaatheid van hul huis te leer en op hul eie manier te treur.

    Ek eet my maaltyd vinnig klaar en vra of iemand nog beesfilet of wors wil hê. Almal wys dit van die hand, sê hulle het ooreet, behalwe Greg wat sê: Die filet is heerlik. Ek sal asseblief nog ʼn klein stukkie neem. Ek staan op, bedien hom en hervul almal se drankies.

    Alexandra, met Jane en Karolina se hulp, dek die tafel af en bring ʼn vars gebakte, warm en aromatiese appeltert en ʼn bakkie geklopte room. Ek haas binne toe om die skinkbord geperkoleerde koffie en koppies uit te dra. Terwyl ons die lekker nagereg eet en koffie sluk, draai my gedagtes na Katya, Greg se dogter wie ek in Delhi ontmoet het.

    Greg, wanneer laas het jy Katya gesien? Vra ek.

    Greg, alhoewel hy eers huiwerig lyk, sê: O, dit moet omtrent veertig jaar gelede wees. Dit was net voor ek en Karolina St. Petersburg verlaat het. Hy kyk na Karolina en gaan voort, sy was omtrent tien ... het saam met haar ma gebly. Vanselfsprekend het ek haar nie vertel ek gaan weg nie. Jy het gesê sy het vir die Russiese Ambassade in Delhi gewerk?

    Ek knik. Sy het die Delhi hospitaal gekontak en aangebied dat hul regering bly sou wees om Margaret se seekis oor te neem.

    Het sy gesê waarom die Russe die trommel wil hê? Greg strek vir sy koffiebeker.

    Ek glo nie so nie. My hoof chirurg, Dokter Rao, het die raad van direkteure van die hospitaal geraadpleeg en hulle het geweier. Hulle wou hê die trommel moes aan die regmatige afstammelinge van Dokter Margaret terugbesorg word. Daarom het ek opgeëindig om haar trommel al die pad van Delhi na Grimsby te bring.

    En ons is jou ewig dankbaar, Walli, sê Jane en vat ʼn slukkie van haar koffie.

    Greg, wanneer het Katya by die Russiese buitelandse diens aangesluit? Vra ek.

    Ek weet nie regtig nie. Dit moes gewees het nadat sy universiteit klaar gemaak het. Haar swaar gesensorde briewe was skaars en ver uitmekaar. Ek was egter verbaas toe jy genoem het dat sy ʼn boek geskryf het! Waar was dit gepubliseer?

    Sy het gesê sy het dit in Engels laat vertaal en in Delhi gepubliseer. Ek sal dit gaan haal. Ek het vinnig na my studie gegaan en die hardeband volume opgespoor wat ʼn rooi stofbedekking en titel in goue letters het, Lara’s Story. Ek het dit uitgebring en aan Greg oorhandig.

    Hy neem die boek in sy hand en draai dit om, hy ondersoek dit met ʼn blik van bewondering. Hy blaai deur die eerste paar bladsye en sê: Ja, Walli, jy is reg. Dit begin in haar oumagrootjie se huis in St. Petersburg. Dit blyk dat Lara ongelukkig is omdat haar man op reis gaan. ʼn Interessante begin, dink jy nie?

    Ja, nogal, antwoord ek. Ek’s jammer dat ek so besig by die kantoor was dat ek nog nie tyd gehad het om dit te lees nie.

    Greg vat ʼn slukkie van sy koffie. Het Katya gesê dat dit ʼn ware verhaal is?

    Ek dink vir ʼn oomblik en probeer onthou wat Katya my vertel het. "Ek glo sy het gesê dit is gebaseer op die lewe van haar ouma. Toe ek haar gevra het of dit iets soos Doctor Zhivago was, het sy gelag en gesê dit is baie meer waar as daardie roman."

    Alexandra lyk verward. Bill, nou hoekom het Margaret gekies om na Indië te gaan van die Krim af? Hoekom het sy nie teruggekeer Kanada toe of ... New Jersey nie? Was sy nie oorspronklik van daar nie?

