Die oomblik as ’n mens met die smal Carinus-brug oor die Berg-rivier ry, wéét jy jy het nou op Velddrif aangekom. En jy besef sommer gou hoekom: Die verwarrende stopstraat-fopsirkel-gedoente waar niemand eintlik weet wat hulle te doen staan of watter koers hulle moet inslaan nie, is ’n goeie weer-spieëlingvan die uiteenlopende aard van dié Weskusdorpie. Hier kry jy nog kinders wat op ’n Saterdagmiddag by ’n gewilde hotel aantree vir Volkspele, maar dit is ook ’n plek waar een van die tandartse ’n bos oranje rastalokke met hom saamsleep en lyk of hy meer tuis sal voel by AfrikaBurn as met ’n boor in sy hand.
Vellerif is ook die tuiste van Rob en Maria Kirsten, wat met die eerste oogopslag presies die teenoorgestelde is van hoe ’n mens dink ’n egpaar op ’n klein Weskusdorpie moet lyk. As jy Rob die eerste keer sien, sal niemand jou kwalik neem as jy hom aansien vir Keith Richards van die Rolling Stones nie – Keith in ’n bandana vol sonne-blomme,’n knoop-en-doop-frokkie en ’n snaakse swembroekie. Maar anders as die legendariese rock ’n roll-kitaarspeler wat waarskynlik teen vieruur smiddae ’n bottel Jack Daniels vertroetel het, tref jy Rob op ’n Vrydag-middag in sy onpretensieuse braaiplek langs die huis aan met ’n Black Label in die hand terwyl hy na David Gray luis-ter. Sy glimlag is aansteeklik en op sy gesig is lyne te bespeur wat deur lag en deur die son uitgebeitel is.
“Ek het saam met my pa op Melk-bos grootgeword, in 5de Laan. Ek was nog altyd mal oor die dorp. Maar