Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Weerlose meganika
Weerlose meganika
Weerlose meganika
Ebook330 pages5 hours

Weerlose meganika

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

'n Tydjie terug is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die Slag van Bloedrivier geneem is . .  en dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor . . . en die koperplaatfoto het verdwyn! ’n Heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateSep 1, 2020
ISBN9780624091363
Weerlose meganika
Author

Anton Roodt

Anton Roodt het 'n MA in Kreatiewe Skryfkunde aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy praktiseer sedert 1982 as 'n professionele argitek en beplanner en het al verskeie toekennings vir sy firma se werk ontvang. Hy is ook 'n visuele kunstenaar en 'n lid van die Free State Art Collective. Hy en sy vrou, Zarine, woon in Bloemfontein.

Related to Weerlose meganika

Related ebooks

Related articles

Reviews for Weerlose meganika

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Weerlose meganika - Anton Roodt

    9780624089810_FC

    Tafelberg

    Vir Kobus van Loggerenberg,

    ontslape hoofleier van BOG

    Geen wonder nie dat 16 Desember 1838 die geboortedag van die Afrikaner-volk genoem en as sodanig erken word. Was die slag bij Bloedrivier verloor, dan was dit, na die mens gesproke, ook uit en gedaan gewees met die Voortrekkers: al hulle werk was dan vernietig, al hul ideale verijdel.

    Populair-Wetenskaplike Leesboek (1920)

    My eerste bruikbare foto wat ek op 16 Desember in die laer geneem het, was van die rollende mis wat deur die môreson weggebrand word. Toe Abraham later vir my die gewaste plaat bring, kon ek byna nie my oë glo nie: Teen die oggendgloed, in die warrelende mis, sien ek ’n afbeelding van drie vrouefigure wat lyk soos engele wat neerdaal uit die hemel.

    – Uittreksel uit die memoires van Coenraad Snyman, By die Slag van Bloedrivier (1838)

    DEEL 1

    KLEEDREPETISIE

    1

    Jirre, Justus, b-b-besef jy die implikasie van Snyman se f-f-foto? Kolonel Rooipiet Moolman gryp die skouers vas van die man wat uitgesak in sy hempsmoue voor hom in sy kantoor sit en skud hom dat sy wangplooie tril. Ons fees se boodskap van versoening is tot dusver deur mense verkondig, maar nou … nou bring die engele die annuns-s-siasie d-direk van God af! Perfek, Justus, perfek! Justus se lyf laat hom aan ’n styfgepropte army-balsak vol vuil wasgoed dink. Die ene knoppe en bulte.

    Piet tel die daguerreotipe met liggies bewende hande op en draai dit na die lig. Sy keel is kurkdroog. Die fotobeeld op die versilwerde koperplaat is van wolke waardeur enkele sonstrale breek, en in die voorgrond sweef ’n figuur – ’n vrou! Haar profiel donker en skerp afgeëts teen die wolke. Piet laat sak die koperplaat en skud sy kop in ongeloof; Justus Range vee met ’n mou oor sy mond en kyk verleë weg.

    Piet lig weer die daguerreotipe en konsentreer nou stip op die vrou, op die hemelse kleed van voile wat om haar kartel, die v van haar lenige bene teen die verligte uitspansel, haar vlerke – ja, vlerke! – wat op die punte verdof, vermoedelik as gevolg van die beweging, maar dit kan ook die vreemde wolkformasies wees. Die engel het haar gesig weggedraai en bedek haar oë met haar linkerhand. Haar hare vloei soos wimpels dieprooi sy in die westewind. Met haar regterhand oopgesprei, sweef sy oor die slagting onder haar. Verder terug dein nog twee vae figure teen die lig, ook engele, en onder aan die rand van die foto kan die silhoeëtte van die waens duidelik geëien word. Piet kantel oopmond die koperplaat heen en weer en sien hoe die voorste engel van kleur verander; wat eers wit was, word swart. Dis die aard van die daguerreotipe, weet hy. Die plaat gee tegelyk die negatiewe en positiewe beeld van die foto weer.

