Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Maan Dans: Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een
Maan Dans: Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een
Maan Dans: Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een
Ebook261 pages4 hours

Maan Dans: Verbind Deur Bloed Reeks – Boek Een

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Envy se lewe is goed. Goeie broer, goeie kêrel en die beste werk wat ‘n meisie voor kan vra … kroegmeisie by een van die beste klubs in die stad. Ten minste was dit goed totdat sy ‘n oproep gekry het van een van haar beste vriende dat haar kêrel die vertikale limbo op die dansvloer doen by Maan Dans. Haar besluit om hom te konfronteer begin ‘n ketting van gebeure wat haar sal voorstel aan ‘n gevaarlike paranormale wêreld weggesteek onder die daaglikse sleur. ‘n Wêreld waar mense kan transformeer na swart luiperds, lewende vampiere wat in die strate wandel en gevalde engele wat saam met ons rondloop. Devon is ‘n weerswart luiperd, ‘n bietjie rof om die kiewe en een van die mede-eienaars van Maan Dans. Sy wêreld word op sy as gedraai wanneer hy ‘n aanloklike jakkelsvrou met rooi hare in sy klub sien dans, gewapen met ‘n siniese hart en ‘n skokstok. Met ‘n vampier oorlog in volle gang rondom hulle, sweer Devon om hierdie vrou sy eie te maak ... en sal veg soos die hel self om haar te kry.
LanguageAfrikaans
PublisherTektime
Release dateMay 30, 2022
ISBN9788835438755

Related to Maan Dans

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Maan Dans

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Maan Dans - Amy Blankenship

    Proloog

    Angeles Nasionale Woud is die tuiste van die gevaarlike poemas en ingevoerde swart luiperds wat die woud vol rond dwaal. Somtyds, op helder nagte, groei hul getalle so bietjie terwyl die LA weer-diere, of vormwisselaars soos volkskundiges hulle noem, ook in die ongetemde woud rond dwaal tussen hulle verre familielede. Dit is op daardie nagte dat die regte diere wegkruip in hulle gate terwyl die roofdiere uit die stad hulle gebied lank genoeg binnedring om te jag of op die rare geleentheid, gevegte oplos wat nie op menslike gebied opgelos kan word nie.

    Daar is niks boser as wanneer daardie vormwisselaars baklei nie en as een van hulle seerkry, word hulle net so gevaarlik vir mense as hulle dierlike eweknieë. Om die mense te beskerm, tussen wie hulle lewe, word vormwisselaars se geskille altyd indien moontlik, buite bereik van daardie mense opgelos en die beste plek is diep binne in hierdie inheemse jag gronde.

    Vanaand is die woud spookagtig stil terwyl twee eienaars van die grootste klub in die stad hierdie ongetemde grond betree, terwyl hulle klere van hulle lywe afstroop om hulle innerlike monsters vrye teuels te gee. Vanaand soek hulle die graf van ‘n vampier wat hulle altwee kan vernietig.

    Diep binne in die woud waar geen mense hulle kan hoor nie, het Malachi, die leier van ‘n klein jaguar clan, gejaag deur die duisternis na sy teenstander ... ‘n man wat hy nooit meer moes vertrou het as sy beste vriend nie. Sy teiken was ‘n ander vormwisselaar, hierdie een met die bloed van ‘n poema wat deur sy are loop, Nathaniel Wilder ... sy besigheidsvennoot oor die laaste 30 jaar.

    Malachi het die oopte ingebars om Nathaniel daar te sien staan en wag vir hom in menslike vorm. Binne die volgende paar tree het Malachi ook teruggekeer na sy menslike vorm. Beide van hulle was dodelik, maak nie saak na watter vorm hulle verander het nie. As mense was hulle altwee atleties met spiere van staal onder sagte vel. Vormwisselaars het lank hulle jeugdige voorkoms behou en beide mans het skaars oor die 30 gelyk al was hulle al in hul 50’s.

    As hierdie nou ‘n Hollywood fliek was, sou dit ‘n paar minute geneem het om drasties te verander, maar hierdie was die werklikheid en daar was geen druppende monsters in die ooptes nie. Naaktheid was niks vir ‘n vormwisselaar nie en die maan het op hulle geskyn soos ‘n kollig deur digte wolke bo hulle.

