Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Mooiplaas
Mooiplaas
Mooiplaas
Ebook193 pages2 hours

Mooiplaas

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

MOOIPLAAS


ʼn Roerende verhaal van ’n jong weduwee op ’n plaas in Malmesbury, wat na haar man se afsterwe meer as ’n jaar gelede, een oggend besluit het genoeg is genoeg. Rebecca Viljoen moet die lewe weer in die oë kyk terwille van haar kinders. Daar is ʼn laksheid onder die plaaswerkers volgens haar en daarom neem sy toe ʼn besluit dat sy dinge van vandag af gaan vasvat. Jacob Minnaar is die plaasvoorman en behartig alleen die boerdery en daarom het hy sy hande behoorlik vol om alles te behartig. Hy worstel ook met sy eie verlede, maar dit is natuurlik onbekend aan Rebecca.


Jacob was ook Rebecca se oorlede man se boesemvriend en dus beteken die plaas vir hom baie. In die volgende paar maande ontvou allerlei onverwagte gebeurtenisse. Sonder dat enige een dit besef word die plaas en sy mense in ʼn spesifieke rigting gestuur. Konflik, emosies, bedrog en self erkenning is van die omstandighede wat plaasvind. Asof daar nie al genoeg smart op die plaas was nie, vind daar boonop ook ʼn plaasaanval plaas. Hierdie plaasroman is uiters boeiend en sal jou hart vinnig laat gryp na sneesdoekies...

LanguageAfrikaans
Release dateNov 29, 2021
ISBN9781928498896
Mooiplaas

Related to Mooiplaas

Related ebooks

Related articles

Reviews for Mooiplaas

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Mooiplaas - Christo Juan Malan

    Hoofstuk 1

    Douvoordag stap Rebekka Viljoen uit haar plaashuis op Mooiplaas. Sy stap doelgerig in die rigting van die melkstal.

    Dit is nou dertien maande gelede dat haar man, Hermanus, oorlede is, maar sy sukkel nog steeds met haar werksmense. Dit is asof hulle die lus vir werk verloor het.

    Jakob is ʼn blanke man wat reeds vir ʼn aantal jare vir haar oorlede man werk, maar êrens is iets nie reg nie. Die werks-opdragte wat sy nou al vir weke aan hom gee, word traag gedoen.

    Rebekka het nou lank genoeg met die wete geworstel dat sy iets aan die saak sal moet doen. Daar is geeneen met wie sy daar-oor kan praat nie. Sy wil nie die indruk skep dat sy nie weet hoe om die plaas te behartig nie. Sy wil ook beslis nie dat daar van haar gesê word dat sy té vriendelik, of té sag is nie.

    Dié wat dit sou sê, sal reg wees, want dit is presies soos sy is, maar sy is nou keelvol vir alles. Vanoggend gaan daar gepraat word. Sy hoop dat die werkers hulle samewerking sal gee.

    Ek sal by Jakob begin, dink sy.

    As hy met haar saamwerk, sal die ander hopelik volg. Sy hoop hy kan verduidelik wat hier aangaan. Sy stap vasberade die stalle binne en roep hard na Jakob.

    Jakob trek hom regop vanwaar hy gebukkend tussen die melk-koeie staan. Sy bly in die ingang van die stalle staan en dit dwing hom om na haar toe te stap.

    Hy is ʼn breedgeskouerde man, en sy blou oë vertoon helder in

    sy songebruinde gesig. Hy is ʼn toonbeeld van iemand wat gedurig in die buitelug werk. Hermanus het hom sy regterhand genoem.

    Goeiemôre, Mevrou Viljoen, groet hy vriendelik, maar is behoedsaam.

    Ja, môre, en haar groet is ook maar styf.

    Reg opgesom, dink Jakob so by homself.

    Mevrou klink omgekrap so in die koue vroegmôre?

    Sy woorde klink meer na ʼn bevestiging van iets, as ʼn vraag. Hy wonder of hy nie nou met sy voet in ʼn onverwagte slagyster getrap het nie.

    Jy is reg as jy dink dat ek vanoggend omgekrap is, Jakob. Jy is ook reg as jy dink dat ek klagtes het, want ek het!

    Jakob hou nie van haar stemtoon nie en is dadelik op die ver-dediging.