    Hy kan skaars glo dit is maar enkele minute gelede dat Justus Range huiwerig aan sy kantoordeur geklop het.

    * * *

    So wat is dit wat jy daar in P-P-P-Pietermaritzburg raakgeloop het, Justus? Piet het sy koerant laat sak en hom aangegluur. Ek het jou whatsapp ge-k-kry.

    Justus waggel in en hou met neergeslane oë ’n hand vol papiere vas. Sy gebrek word erger, dink Piet. Hy is ’n karakter vol teenstrydighede, maar een wie se bydrae swaarder weeg as sy idiosinkrasieë.

    Die dag toe hy vir sy werksonderhoud aangemeld het, was die paneel baie beïndruk met sy CV. Justus is ’n vermaarde historikus, hoewel hy soms met omstrede interpretasies vorendag kom wat hom al dikwels laat bots het met die geskiedenismense van die Combined National African University in Bloemfontein. Ten spyte van sy akademiese uitnemendheid het die paneel egter uiteindelik voorbehoude gehad. Piet het geweet dit gaan oor die KTS waaraan hy ly. Die Klippel-Trénaunay-sindroom veroorsaak abnormale groei van sagte en beenweefsel. Op daardie tydstip het Justus net effens mank geloop en kon Piet nie verstaan wat die paneel se probleem was nie. Hy het daarop aangedring dat die man as die Kulturama se navorsingshoof aangestel word, en hy het inderdaad mettertyd ’n belangrike bate vir die Kulturama geword. En hy weet dit. Hy stel meermale die tekste van die Kulturama se vele publikasies op en speel ’n belangrike rol in die jaarlikse Versoeningsfees. Dit is belangrik dat die direkteur nie daar buite gesien word as iemand wat te swaar steun op ondergeskiktes nie. Maar intern kry almal die lof wat hulle toekom. Hieroor het Piet geen twyfel nie.

    Hy hou asem op, want hy weet nooit of die man se verspotte beentjies sy enorme buik gedra gaan kry nie. Justus is weliswaar heelwat langer as hy, maar goddank is hulle nie ewe breed nie. En hy wat Piet is, het darem nog al sy hare, al word sy bokbaardjie vinnig grys. Hy probeer sy maag intrek, maar besef oombliklik dat die effek nie die inspanning regverdig nie.

    Kolonel, ek’t hierdie tip gekry. Justus Range praat altyd afgemete Afrikaans, met ’n onmiskenbare Engelse aksent. Sy van is Duits en het oorspronklik met wange gerym, maar die nageslag het volgens Boytjie Dames heeltemal verengels en nou rym dit met change. ’n Pellie van my van die ou dae by die museum in Durban het te hore gekom van ’n brief … a document with potentially staggering historical implications. Justus sit die stapeltjie op Piet se oop koerant neer en gaan sit. Blykbaar is die dokument in ’n ou brandkluis gevind wat die bank laat oopsny het nadat die sleutel soek geraak het. The letter, or should I rather say memoir, is glo geskryf deur iemand wat aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem het.

    Piet kyk die navorsingshoof vraend aan. So, d-d-dit is tog nie so vreemd nie? brom hy. Daar is ’n paar soortgelyke t-tekste.

    Range leun met sy hande oor sy buik vorentoe, sy oë soos skagtoringwiele. Dalk so, kolonel, maar die skrywer, ene Coenraad Snyman … en luister bietjie hier, kolonel … Hy vee met sy mou oor sy mond, kyk links en regs en hervat toe byna fluisterend sy relaas: Kolonel, hy was ’n reus van oor die twee meter en … ’n fotograaf!

    Wat? Piet trek onthuts die stapeltjie nader.

    ’n Fotograaf, kolonel, van alle dinge! U kan dit gaan naslaan in Wikipedia of selfs die amptelike rekords. Sy groot velbroek is blykbaar nou nog in die museum in Pietermaritzburg. In die memoir word vertel dat verskeie foto’s tydens die slag geneem is, maar slegs een koperplaat het saam met die brief oorgebly. Gerugte wil dit hê dat die vier-en-sestig, ek bedoel drie-en-sestig ander daguerreotipes wat Snyman by die slag afgeneem het, verdwyn het kort nadat die brief in die kluis ontdek is. Glo verkoop op die swartmark.