    Dit hoef nie hierop neer te kom nie, het Nathaniel gesê, terwyl hy sy man staan en probeer om sy vriend rede te laat verstaan. Luister na my! Dit was dertig jaar terug en dinge het verander ... ek het verander.

    Dertig jaar vol leuens! het Malachi gedonder, sy stem het in die oopte geëggo. Sy blik het geskuif na waar hy Kane begrawe het en hy het ‘n traan in sy oog voel vorm. As gevolg van jou het ek Kane geketting aan die grond ... as gevolg van jou het ek hom vir 30 jaar verlaat!

    Ek kan nie toelaat dat jy hom opgrawe nie, Malachi! Jy weet wat gaan gebeur as jy dit doen, Nathaniel het senuagtig toegekyk hoe Malachi verlangend na die graf van die man wat eens sy beste vriend was, kyk. Hy het dit nooit verstaan nie. Kane was ‘n vampier en gevaarlik.

    Kane was ook een van daardie twee dinge wat in die pad van die vennootskap tussen jaguars en poemas gestaan het... Kane en Malachi se pragtige, bedrieglike, owerspelige vrou, Carlotta. Nathaniel het haar eerste liefgehad. Hy wou nie hê dit moet so uitdraai nie. Op die ou end het Nathaniel sy probleem uitgesorteer met jaloerse gedrag ... hy het twee vlieë met een dodelike klap vermoor.

    Hy was my beste vriend en hy het my nooit verraai nie! Jy was die een wat my in die rug gesteek het! Malachi het die trane van woede weg geknip terwyl hy aan die oorring in sy oor gevat het, Kane se oorring. Wat het hy gedoen? Toe hy Kane gebuk oor sy dooie vrou gekry het, het hy eers verward gehuiwer, totdat Nathaniel bevestig het Kane het haar vermoor.

    Sy het net hier in hierdie oopte gesterf, so hy het gedink dis net reg om Kane aan hierdie grond te verbind....in hierdie grond. Hy het selfs Kane se tower boek gesteel en dit teen hom gebruik in wraak.

    Ja, Nathaniel was reg oor een ding. Meeste vampiere was boos maar daar was ‘n paar uitsonderings en Kane was een van hulle. Maar niks was boser as wat hyself gedoen het nie. Hierdie towerspreuk kan net deur Kane se sielsgenoot gebreek word.

    Malachi het daai tyd gedink dis snaaks omdat Kane al so volwasse was en nog nooit sy sielsgenoot ontmoet het nie. In die verlede het Kane gereeld gegrap dat so ‘n vrou nooit gebore sou word nie.  Sy gedagtes het terug gedwaal na Kane se glimlag terwyl hy sê dat ‘God moet regtig ‘n goeie sin vir humor hê om ‘n vrou te maak wat sal saamleef met sommige van sy manewales.’

    Hy is nou daar onder vir heeltemal te lank. het Nathaniel gewaarsku. Met daardie soort bloedlus en waansin wat hom ry ... as jy Kane nou vrylaat, sal hy ons net wil vermoor

    Malachi se kop het geskud en hy het na Nathaniel gegluur. Hy sal net nodig hê om my te vermoor, want jy sal reeds dood wees.

    Met daardie dreigement geuiter, het beide mans weer vervorm na hul dierevorms.

    ***

    Op die rand van die kampgronde naaste aan die groot wild reservaat, het Tabatha King, of Tabby soos almal haar noem, op een van die trappe van hulle kampbus gesit en opkyk na die sterre wat uitloer onder die wolke. Sy het haar hare uit haar oë geblaas, bly dit het uiteindelik opgehou reën.

    Dit was die eerste keer wat sy gaan kamp het en die laaste ding wat sy wou doen was om opgesluit in haar kampbus te sit. Sy was so opgewonde oor hierdie reis en was selfs gelukkiger dat hulle ook die klein gesinshondjie, Scrappy, kon saambring. Dit het ‘n groot gesmeek afgegee, maar nadat sy belowe het sy sal sorg vir haar klein beste vriendjie, ‘n Yorkie babahondjie, het sy uiteindelik daarin geslaag om haar huiwerige ouers te oortuig.