    Ek is besig met koeie melk. Kan ons later gesels?

    Sonder om op haar antwoord te wag draai hy om.

    Stop net daar! Ek wil nóú met jou praat.

    Met hierdie woorde het sy beslis weer Jakob se aandag.

    Hy druk sy hande diep in die sakke van ʼn kakiebroek wat al beter dae geken het.

    Ek luister.

    Sy voel dadelik sleg, want sy wou nie so kwaai geklink het nie, maar gaan moedig voort.

    Ek wil weet wat hier op die plaas aan die gang is. Ek het jou gesê dat ek mense hier gaan hê vir die naweek, en ek het uitdruk-lik gesê dat die gras voor die huis gesny moet word. Ek het ook gevra dat daar aan die struike gesnoei moet word. Niks daarvan is gedoen nie. Hierdie laksheid en disrespek gaan ek nie langer duld nie.

    Jakob trek sy hande uit die broek se sakke en vee oor sy gesig.

    Hy stoot sy vingers hard deur sy hare.

    Ek sukkel om die mense tot insig te kry, Mevrou. Hulle worstel nog met die gedagte om vir ʼn vrou te werk, maar daar is goeie vordering. Dit is maar ʼn kwessie van gewoond raak.

    Nou ja, en sy druk haar wysvinger in sy rigting. Sê vir hulle dat as hulle nie bevele van my wil neem nie, kan hulle maar hul geld kom haal en dan ander werk gaan soek. Ek het nou genoeg gehad van hierdie laksheid.

    Die woorde tref Jakob hard.

    Gee my net kans om klaar te melk, Mevrou, dan sal ek almal bymekaar maak en hulle sê wat Mevrou gesê het, antwoord hy.

    Rebekka kyk hom afgemete aan; ʼn kyk wat sê dat sy geen teenstand sal duld nie.

    Goed. Dit is reg so.

    Sy draai dadelik om en stap weg.

    Asof die konflik tussen haar en Jakob nie genoeg was nie, ont-moet die gelui van die bekende deuntjie wanneer haar oorlede man haar gebel het haar, toe sy die agterdeur oopmaak.

    Sy voel hoe ʼn floute van haar besit neem, en gryp bewend na die tafel naby haar. Toe die gelui ophou, sak sy op een van die stoele neer. Sy kon haar tog nie verbeel het nie, wonder sy.

    Die foon begin amper onmiddellik weer lui, en sy vind die krag om op te staan en te antwoord. Met ʼn stem wat skaars hoorbaar is, antwoord sy, Hallo?

    Môre, Rebekka, hoor sy Werner, Hermanus se stiefbroer, se stem aan die ander kant. Ek bel net om te laat weet dat ek die kinders vanmiddag terugbring plaas toe.

    Dankie, Werner.

    Haar stem klink onvas en haar swaer moes dit opgetel het.

    Alles reg daar by jou?

    Ja, alles is reg. Is daar nog iets?

    Nee, wou net laat weet.

    Julle moet asseblief veilig ry, Werner. Dan sien ek julle agter-middag. Totsiens.

    Dit is reg so. Totsiens.

    Rebekka stap terug kombuis toe. Eers gaan sy ʼn behoorlike lekker koppie moerkoffie drink en sommer drie stukke beskuit saam eet, want sy het die krag nodig vir vandag se werk.

    In die kombuis is Lena en Katryn alreeds besig om twee groot yslike potte vol water te gooi.

    Julle moet roer, Lena, sodat daardie potte kan vuur toe gaan. Ons het ʼn bakkievrag vol hoenders wat geslag en skoongepluk moet word.

    Ja, ou Lena is al baie jare op Mooiplaas. Het glo vir Hermanus se ouers as jong meisie hier begin werk. Sy ken baie van kos kook, slag en so meer.

    Terwyl Rebekka koffie en beskuit nuttig, kyk sy uit na buite oor die pragtige tuin. Haar gedagtes dwaal af en sy onthou toe Hermanus haar die eerste keer plaas toe gebring het.

    Wow, was haar eerste reaksie. Dit is ʼn besonderse mooi plek, het sy vir Hermanus gesê.

