Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Seeperde
Seeperde
Seeperde
Ebook125 pages1 hour

Seeperde

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy's net 'n perd. 'n Bruin perd met 'n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om ná skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdeplaas langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie.

Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het 'n geheim ... 'n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig 'n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira 'n plan, 'n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.

LanguageAfrikaans
Release dateSep 30, 2023
ISBN9781776252985
Seeperde

Related to Seeperde

Related ebooks

Related articles

Reviews for Seeperde

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Seeperde - Naomi Meyer

    Pan Macmillan Kinderboeke

    www.panmacmillan.co.za

    Dankie aan Riana de Wet en Marelize Moller vir die inligting oor djembe-dromme, en Kirsty Wandrag, wat my en my dogter Maja so baie van perde leer. Dié boek is vir Maja.

    Naomi Meyer het Seeperde tydens ’n skrywersresidensie in Paulet Huis in Somerset-Oos voltooi. Dankie aan die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans.

    1

    Die Sondagmiddag toe Stella die geheim hoor, is sy op die plek waar sy op haar gelukkigste is ... die perdeplaas. Sy hoor die ritmiese klop-klop van perdehoewe en die vrolike stem van haar beste maat, Mira.

    Saal? vra Mira.

    Ja, antwoord Stella en steun terwyl sy die saal op haar perd se rug lig.

    Buikgordel en leisels?

    Ja.

    Helm?

    Natuurlik!

    Die maats kyk vir mekaar en glimlag.

    Mira sit reeds op Silwer se rug. Hy trippel rond. Stella kan sien hy is lus vir galop.

    Dan kyk Stella na die perd waarop sy altyd ry.

    As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy’s maar net ’n perd. ’n Bruin perd met ’n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Dit is nie al wat Billy is nie. Billy is ’n towenaar. Hy laat al Stella se probleme verdwyn.

    Nou-nou het sy aan ’n paar dinge gedink wat haar omkrap.

    Die meisies wat in groepies op die rugbyveld sit en met mekaar praat, maar as sy verbystap, bly hulle stil en kyk weg.

    Die mondeling wat sy verlede week voor die hele klas moes doen. Sy háát dit om voor mense te praat. Sy dink nou nog daaraan.

    Die woordsomme wat sy nog nie vir môre gedoen het nie.

    Die simpel vlieg wat in haar neus probeer opklim.

    Maar nou sit Stella haar een voet in die stiebeuel en swaai haar ander been oor die saal. Eers gee die vlieg pad en dan vergeet Stella sommer ook van al die ander dinge wat haar pla. Dis wat Billy doen. Wanneer Stella op sy rug sit, toor hy alles weg wat goor is. Sy weet Billy is net ’n perd, maar hy voel soos haar vriend. Sy kan hom altyd vertrou.

    Tannie Lara, een van die eienaars van die perdeplaas, wag vir hulle by die hek. Sy sit reeds op Storm se rug en kyk om toe sy hulle hoor aankom.

    Is julle twee reg? Ons stap vandag sommer net rustig deur die bos, sê sy oor haar skouer.

    Dis ’n lieflike herfsdag. Die son val in klein spikkeltjies tussen die blare deur op Stella se gesig. Die wind streel saggies teen haar wange.

    Stella sit regop, net soos tannie Lara altyd sê sy moet. Sy hou die leisels vas asof dit ’n teekoppie is. Sy gebruik die leisels om met Billy te kommunikeer. Hulle twee verstaan mekaar.

    Billy stap agter Storm aan. Stella glimlag. Hier, op Billy se rug, is die beste plek om te wees.

    Stella! roep Mira. Wag vir my!

    Stella trek liggies aan Billy se leisels. Hy stap stadiger en blaas saggies deur sy neus.

    Dis so lekker dat ons twee vanmiddag saam kan ry, sê Stella.

    Ja, dis die beste Sondagmiddag ooit, sê Mira.

    Die twee maats se perde stap langs mekaar. Alles voel vir Stella presies soos dit hoort. Sy met haar netjiese bruin poniestert en wit T-hemp en Mira met haar bolla en bril en die bont T-hemp wat sy self geverf het.

    Stella kan haar so amper verbeel dat die bos ’n towerbos is. Iets uit ’n sprokie, soos Sneeuwitjie of Rooikappie. Hulle is nou wel al twaalf jaar oud, maar Stella weet as sy dit vir Mira sê, sal sy nie vir haar lag nie. Mira is nie een van daardie komkommerkoel meisies in die klein groepies op die rugbyveld nie.

    Maar voordat Stella kan praat, roep tannie Lara: Dit is gelyk hier waar ons nou ry. Julle perde kan maar ’n entjie draf!

    Mira pomp vir Silwer in die sye.

    Billy hou niks van verloor nie en hy trek ook met ’n vaart weg.

    Hulle galop ’n hele ent deur die bos en kom gelyk by die stalle aan. Hulle klim af en begin hulle perde afsaal.

    Hier in die suide, hier by die see ... neurie Mira ’n treffer van die Suidster Rockers.

    As Mira liedjies sing, weet Stella sommer dat sy in ’n goeie bui is.

    Die perdry was wraggies so lekker soos ... soos suurwurms, sê Stella terwyl sy Billy se buikgordel losmaak.

    Hallo, julle twee, sê Mira se ma skielik agter hulle. Wat het julle vanmiddag geleer?

    Ag nee, Mamma, sê Mira.

    Stella glimlag. Mira se ma vra altyd of hulle nuwe perdrytegnieke geleer het.

    Of het julle vanmiddag sommer net lekker perdgery? vra die tannie en sit haar arm om Mira se lyf.

    Die twee meisies kyk vir mekaar en knik hulle koppe.

    Nou toe, laat ons by die huis kom, sê Mira se ma. Ry jy saam met ons, Stella?

    Nee, Tannie, my ma kom my haal. Sy sal seker nou hier wees.

    Sien jou môre, Stella, sê Mira oor haar skouer terwyl sy saam met haar ma wegstap.

    Stella vryf oor Billy se neus. Hy kyk met sy sagte bruin oë vir haar.

    My ma het belowe sy vat my vir ’n sjokoladeroomys nadat ek perdgery het, sê sy vir hom. By die Melkweg.

    Nou lyk Billy se oë nuuskierig.

    Jy laat my sleg voel, Billy, sê Stella. Ek wens ek kan jou ook ’n bietjie bederf ... Dalk bring Mamma vandag weer vir jou ’n wortel saam.

    Net toe stop Stella se ma se motor in die parkeerarea. Stella waai vir haar en beduie dat sy net gou vir tannie Lara gaan groet.

    Stella begin na tannie Lara se kantoor toe stap. Rondom haar lê die lieflike perdeplaas. Storm

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1