    Scrappy was juis besig om in die donker te blaf en sy klein lyfie aan sy leiband rond te wikkel, omdat hy die skadu’s wat sy aandag getrek het wou gaan jaag. Die klein meisie het gesnak toe Scrappy skielik los wikkel en weghardloop. Sy het opgestaan van die trap af toe die babahondjie deur ‘n klein gat in die draad vlieg wat die kampgronde skei van die reservaat.

    Scrappy, nee! het Tabby hard uitgeroep en agter haar hond aangehardloop. Haar ouers het haar vertrou om hom nie te verloor nie. Sy het gestop by die draad en diep asem ingetrek terwyl sy na die duisternis van die bome staar. Ek is nie ‘n lafaard nie. Sy het haar onderlip vasbeslote gebyt voordat sy op haar knieë gaan staan het om die opening te ondersoek.

    Na ‘n spaar klein skrapies, het sy deur dieselfde gat in die draad geklim en het deur die woude gehardloop agter die klank van die veraf geblaf aan. Jy gaan my in die moeilikheid kry, het sy skerp gefluister en het toe begin om haar tong te klik omdat sy weet die hondjie kom gewoonlik agter die klank aan.

    Tabby, waar is jy?

    Agter haar het sy haar ma gehoor roep, maar sy was meer geïnteresseerd om haar hondjie terug te kry by die kamp. Scrappy was haar hond en sy moes hom versorg. So in plaas daarvan om haar ma te antwoord of om Scrappy te roep, het sy stil gebly en agter die klank van Scrappy se skerp blaffies aangeloop.

    Dit was nie lank voor Tabatha moes stop en rus vir ‘n oomblik nie. Sy het haar rug teen ‘n boom gestut en met haar hande op vuil knieë, asemgehaal en geluister na die geluide van die woud. Sy wou nog altyd in die middel van ‘n woud staan en net luister soos die Indiane op TV flieks.

    Die reënwolke wat uitmekaar gedryf het vir ‘n rukkie, het weer nader geskuif en die helder maanskyn het skielik verdwyn. Haar oë het gerek toe sy agterkom sy kon nie meer die liggies van die kamp agter haar sien nie.

    Met ‘n tentatiewe tree na vore, het sy wild om haar rondgekyk maar sy kon net duisternis, skaars waarneembare boomstamme en nog donkerder skadu’s om haar sien. Sy het gekerm toe iets ver agter haar grom. Sy het besluit sy hou nie van daardie rigting nie en het weggehardloop sonder om terug te kyk.

    Na, wat gevoel het soos verewig, het sy Scrappy weer hoor blaf en in daardie rigting gehardloop met die hoop dat wat ook al gegrom het haar nie gejaag het nie. Sy het nog ‘n grom gehoor maar hierdie keer het dit voor haar geklink.

    Met haar hakke in die grond het sy probeer stop, maar die grond was toe onder die blare en modder van die reën. Sy stop toe nie maar gly self verder voordat sy op haar sy afgly teen ‘n helling.

    Haar asem het weggeslaan toe haar lyf die boomstomp getref het. Die eerste ding wat sy agtergekom het nadat sy haar asem teruggekry het, was dat Scrappy nie meer geblaf het nie. Sy het weer die grom gehoor en begin om weer teen die helling op te klim toe sy ‘n sagte gekerm gehoor het. Sy het op haar knieë gaan staan en oor die boomstomp geloer en ‘n klein oopte gesien waar die maanlig soos ‘n kollig skyn.

    Net daar, in die middel van die oopte, was Scrappy aan die kerm asof die groot hond onder in die straat hom gewen het by die huis. Die babahondjie het plat op die grond gelê en het agteruit gekruip. Haar blou oë het wyd gerek toe sy sien hoekom. Twee diere het stadig nader aan mekaar gekruip in die oopte en Scrappy was reg in die middel.

    Domkop, het Tabby saggies gesis.

    Sy het die diere herken van wat sy onthou op prente wat haar pa haar gewys het voor hulle gaan reis het. Een was ‘n poema en die ander een het sy herken vanaf die televisie ... ‘n jaguar. Sy was mal daaroor om diereprogramme te kyk en het nie gegril soos haar mammie wanneer die diere op TV mekaar begin aanval nie. Maar hierdie was anders ... die was realiteit en bietjie vreesaanjaend.

