Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Massamoord op Kaapsehoop: Bloed, #2
Massamoord op Kaapsehoop: Bloed, #2
Massamoord op Kaapsehoop: Bloed, #2
Ebook172 pages2 hours

Massamoord op Kaapsehoop: Bloed, #2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

 

Na die publikasie van Bloedspoor, boek 1 in die reeks gebaseer om die gevaarlike speletjies van 'n reeksmoordenaar uit Irma Mulder se verlede het Massamoord op Kaapsehoop en die res van die reeks in my skryfgees gespring. Massamoord op Kaapsehoop speel af tydens 'n skryfkompetisie waaraan Irma Mulder deelneem. Alhoewel sy steeds sukkel om die verlede en bloed van Bloedspoor van haar siel af te was, besluit sy om tog hierdie stap te vat om haar lewensdroom na te streef. Hugo van Zyl, die speurder van Boek 1, ondersoek hierdie saak en vra Irma se hulp om vir hom inligting in te samel nie wetende dat hierdie enkele moord voorval in 'n massamoord gaan ontaart. Sodoende is nie net sy eie lewe in gevaar nie, maar ook die van ons hoofkarakter, Irma Mulder. Soos belowe is dit ook in boek twee waar die liefdes flinders begin vlieg, of doen hulle,
Watse skokkende gruwels wag vir ons in boek 3?
Wie gaan dit oorleef en wie raak verlief?
Kom stap saam met my op die vurige wandeling deur die lewe van Irma Mulder, skrywer, dromer en joernalis van harte.

LanguageAfrikaans
Release dateNov 9, 2023
ISBN9798223023678
Massamoord op Kaapsehoop: Bloed, #2
Author

Maria Prinsloo

Maria ES Prinsloo is iemand met passie vir woorde en skryf. Sy is gebore en getoë in Pretoria, is geskei en het gaan nesskop in die Kaap. Sy het twee kinders en vy f kleinkinders. Haar kinderboek, Storieland, is as oudioboek gepubliseer en is gevul met vier lekker luister kinderverhale. Sy het eers verskeie boeke as skimskrywer geskryf vir bekende internasionale skrywers. Dis ná hierdie manuskripte dat sy besluit het om weer op haar eie skryfwerk te fokus en so het Bloedspoor ontstaan. Sy is ook die skrywer van Enough wat reeds opspraak gemaak het op verskeie internasionale radiostasies. Alhoewel sy baie life is vir positiewe selfhelpboeke,is geweld-en moordstories haar eerste keuse.

Related to Massamoord op Kaapsehoop

Titles in the series (1)

View More

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Massamoord op Kaapsehoop

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Massamoord op Kaapsehoop - Maria Prinsloo

    Spesiale dank aan Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers vir die navorsingsinligting vir hierdie boek, maar ook vir die absoluut fantastiese en nodige werk wat hulle doen om lewens te red.

    Hoofstuk 1

    Irma Mulder laat rus die koffiebeker in haar hande op haar skoot. ʼn Sagte bries speel met haar rooibruin hare wat los oor haar skouers val. Dis reeds koeler in die agtermiddae wanneer die warm Februarieson traag agter die berge verdwyn. ’n Asemrowende prentjie ontvou voor haar: Die Steenkamps-bergreeks met sy plantbedekte heuwels in skakerings van groen en grys omvou die laagliggende dorp; oranje en rooi kleurskakerings vul die hemele voor haar. Die prentjiemooi wolkkombers rus vir oomblikke saam met die dorp en sy mense voordat die donker nag alles tot stilstand sal roep.

    Vandat sy twee jaar gelede die huis gekoop het, sit sy nog elke middag hier op die agterstoep en koffie drink. Sy het ná die reeks grumoorde wat aan haar gekoppel was, gedink sy sou die dorp verlaat. Tog het sy besluit om te bly. Na die afhandeling van die ondersoek het die dorpsmense se opinies en vrae mettertyd minder geword. Verwytende blikke van dié wat weet het haar bedanking by die plaaslike koerant Tuis makliker gemaak.