    Daar was lowerryke akkerboom lanings en ʼn groot plaasdam laer af. Aan die linkerkant was die spruit met wilgerboom takke wat kunstige skaduwees gooi oor die water, en vinkneste wat swierig hang aan die onderstebo punte van die takke.

    So tussen die akkerboom lanings, het sy die begin van die buitelyne van ʼn plaashuis gesien, aan die onderpunt waar die akkerbome kring. Soos hulle die plaashuis genader het, het sy

    gesien dit is ʼn Hollandse boustyl huis.

    Hulle het voor die huis gestop waar skitterwit mure geblink het in die oggendson. Daar was mooi houtdeurtjies met hortjies aan albei kante van elke venster, sierlike bougainvillea struike in ʼn verskeidenheid van kleure, en ʼn pragtige roostuin.

    Haar eerste gedagte was dat dit so vreedsaam en besonder mooi is, dat ʼn mens op so ʼn stuk hemel kan gelukkig wees, weg van die dorp en sy geraas.

    Haar gedagtes wissel en sy kan nog die eerste kennismaking tussen hulle onthou.

    Sy was ʼn gewone meisie uit ʼn middelklas gemeenskap en het na skool vir twee jaar as ʼn kinderversorger in Nederland gaan werk.

    Terug in Suid Afrika, het sy by Kaap Agri in Malmesbury, reg voor by die betaalpunt, begin werk. Hier het sy ʼn jaar gewerk toe Hermanus een oggend daar ingestap kom; hy wat so kaalvoet by die gebou ingestap het, met blonde hare deurmekaar gewaai deur die wind, in ʼn blou P.T. kortbroek en kakiehemp.

    Goeiemôre, almal, het hy vriendelik gegroet en aangestap na die oorpakke rak. Sy het nog altyd ʼn swakheid gehad vir ʼn paar mooi, sterk, manlike kuite! Soos hy rak toe stap, bekyk sy dié kuite.

    Wow, het Rebekka gedink.

    Toe Hermanus voor by die betaalpunt kom met arms vol oorpakke, het hy ook nie gras onder sy voete laat groei nie. Hy stel hom voor as Hermanus Viljoen, ongetroud. Dadelik wil hy weet wat haar naam is.

    Heeltemal onkant gevang, bloos sy bloedrooi en sê skamerig,

    Rebekka.

    So ʼn mooi naam, sê hy toe.

    ʼn Week later was hy weer daar, en vra hy haar sommer uit op ʼn koffie afspraak. Sy het natuurlik eers wal gegooi, maar toe weer na sy kuite gekyk en ingestem. Sy het wel gedink die man is voor op die wa.

    ʼn Paar weke later het hy haar gevra om hom te vergesel na ʼn fondsinsamelingsdans vir die kinderhuis. Sy het toe weer inge-stem, want hy het gesê dit is vir ʼn goeie doel en daarteen kon sy nie stry nie.

    Rebekka het gou agtergekom dat hy besonder lief is vir kinders. Hy het haar vertel dat hyself in ʼn kinderhuis was en aangeneem is. Hy het nooit sy biologiese ouers geken nie.

    Sy stiefouers was baie lief vir hom en het hom grootgemaak op Mooiplaas. Hy het later die plaas geërf, nadat sy stiefouers in hul slaap oorlede is as gevolg van ʼn gas lekkasie. Dit was drie jaar voor haar en Hermanus se ontmoeting.

    Hy het toe net klaar studeer in Potchefstroom, in Kuddebe-stuur. Rebekka het hom leer ken as ʼn saggeaarde, goeie man en dit was nie lank nie, of sy was dolverlief. Sy was net twee en twintig jaar oud.

    Hulle is in die hof getroud en haar tannie en ma was getuies. Hulle het eers ʼn jaar gewag voordat sy swanger geraak het met hul eersteling. Reeds oor die feit dat Hermanus uit die kinderhuis kom, het hulle wyslik besluit om eers te wag en te kyk of hul huwelik sou slaag.

    Rebekka se ouers was goeie mense. Haar pa, Michael, was ʼn motorwerktuigkundige by ʼn handelaar op die dorp. Haar ma, Hettie, het by die groot materiaalwinkel gewerk. Ongelukkig is haar pa oorlede aan ʼn hartaanval toe sy twee jaar oud was.