    Hulle is katte wat mens kan eet, groot katte. Die grasieuse diere het mekaar gesirkel en diep gegrom in hulle kele en hulle oë het soos geel medaljes geglinster. Die dodelike klank het op die briesie na Tabatha toe gewaai terwyl sy bly kyk het met senutergende ontsag.

    Kom hier, Scrappy, het sy gefluister, met die hoop dat die twee enorme katte haar nie gehoor het nie. Kom hier voordat een van hulle op jou trap. Sy wou sê, ‘jou vreet’ maar sy wou nie die arme hondjie nog banger maak as wat dit reeds was nie.

    Die katte het skielik so hard geskree dat Tabatha haar ore moes toedruk met haar palms sodat sy nie die harde en vreesaanjaende klank kon hoor nie. Hulle het op top spoed oor die oopte gehardloop en Scrappy het sy stert tussen sy bene gedruk en bang getjank.

    Met die getraumatiseerde hondjie in sig, het Tabatha oor die boomstomp geklim en na Scrappy toe gehardloop so vinnig as wat sy kon. Sy was nader aan Scrappy as wat die katte was, en het bo-oor die hondjie geduik om sy klein lyfie te bedek met hare net toe die twee katte opspring en in die lug reg bo haar bots.

    Moet asseblief nie my hond seer maak nie! het sy geskree.

    Sy het gegil toe skerp kloue haar arm hark en nog ander oor haar rug skraap. Die katte het die grond reg agter haar getref met ‘n dreunende slag, grommend en gillend op mekaar. Sy het gebukkend oor Scrappy gebly wat nog geruk en gekerm het van skrik, en nie gewaag om na die diere te kyk wat net ‘n paar voet agter haar baklei nie.

    Tabatha was te bang om te beweeg en het die klein hondjie so styf vasgehou soos sy kon. Haar oë was toegeknyp en sy het begin fluister vir Scrappy om te hardloop en hulp te gaan soek, as een van die katte haar vang. Iets nat en warm het oor haar rug gespuit maar sy het nog steeds nie beweeg nie. Uiteindelik het die geveg geëindig en sy het ‘n kans gevat om oor haar skouer te kyk.

    Sy het begin ruk en huil toe sy sien daar lê twee mans agter haar met bloed bedek. Tabatha het stadig op haar knieë gaan staan met Scrappy in haar arms en begin retireer. Waar het die poema en jaguar heen verdwyn? Het hulle hierdie twee mans aangeval en toe weggehardloop? Hoekom het nie een van hulle klere aan nie?

    Nathaniel het skielik sy oë oop gemaak en sy skerp tande na haar gewys.

    Tabatha het agteroor gestruikel en het amper geval maar het haar voete gevind. Scrappy het weer gekerm toe die man se grom dieselfde klink as die van ‘n poema en het homself uit Tabby se arms gewikkel. Hy het weggehardloop in die woud in terwyl hy sy vrees uit kef.

    Malachi het beweeg terwyl bloed uit sy bors spuit. Hy het sy mond oopgemaak en gegrom na die klein meisietjie.

    Hardloop! sy stem het verdwyn en verander in die gebrul van ‘n jaguar.

    Tabatha het nie twee keer gedink nie. Sy het gehoorsaam en op haar hakke omgedraai en gehardloop uit die oopte sonder om terug te kyk. Sy het nie omgegee waarheen sy gaan nie; net dat sy wegkom van die vreesaanjaende mans wat met bloed bedek is.

    ***

    Dankie en hier is u plaaslike nuus. Vanaand het ‘n plaaslike gesin ‘n rede om fees te vier. Hulle dogter, Tabatha, is uiteindelik gevind waar sy doelloos in die Angeles Nasionale Woud rond gedwaal het nadat sy ‘n paar dae terug verdwyn het uit kampgronde naby Crystal Lake om haar baba hondjie te gaan soek. Blykbaar het die hondjie homself bevry uit sy leiband en het die woud in gehardloop. Die sewe-jarige is dapper agter die hondjie aan en is eers vanoggend gevind. Ongelukkig is die hondjie nie by haar gevind nie. Volgens die offisiere is sy in die Gemeentskaps Hospitaal besig om te herstel van die skok en dit wil lyk of sy ‘n poema aanval oorleef het. Klein Tabatha het aangehou om die woud bewaarders te vertel van twee beseerde mans in die woud maar na ‘n deeglike soektog oor ‘n area van vyfduisend vierkante myl, is niks gevind nie. Ons sal u op hoogte hou binne die volgende uur.