    Bill vat ʼn slukkie wyn. O, ek’s seker Robert se ouers wou gehad het sy moet terugkeer na Grimsby. Jy weet, haar twee kinders was by hulle, maar haar ouers het na Indië gegaan as sendelinge om by die Amerikaanse Sendingstasie in Futteh ... wat word dit genoem, Walli?

    Futtehgurh, antwoord ek. Haar pa was ʼn Presbiteriaanse predikant, was hy nie?

    Bill knik. Ja en Margaret se ma het ʼn onderrig posisie by die skool daar opgeneem.

    Terwyl ons nagereg klaar maak en koffie drink, verskuif die gesprek na ander sake. Ons bespreek huidige gebeure en ander kwessies rakende die Verenigde State, Kanada en die res van die wêreld — veral die konflik wat steeds broei tussen Indië en China.

    In die laatmiddag son is dit besig om ʼn bietjie warm te word, selfs in die skadu van die sambreel in ons sonderlinge tuin en ek merk op Bill dut. Alexandra stel voor dat hy dalk moet ingaan en ʼn bietjie rus. Bill stem geredelik in en staan op en ​​stap na die agterdeur; Jane volg hom. Greg hervul sy wynglas en sê dat hy na die woonkamer gaan om sy dogter se boek te begin lees. Karolina help my en Alexandra om die leë skottelgoed na die kombuis te neem. Terwyl die twee dames die borde was gaan ek na my huiskantoor om na die lêers van my pasiënte wat ek Maandag gaan sien te kyk.

    *****

    Die volgende dag vertrek ons gaste om hul reis na Florida voort te sit. Hulle het belowe om ons weer te besoek en ons het onderneem om gou by hul aan te klop in Grimsby. Hulle het Volumes I en II van Dokter Margaret se joernale teruggeneem. Soos versoek deur die Wallace’e het ek dit in ʼn verhaalstyl opgestel, van hierdie volumes die storie van Margaret se lewe in Noord-Amerika en Europa in ʼn manuskrip en dit ʼn werkende titel gegee, Boek I: Dokter Margaret se Seekis. My Boek II sal haar lewe verder dek en ek was angstig om Deel III van haar dagboek te begin lees.

    Daardie aand na ete, sit ek en Alexandra, wynglase in die hand, gesellig saam op die sitkamerbank. Die joernaal is in ons skote. Dit is in gekrulde, Victoriaanse styl handskrif geskryf en begin soos volg:

    ––––––––

    Volume III

    My Lewe in Indië

    Deur

    Margaret Wallace

    Hoofstuk Twee

    Aankoms in Kalkutta

    ––––––––

    Jan 1855: Kalkutta, Indië

    IN DIE MIDDEL VAN DIE NAG maak die stilte van die skip my wakker. Ek lê op ʼn smal stapelbed in die klein kajuit en wonder wat die probleem is. Ná weke — wat byna soos ʼn leeftyd voel — rollende en skommelende probeer om my besittings veilig in die kaste te hou, is die onheilspellende stilte ongelooflik. Is ons reeds daar? Ek dink nie so nie, want net daardie oggend nog het die grysbebaarde kaptein gesê: Dit is nog een dag Kalkutta toe, Mevrou.

    Ek gooi die beddegoed van my af, spring uit die bed en loer deur die klein luik. In die mistige duisternis kan ek net ʼn paar grasdak hutte en flikkerende ligte op die strand onderskei. Inderdaad, ons het ons bestemming bereik! Ek kan nie my opgewondenheid beteuel nie en — versigtig om nie die snorkende dame wat op die oorkantse bed slaap, wakker te maak nie — trek ek ʼn onderrok,  ʼn donker rok en ʼn kappie aan. Ek maak seker dat ek my lang, ligte hare insteek, want ek wil dit nie nat kry in die mis nie. Ek loop op my tone uit die kajuit en gaan na die dek. Ten spyte van die laat uur, kan ek nie wag om ʼn eerste blik van Indië te neem nie, die land wat ek so baie oor gelees en hoor het; die land van my drome.

