SARIE

DIETOEK OMS IN

HIEROOR PRAAT ONS

Toekomsfiksie

[toe·koms·fik·sie]

’n Sambreelterm vir spekulasiefiksie, wetenskapfiksie en fantasie.

Soms voel dit asof die lewe nie méér onseker en onvoorspelbaar kan wees as nou nie – ons leiers het voete van klei, die ekonomie wankel, die oorlog woed voort, ’n potensieel gevaarlike asteroïed is in November hier verby (“naby” in kosmiese terme) en nog een is op pad, en selfs koningin Elizabeth, ’n baken van stabiliteit, het ons ontval . . .

Jy kan jou dan kwalik indink dat daar mense is wat ’n lewe daaruit maak om nog erger toekomswêrelde te verbeel. Maar toekomsfiksie is wêreldwyd gewilder as ooit en meer as net ontvlugting van ’n moeilike werklikheid – dié genre gee dikwels ook moontlike antwoorde op kwessies waarmee gewone mense worstel. “Ernstige fiksie laat ’n mens dink oor hoe ons lewe, en hoe ons kan lewe. Toekomsfiksie neem daardie oorwegings die toekoms in. Dit ondersoek hoe ons en ons kinders se leefwêreld môre en oormôre kan lyk, én hoe dit geraak kan word deur wat ons vandag doen,” sê Hester Carstens, uitgewer by Queillerie.

Daniel Cohen, klimaatsaktivis en assistent-professor in sosiologie aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, meen om werklik die hede te kan verstaan moet jy jou die toekoms kan verbeel – en kan terugkyk om die hier en nou.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE5 min read
Troufotograwe
1. Jou gunsteling-troufoto wat jy al geneem het? As ek een moet uitsonder, sal dit vir seker ’n troue wees wat ek in Sossusvlei, Namibië, afgeneem het. Dis een van my gunstelingplekke op aarde en om ’n troue daar te kon afneem het dit net nog meer sp
SARIE2 min read
Bekroonde aktrise LEA VIVIER & ANDRÉ WILKENS Soos ’n woudsprokie
Dit was ’n trounaweek van genot, uitspattige kleur en geluk. Met ’n pragtige verskeidenheid blommerangskikkings in dieprooi, perske en ligpienk, asook granate en turksvye op die tafels, het die dekor aan die Romantiese kunsbeweging herinner. Sonder d
SARIE1 min read
’n Pak Op Sy Tyd
Die klassieke swart tuxedo kry ’n nuwe voorkoms met ’n baadjie in naaswit Vir ’n swart uitrusting van kop tot toon, speel met teksture deur ’n baadjie van tweed of brokaat te dra. Of wees op die uitkyk vir detail soos kristalle op die kraag * Sien o

Related