Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.
Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.
Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.
Ebook200 pages3 hours

Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Jesus Christus onthul die ontnugterende beginsel wat voorspoed en rykdom beheers. Hy wat het, sal meer kry! Hoe onregverdig klink dit nie! En tog is dit die werklikheid wat elke dag voor ons oë afspeel. Hierdie boek wil dié Skrifdeel verstaanbaar maak wat deur min verstaan word. Jy sal groot insig in die geheimenisse van voorspoed verkry as jy hierdie nuwe boek deur Dag Heward-Mills lees.

LanguageAfrikaans
Release dateJul 17, 2018
ISBN9781683982166
Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.
Author

Dag Heward-Mills

Bishop Dag Heward-Mills is a medical doctor by profession and the founder of the United Denominations Originating from the Lighthouse Group of Churches (UD-OLGC). The UD-OLGC comprises over three thousand churches pastored by seasoned ministers, groomed and trained in-house. Bishop Dag Heward-Mills oversees this charismatic group of denominations, which operates in over 90 different countries in Africa, Asia, Europe, the Caribbean, Australia, and North and South America. With a ministry spanning over thirty years, Dag Heward-Mills has authored several books with bestsellers including ‘The Art of Leadership’, ‘Loyalty and Disloyalty’, and ‘The Mega Church’. He is considered to be the largest publishing author in Africa, having had his books translated into over 52 languages with more than 40 million copies in print.

Related to Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.

Related ebooks

Related articles

Reviews for Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het.

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Want Wie Het, Vir Hom Sal Gegee Word; En Wie Nie Het Nie, Van Hom Sal Weggeneem Word Ook Wat Hy Het. - Dag Heward-Mills

    Hoofstuk 1

    Hy wat het en Hy wat nie het nie

    Is dit waar?

    Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

    Markus 4:25

    Dit moet waar wees, al klink hierdie woorde vreemd! Dié Bybelvers klink onregverdig! Waarom moet diegene wat geld het, ook hulle wees wat selfs meer geld kry? Waarom moet diegene wat min het, ook hulle wees wat verloor selfs wat hulle het? Waarom gebeur dit in die regte lewe dat hulle wat het, selfs meer kry? Waarom is dinge presies die teenoorgestelde van wat ons sou verwag?

    Selfs al klink hierdie Skrifgedeelte onregverdig, is dit om twee redes waar. Dit is waar omdat Jesus dit gesê het. Hemel en aarde sal verbygaan, maar sy woorde sal nie verbygaan nie (Mattheüs 24:35). Die woorde van Jesus is die kragtigste woorde wat ooit uitgespreek is. 

    Die tweede rede waarom hierdie Skrifgedeelte waar is, is omdat ons dit oral rondom ons sien. Almal wil meer hê, maar nie almal kry meer nie. Wie kry dan werklik meer?

    Almal van ons verwag dat hulle wat nie baie het nie, op gelyke voet gebring moet word. Ons wil hê dat almal ten minste die basiese dinge moet hê. En tog wys sowel die lewe as die geskiedenis vir ons dat hy wat het die een is wat meer van alles kry. Kyk net rondom jou en jy sal sien dat hulle wat nie baie het nie, selfs die bietjie verloor wat hulle het! Ons kan almal sien dat die woorde van Jesus waar is.

    Hierdie boek gaan geheel en al oor hierdie Skrifgedeelte wat vreemd klink. Jy sal ontdek dat hierdie vreemde Skrifgedeelte op sowel die fisiese as die geestelike lewe van toepassing is. Kom ons kyk na wat hy wat het beteken.

    Hy wat fisiese dinge het

    1. Hy wat geld, huise en motors het, sal meer geld, meer huise en meer motors kry

    Ryk mense (hy wat het) word ryker en het aan niks gebrek nie terwyl die armes elke dag armer word.

    Afrika, die armste kontinent op aarde, is net deel van die wêreld wat voortdurend oor die afgelope dertig jaar armer geword het. Amerika en Europa, wat alreeds ryk is, het ryker geword en hulle goudreserwes, hulle besittings en hulle eiendomme vermeerder. Aan die ander kant het Afrika, wat meer infrastruktuur nodig het, sy klein bietjie infrastruktuur deur burgeroorloë en stamgevegte vernietig.

    Dit is duidelik dat iemand wat ’n huis gebou het, waarskynlik meer huise sal bou. ’n Mens wat nie ’n huis gebou het nie, sal waarskynlik ook nie in die toekoms ’n huis bou nie. ’n Persoon wat nie ’n huis het nie, sal meer waarskynlik sy huidige verblyf verloor. ’n Persoon wat nie ’n huis gebou het nie, sal meer waarskynlik deur sy huisbaas uitgeskop word.

    Mense wat motors het, sal meer waarskynlik in die toekoms meer motors besit. Arm mense wat nie motors besit nie maar al klaar in busse en huurmotors ry, sal heel waarskynlik in die jare wat voorlê ook in busse en huurmotors ry.