    Ek loop op die dek tot by die reling, die warm, mistige naglug en ʼn soort van vrot eier reuk van die drywende riool, verswelg my. Terwyl ek met my elmboë gestut op die handreling staan en uitkyk in die stomende, somber nag woel die matrose rond en skree instruksies aan mekaar om die take te doen wat nodig is om die skip te anker. Waar is al daardie pragtige geboue wat ek gehoor het ʼn paar van die passasiers oor gepraat het?

    Is dit Kalkutta? Vra ek een van die matrose.

    Nee, Mevrou. Ons is net by die mond van die Hooghly. Nog ʼn entjie om te gaan. Hy lig sy pet en gaan haastig voort.

    So, dit gaan nog ʼn geruime tyd duur voordat ek my liewe ouers, suster en broer weer sien. Ek sug. Terwyl ek glo die Kalkutta Regeringhuis sou hulle ingelig het van my aankoms het ek gewonder of enige van hulle by die hawe gaan wees om my te ontvang. Waarskynlik nie. Vir een ding, die Amerikaanse Sendingstasie in Futtehgurh was nogal ʼn afstand op met die Gangesrivier. Ek was nie seker of Pappa eens in staat sal wees om al die pad af te kom nie. My gedagtes draai na die laaste keer wat ek hulle gesien het.

    Dit was omtrent vyf jaar gelede, toe ek so pas gegradueer het van die Vroulike Mediese Kollege in Philadelphia. My man, Robert, het al die pad van Fort George Niagara, Kanada, gekom om my na ons eerste huis toe terug te neem. Hy het baie deftig gelyk in sy rooi perderuiter offisiersbaadjie. Wat meer is, hy het geen koste gespaar nie en ʼn rytuig gehuur; ons moes in styl reis! Ek het beswaar gemaak en gesê dat ek ʼn perd kon gery het, maar hy wou niks van dit hoor nie, gesê ek het te veel reissakke, boeke en ander parafernalia. Daar was inderdaad ʼn hele versameling mediese boeke. Alhoewel, ek vermoed hy was meer bekommerd oor my toestand, want ek was swanger met ons eerste kind.

    Robert het my op die rytuig gehelp en gevolg om langs my te sit.

    Sal ons deur Elizabethville gaan? Het ek gevra.

    Is jy seker? Robert het na my gekyk met geligte wenkbroue. Van sy oë het ek geweet hy het gewonder of ek nog my ouers wou sien, selfs al het hulle nie op my briewe geantwoord nie en nie ons troue of my gradeplegtigheid bygewoon nie.

    Ek knik.

    Wel, goed dan. Om via New Jersey te gaan sal nie veel van ʼn ompad wees nie. Hoogtyd dat ons vrede maak met jou ouers. Hy klik sy tong en klap die leisels oor die perde se flanke en ons rytuig ruk weg.

    Die volgende dag, in die middel van die middag het ons Elizabethville bereik. Dit lyk nie of die dorp veel verander het tydens my byna twee jaar afwesigheid nie, maar my oë traan toe ek die bekende boomryke straat en my ouerhuis wat opdoem sien. Ons ry verby die Presbiteriaanse Kerk, waar ek na talle preke geluister het wat deur my pa, die predikant, gelewer was. Mense gaan in vir die aanddiens. My tiener suster, Elizabeth, geklee in ʼn verbleikte ou rok, staan ​​buite die ingangshek na die huis en praat met ʼn paar vriende. Ek waai vir haar. Toe sy my sien het sy dadelik omgedraai en langs die voorpaadjie gehardloop, op met die stoeptrappe en in die huis. Sy was nog dieselfde.