    Sy het onttrek uit die dorp se sosiale kringe. ’n Soort kluisenaarsbestaan kom voer hier bo op die berg terwyl sy die dorp onder haar dophou. Hier kan sy fokus op haar skryfwerk. Haar eerste boek, gebaseer op die moorde wat Nelspruit geskok het, het topverkoperstatus bereik. Tot op hede het sy vier topverkopers die lig laat sien. Dit het nie in haar skoot geval nie, dit het harde werk en deursettingsvermoë geverg. Tog het skryf ʼn vorm van terapie geword. Eindelose onvoltooide manuskripte en storie-idees is netjies geliasseer vir later; later wanneer sy haar uitgewoed het en dalk leegloop van idees. Dalk later wanneer sy die huidige dryfkrag van haar skrywerswêreld verloor het.

    Tog het die bloedspoor van die verlede die vreugde van haar sukses gesteel. Gary, die redakteur van Tuis, het seker gemaak sy vergeet nie van haar rol in die moorde nie. Hy het onverpoos negatiewe berigte oor haar en die saak geplaas en selfs tot onlangs haar as skrywer aangeval. Tog het selfs dié publisiteit haar boeke net beter laat verkoop. Na die bekendstelling van haar laaste boek het die koerant geen berigte oor haar of die boek geplaas nie. Irma het die skielike stilswye met dankbaarheid aanvaar.

    Sy het dié huis uit die inkomste van die boekverkope en haar spaarfondse gekoop. Hoog teen Nelspruit se bergreeks sodat sy die uitsig oor die natuur en die dorp kan geniet. Sy voel veilig hier. Die gebeure rondom die moorde volg haar nog elke dag. Die waansinnige speletjies van Dusty in haar woonstel het haar vasgenael in vrees. Selfs nou ná die saak afgehandel is, kan sy nie die angs afgeskud kry nie. Dit was immers as gevolg van haar koerantartikels dat nie net haar kennisse nie, maar ook goeie vriende vermoor is.

    Irma drink haar laaste koffie en plaas die beker ongeërg op die stoeptafeltjie langs haar. Sy beskou die dokument op die tafel. Sy het die e-pos uitgedruk sodat sy dit rustig kan deurlees.

    Hollywood kom Suid-Afrika toe! Sy is een van die tien van Suid-Afrika se beste speurverhaalskrywers wat genooi is om deel te neem aan die gesogte uitdaging. Hierdie is beslis ʼn skryfkompetisie van ʼn ander aard met ʼn streng uitdunproses.

    Onvergenoeg tel Irma die dokument op en sak terug in haar stoel. Sy is besig met haar eie navorsing om ’n opvolgboek in die moordreeks te skryf. Dié een is ook gebaseer op ware gebeure en met haar navorsing afgehandel, is sy gereed om te begin skryf. Indien sy aan die Hollywood-kompetisie gaan deelneem, sal dit haar nie noodwendig ver terugsit in haar beplanning nie

    Indien sy as die wenner gekies sou word, verander dit alles. Sy sal haar eie skryfwerk vir eers opsy moet skuif. Die projek beloof om twee jaar te duur en die wenner sal nie net die draaiboek skryf nie, maar ook help met die regie en verfilming van die reeks. Dit op sigself is iets om na uit te sien. Die geleentheid om nuwe vaardighede te leer, om die wêreld van draaiboekskryf en verfilming te betree, is ʼn absolute mylpaal.

    Irma staar na die e-pos in haar hande. Dit is ’n eer om een van die gekose skrywers te wees. Tog kom dit op so ʼn ongeleë tyd. Haar fokus is op haar eie beplande boek. Tog kan die prys so baie ten goede verander. Die finansiële voordele is beslis nie te versmaai nie. Om in Suid-Afrika te skryf, verseker jou nie van ʼn maklike inkomste nie. Dan is daar ook die voorreg om vir tien dae saam met nege ander skrywers skouer te skuur en idees uit te ruil. Vir haar kan dit óf fantasties óf ondraaglik wees. Sy is nog nie lank in die bedryf nie, en kan baie leer uit die ander skrywers se ondervinding. As sy die skedule reg verstaan, gaan dit nogal ʼn vol program met baie uitdagings wees.

    The tribe has spoken! giggel Irma en verbeel haar dis amper soos ʼn realiteitsprogram of oorlewingskamp. Tog, as mens kyk na soortgelyke kompetisies soos Survivor en The Voice, lewer dit telkens opwindende televisievermaak op.