    Haar ma, Hettie, het alleen hard probeer om haar mooi groot te maak. Dit was swaar jare, maar sy het geleer van respek, dissi-pline, behulpsaam wees en liefde vir jou medemens.

    Mevrou, roep Lena. Rebekka ruk haarself terug na die hede.

    Ja, Lena?

    Mevrou, die twee potte kookwater is reg om stoep toe te gaan.

    Sal sy wraggies hier sit en dagdroom, en dit terwyl daar so baie is om te doen. Sy staan op en net betyds ook, want Jakob en twee werkers kom terselfdertyd by die agterdeur ingestap met die eerste tien kratte hoenders.

    Hier is die eerste lot, Mevrou.

    Baie dankie, Jakob, maar dit is nou net soos julle mansmense is. Vir wat bring julle die hoenders in die kombuis in? Stoep toe met die hoenders en slagtafels!

    Dawid en John neem die hoenders stoep toe en begin om die koppe af te sny. Jakob kom weer in kombuis toe, en help ou Lena en Katryn om die potte kookwater uit te dra.

    Dit is ʼn taamlike groot proses, so ʼn vere-pluk bedryf en slagwerk. Eers word die hoenders in water gedompel, en dan behendig en vinnig word die vere uitgetrek. Die oorblywende donsies brand jy af deur die hoender oor ʼn blik te hou. In die blik gooi mens spiritus, steek dit brand en hou die hoender oor die vlam terwyl jy dit stadig draai. Hierna word die hoenders geslag en skoongemaak.

    Teen middagete is daar oor ʼn honderd hoenders geslag, ontveer en skoon. Dawid en John verpak die geslagde hoenders in plas-tiek houers en laai dit op die bakkie. Jacob sal na middagete self

    die hoenders dorp toe vat na die afsetpunt.

    Lena het twee hoenders uitgehou, want wanneer Werner en die kinders agtermiddag arriveer, sal hulle honger wees. Sy gaan die hoender bruin braai en bygaande gebraaide aartappels en soetpatats voorsit.

    Jakob maak seker dat die stoep skoon is en alles gebêre is. Hy kondig aan dat hy voor ete gou gaan kyk hoe die manne vorder met die gras se sny en die bome wat gesnoei moet word. Vinnig maak hy hom uit die voete.

    Rebekka besluit sy maak sommer ʼn ham toebroodjie en sit dankbaar by die kombuistafel. Die grootste gedeelte van die dag se werk is gedoen. Daarna gaan lê sy vir ʼn uurtjie skuins.

    Toe sy later opstaan, roep sy vir Katryn om gou die gastekamer se beddegoed oor te trek. Teen vier-uur hoor sy ʼn voertuig se dreuning. Soos sy die voordeur oopmaak, stop Werner met sy spoggerige rooi Mercedes. Rebekka merk dat die gras mooi gesny is en die bome gesnoei is. Dankie tog.

    Sy het vroeër vanoggend, voor haar gesprek met Jakob, rose gepluk en in die voorhuis in ʼn mooi blompot gesit. Die laaste keer toe Werner hier was, het hy ʼn meisie saamgebring en daar was nêrens blomme in die huis nie. Hy het mos nie takt om mens vooraf te laat weet wanneer hy gaste saambring nie. Dié slag het sy blomme in die huis.

    Danie en Lisa spring uit die motor en kom opgewonde aange-hardloop na hul mamma toe.

    Hallo, Mamma, groet die kinders.

    Hallo, my skattebolletjies. O, Mamma is so bly julle is veilig terug by die huis. Sy druk al twee styf vas.

    Danie lyk nes sy pa, en Lisa trek na haar.

    Werner kom aangestap met die tasse. Jakob stap verby hom op pad huis toe en Werner groet hom.

    Ja, middag, groet Jakob nors.

    Rebekka wonder wat gaan aan. Wat het oor Jakob gekom?

    Hallo, sexy katjie, groet Werner haar.

    Sy sien hoe sy oë dwaal. Onmiddellik vervies sy haar en gee hom ʼn afkeurende kyk.

    Werner het lang, swart krulhare wat hang tot op sy skouers. Hy dra net ontwerpersklere en jy ruik sy oordadige onderarm-sproei en naskeermiddel ʼn myl ver. ʼn Regte rokjagter.

    "Vat gou julle goed kamer

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1