    Robert het die leisels getrek en die rytuig voor die hek gestop. Ons het afgeklim en soos ons met die voorpaadjie na die huis loop, kom Mamma en Pappa na vore en staan ​​op die stoep. Mamma lyk haar gewone moeg self, haar goue hare deurmekaar, geklee in ʼn voorskoot oor haar ou blou rok. Pappa lyk goed, geklee in sy gebruiklike swart pak en wit boordjie. Hy het sy donker jas in een hand gehou en dit begin aantrek. David en Elizabeth staan ​​langs hulle en kyk nuuskierig na my.

    Alhoewel Mamma geglimlag het en ons name uitgeroep het, het Pappa niks gesê nie. Sy streng gesig het alles gesê. Hy het by die stoeptrappe afgekom. Ek het na hom gehaas en my arms om sy breë skouers gesit. Pappa!

    Verskoon my, Margaret. Ek is laat vir my preek. Hy het my arms van sy skouers afgetrek en voortgegaan om na die hek te loop.

    Ek staan ontsteld en staar na sy rug.

    Goeie middag, Oom, sê Robert met ʼn buig, soos sy vader se neef verby loop.

    Pappa het gestop, sy swart hoed opgesit en geknik. Robert. Hy het toe rustig by die hek uitgestap na die kerk.

    Robert het bewegingloos in geskokte stilte gebly.

    Mamma het by die stoeptrappe afgevlieg en my omhels. Ek het op haar skouer gehuil en sy het met haar hand oor my kop gevryf soos sy gewoonlik gedoen het toe ek klein was. Nadat ek bedaar het, het sy ons binne gelei. Sy neem ons sitkamer toe en dartel kombuis toe terwyl sy sê sy sal die teeketel opsit.

    Die sitkamer lyk dieselfde. Die meubels het hul ouderdom gewys, maar hul posisie het nie verander nie. Op die agterkant van die rusbank het ek ʼn paar skeure in die materiaal gesien en voortgegaan om hulle glad te vryf.

    Mamma moes my gesien het toe sy ingekom het en gesê: Ag, nie te bekommer nie, Margaret, ek sal hulle eersdaags toewerk.

    Dit lyk onherstelbaar, Mamma. Is dit nie hoog tyd dat jy ʼn nuwe stel kry nie? Kyk, hulle pote is op die punt om in duie te stort.

    Ja, skat. Ons sal binnekort. Dis net dat jou Pappa ʼn bietjie kort ... Sy dwaal af toe sy besef Robert was in die kamer.

    Wat’s fout? Het ek gevra. Het julle finansiële probleme?

    Ons is nie heeltemal in die armhuis nie, het sy gesê en verskonend na Robert gekyk. Dis net dat alles soveel meer kos en jou Pappa se salaris het nie toegeneem nie ... Sy het weer stil geraak en staar by die venster uit.

    Maar wat van jou skool? Ek onthou dit het groot inskrywings gehad gedurende die tyd wat ek ʼn onderwyser-cum-werkster daar was. Sekerlik is daar ʼn inkomste van dit?

    Sy kyk bot na my vir ʼn rukkie. O! Ek veronderstel jy het nie gehoor nie. Ek moes dit toemaak. Met die opening van veel groter instellings rondom ons, is daar nie veel ruimte vir klein instellings nie .... Die ketel het gefluit en sy het na die kombuis gehaas.

    Nou staan ​​ek by die reling en vee die trane af wat in my oë opgewel het van die byna vyf jaar gelede herinneringe en onthou dat dit ʼn jaar of wat later was toe ek ʼn brief van Mamma gekry het in Kanada. Dit was nie regtig ʼn verrassing om te lees dat Pappa besluit het om ʼn pos by die Amerikaanse Sendingstasie in Futtehgurh, Indië aanvaar het nie. Ek was nie seker of sy besluit geheel en al as gevolg van die ekonomiese omstandighede was nie, want hy het vir ʼn geruime tyd oorweeg om as ʼn sendeling te dien. Wat meer interessant was, Mamma het bygevoeg dat sy sou onderrig sou gee by die weeshuisskool daar. Dus, gaan die hele gesin spoedig na Indië vertrek.

