Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Kanniedood: Branderjaer-sage #3
Kanniedood: Branderjaer-sage #3
Kanniedood: Branderjaer-sage #3
Ebook393 pages6 hours

Kanniedood: Branderjaer-sage #3

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander. Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.
LanguageAfrikaans
Release dateSep 8, 2023
ISBN9780798184175
Kanniedood: Branderjaer-sage #3
Author

Joha van Dyk

Joha van Dyk is ’n nagraadse student aan die US. Sy het grootgeword op ’n plaas in Kleinzee, Namakwaland. Sy het haar Meestersgraad in Engels in 2020 verwerf, cum laude. Tans werk sy aan haar Phd in Engels, terwyl sy deeltyds tutor. Van haar gedigte is opgeneem in Penseel en Versindaba. Branderjaer was haar debuutroman in 2020.     

Read more from Joha Van Dyk

Related to Kanniedood

Related ebooks

Related articles

Reviews for Kanniedood

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Kanniedood - Joha van Dyk

    Ben

    DIE SLEUTEL DRAAI in die ignition.

    Feit: Niks beat die klank wat volg nie.

    Check Palmer se blou Ford ST, of Sonic soos Ellis hom gedoop het, skrik wakker en Ben Palmer glimlag toe hy sy voet op die acceleration druk en wegtrek uit die niemandsland van Breekwater na die kruising in die industriële gebied. Waar die aksie is.

    Binne-in sy kar, met die diep shadows om hom, is dit asof hy weer in Weduweekaai se grotte is. In die plek waar die Branderjaers wegkruip wanneer hulle safety soek. Donker. Veilig. In control.

    Toe hy stilhou by die rooi lig is dit skemer oor Stormbaai. Die son steek net-net uit waar dit oor die hawe sak. Ben kyk eers regs na die GTI langs hom en dan links na die Nissan Sentra, wagtend by die robotte. Skielik draai die bestuurder van die Nissan sy kop. Ben wag vir sy reaksie. Daar’s gewoonlik een van twee: respek of uitdaging. Dikwels is daar respek in die uitdaging.

    Hy krul sy vingers stywer om die stuurwiel se sagte leer. Sy hart klop vinnig. Hier is hy nie die prinsie van Breekwater nie. Hier is hy nie die verstotene of die disgrace nie. Hier, in hierdie kar, kan hy wees net wie hy wil.

    Soos ’n Branderjaer wat drag race op die laaste somersaand van die vakansie.

    Hier is hy Kanniedood.

    Sy regtervoet trap die petrol tartend. Sonic brul. Die crossing se ligte flash. Groen.

    Sonic vlieg oor die teer. Hy’s kop aan kop met GTI. Nissan kan nie byhou nie, maar hy gee nogtans vet en dan is hulle skielik by die volgende robot. GTI en Nissan vat hom verby en ry oor die oranje lig nes Ben begin briek. Sy competition se exhausts rook in die distance.

    Die passasiersdeur ruk oop en ’n duiwelsglimlag groet hom.

    Jak ruk sy hoodie van sy kop af en klap die deur toe. ’n Six-pack Black Label hang aan sy vingers. Jy’s fokken mal, weet jy dit?

    Ben glimlag, sy oë op die rooi skynsel van die verkeerslig op die teerpad. Jak ruik na sigaretrook en Fisherman’s Friend, teenoor die kar se petrol en die Mariposa Monster langs hom in die cupholder. Die lig verander na groen.

    Jak hou die Tazz wat op hulle gat begin ry dop in die truspieëltjie. Hierdie ou soek shit.

    ’n Bier knak oop. Jak flip sy Zippo toe. Die speedometer styg sentimeter vir sentimeter en die seat vibreer teen Ben se rug. Dis die beste plek om jou spoed te voel. Dit rush oor jou werwels tot in jou kop, en jou lyf kan nie help om te reageer nie. Adrenalien spike deur sy are. Geboue flits verby tot hulle die brug cross om Stormbaai officially binne te gaan en Breekwater agter te los. Hulle verloor die Tazz toe Sonic op die agterpaaie wegdraai. Die radio switch van stasie na stasie onder Jak se haastige vingers. ’n Foon connect en die Heuwels Fantasties begin skree.

    Vryheid. Los my uit.