    Hoofstuk 01

    10 jaar later...

    Harde musiek het ritmies uit die klub opgeklink terwyl die groot pers neon bord van kleure verander op die maat van die musiek. Die ligte gooi ‘n onheilspellende glans op die gebou oorkant die straat. Op die dak van die gebou het ‘n man met kort ligte blonde hare gestaan met een voet wat op die rant rus. Hy het vooroor geleun, met sy elmboog op sy knie, terwyl hy ‘n sigaret rook.

    Kane Tripp het sy kop effens gebuig en sy hand deur sy kort spyker hare getrek. Hy het gehaat om dit te sny en het die gevoel van sy lang hare wat sy rug streel gemis. Hy het die sigaret na sy lippe gelig, die rook diep ingetrek en geweet hy het baie dinge gemis, soos die sigarette wat hy gerook het voordat hy lewendig begrawe is.

    Veertig lang jare terug was hy onkant gevang deur Malachi, die leier van ‘n klein jaguar clan, en beskuldig daarvan dat hy die vormwisselaar se sielsgenoot vermoor het. Voor daardie nag, was Kane op goeie voet met die jaguars, en hulle leier was een van sy beste vriende. Kane se lip het dun geraak by die herinnering. Malachi het hom aangekla, veroordeel en gevonnis in ‘n gloed van woede.

    Malachi het ‘n towerspreuk uit die einste boek wat Kane gedink het hy so sorgsaam versteek het, gebruik en hom ingebind met ‘n vloek, nie in staat om te beweeg of praat nie ... nie eers om homself te verdedig nie. Toe het hy Kane se bloedsteen oorring gevat, die een wat hom toelaat om in die daglig te loop. Die bloedstene het lank gelede aan die eerste vampier, Syn, behoort.

    Kane het een maal gevra hoe daar ‘n eerste vampier kon wees en die antwoord het hom geskok.

    Syn het alleen in hierdie wêreld ingekom, beseer en verhonger. ‘n Jong man het hom gevind en uit pure hongerte, het Syn sy bloed gedrink. Die vampier het vinnig geleer dat die mense van hierdie wêreld brose skeppings was, wie se siel hulle verlaat wanneer hulle bloed deel, in die hoop om ‘n gesin op hierdie planeet te begin. Maar wanneer hulle siele weg is, was hulle nutteloos vir hom en het eerder monsters geword.

    Tydens sy eindelose lewe het Syn net drie mense gevind wat hulle siele behou het .... en sy kinders geword het. Die enigste verskil is dat wanneer hulle van vorm verander het, kon die son hulle brand ... en hulle en hulle monster gesinne, moes wegkruip van die son. Dit was nooit ‘n probleem op Syn se planeet nie, as gevolg van die bloedsteen.

    Die dik armbande wat Syn gedra het uit sy eie wêreld was gemaak van Bloedstene. Deur stukkies af te kap van een van die armbande, het hy hulle hervorm in ‘n ring, ‘n hangertjie en een oorring. Kane het weereens aan sy oorring in sy oor gevat.

    Waar die bloedsteen hom ‘n semi-normale lewe gegee het, was dit Syn se boek van towerspreuke wat tot Kane se val gelei het. Syn het dit gelos vir sy gekose een om wyslik te gebruik terwyl hy slaap. Daarin was die verdoemende towerspreuk, ‘n manier om die siellose kinders dood te maak, sou hulle te groot ‘n risiko raak vir die mensdom.

    Omdat die verdoemende towerspreuk op hom gebruik is, kon Kane net kyk met donker oë wat glad nie knip nie terwyl sy voormalige vriend die swart grond bo-op hom gegooi het. Die laaste ding wat hy onthou was die sterrehemel bo die woud.

    Die donkerte was drukkend en so stil. Die towerspreuk het hom gebonde gehou maar hy kon voel hoe dinge in die grond bo hom gly. Klein, lewendige wesens wat dit vermy het om sy ondooie vlees te eet, maar onwetend aan sy siel geknaag het, het oor hom beweeg.