    Ek word uit my dagdromery geneem toe ek hoor, Goeie môre, Margaret. Genade, jy is vroeg op! ʼn Lang persoon wat ʼn sigaar rook en geklee is in ʼn Britse offisier se uniform — kompleet met die kruisgordel en holster — nader my.

    Dit was Kolonel Humphrey, ʼn bejaarde man wat jare se diens gegee het in Indië, het teruggegaan huis toe en keer nou weer terug op ʼn ander opdrag. Hy is ʼn wewenaar en het dogters in hul twintigs — omtrent my ouderdom — en durf ek sê hy hou van my. Ek het nie omgegee vir sy aandag nie, want hy was goeie geselskap gedurende die lang reis. Hy het my betrek in aangename gesprek en my met waardevolle insig in Indië voorsien, die land en sy mense. Ook, omdat hy my konstant aangespreek het as Mev Wallace, het dit begin afgesaag raak en het ek voorgestel dat hy my Margaret noem.

    O, ek kon nie meer slaap nie. Wat van jou, Kolonel? Wat bring jou op na die dek hierdie uur?

    Ek is gewoonlik vroeg op. Hy staan ​​langs my en neem ʼn trek van sy sigaar, maar lig dit dan in die lug en vra: Gee jy om?

    Glad nie. Die lug is veel erger as jou rook, Kolonel.

    Hy brul van die lag en nadat hy nog ʼn trek vat, gooi hy die byna voltooide sigaar in die water. Gaan nie meer lank wees voordat ons Kalkutta bereik nie.

    Ek kan net nie wag nie. Waarom is ons hier geanker?

    Ek neem aan vir die gety en daglig en die loodsboot. Jy sal sien hoe oorvol die rivier sal word. Dit behoort nou baie besiger te wees met die verandering van die Goewerneur-generaal wat binnekort gaan plaasvind.

    Gaan Lord Dalhousie weg?

    Ja. Word vervang deur Burggraaf Canning, die voormalige posmeester. Ek is seker baie Indiërs sal nie ʼn traan stort om ou Dal te sien vertrek nie!

    Hoekom is hy dan so ongewild? Ons bewonder hom in Kanada. Sy pa het daar gedien, weet jy. Hoe lank was hy hier?

    Amper sewe jaar. Om hom krediet te gee, van wat ek gehoor het, die ou is ʼn werkesel. Geswoeg by sy lessenaar van die oggend tot laat in die nag en op ander dae oor die hele land rondgery. Om dit op te top, hy het verskeie oorloë teen die Sikhs en die Birmaanse gevoer.

    Nou hoekom is hy so onpopulêr hier?

    Die ou Kolonel, met albei sy hande op die reling, staar na die verre oewer vir ʼn rukkie. Wel, begin hy, ek was nie hier tydens sy administrasie nie. Ek het saam met sy voorganger, Hardinge, gegaan, maar ons het ʼn paar ontstellende verslae in Londen ontvang van sy aktiwiteite.

    Watter soort verslae?

    Om eerlik te wees, die man probeer net doen wat hy dink is die beste vir die Oos-Indiese Kompanjie en, vanselfsprekend, Brittanje ook. Hy het feitlik die regering herskep hier op grond van die Britse model. Deur dit egter te doen, het hy op baie Kompanjiesamptenare se tone getrap en ook ʼn aantal invloedryke Indiërs gegrief. Alhoewel, ons moet erken sy talle hervormings is ten goede vir die mense. Jy weet, dinge soos die bou van skole en hospitale, soos die een waarna jy gaan, asook spoorweë en kanale; hy het die telegraaf ingebring en wat meer is, het hy ook ʼn poskantoorstelsel bekendgestel soos terug by die huis.