    Ben kners op sy tande. Dáárvan het hy way meer as wat hy hierdie jaar sou hê. Hy weet nie wie hom gepiemp het nie, maar die koshuismoeder was duidelik toe sy hom gekontak het: Daar is ongelukkig opgemerk dat Ben Palmer in die dorp drink – oop en bloot – en dit is nie die beeld waarmee die koshuis wil assosieer nie.

    Hy kan bly wees dis net sy koshuismentorbalkie wat afgevat is en nie sy plek in die koshuis nie. Sy ma was teleurgesteld – haar lippe ’n reguit lyn toe hy alles erken. Sy’t haar kop geskud en gevra: Was jy alleen?

    Natuurlik was hy nie. Ellis was by. So as iemand hom gesien drink het in die dorp – oop en bloot soos hulle claim – sou hulle Ellis óók gesien het. Maar sy beste vriend se Matriekraadbalkie en lourier is steeds vas aan sy blazer. Hy´ is safe.

    Ben gooi sy flikker regs en vat die draai skerp genoeg sodat bier oor Jak se hand spat. Sy bendebroer gee hom net die side-eye voor hy weer sluk.

    Meanwhile kuier helfte van die MR en HK heel vakansie by Pêrelbaai en nét hy . . . Ben skud sy kop, vingers styf om die stuurwiel. Dis anyway net mentorskap. Dis nie ’n big deal nie. Wie gee om oor die patetiese hemp met sy naam en mentor daarop geborduur? Wie gee om dat een of ander random asshole dit gaan dra? Hy’t anyway nie tyd om enigiemand te mentor nie. Dis fine. Dis 100% fine. Al wat dit beteken, is hy het minder shit om oor te worry. Hy kan . . .

    Fok. Hierdie suck.

    Ben ruk die kar links verby die treinspoor om die polisie te vermy. Die buurt grens net-net aan Breekwater. Hulle approach die rooi lig teen 100 km/h, maar alhoewel dit na groen switch, slaan hy sy voet op die briek. Die jong ou in die Hilux-bakkie langs hulle slack eers huiwerig af toe hy sien Ben stop dood, maar trek dan weg.

    Ry, ry, ry, mompel hy, sy naels grawe in die leer. Dit voel verkeerd om by die groen lig stil te staan. Sy knie begin bons. Die oomblik toe die kardeur oopruk en Louw in die agter-seat glip, jaag Ben agter die Hilux aan.

    Whoa! Louw sukkel om sy deur toe te pluk toe hy reeds spoed opgetel het.

    Jak gee vir hom ’n oop bier aan en Louw begin die skuim sluk. Ben verloor die Hilux – hy wil nie speel nie. Maar somehow vind die GTI hom weer. Van buurt tot buurt jaag hulle mekaar. Even met die stoppery om ook vir Malherbe en Ellis op te laai, hou Ben by. Die oomblik toe die laaste twee Branderjaers inspring, brand die tyres. Die somerhitte dryf deur hulle afgedraaide vensters, die reuk van petrol en rubber en vis swaar in die lug.

    Easy, easy, easy! keer Ellis, sy oë op die speedometer, sy hand op die deurhandvatsel. Hy – anders as Ben – het nog nooit van spoed gehou nie. Ellis vrees dit. Ben kan nie onthou hoeveel keer hy sy beste vriend al gepor het om sy motorfiets uit die garage te stoot nie. Hy budge nie. Iemand sal moet vrek voor Ellis daai bike ry.

    Ben het in die eerste week van Januarie al sy lisensie gepass. Hy’t heel Desember saam met Ellis by Van den Bergh’s Mechanics gewerk en in hul aftyd die kar opgefix saam met oom Johan, Ellis se pa. Hy’t al sy vakansiegeld gestoot in Black Label en scrap metal.

    Nou sit hy in daai scrap metal teen 140 km/h.

    Draai, draai, draai! waarsku Malherbe. Hulle’s op pad Pêrelbaai toe, na die Albertyns se strandhuis waar hulle die laaste aand van die vakansie gaan vier. Ben draai die stuur en los tyre-merke op die teer toe hulle by Loverslane inswaai. Skaars tien sekondes later is die GTI weer op Sonic se gat. Ben gee vet. Jak se oë glim gevaarlik toe die song change.

    Bomskok. Bomskok.

    Wil jy ons vrek maak voor ons daar kom? roep Ellis benoud.

    Jak steek ’n sigaret aan. Live a little, Klipkop.

