Huisgenoot

BA-BA, SKOOLSKAAP!

‘SY LOOP HEELDAG ROND EN BESLUIT BY WATTER KLASSE SY WIL INSTAP’

AS JY haar sien, wil jy haar sommer opvreet, so oulik is sy.

Maar hou jou in. As jy so iets hardop sê, sal die Hoërskool Martin Oosthuizen se 264 leerders, die onderwysers en selfs die res van Kakamas se gemeenskap jou vinnig op jou plek sit.

Op dié dorp doer in die Kalahari is daar selfs een of twee mense wat al vertel hulle het heeltemal opgehou om skaapvleis te eet omdat dié ou diertjie so diep in hul harte geklim het.

Martie die skaap is nie net ’n gewone lam nie. Sy is so hans dat sy al klas loop by dié skool hier in die Noord-Kaap. Sy het blyplek in die skoolkoshuis, die onderwysers span haar in om hulle te help klasgee en die kinders kry skofte om haar oepsies op die terrein op te tel.

Martie het almal aan die praat. Selfs op die skool se aansteekbord, langs ’n ou Landbouweekblad-voorblad uit die 1960’s waarvoor een van die skool se leerlinge die voorbladnooi was, pronk die artikels en foto’s oor Martie.

Wat is hier aan die gang, vra ons in die hoof, André Mouton, se kantoor, waar die lugversorging vandag lekker opgedraai is. Die kwik het al vandeesweek by 45 °C gedraai. “As dit só warm

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related Books & Audiobooks