    Die eerste blink ster is sigbaar terwyl Irma haar koffiebeker opraap. Sy stap binnetoe en sluit die groot glasdeur wat die sitkamer en groot buitestoep van mekaar skei. Opgewonde skuif sy agter haar rekenaar in en maak die e-pos se aanhangsel waarin verdere besonderhede oor die projek uitgestippel word, weer oop. Alle deelnemers en die Hollywood-span is bespreek by ʼn gastehuis in Kaapsehoop. Al die onkoste vir die tien dae is gedek. Wat verlang word, is dat die deelnemers die erns van die uitdunproses sal aanvaar. Sodra ʼn deelnemer uitgestem is, moet hulle dadelik die gastehuis verlaat, maar steeds die geheim-houding van die kompetisie respekteer tot die finale besluit geneem is. Alles om media teistering te voorkom en te verhoed dat fopnuus versprei word.

    Irma frons.

    Wat sal Tuis nie alles kwytraak indien sy die kompetisie sou wen nie? Gary sal seker maak die verlede word weer oopgevlek ten einde weer haar lewe ondraaglik te maak. Sy sug en kyk weer na die skerm voor haar.

    Tien skrywers sal teen mekaar meeding om ʼn misdaadreeks draaiboek te skryf. Die beoordelaars kies dan oplaas die beste teks vir die gesogte prys. Die wenner kry ʼn massiewe som geld en die geleentheid om sy of haar draaiboek te verwerk onder leiding van Studio 3, een van die beste draaiboek- en ver-filmingsmaatskappye in die filmbedryf. Aan die einde van die verfilming is daar dan natuurlik ook nog finansiële voordele. Daar sal na afloop van die uitdunne net twee skrywers oorbly. Die beoordelaars wat ook die verfilming gaan hanteer, sal dan bevestig wie wel die prys wen.

    Klink amper soos ʼn Big Brother-storie. Irma lees die res van die reëls en voorwaardes en die name van die gekose skrywers. Sy ken net twee van die skrywers, die res het sy nageslaan op sosiale media en haar soekenjins. Almal skrywers van gewelds-misdaadstories of soortgelyke genres. Die kompetisie gaan baie straf wees. Haar kanse is so goed soos enige van die ander om weg te stap met die prys. Tog is die meeste van die skrywers op die lys reeds baie suksesvol en twee se boeke is selfs reeds verfilm. Sy self het nog nie eens daaraan gedink om een van haar werke voor te stel vir verfilm nie. Sy is ook nog nooit genader vir so ’n groot taak nie.

    Die pryse en voordele wat die wenner sal ontvang, is ʼn stewige neseier wat haar sekuriteit kan bied. Dalk kan sy selfs later oorsee reis vir die ses maande vakansie waaroor sy nog altyd droom. Tog weet sy nie of sy kans sien om nou so ʼn groot uitdaging aan te pak nie. Dit terwyl sy uiteindelik rustigheid gevind het en tuis voel in haar eie huis en dorp.

    Irma bekyk die vertrek om haar. Haar oopplan sit- en eetkamer-area is verander in ʼn sit- en lees/studeerkamer. Daar is geen sin om so ʼn nuttige spasie te mors op ʼn eetkamerstel wat net vir een persoon daar moet staan nie. Haar navorsing is netjies in harde hefboomlêers met kleurkodekaartjies wat bo elke lêer pryk om elke afdeling te merk. Haar kantoorarea spog met boekrakke en elke boek is sorgvuldig op sy plek geplaas en daar is selfs ʼn hele paar nuwe boeke oor die laaste paar maande bygevoeg. Dieselfde boekrakke wat vir baie jare in haar woonstel in hul verpakking bly lê het omdat sy nie tuis genoeg gevoel het om dit aanmekaar te sit nie. Nou staan hulle stewig en volgepak teen die muur. Haar gemoed is al wat nog vasgevang is in die trauma van die verlede.

    Bo haar lessenaar hang die foto van haar eerste boekvrystelling. Sy het dit daar gehang om haar te herinner aan die slagoffers en haar rol in elkeen se sinnelose dood. Die swaar donker raam om die foto is simbolies van haar soete sukses omring deur die donker greep van ʼn waansinnige moordenaar in sy soeke na wraak. ʼn Silhoeët van vrees.

    Op die foto hang haar lang rooibruin hare oor haar skouers en val sag op die grys broekpak se baadjie. Al glimlag sy breed vir die kamera terwyl sy die boek voor haar hou, verklap haar oë ʼn diepe hartseer. ʼn Hartseer wat sy nog nie kon afskud nie. Irma draai weg van die foto en bekyk die boekrakke.