    Deidre gaan my doodmaak, prewel Louw.

    Jak flip die visor af en grinnik in die spieëltjie voor hy dit toeklap. Anker is soft, ou. Bat net daai lashes, smile hy terwyl hy by die venster uit-ash. In die donker kan mens nie agterkom Jak en Louw is eintlik halfbroers nie. Waar die skadu’s vir Louw insluk, laat dit Jak sinister lyk.

    Deidre sal dalk daarvoor val, maar Mieke . . . Malherbe se oë skiet tussen die robotte, speedometer, en die GTI langs hulle.

    Jak rol sy oë, kake geklem. Met ’n wilde flits van sy tande, gooi hy middelvinger vir die ou in die GTI net toe die lig groen oorslaan. Ben se voet trap instinktief die petrol. Hy fokus op sy voete, sy hande, hoe die seat vibreer teen sy rug.

    Die tyres skree.

    Ruik ek ’n nuwe license? vra Malherbe sarkasties en vat ’n sluk bier by Louw. Louw beduie na Jak vir nog een. Jak gee dit teësinnig aan. Ben ignoreer die vibe tussen sy bendebroers. Hy wil nie vanaand dink aan die petty drama tussen Malherbe en Jak nie. Dat Malherbe hierdie somer vir Mieke begin date het nadat Jak al vir maande die moed opbou om haar uit te vra, is iets wat niemand kan regpraat of wegtroos nie. Veral nie wanneer Malherbe totally clueless is oor die hele drama nie. Dis die aand voor hulle laaste skooljaar, voor matriek. En al wat Ben wil voel is spoed. Adrenalien. Mag.

    Hy kyk na homself in die spieël en trek sy een mondhoek op, vang die Branderjaers in die back seat se glimlagte, en hou hulle vir homself. Hier in hierdie kar, met die vyf van hulle saam, voel hy solid. In die oomblikke wat hy weet wie hulle werklik is: Kannie, Vuur, Bitter, Stoke en Klippies. Dis die naaste wat hy gaan kom aan broers, en ná al hierdie jare, ná al die branders, berge en bloed, is dít wat hulle is: bloedbroers.

    Hy’t sy pa se kar opgebou uit fokol nadat dit in Desember gaan staan het. Nou run dit soos ’n droom, soos ’n racehorse. En hy gaan kuier saam met sy beste pelle voor die realiteit weer inskop. Vir vanaand kan hy die koshuis, die mentorbalkie, die arena – alles – uit sy kop forseer. Alles is goed. Alles is perfek.

    Só perfek, hy misgis hom amper met die skaduwee in die middel van Seelaan. Wag, nie ’n skaduwee nie . . . Hy skrik byna te laat.

    Iemand staan in die middel van die pad.

    Ben briek hard, swaai uit. Die kar spin amper. Dis seker hoe dit voel net voor ’n kar flip, net voor jy van ’n hoogte afneuk. Hy het al die gevoel vergeet. Die kar skree en alles spin en sy hartklop pomp in sy vingerpunte. Sy kneukels is bleek. Sy voet trap die briek amper regdeur die vloer.

    Almal haal swaar asem toe die kar eindelik tot ’n stop screech. Hulle kyk soos een man op na die figuur wat amper hulle lewens gekos het.

    Check Palmer staan in die headlights.

    Hy glimlag stadig, maar nie warm nie. Sy skouers hang vooroor, sy kop gedip om hulle deur te kyk – ’n tierkat toe hy nader loop. Ben se hart kick in turbo. Sy hande is vuiste om die stuur. Die seelug voel skielik dig deur sy oop venster. Asof ’n somerstorm op pad is. Ry. Eerste gear. Releas’ie clutch. Petrol. Fok. Go.

    Fucking go.

    Maar natuurlik doen hy dit nie. Hierdie is nie ’n Rot of ’n Volstee of ’n man van die straat nie.

    Hierdie is sy pa.

    Check Palmer leun met sy elmboë op die deur. Hy gryp Ben se nek. Sy vingers grawe in sy vel.

    Wie’t jou geleer om soe te slack as iemand innie pad staan?

    Kalla

    KALLA PALMER SE SNEAKERS knars oor Starry Night.