    Fok, Justus! Jy bedoel daar is foto’s van die Slag van B-bloedrivier? Hierdie is ’n moerse storie! Waar’s die brief nou …? Piet begin vaagweg die gevoel kry dat hier goddelike bestiering aan die werk is.

    Ek het dit namens die Kulturama by ’n derde party gekoop, kolonel – ’n anonieme private versamelaar. Ek moes deur sy prokureur werk en hoe ek ook al probeer het, kon ek nie uitvind wie die verkoper is nie. What I do know is that the seller was keen that we should have the document. Teen ’n prys, natuurlik. Justus probeer sy oë ontwyk, maar Piet kyk hom stip aan. Dis hoekom niemand hiervan weet nie. Some people believe that this type of document shouldn’t enter the public domain. Dis te gevaarlik. Maar die koop, die koop kan nie na ons getrace word nie. Ek het die kwitansie vir Saartjie gegee … dis vir ‘exhibition material’.

    Ek hoop jy’s reg. Piet is ongemaklik met die reëling, maar hy moet na die groter prentjie kyk. Dit is ’n b-besliste oudit as die OG s-s-snuf in die neus kry … En die foto?

    Justus vou die vergeelde dokument versigtig oop en blaai na die laaste bladsy van Coenraad Snyman se memoir. Hy loer half bo-oor sy bril, wat laag op sy neus sit, na die sierskrif.

    Al val die Afrikaans wat volg swaar op sy oor, kan Piet voel hoe sy opgewondenheid toeneem en sy palms begin sweet toe die woorde by hom insink. Dit is die fees se redding! Hierdie dokument gaan groter geloofwaardigheid aan sy fees se boodskap gee en as Justus reg is oor die inhoud, kan die Versoeningsfees die nasie se nuwe Geloftefees word. En as bonus die Vrystaatse Goudstad se glans herstel, waarin hy wat Piet Moolman is gaan baai.

    Justus verduidelik dat die geskrewe oorleweringe van die Slag van Bloedrivier ’n poging was om die verskriklike dinge wat daar gebeur het vir die nageslag vas te lê.

    Nee, nie ’n bestiering nie, dink Piet, eerder die sinchronisasie van die kosmiese ratwerk.

    Die probleem is egter, sê Justus, dat die teks die werklikheid eerder verdoesel as verhelder. Dit maak dit vir die nageslag moeilik om te ontsyfer wat presies gebeur het en hoe dit moes gelyk het. Dit is maar die aard van die optekening van geskiedkundige gebeure, voeg hy half verskonend by.

    Ja! dink Piet en kom orent.

    Aan die ander kant, voeg Justus by, sal hulle by die Kulturama versigtig moet wees dat die Snyman-foto nie die teks verplaas nie.

    Ja! roep Piet uit en beweeg om die lessenaar.

    Justus deins terug in sy stoel en skuif sy bril op. Die foto kan, en hier dink hy vir ’n oomblik mooi, een van die Afrikaner se kulturele hoekstene laat verkrummel. Maar, prewel hy, die eintlike merker in hierdie hele episode is die kamera, oftewel die toerusting. Toerusting of tegnologie het nie ten doel om die wêreld te verander nie, kolonel – bloot die betekenis daarvan.

    * * *

    En nou het Piet pas Justus se skouers vasgegryp en dit uitgekreet: Jirre, Justus, b-b-besef jy die implikasie van Snyman se f-f-foto?

    Hy bestudeer die koperplaat verder en nadat hy dit heen en weer gekantel het, kyk hy na die man met die swetende, verinneweerde liggaam vol knoppe en bulte en sê: K-kom, my s-s-s-skerpsinnige vriend, ons het werk om te d-d-oen.

    Justus leun effens terug in sy stoel. What do you mean, colonel? steun hy.

    Die teks van die V-V-Versoeningsfees, sê Piet naby sy oor. Ons g-g-gaan dit oorskryf. Ek en jy.

