Ek blý waar ek vandaan kom . . .
Jongmense wil nie weet wie was reg of verkeerd nie.
Daar is ’n karwassery naby ons huis in Johannesburg. Dit is naby die einde van een van my drafroetes, en oor baie jare heen – te voet of per motor – is ek seker duisende kere daar verby.
Oor naweke is daar ’n mengelmoes van kliënte by die nabygeleë winkels – ’n bloemiste, slaghuis, vape-winkel, groentewinkel en ’n skoonheidsalon – en die omgewing lyk meer soos ’n buurtkermis.
Daar sal ’n paar treiler-winkeltjies wees, en ’n tou mense by die ou wat koffie en pannekoek verkoop.
As ’n nuwe kar by die motorwassery aankom, drentel die koerantverkoper by die verkeerslig nader om te sien of hier besigheid vir hom is.
Dis raserig. Musiek, van die harde doefdoef-soort, blêr uit ’n luidspreker van êrens en ding met die stofsuiers mee.
’n Afrikaanse man en sy vrou werk saam agter die gasbraaiers. Hy kook en sy verkoop.
Daar is ’n paar lendelam tafels en plastiekstoele wat oral rondstaan.
Kliënte by die karwassery eet, gesels of lees die tyd om.
Dikwels kom ek terug by die huis, rasend honger nadat ek deur die koswalms moes draf.
Op weeksdae is dit egter ’n ander plek. Dit voel effens hartseer. Daar is geen luide stemme nie, geen koswalms of doef-doefmusiek nie. Die koswaentjies en kermisatmosfeer is weg.
As ek daar verbyhardloop, is dit net die motorwassers wat lui rondsit wat aandui dat die plek hoegenaamd oop is.
Die toevallige weekdagkliënt is gewoonlik ’n – met jare se skoolplakkers op die voorruit.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days