    Die parking lot is gepeper met glas. Wanneer die maan bakhand is soos vanaand, lyk dit of Van Gogh sterspirale hier geverf het. Dis iets wat Mieke sou appreciate, maar Breekwater is nie ’n plek vir outsiders nie. Kalla druk haar hande by haar baadjiesakke in, vingers gekrul om haar knipmes. Droë parkiegras streel oor haar kuite en die age-old toneel strek voor haar uit.

    Saans wanneer die kids huis toe geroep word, word die parkie gedomineer deur tieners. Die jungle gym se rooi en blou verf skilfer teen die kaal metaal. Die rondomtalie se dek is gesplinter. Die rou yster van die wipplank se sitplekke blink silwer, die tyrepadding afgeruk of afgebrand deur ’n protester of die son.

    Kalla onthou somerdae hier: helder verf en wasige geel middae, Spookies en cream soda-blikkies, roepende stemme en skaterlag. Dieselfde kinders is nog hier. Net ouer. En, nes die speelpark, vaer en vergete.

    Sy mik na die swaaie waar kettings tussen twee meisies klingel.

    Oe, nee, kyk wie’t tyd vi’ die rabble, roep Samantha, haar donker oë komieklik groot gerek. Die ander mense in die parkie kyk op van hulle musiek, hulle skinder, hulle cigs.

    Ja, Menta! kap Kalla terug. Kalla wás hierdie somer minder as gewoonlik in Breekwater en mense het opgelet. Samantha sou klaar die nuus versprei het.

    Jou uniform pressed and ready? vra Cindy om ’n rooi lollipop. Sy leun terug in die swaai dat haar voete dangle. Samantha het ’n joint tussen haar vingers. Wanneer sy dit brandsteek, sien Kalla daardie vicious ding in haar oë wat gemaak het dat hulle pelle raak. Kalla leun teen die staalraam van die swaai. Langs die parkie is die skatepark, courtesy van een of ander kerk, met sy bowl en ramps. Die wrrr van die skateboard-wiele is white noise teenoor die chatter rondom hulle.

    Ja, die skool het ’n uniform ge-organize vir my. Toe haar ma aankondig sy word verplaas na Stormbaai Hoër vir haar graadelfjaar, het Kalla in haar koffie gestik. Haar ma’t dit een oggend in die kombuis in die verbygaan genoem. Ben het nog ingeskoffel met Ellis op sy hakke en lui-lui bakke vol Coco Pops gemaak. Kalla was aan tafel met haar koffie, die Huisgenoot oop by Jou Sterre, toe haar ma sê:

    Ek het met meneer Van Deventer gepraat.

    Ben en Ellis het opgekyk, vrees in beide se oë. Ben het pas klaargemaak met sy hokstraf oor hy sy mentorbalkie kwyt is. Die enigste vryheid wat hulle ma hom gegun het, was om te gaan uitpasseer. Dit was so ’n crap manier vir hom om die jaar te begin – verjaar op die tweede, word gehok op die derde, net om die vierde uit te passeer en tot Maandag toe met daai licence te sit. Dit kan altyd erger, though. So toe Ben en Ellis opkyk, het Kalla ook gevries, bang vir Ben se onthalwe – bang dat hy uit die koshuis geskors is. Maar hulle ma het na háár gekyk.

    Djy gaan Storm Hoër toe.

    Dis toe Kalla stik en Ellis haar rug klap sodat sy kan asem kry. Sy hand het vir ’n oomblik op haar skouer gebly – ’n klein troos in die grand scheme of things, maar beter as Ben se giftige kyk wat tussen haar en hulle ma geflits het.

    Part of the mile high club, nuh. Rook ontsnap tussen Samantha se lippe voor sy vir Kalla die spliff aangee. ’n Smeersel nude lipstick bly op die filter agter.

    Barely. Kalla haal haar skouers op. Sy’t nog net twee dae gehad om gewoond te raak aan die idee dat sy in graad elf in ’n nuwe skool moet sit. Honestly, dit voel soos ’n prank of een of ander lang, uitgerekte fever dream waaruit sy nie kan wakker skrik nie.

    Cindy skuif die lollipop na haar ander kies en strek haar been uit om haar voet teen Kalla se kuit te druk. Moet nettie van o’s vergietie, nè?

    Kalla trek die klewende rook in, die klam hitte van die rolling paper bekend teen haar vingers. Samantha hou haar met skrefiesoë dop. Kalla verwag niks touchy-feely van haar nie. Ben is ook so aangekyk toe hy in graad agt Storm toe geskuif het. Nou gaan sy´ daai kyke kry, daai fluisters en name. Dalk selfs van Menta of Cindy.