    2

    Met die son in sy oë ry Rooipiet teen die kant van die mynhoop op. Die pad is nou en steil, en hy kap met sy vuis teen die Land Rover se raakskerm om die kameras weer aan die gang te kry. Hy wil nie vandag hier afmoer nie.

    Langs hom, verder as wat hy kan sien, strek die gruisklip boontoe, maar toe hy in die truspieël kyk, lê die Kulturama doer onder uitgestrek. Hy moet sê hy is deesdae trots op byna elke duim van die vyf-punt-nul-twee hektaar wat die kompleks beslaan. Dit is net die klompie vervalle baksteenstore en werkswinkels om die skagtoring wat nog aan sy gat krap. Niemand kan glo dat dié plek eens Sint Helena was nie, een van die oudste en diepste myne in Welkom. ’n Entjie van die eertydse Skag 7 lê die nuwe administratiewe kantore en uitstallokale wat die hart van die kompleks vorm. Daaromheen is verskeie diensruimtes soos laboratoriums, store en loodse en een of twee ouer mynhuise. Heelwat van die geboue was vroeër slaapsale vir mynwerkers, wat hy laat omskep het toe die Kulturama hier gevestig is.

    As direkteur het Piet met sy dramatiese en verreikende transformasie-agenda die Nasionale Departement van Kuns en Kultuur dermate beïndruk dat hy ’n klompie jare gelede vyfhonderdmiljoen rand by die direkteur-generaal gekry het vir die vestiging en opknapping van die sentrum.

    Agter die voertuig glip die stad se porieë en littekens stil-stil onder die skadu’s van die laatmiddaglig in. Links van hom, in die verte, kruip die skemer vaalgrys nader oor die bar landskap. Dis naweek en hulle is byna daar.

    Bo-op hierdie mynhoop het hy uit niks ’n plek gemaak wat so na aan die hiernamaals is as wat ’n mens seker ooit in Welkom sal kom. Boytjie Dames, sy administrasiehoof wat langs hom in die voertuig sit, het die sentrum se naam uitgedink seker so drie maande nadat hulle met die opknapping begin het. Hulle het nog in Piet se ou kantoor gesit en name rondgooi. Piet onthou dit met ’n genoeglike glimlaggie. Boytjie is, soos hy dit graag wil sien, sy strategiese regterhand. Donners slim en op sy plek. Piet sal dit nooit hardop sê nie, maar daar is iets sensueels omtrent Boytjie. Hy is van middelmatige bou en lengte, skraal maar tog gespierd. Dit is egter sy gesig met die hoë wangbene en gladde vel wat veral by die vroulike geslag byval vind, of dis wat Vlindra sê. Sy oë is die kleur van Oreos, met swaar ooglede, en sy lippe is vol en rooi.

    Wat van Nirvana, kol’nel, of Die Paradys? was Boytjie se eerste probeerslag vir ’n naam vir die inry. Hy het sy donker kuif met ’n fyn regterhand teruggevee. Sy slape is altyd skoongeskeer.

    Nee, nee, B-b-boytjie. Een klink soos ’n p-p-p-popgroep en die ander een soos ’n gastehuis in Reitzpark.

    Wat dan van Empireum? Dit beteken …

    Ek weet wat dit be-be-beteken, dankie. Piet het nie regtig geweet nie, maar dit het hom geïrriteer dat Boytjie klink soos iemand wat deur die kinderensiklopedie blaai en sommer goed alfabeties aflees. Piet het eerder aan Eden gedink. Maar dit is seker nou weer te prosaïes. Boytjie gee hom soms só ’n pyn in daardie prins van alle spiere.

    … die hoogste hemel, het Boytjie nietemin voortgegaan.

    Piet het so ’n rukkie gedink en toe oor sy lessenaar geleun en hom aan sy wang geknyp. Ek hou d-d-daarvan. Dis die per-per-perfekte naam vir ’n inryteater. Eerste-fokken-klas, B-Boytjie.

    Dankie, kol’nel.