    So baie het verander, tog het niks verander nie.

    Sy het die laaste drie maande hard gewerk en deeglik na-vorsing gedoen oor Suid-Afrika se reeksmoordenaars en hul geskiedenis, asook hul huidige omstandighede, die impak wat hul dade op hul direkte families en die families van hul slagoffers gehad het. Sy brand om aan haar eie reeks te werk, maar nou sal alles eers moet wag. ʼn Hele nuwe reeks potgooie/podsendings is al voltooi en gereed om op haar webtuiste geplaas te word. Dit sal haar persoonlik aan die gang kan hou terwyl sy aan die kompetisie deelneem.

    Irma skakel haar skootrekenaar af en stap na die sitkamer. Sy skakel haar televisie aan met die klank gedemp. Stadig stap sy deur die huis, voel aan elke deur. Sy druk die vensters een vir een om seker te maak dit is veilig toegesluit voor die donker kom. Terselfdertyd kyk sy na die sekuriteitskameras wat sigbaar buite om die huis geplaas is. Sy wil nie weer so magteloos en onveilig voel nie.

    Sy skink vir haar vars koffie en sak in die sagte kussings van haar rusbank in. Beelde op die televisie flits klankloos voort. Sy is die regte persoon vir die Hollywood-produksie. Sy glimlag skeef. Dis duidelik dat hulle die een of ander misdaadreeks beplan en sy leef vir misdaad. Die passie om kriminele dade, die gevolge en herhaling daarvan noukeurig na te gaan, is ʼn einde-lose taak vol interessanthede.

    Dis goeie geld, Irma, en jy kan dit beslis doen, verseker sy haarself. Selfs al neem die produksie langer as die beplande twee jaar, wat gewoonlik die situasie is, beteken dit nie sy gaan glad nie aan haar eie skryfwerk kan werk nie.

    Het sy die keuringsproses as deelnemer gehaal oor haar eie sukses as skrywer of dalk eerder as gevolg van die publisiteit tydens die reeksmoorde? Hoe het hul keuringsproses gewerk? Daar was soveel berigte oor die saak wat maklik op die internet bekombaar is. Die moorde waar sy nie net ʼn verdagte was nie, maar amper ʼn slagoffer ook.

    Sy is uiteindelik vry van die lastige vrae oor die moorde en haar rol daarin. Sy wil nie nou weer ou stories gaan oopgrawe nie. Skuldgevoelens kwel haar steeds oor die slagoffers wat so wreed vermoor is as deel van ʼn siek mens se speletjie net om haar terug te kry. Pastoor Nelson en dokter Rosslyn was meer as kennisse. Hulle was haar vriende. Nie een van die slagoffers in Dusty se siek moordspeletjie het verdien om te sterf nie, maar die laaste moorde was persoonlik. Dusty wou haar seermaak, hy wou haar in die soort pyn dompel waarin hy vasgevang was; vir haar die skuld laat dra vir sy dade en hy het daarin geslaag.

    Irma se selfoon skril ineens langs haar. Sy staar verskrik na die skerm. Dis ʼn vreemde nommer.

    Sy aarsel.

    Irma, antwoord sy vies.

    Naand, Irma, dis Hugo. Sy stem is sag.

    Irma frons. Sy het lanklaas van Hugo gehoor. Hulle het wel kontak behou direk ná die moorde, maar het nie veel kontak gehad in die laaste paar maande nie; deels oor sy so besig geraak het met haar navorsing vir die nuwe boek.

    Is dit jou nuwe nommer? Na sekondes van stilte gaan sy voort. Dit gaan goed, dankie, lanklaas van jou gehoor. Gaan dit goed?

    Ja, ja dit gaan.

    Irma wag dat Hugo moet verder praat, die aarseling in sy stem is duidelik hoorbaar.

    Wat makeer, Hugo? vra sy uiteindelik om die stilte te verbreek.

    Ag, nie veel nie. Ek wil net weet of jy een van die skrywers is wat genooi is vir die Hollywood-storie?

    Ja... ek is, in alle vertroulikheid. Sy sit regop, gefokus op die oproep. "Die reëls en voorwaardes wat ons ontvang het, weerhou ons daarvan om die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1