    Ben het nie meer vriende oor in Breekwater nie.

    Môre is alles anners. Samantha neem die joint en bestudeer dit asof dit al die antwoorde het. Kalla sluk om die krapperigheid in haar keel weg te kry. Iemand het Mac Miller se Swimming op repeat by die wipplank. Aan die ander kant van die park by die bome eggo Drake se stem. Daar’s hip-hop by die bowl en iemand het Early B aangesit. Kalla kyk op.

    Oor die honderdbiljoen sterre in die Milky Way en hier sit Kalla Palmer. In hierdie stukkende parkie, in Breekwater, met geen freaking clue nie.

    Wat soek sy´ hier? vra Cindy skielik, die lollipop teen haar onderlip. Kalla hoef nie te kyk wie dit is nie. Cindy kry altyd daai kansvatkyk as sy vir Nozi sien.

    Kalla draai weg van haar vriende om vir Nozi op die rand van die skatepark te kry, hulle aandag op haar rug. Almal wil die oomblik vang wanneer Kalla verander – van Breekwater na Stormbaai. Van een van óns na een van húlle. Dit gannie my phase’ie. Sy lig haar ken. Hulle gannie my phase’ie.

    Kalla hou haar hand uit toe sy by Nozi kom. Hulle doen die handshake wat hulle ingeoefen het hierdie somer en Kalla glip die bankie cash in haar baadjiesak langs haar mes in.

    Hy’t ’n heavy hit gevat. Don’t tell Mieke. She’ll probably guilt trip herself again, merk Nozi op oor gisteraand se arena-fight, haar donker oë wat gly oor die skatepark. Haar braids is in ’n rooi bandanna vasgemaak, die kleihangertjie wat haar meisie vir haar gegee het styf teen haar nek. Agter haar oor steek die arms van ’n blou jellievissie-tattoo net-net uit. That’s new.

    You really think she wasn’t there? snork Kalla. Mieke speel met die arena se geduld. Dis hoekom Kalla namens haar vriendin bets op die fights plaas deur Nozi: sodat Mieke incognito kan bly. Sodat sy nie die volgende een is wat in die verkeerde hoek van Breekwater gevind word nie. Maar behalwe as Kalla haar hand-en-enkels vasbind, gaan Mieke nie ophou om die kryt te besoek nie.

    Who? vra Kalla uiteindelik. Sy’t Ben nog nie sedert gistermiddag gesien nie, so sy weet nie hoe die Branderjaers se skof in die arena uitgedraai het nie. Maar Kalla kan raai wie se besering Mieke sal ontstel. En dis nie haar boyfriend s’n nie.

    Stokes took a hit to go down, but the girl was eager to show him who’s boss.

    Kalla knik stadig. Malieka. Die nuwe girl in die kryt. Sy’s goed. Is sy ’n match vir die Jaers?

    Nozi speel met die kleipendant teen haar collarbone. She’s a mix. Lekker energy. Cocky like Kannie. Aggressive like Stokes. Watches like Vuur.

    But is she a match?

    Is anyone? Nozi skud haar kop.

    Sy en Nozi was nooit in dieselfde circles nie, ten spyte daarvan dat hulle dieselfde ouderdom is. Vandat haar broer en sy pelle betrokke geraak het by die arena, het Nozi om hulle begin wentel – nes meeste mense doen. Eers van ver, en toe, soos ’n verwilderde kat, het sy nader gekom tot hulle met haar begin praat het. Ten spyte daarvan dat hulle aan teenoorgestelde kante is, voel Nozi soos ’n safe ally. Soms kyk Kalla na Nozi en sien die lewe wat sy sou gehad het: vasgeketting, besig om foto’s of rocks of bets te verkoop. ’n Ligtoring in die donker. Met ander woorde, alleen.

    The boys look like they’re burning out, sê Nozi en vryf haar duim oor haar lip.

    Want hulle doen. Hulle staan vir ’n oomblik in stilte. Daar’s niks wat hulle kan doen aan die Branderjaers se Bloedskuld nie, maar die ou, afgestompte skuldgevoel prikkel in haar hart.

    Dis my skuld. Assit’ie vi’ my wassie . . .