    Vir Piet was die betekenis een ding, maar dis nog nostalgies daarby. Die naam Empireum laat hom dink aan die ou bioskope soos die Colosseum en die Empire in plekke soos Johannesburg en Bloemfontein, voordat die TV destyds gekom het. Dit was selfs voor sý tyd, maar die jongeling sou hiervan niks verstaan nie.

    En nou is die naam gevestig. Dit is ook al die sewende jaar dat hulle die Versoeningsfees hier sal opvoer.

    Magtig, B-B-Boytjie, kyk net hoe fantasties lyk dit vanaand hier bo! beduie hy toe hulle op die plato stop. Hy gee ’n lang fluit.

    Rooipiet het al amper vergeet wat hy alles hier gedoen het. Honderde kubieke meter bogrond laat aanry. Vaderlandswilge, trassiebosse en ander inheemse bome geplant. Grasse en grondbedekkers wat min water vra. Die amfiteater vir motors word omsoom deur ’n lushof van plantegroei wat aansluit by die golwe teer waarteen die motors parkeer. Dwerg-verbleikblomme is spesiaal vir die fees al langs die teerblad ingeplant en hulle soet geur luier in die vroeë aandlug. Boytjie Dames se hand is duidelik te bespeur in dié delikate maar effektiewe stukkie detail.

    Op die agterste gedeelte van die teerblad is ’n groepie zama-zamas wat te oud is om ondergronds te werk, lusteloos besig om met besems die laaste mynsand van die teer af te vee. Die besproeiing suis kalmerend in die skemerlug en vlae watersproei word swewende misdampe waar dit op die warm teerblad te lande kom. Piet trek diep asem in.

    Sy wange gloei en sy nek is natgesweet, al is die lugversorger in die vier-by-vier koel genoeg gestel. Sy sakdoek is klam van al die afvee. Hier op die mynhoop is die lug darem ’n aks skoner en koeler.

    Die sonsondergang, in skakerings van rooi en geel, kontrasteer manjifiek met die swart reghoek van die reuse- digitale skerm wat op drie staalpilone gemonteer is. Die rye paaltjies met die Bluetooth-klankkoppelvlakke glim silwer en ritmies in die skemerte.

    B-B-Boytjie, weet jy hoekom ek die inryteater hier bo laat oprig het?

    Ja, kol’nel. Kol’nel het my al vertel.

    Rooipiet ignoreer die laaste sin.

    Hoe moes hy nie sukkel om by die departement die nodige geld te kry nie. Daar was ook die teenkanting van sy personeel wat hy verwag het. Die meeste van hulle is in ieder geval fokken useless. Einde ten laaste was hy verplig om Justus Range se gat te lek om navorsing te doen oor hoekom inryteaters wêreldwyd weer gewild geword het, met die gepaardgaande statistiek, besigheidsplanne en bla-bla. Hy was ook reg.

    Die inryteater is nie baie groot nie, maar mense geniet dit. Hulle kom hiernatoe om ’n ruk lank weer ’n wêreld te beleef wat ’n heeltemal ander – en vir sommige ’n beter – plek was. Miskien, wie weet, het hierdie hunkering iets te doen met die nadraai van die viruspandemie van ’n dekade of wat gelede. Die rolprente waarvan hulle die meeste hou, het Piet gevind, is soetsappige liefdesverhale sonder seks, oor die natuurskoon, deernis, meelewing en vergifnis. Flieks waarin mense in oënskynlike harmonie saamwoon. Onbewus van die veranderinge wat sou kom, weet almal in hierdie kamma-wêreld waar hulle staan. Die betroubare plaashulp, Jonas, antwoord Ounooi! wanneer hy by die agterdeur geroep word. Ounooi ken op haar beurt haar plek in die kombuis en die voorkamer. Pappa plant toegewyd voort op die lande en in die slaapkamer. Die flieks is stokoud, sommige nog swart-en-wit, maar kry dit juis daarom reg om die gehore te laat skater, vry of tjank, alles met oorgawe in die privaatheid van hulle motors.