    Poskantore! Ek glimlag, maar ʼn bietjie verward, vra ek, eh ... maar nogtans hou die inwoners nie van al hierdie veranderinge nie, doen hulle?

    "Wel, vir een, het hy baie zemindars ongelukkig gemaak."

    Jy bedoel daardie belasting-insameling grondeienaars, soos ons landjonkers en landhere? Hoekom is hulle ongelukkig met al die poskantore en spoorweë rondom hulle?

    Die geld vir al hierdie uitgawes moet van iewers vandaan kom!

    "Net toe kom drie Indiër mans — ʼn ouer persoon vergesel deur twee jongeres — geklee in vloeiende wit klere en hul dra klein koper bekers, in ons rigting aangestap. Hulle was waarskynlik op pad na die badkamers vir hul oggend ablusiegeriewe, wat ek geleer het gebruiklik was voor hul gebede. Ek het hulle vroeër gesien, maar het hulle nie ontmoet nie, want hulle het min of meer by hulself gehou. Ek was ingelig deur ʼn ander passasier dat hulle die gesante van ʼn Indiese radja is en op pad terug is nadat hul in Londen was om ʼn saak voor die Oos-Indiese Kompanjie Raad te bepleit. Hulle sit hul palms saam en buig na ons.

    Goeie môre, Mnr Bapurao. Jammer om te hoor dat jou petisie nie aanvaar is nie, sê Kolonel Humphrey vir die oudste.

    Wat kan arm mense doen, Kolonel sahib? Sê hy met ʼn hartseer gesig. "Dit is die Sarkar se wens. Ons radja sal sy koninkryk moet opgee."

    Kan nie gehelp word nie. Die Dalhousie Doktrine van Vervaldatum is van toepassing op almal, jy weet, sê Kolonel Humphrey.

    Die drie het niks gesê nie, maar kyk nuuskierig na my. Trouens, een van die jonger mans met ʼn groot breë snor, staar na my met sy donker, deurdringende oë.

    Kolonel Humphrey stel my vinnig voor. Hierdie is Dokter Wallace, op pad uit die Krim om in ʼn hospitaal in Delhi te werk.

    Aangename kennis, sê ek.

    Terwyl Mnr Bapurao na my buig het die jonger man, wat na my gestaar het, ʼn opmerking in Hindoestani gemaak aan die ander man, wat toe giggel.

    Wat het jy gesê? Bulder Kolonel Humphrey en soos blits, soos ʼn ervare bokser, slaan hy die man hard op die kakebeen met sy regtervuis. Die man vlieg oor die dek en stamp sy kop teen die beskot en lê dan bewegingloos. Die Kolonel trek ook vinnig sy rewolwer en rig dit op die mans. Idiote! Jul het nie gedink ek verstaan ​​Hindoestani nie, het julle?

    Jammer ... Kolonel ... sahib, stamel Bapurao. Hy ... het nie ... ʼn slegte ding gesê nie.

    Natuurlik het hy! Baie onsrespekvol teenoor hierdie jong dame. Kolonel Humphrey beduie met sy pistool. Gaan weg jul honde, voordat ek die kaptein roep en jul in kettings laat sit.

    Die twee mans tel vinnig die derde op en sleep hom weg.

    Ek staan die heeltyd gemesmeriseer. Uiteindelik herwin ek my kalmte en vra, Wat het die man gesê, Kolonel?

    Iets oor die Krim weduwees. Moenie dat dit jou pla nie. Hy sit sy rewolwer terug in die holster.

    Nee, ek wil hoor. Wat van die weduwees?

    As jy moet weet, daar is gerugte dat die Britte die Krim weduwees na Indië stuur om die jong mans toe te eien!

    Hoe onbedagsaam van hulle. Dankie, meneer, dat jy vir my opgestaan het, sê ek. Dan om die onderwerp te verander, vra ek, En die Dalhousie Doktrine van Vervaldatum? Waaroor gaan dit?