    Tussen die music en skuur van skateboard-wiele hoor Kalla skielik iets anders: die rattle van ’n spray-paint-kan.

    Ouens glip by die bowl uit in knock-off sneakers, hande besmeer. Spray-paint word by ’n rugsak ingeprop. ’n Hond kef voor hy opspring teen ’n seun. Sy moulose top se hoodie val terug oor vuilblonde hare toe hy by die hond hurk om ’n tou aan sy halsband vas te maak. Hy staan met sy makeshift leiband in sy hand, zip sy rugsak toe en kyk op in Kalla se oë. Daar’s iets bekends aan hoe hy met sy hande in sy sakke staan, aan sy pavement special brak met die stekelrige hare. Hy staar tot iemand sy skouer stamp en hulle begin loop.

    Do you know him?

    Kalla hou sy rug dop. Ek . . . ek dink soe. Hy lyk bekend, hy . . .

    Kalla. Ben kom uit die donker vanaf die parking lot aangestap. Sy hare staan woes oor sy kop. Hulle ma het heel naweek aan hom gekarring daaroor: oor hy vir verdere moeilikheid soek by die skool. Kalla weet hy sal nie die bros, amper krullerige hare kort skeer voor môre nie. As almal praat oor Ben wat in die hoof se kantoor moet sit, wie sal omgee oor háár arrival in Storm Hoër?

    Wat maak djy hie’? vra sy. Daar’s ’n suur smaak in haar mond, al voel sy dadelik guilty. Ben het nie ook nodig dat sy hom uitkyk nie, maar dis haar laaste aand om normaal te wees hier. Môre is alles anners. Nou is almal se aandag op hulle, op Ben. Hulle oë, hulle gefluister stuur altyd een boodskap aan Ben Kannie Palmer:

    Jy hoort’ie hie’ nie.

    Daar’s, uh … Ben se onnatuurlike blou oë is wild. Dis asof hy nie weet waar om te kyk nie. Hy druk sy hande in sy kortbroek se sakke, die Hurley-hemp te groot. Uh, jy moet huis toe kom. Daar’t iets … Kom net.

    Done dragging, huh? vra Nozi aspris.

    Kalla byt haar lip. Sy’s self nie ’n fan van haar broer se nuwe hobby nie, maar dis nie asof enigiemand hom kan keer nie. Wat haar meer interesseer, is sy aksent. Sy Stormbaai-aksent is aangeplak, so hy was tussen die Jaers of saam met ’n Stormbaai-inwoner.

    Jy innie moeilikheid? vra Kalla voor hy vir Nozi kan antwoord. Hy kan nie na haar kyk nie. Polisie? Of wat? Het jy vir Vuur gebel vir bailout? Weet Ma?

    Nee, daar was geen polisie nie, net die boys en … Kan jy net kom?

    En in ’n fiery car crash vrek? No thanks.

    Kálla. Ben se stem verhard skielik op daardie bekende manier waarvoor sy vir die meeste van haar lewe geskrik het. Kom net huis toe, asseblief, sê hy weer, sagter.

    Skielik daal ’n stilte oor die parkie. Die musiek word sagter gedraai, die gesprekke is gedemp, die hitte is neerdrukkend.

    Kanniedood.

    Ben en Kalla draai gelyk om. Maar vir die eerste keer in vier jaar is die naam nie Ben s’n nie.

    Check Palmer vou sy palms met ’n glimlag oor Kalla se wange.

    Kalla versteen.

    Haar pa lyk amper presies dieselfde as vyf jaar gelede. Die tand aan die regterkant van sy mond is steeds gechip, die goud in die een langsaan blink in die spreiligte. Sy hare is onlangs gesny. Was hy by die barber in Breekwater voor hy hier opgedaag het? So hierdie is hoekom Ben anxious is. Haar pa se oë is bruin, amper swart.

    Jou mos gesê ek sal terug wies, Kanniedood.

    Kalla sluk, baie bewus daarvan dat Nozi teruggetree het. Menta en Cindy hou hulle dop vanaf die swaaie. Kalla wonder waar die blonde ou is. Of hy hierdie ook aanskou.

    Daai naam beteken baie dinge vir baie mense. Maar vir haar het dit nog altyd net een ding beteken: survival.

    Daddy is terug?