    G’n fokken wonder die publiek is mal oor sy feesvertonings nie. Piet het hom lank sit en verwonder oor hoe so iets ná so ’n lang geskiedenis van tweedrag en haat moontlik is. Sy gevolgtrekking was dat mense uiteindelik besef het hulle het omtrent alles om hulle opgedonder – die grond, die water, die lug, om nie eens van mekaar te praat nie. Die reuseskerm het ’n uitsig op ’n ruimte gebied waar, ondanks die ongeregtighede van daardie verlede, oerdeugde, morele waardes en liefde nog op die voorgrond was. Dit is nie asof enigiemand werklik glo dat so ’n plek nog kan bestaan nie. Nee, dit is eerder ’n goedvoel-ervaring, ’n terugflits wat daarop fokus sonder dat sosiale wroegings, politieke korrektheid en verantwoordelikheid in ag geneem hoef te word. ’n Gedeelde mite wat sonder debat kollektief begryp en aanvaar word.

    Die sk-sk-erm is ’n virtuele ve-venster wat oopmaak na die heelal daaragter. Hy beklemtoon dit met ’n swaai van sy regterarm in die rigting van die laaste sonstrale. Hy draai na Boytjie, wie se Ray-Bans met die spieëllense op sy voorkop rus terwyl hy met ’n ligte frons op sy iPad rondblaai. Die flou sonlig verleen ’n oranje gloed aan sy fyn gelaat. Hy lyk nie spesifiek geroer deur die nuwe insig nie.

    Ná ’n kort pouse gaan Piet voort: Dis hoekom hulle k-k-kom. Honderde van hulle. Die armes en die armes van gees. En as ’n nagedagte: Geseënd is hulle. Piet sluk aan die knop in sy keel.

    Ja, kol’nel, net so, glimlag sy administrasiehoof vir hom met sy volrooi mond en perfekte tande.

    Jirre, dink Piet, hy is net so verveeld met my stories soos die Israeliete by die Bergpredikasie. Maar as Justus Range nou net nie die nuwe dramateks opfok nie, wag daar vir die afgestomptes soos Boytjie Dames ’n moerse verrassing.

    3

    Piet sit die dramateks wat Justus – met sy insette – herskryf het op die Land Rover se instrumentpaneel neer. Sy oë is mistig en hy gee ’n snuif. Wat ’n bakgat storie, dink hy en vee met sy hand oor sy oë. Nee, nie bakgat nie, veel eerder … epies! En as hy eerlik moet wees, is die meeste van die belangrikste idees syne. Justus het ander woorde ingespan, maar dit bly sy idees. Hy is wel teleurgesteld – en as hy nog ’n keer eerlik moet wees, die moer in – dat Justus van sy pikantste bydraes tot die teks geïgnoreer het, maar met alles wat hy moes reël en bestuur, het hy nie tyd gehad om hom daaroor te roskam nie.

    Ten minste is hulle al so ver, en hy is bly die kleedrepetisie is vanaand.

    Maar wat ’n poging was dit nie. Laatnag in Justus se woonstel, terwyl Piet op die divan lê en hom hier en daar voorsê, het die navorsingshoof in ’n stuwing van kreatiwiteit die toneelstuk se teks herskryf. En miskien selfs die land se geskiedenis, het Piet gedink toe hy teen dagbreek terugloop na sy huis teenaan die grens van die Kulturama-terrein. Die kil oggendlug het teen sy blaaie opgekruip en sy tepels laat saamtrek. Hy het opgewonde gesidder. Dít, het hy gedink, is hoe Andries Pretorius by Bloedrivier moes gevoel het: tegelyk skytbang en jags.

    En vanaand is dit ’n perfekte Saterdagaand, ten spyte van die hitte wat elke jaar vir hom erger voel. Onder die tamaai digitale skerm word die laer met blinkswart Fortuner Megas om die verhoog getrek, net soos hy dit gevisualiseer het. Dis darem een van sy idees wat Justus aanvaar het.