    Die Doktrine affekteer die radja, of die heerser van ʼn staat onder die invloed van die Oos-Indiese Kompanjie, wat sterf sonder om ʼn direkte manlike afstammeling erfgenaam te los. Dus, as daar geen koning is nie, is die staat verval en word geneem deur die Kompanjie.

    En wat is die rede vir so ʼn beleid? Word die leier nie toegelaat om ʼn opvolger te kies nie?

    Nee. Vermyding van moontlike wanbestuur deur die begunstigde is die belangrikste regverdiging.

    Wat van aangenome kinders? Word hulle nie toegelaat om die troon oor te neem nie?

    Nee. Hulle word nie erken as wettige erfgename nie. Alhoewel, wat ek gelees het in ʼn paar van die petisies, beskou Indiërs aanneming ʼn langstaande tradisie en beweer dit is wettig.

    Dit klink soos ʼn eienaardige beleid. Meer soos ʼn landgryping, het ek gedink, maar indagtig vir die Kolonel se rang het ek my mening nie uitgespreek nie. Ek vra net, het Lord Dalhousie hierdie beleid vir baie state toegepas?

    Ja. En baie kragtig ook. In die laaste paar jaar is ten minste vyf ryke oorgeneem. Hierdie mans wat jy so pas ontmoet het is verteenwoordigers van een so ʼn staat. Dit is alles ten goede van die inwoners, weet jy, antwoord hy plegtig. Hy haal sy sigaardoos uit sy baadjiesak en draai na my toe. Ek sê, sal jy omgee? Ek het nodig om te rook.

    Ek skud my kop. Terwyl die Kolonel voortgaan om sy sigaar aan te steek kyk ek oor die rivier na die oewer, wat in die toenemende lig tekens van lewe begin toon. ʼn Koel oggend briesie waai oor die waters en oor die skip.

    Die gebeure van die oggend het my ontstel. Ek vou my tjalie om my en kyk na die Kolonel. Sal jy my verskoon, meneer? Ek is ʼn bietjie moeg en moet terugkeer na my kajuit.

    Ja, natuurlik Margaret. Kry ʼn bietjie rus in voor ontbyt. Kom jou ouers om jou te ontvang?

    Ek hoop so, meneer. Ek wens die Kolonel ʼn goeie dag toe en bedank hom weer vir die verdediging van my eer en verlaat die dek.

    Ek maak ʼn vinnige stop by die toilet en gaan voort na my kajuit. Ek was bly om dit met ʼn non-opdragte offisier se vrou te deel. Ek het per skip gereis uit die Krim na Alexandria en toe per trein na Kaïro, gevolg deur ʼn stamperige koetsrit na Suez. Daar het die kaptein van die skip my gevra of ek sou omgee om ʼn kajuit met die vrou van ʼn sersant te deel vir die reis, want dit was die enigste bed beskikbaar. Ek het die kaptein verseker dat ek geen probleem daarmee het nie. Dit was óf dit of wag vir ʼn paar weke vir ʼn ander skip. Ek wou so gou as moontlik by my ouers wees.

    Is dit jy, Margaret? Vra ʼn slaperige stem uit die verste stapelbed toe ek die kajuit betree. Dan, toe sy my sien, sê sy, Aah ... jy was alreeds op die dek, was jy nie?

    Ja, Mev Willoughby. Ek kon nie slaap nie, antwoord ek terwyl ek ontklee.

    Maar in jou toestand? Jy moet meer versigtig wees om op en af met ​​die trappe te gaan in die donker.

    Ek was versigtig, Mev Willoughby. Dit raak reeds lig.

    Is alles reg met jou? En die baba? Dis nou nie meer lank nie, is dit?

    Ja. Ek is gesond en die baba ook. Nog vyf maande om te gaan, glo ek.

    Aah ... sal dit nie lekker wees om jou ma by jou te hê op die einde nie. Dis jou vierde een, is dit nie?

    "Derde, korrigeer ek haar. Ek onthou

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1