Huisgenoot

MY GROOT REDDING: SKRYF

AS SKRYWER is sy al jare lank daaraan gewoond om in afsondering te werk. Om haar karakters op papier te laat leef, moet dinge om háár stil raak.

En daardie skryfstilte het tot groot sukses gelei: Haar trefferboek Griet skryf ’n sprokie is in meer as ’n dosyn tale vertaal; haar storie Dis koue kos, skat het op die silwerdoek as fliek gepronk. In hóéveel Afrikaanse huise sit haar voosgeleesde boeke op die rak: Die dinge van ’n kind, Wegkomkans, Die blou van onthou

Tog het die inperking weens die coronaviruskrisis Marita van der Vyver swaar getref, daar waar sy al meer as twee dekades lank in die suide van Frankryk naby Avignon saam met haar Franse man, Alain (62), woon.

“Die alleenheid het my nog nooit gepla nie, maar daar is ’n verskil tussen alleenheid en eensaamheid,” vertel die 62-jarige skrywer vanuit Frankryk.

Sy skuif nader aan die rekenaarskerm asof sy ’n geheim hier op Zoom wil deel. “Ek het nog nooit in my lewe eensaam gevoel nie. Ek kon altyd na vriende of familie uitreik, en dit is vir my verskriklik lekker om saam met hulle te kan kuier, maar die inperking het veroorsaak dat ek vir die eerste keer in my lewe werklik eensaam gevoel het.”

Daarby het die streng inperkingsmaatreëls wat verlede Maart in Suid-Afrika ingestel is haar finansieel geknou. Boeke is nie deur die owerhede as ’n noodsaaklike produk geklassifiseer nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Huisgenoot
REDAKSIE 021-406-4552 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEURS Cyril Blackburn, Suzaan Hall EINDREDAKTEUR Hugo Loubser PRODUKSIEREDAKTEUR Marius Visser INHOUDSREDAKTEURS Deon Lamprecht, Johannes de Villiers, Susan Samuel TEKSREDAKTEURS Brenda Pienaar,
Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee

Related