    Die idee om die kleedrepetisie op video op te neem is die een waarvoor hy nie openlik krediet gaan of wil neem nie. Dit is ook nie ter sake nie, want behalwe vir Lympi en Klein-Petrus het hy vir niemand hiervan gesê nie. Hulle twee gaan hom help, maar hulle dink die videos is maar net vir rekorddoeleindes. Agterna sal hy die materiaal aanmekaarsit en alleen in sy binnekamer hom oor en oor verlustig aan sy engel en die sukses van sy fees. Piet sluit sy oë en hoor hoe die gehoor vir hom handeklap en hom weer en weer na die verhoog toe roep: Maestro! Maestro!

    Sy gemoed word al hoe ligter. Dis moerse indrukwekkend, al moet hy dit self sê. En, wat meer is, hy doen dit vir sy land en natuurlik vir sy dorp. Hy trek weer diep asem in. Dis fokken m-m-m-manjifiek! roep hy uit met sy hande op sy heupe en kyk na die ontvouende skouspel.

    Van die siele wat om die verhoog werskaf, kyk gesteurd op.

    Meteens kry die skerm lewe en die blou elektriese gloed laat hom ril van lekkerte. Die spigtige Boytjie kom oor na hom toe. Die inryteater is nog leeg en hulle loop saam op teen die teerboggel voor die projektorkamer. Piet trek sy skouers op. So, w-w-wat het ek jou gesê, B-B-Boytjie?

    Dié glimlag in sy rigting en veeg sy hare oor sy skouers. Dis beautiful, oom Piet! Die blou skerm reflekteer in die spieëls van sy sonbril.

    Vir Piet is die jong man se blonde pruik nie heeltemal in die kol nie, maar nou ja, dit is ’n oorgang na ’n nuwe bedeling. Boytjie se voorgenome operasie is wel nog ’n onbefondsde item op die jaarlikse begroting en hy sal na die derdestroominkomste moet kyk. Om nou ’n oudit te kry, sal ’n gatslag wees. Boytjie weet in ieder geval hy kan nie staatmaak op die museum se finansiële steun vir sy borsvergroting nie.

    Piet sug saggies. Vlindra sit baie druk op hom oor die operasie. Dis sommer kak. Sy is buitendien net ’n assistent. Net omdat sy soms by hom slaap, gee dit haar geen inspraak in bestuursaangeleenthede nie. Hy sal weer ’n slag die sweep moet klap.

    Sy is mal oor Boytjie, maar aan die ander kant is sy mal oor almal. Dis hoe sy is. Piet moet toegee dat Boytjie baie aantreklik is en soms skrik hy vir sy eie gedagtes – soos nou. Sy halfmas-ereksie laat hom ongemaklik sy houding verander. Hy is nie presies seker wat dit is wat hom so prikkel nie.

    Boytjie draai na hom toe. Kol’nel, Klein-Petrus het gebel. Hy doen diens by die ingangshek. Die BBP’s is besig om aan te kom. Hy sê party het nie hulle uitnodigings nie en hy weet nie of hy hulle by die hek moet inlaat nie. Boytjie se stem is effens hees en diep, amper asof hy te veel rook.

    Dis oukei. St-stuur vir hom die gaste-te-telys na sy f-f-foon toe.

    Die deernis jeens Boytjie wat Piet vanaand in hom voel opwel, is sterker as gewoonlik. Miskien omdat hy self so emosioneel is. Hy was nog altyd erg oor hom, soos oor ’n seun … of dan ’n dogter. Whatever. Sy oë word vogtig, sodat hy sy sonbril moet afhaal en daaroor vee. Hy wat Piet is, is die saligmaker van die gebrokenes, die vertraptes en die vervloektes. So sê sy aanhangers glo. Dit is daardie buitengewoon goed ontwikkelde sin vir sosiale geregtigheid wat hom die bynaam Rooipiet besorg het.

    Dit kom al van skooltyd af, toe hy boelies laat les opsê het. Piet is amper geskors toe hy die stut van die eerste span se neus gebreek het omdat hy en sy gatlekkers Geween Bobbert se kunsbeen se hidroulika ontkoppel het en hulself kak gelag het toe Geween slingerend geloop en val het oor goed.

    Die ander rede vir sy bynaam is die feit dat sy gesig so rooi word as hy hom vererg, wat nogal vinnig gebeur. Hy weet van sy bynaam, maar dit pla hom fokkol.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1