    Dit klink so childish toe dit uitglip. Dit klink … desperaat. So … daddy issues. Maar sy moet dit vra. Want is hy nou terug of wat? As hy hier is vir ’n quick deal dan gaan sy nie bother nie. In die afgelope vyf jaar het hulle nou en dan hulle pa gesien, maar hy was meeste van die tyd weg vir besigheid – lank genoeg dat dit makliker was om aan hom te dink as iemand wat gaan seep koop het. Wanneer hulle hom gesien het, was dit spontaneous en short-lived. Die Palmers weet hoe om Check se afwesigheid te handle as hy hier is vir ’n quickie. As hy hier is om te bly, is daar ander redes om te bother.

    Daar’s baie rumours oor Check Palmer. Oor wie en wat hy is. Maar most popular die afgelope paar jaar is waar hy was.

    Tronk toe.

    Undercover.

    Geflake.

    Drugs gedeal in die Flats.

    Dood.

    Kalla en Ben neither confirmed nor denied. Nes hy hulle beveel het.

    Maar hier staan hy lewensgroot voor die jeug van Breekwater – Urchins, Rotte en draadsitters – wetend dat hulle die nuus sal aandra. Vars skindernuus wat die anties oor die mure sal laat praat, wat die mans met Black Labels in die hand sal laat speculate, wat Kalla se bestaan in Breekwater sal pollute met nog stories, nog judgements.

    Check Palmer se glimlag rek. Sy duime vryf oor Kalla se wange voor hy haar gesig los, sy arms uitstrek en hard genoeg afkondig sodat almal hom kan hoor:

    Ek is terug.

    Ben

    WADDEFOK.

    Die whatsapps verlig een vir een sy screen, maar Ben waag dit nie om aan sy foon te raak nie. Die boys sit almal by die strandhuis sonder hom – die vibe heeltemal versuur.

    Sy pa het hom vroeër uit die driver’s seat laat klim, agterin laat squeeze by Malherbe, Louw en Ellis, met Jak wat tense voor langs Check bly sit het. Nadat die ouens by Pêrelbaai afgelaai is, was daar nie eens kans vir Ben om weer voorin te klim nie – hulle het onmiddellik weggetrek. Ben moes agterin bly sit soos ’n kind. Dis net genade dat hulle in stilte kon ry, want sy bloed het gekook. Toe sy pelle, sy broers, nog om hom was, was dit makliker om sy woede te onderdruk, maar toe hy later op die kaal back seat sit, was hy so bewus van hoe alleen hy eintlik was met dié vreemdelingpa wat bestuur …

    Sy wange brand. Hy moes kalm bly voor die toeskouers, maar nou? Sy vingers krul om die rand van die kombuisstoel, in die houtgroewe wat hy as kind met koki’s probeer inkleur het voor sy pa hom gebliksem en dit afgeskuur het. Hy staar hard na die yskas waar sy ouma se Praag-magneet pronk met die St. Charles-brug bo-op ’n vaal koerantartikel wat die woord Kanniedood verkondig. Hy kyk weg.

    Sy ma se rug is na hulle gedraai. ’n Druppel sweet vorm teen haar nek, haar swart hare vasgedraai in ’n bolla. Sy maak koffie langs die wasbak by die kombuisvenster. Elke nou en dan sien Ben die glinster van die ring aan haar vinger, die pêrel in plaas van ’n diamant. Check Palmer voer ’n gedempte gesprek met haar, sy oë half op die grond, arms gevou. Liggrys het begin deurslaan bo sy ore, maar sy lyf is steeds stewig, gespierd, die donker littekens teen sy arms steeds fassinerend – nes dit was toe Ben ’n laaitie was. Sy ma het nog niks gesê nie, pak net die koppies uit met stywe skouers. Kalla staar na hulle pa asof hy gaan verdwyn, of dalk wens sy hy kan verdwyn. Sy ruik soos die cherry Zam-Buk wat sy heen en weer rol met haar vingers. Haar onderlip blink toe sy dit byt.

    Deur die venster gooi die ligtoring ’n helder straal oor die donker landskap, die water vaalgeel in die verte. Vir ’n paar sekondes verlig dit die pers irisse in die bedding voor die ruit – die resultaat van sy harde werk. Kalla love dit om sy blomme uit te stal in die huis. Dis gedeeltelik hoekom hy die tuin aan die lewe hou. Dis nie omdat hy hou van blomme natlei in die skemeraand nie. Beslis nie.