    Soos tyd verby gegaan het, het hy gedink hy het vir seker mal geword en het hy begin om geluide te hoor so elke nou en dan.... stemme. Hulle was welkom in sy tronk en hy het verlang om meer te hoor. Soms het hy hele gesinne gehoor en ander kere net volwassenes.

    By tye het hy probeer om die towerspreuk teen te werk, om te roep om hulp of selfs om net vir homself geselskap te wees. Die towerspel wat hom vasgehou het, het hom heeltemal kragteloos gelaat. Hy het die towerspreuk geken ... het dit gebruik op monsters. Dit was ‘n komplekse stukkie towerkrag maar het die bloed van ‘n geliefde benodig om hom vry te laat. ‘n Towerspreuk van liefde so sterk dat net die slagoffer se sielsgenoot dit kon breek.

    Dit het altyd gewerk met die siellose vampiere omdat hulle ‘n siel moet hê om ‘n sielsgenoot te kan soek. Hy het die towerspreuk meer as eenmaal gebruik om ontslae te raak van sy demoniese moorddadige sibbe wat niks anders ken as bloedlus nie.

    Kane het spytig gelag oor die spookagtige herinnering om te weet hy is gedoem... omdat hy nie ‘n sielsgenoot gehad het nie. Ten minste, hy het nooit so ‘n enigma teëgekom  nie. En as hy dit gehad het, was dit onwaarskynlik dat sy sou oorstap na sy graf toe terwyl ‘n bebloede Malachi so hartgebroke was ... hy het sy vrou so liefgehad dat hy wou hê Kane moet weet hoe diep hy haar liefhet en dan daarna verlang.

    En hy het daarna verlang. Baie kere sou hy trane stort daaroor, gesmeek aan watter god ook al sal luister, om sy sielsgenoot na hom te stuur sodat hy kon vry wees. Het hy regtig sy maat se vrou vermoor, sou dit ‘n goeie straf gewees het. Maar hy was onskuldig aan daardie daad.

    Een aand, lank nadat hy alle hoop laat staan het.... het hy dit gehoor. Die duidelike klank van Malachi se brul het deur sy kranksinnige monoloog gebreek, gepaardgaande met ‘n ander dierlike gil van woede. Toe, tot sy skok het hy die stem van ‘n klein meisiekind gehoor direk bo hom om nie haar babahondjie seer te maak nie.

    Die klank van haar klein, bang stemmetjie het iets binne hom gebreek, hom laat smag om vry te wees sodat hy haar kon beskerm teen die ondier in die nag.

    Malachi sal nie jou klein hondjie seer maak nie, kleintjie, het Kane in sy kop gefluister.

    Dit was waar. Malachi sal niemand seermaak tensy hulle hom ernstig te na gekom het op ‘n manier nie .... veral nie ‘n kind nie. Met die wete dat sy vriend iewers bo hom is, het Kane ‘n vonk lewe weer voel terugkom. Hy het kwaad geword toe die klein meisie weer gegil het en hy iets hard op die grond voel land het. Bloed.... hy ruik vars bloed wat hy deur die grond na hom voel deursyfer.

    Dit was die welkomste ding wat al teëgekom het. Die reuk het sy gedagtes binnegedring en hom amper na groter hoogtes van kranksinnigheid gedryf, met die wete dat hy dit nie kon aanraak nie. Hy was so swak van so lank sonder ‘n enkele slukkie .... dors tot die dood toe maar nooit sterwend. Dit was toe hy gevoel het een van sy vingers begin ruk.

    Kane het gekonsentreer daarop en het dit wat oor was van sy verstand daarop toegespits om te probeer beweeg. Hy het die dae voel verbygaan, dit gebaseer op die hitte van die grond bo hom. Die reuk van vars bloed wat hom nou omring word sy dryfveer. Uiteindelik, kon hy stadig sy arms beweeg en het stadig begin om homself uit sy eie graf te grawe.

    Maar die dae het verbygegaan en toe sy hand uiteindelik die oppervlak breek, het hy letterlik trane van vreugde gehuil. Hy het homself uit die grond opgetrek en Kane het sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1