Weg! Platteland

As die platteland jou trek… en stoot

Ek het grootgeword op ’n klein dorpie – goed, tegnies was dit ’n kleinerige stad – en dit was wonderlik. Ek het al die plaaslike helde geken, in die strate krieket gespeel tot jy later níks meer kon sien nie, oral met my fiets rondgery en vrugte uit die bure se tuin gesteel.

Een van die plaaslike rampokkers het ons ou Papbek genoem. Hy en sy bende het my altyd onder in die straat voorgelê as ek winkel toe is op my fiets. Sy gommerige ou suur gesig was altyd ’n teken dat daar ’n geveg op pad is – of minstens ’n klompie bloedstollende dreigemente. Dit het vinnig einde gekry toe ek dreig om my mater Julius nader te hark om Papbek en sy trawante vas te vat as hulle my nie uitlos nie.

“Papbek” klink dalk vreemd, maar dit is die tradisie op klein dorpies: Niemand noem mekaar op die voornaam nie. Daarom het Julius bekend gestaan as Caesar (hoe anders), én ek het ook ’n Dagga, Slakkie en Padda geken.

In die middel van my tienerjare het ek altyd op ’n Sondag, terwyl my ouers sit en koerant lees, my ma se kar gesteel, en dan het ek en my vriende vir ’n halfuur lank heerlik tekkies gebrand en wild om die draaie gejaag, iets wat die bure tot raserny gedryf het. Ek het ook op my motorfiets na die meisieskoshuis toe gery, want sien, gerugte het die ronde gedoen dat allerhande interessante stukkies onderklere na my toe gegooi sou omdat ek so dapper is. Dit het nooit gebeur nie. Nie één keer nie.

Ek besef ek klink dalk nou soos ’n reeksmisdadiger, maar die waarheid

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland2 min read
Kom Ons Gaan Kyk… En Leer
Min of meer reg in die middel van die land, daar waar die Oranjerivier breed en gespierd deur die dorre Noord-Kaapse Karoo sny, lê ’n dorp met ’n eienaardige lot: Die meeste Suid-Afrikaners was óf nog nie daar nie óf stel nie in die minste belang om
Weg: Platteland2 min read
Nou Ry Ons Plak-plak So!
’n Versameling kleurryke buffer-plakkers agterop ’n bakkie, woonwa of boswa is soos ’n padkaart van plekke waar iemand was en verraai dadelik jy is ’n ernstige reisiger. “Ek is mal daaoor: ’n ereteken-stelsel waarmee jy kan sien waar mense al was,” s
Weg: Platteland6 min read
Ons. Gaan Tuin Toe
Die wêreld is gaande oor Suid-Afrika se unieke fynbos: Net in Oktober 2023 is meer as 1000t – dit is 1 miljoen kilogram – van dié endemiese blomme uitgevoer. “Dit is die meeste fynbos wat Suid-Afrika nóg in een maand uitgevoer het,” sê Karien Bezuide

Related