    Nou ma’ djy kon my laat wiet het, onderbreek sy ma uiteindelik haar man. Nou wiet die hele blerrie dorp. Sofie het my gesê, sommerso oor die jaart gegil. En as sy wiet, moes djy iewers ’n spectacle van jouself gemaak het. Sy gooi kookwater in die koppies en die stoom trek verby haar kop. Hoekom loep djy die hele dorp vol voor djy huis toe kom?

    Toe Cleo Palmer die ketel hard neersit, spat waterdruppels. Niemand skrik vir die slag nie, maar sy pa vryf oor sy snor.

    Maybe moes ek eers huis toe gekom het.

    Maybe. Maar djy wil mos ’n spectacle maak. Vir wie is dié message, huh? Wie’t djy nou gesignal?

    Dis wat ons moet discuss. Sy pa kyk na Ben en Kalla. Dis ’n look wat hulle ken – ’n look vol planne. Hy wag tot almal sit met hulle koffiebekers voor hy die kombuis deurkyk en sy plek inneem aan die kop van die tafel.

    Ben sit oorkant hom, veel jonger, maar harder, ouer as wat hy was toe sy pa weggeloop het. Hy is nie meer so bang soos hy was nie. Hy kan actually sy pa dié keer in die oë kyk en terugpraat. Hy wonder of sy pa agterkom hulle huis lyk nog dieselfde, dat die geel en groen blomteëls nog nie chip nie, dat die wallpaper nog nie omkrul nie. Die matte is uitgeslaan. Die gordyne hang eweredig. Die houtmeubels is blink. Geen foto of skildery hang skeef nie. Geen bank is sonder sy kniekombers nie, geen kussing is plat of getorring nie. Dis asof Check Palmer steeds hier gewoon het – net ’n kluisenaar was. Ben wonder of enigiemand dit sou glo.

    Wa’ was Dad? vra Ben uiteindelik. Dis ’n vraag wat oor die jare deur sy kop gemaal het, maar wat nooit ’n solid antwoord gekry het nie. Maar as sy pa terug is … Hy kort nou ’n antwoord. Sy pa se blik val op sy hare.

    Het djy nie môre skool’ie?

    Ben aarsel. Wa’ was Pa? herhaal hy.

    Check leun terug in die stoel, sy vingers om die stomende beker. ‘Issie belangrik wa’ ek wassie. Ek’s nou hiér.

    Hoekom? vra Kalla langs Ben. Sy skouers sak. Die adrenalien van die drag race het hom lam gelaat, maar nou kan hy weer al sy wonde voel. Elke bloukol van gisteraand se fight in die arena klop-klop oor sy lyf. Asof sy pa dit kan sien, kyk hy hom weer uit.

    Ek is ingelig dat die Rotte arrogant raak. Té arrogant. Hulle uitbreiding is ’n bedreiging vir die gemeenskap, veral vir die Urchins.

    Ben wil ril vir die formele draai van sy pa se stem. Dit klink onnatuurlik, selfs ná soveel jare. En nou doen Ben dieselfde ding. Elke dag.

    Die Urchins? Die Urchins bestaan skaars, merk Ben op. Die enigste mense wat nog erken hulle is Urchins, is óf crazy loyal, óf stupid.

    Van wanneer af is djy bang vi’ die Rotte?

    Jy’s dom as jy nie is nie, hap Ben. En jy’s stupid as jy jouself ’n Urchin noem voor ’n Rot. Dis target maak van jouself.

    Die Urchins is da’ vir jou vanaf jy gebore is, begin die preek, die usual frustrasie in sy pa se stem, somehow meer intens. Ben sak terug in sy stoel. Hy ken hierdie rympie.

    Die Urchins was nog allie jare da’ vi’ jou. Toe djy klein was het uncle Harry jou opgepas toe da’ ’n shoot-out was op Angel Street. Antie Sofie het na jou gekyk van’at djy kan loep. Demi het o’s bo die broodlyn gehou ná da’ by o’s ingebriek is.

    Skielik is sy pa op sy voete. Hy strek oor die tafel en ruk Ben se hemp af dat sy bors exposed is. Ben kners op sy tande. Sy pa staar na die sigaretbrandmerke teen sy vel. Dié sou op jou gesig gewies het as Ashwin en Cherize jou nie gerescue het van daai Rotte nie.

    Ben pluk sy hemp uit sy pa se hand en trek dit oor

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1