    2. Hy wat werk het, sal selfs meer werkaanbiedings kry

    Die een wat werk het, sal waarskynlik meer werk kan kry. As jy ’n sjef by die Golden Tulip Hotel is, sal jy deur die nuwe Sheraton Hotel genader word om daar sjef te wees. Ongelukkig sal die persoon wat net ’n sjef-kursus by die plaaslike hotelskool voltooi het, minder waarskynlik die werk by die nuwe Sheraton Hotel aangebied word. Hy wat ’n werk het, sal heel waarskynlik nog ’n werk kry. ’n Persoon wat as ’n kassier by ’n bank werk, sal heel waarskynlik deur ’n ander bank genader word en ’n selfs beter werk aangebied word. Ongelukkig sal ’n persoon wat twee grade aan ’n universiteit verwerf het, minder waarskynlik deur die bank genader word. Hierdie persoon sal ywerig werk moet soek en sal verskeie kere weggewys word.

    3. Hy wat ’n kind het, sal selfs meer kinders kry

    Mense wat kinders het, sal maklik ’n volgende kind verwag. Dit is algemeen om moeders van kinders te kry wat ongelukkig is omdat hulle weer swanger geraak het. Sulke mense het reeds ’n aantal kinders. Ongelukkig sal mense wat geen kinders het nie, probleme hê om selfs een te kry. Dit is ’n hartseer teenstrydigheid, maar dit is in ons wêreld ’n werklikheid.

    4. Hy wat politieke mag het, sal meer politieke mag kry

    Families wat politieke mag het, sal waarskynlik meer politieke mag kry. Jy mag vra: Waarom moet die Bush-familie twee Amerikaanse presidente hê? Waarom moet die Kennedy-familie twee presidente hê?

    Jy wil dalk hê dat ’n ander familie die kans moet kry om beroemde politici of presidente op te lewer. Maar dit is meer waarskynlik dat daar meer presidente uit ’n familie sal kom wat reeds beroemd is.

    5. Hy wat opvoeding het, sal meer opvoeding kry

    Dit is meer waarskynlik dat ’n familie van prokureurs en dokters kinders sal hê wat ook prokureurs en dokters word. Dit is onwaarskynlik dat ’n kleindorpse familie van ongeletterdes kinders sal hê wat prokureurs, dokters en wetenskaplikes sal word.

    So word die Skrif weer vervul. Hy wat opgevoede mense in sy familie het, kry selfs meer opgevoede mense in sy familie. Hy wat nie geleerde mense in sy familie het nie, verloor oënskynlik selfs dié wat hy gehad het.

    6. Hy wat vriende op hoë plekke het, sal selfs meer vriende kry

    Iemand wat belangrike mense ken, sal waarskynlik meer belangrike mense leer ken soos die jare verbygaan. ’n Kleindorpse persoon of ’n arm ongeletterde wat nie ’n ingenieur, dokter of prokureur ken nie, sal waarskynlik ook nie teen volgende jaar ’n belangrike persoon ken nie. As gevolg van sy armoede sal mense waarskynlik hulle belangstelling in hom verloor en sy vriende sal al hoe minder word. 

    7. Hy wat beroemd is, sal selfs meer beroemd word

    Iemand wat beroemd is, sal waarskynlik meer beroemd word as hy voortgaan om die dinge te doen wat hy doen. ’n Onbekende persoon iewers in ’n dorp sal waarskynlik nie in die komende jaar beroemd word nie.

    Hy wat geestelike dinge het

    1. Hy wat kennis van God het, sal waarskynlik in hierdie kennis groei.  Hy sal waarskynlik in die kennis en vrees van God groei. Sulke mense wat gesalf is, sal waarskynlik selfs meer salwing in die komende jare ontvang.

    2. Die evangelis wat baie siele gewen het, sal waarskynlik in die komende jaar meer siele wen.  Hy sal waarskynlik selfs groter veldtogte hê, terwyl die evangelis wat klein opkomste het, waarskynlik by sy klein veldtogte verminderde bywoning sal ervaar. Die jong man in die kerk wat in sy hele Christelike lewe net een siel gewen het, sal waarskynlik nie hierdie jaar enige siele wen nie.

    3. Die pastor wat ’n groot kerk het, sal waarskynlik in die komende jaar ’n nog groter kerk hê.  ’n Pastor wat ’n groot kerk het, sal waarskynlik nog ’n groter kerk hê. ’n Klein kerkie sal waarskynlik nog kleiner word. ’n Klein kerkie is meer waarskynlik om lidmate te verloor en op te hou bestaan as ’n groot kerk.

    4. Die gesalfde dienskneg van God word oënskynlik meer begaafd en gesalf.  Hulle reik oënskynlik verder uit en doen meer groot dade vir die Here. Mense wat nie begaafd is nie, word oënskynlik minder aantreklik. Hulle is geneig om selfs meer van hulle salwing te verloor.

    5. Pastors wat kerkgeboue het, bou oënskynlik selfs meer geboue.  Hulle wat nie ’n gebou vir hulle kerk het nie, sal waarskynlik gevaar loop om uit hulle gehuurde gebou uitgeskop te word. Kerklidmate stroom oënskynlik uit die kleiner kerkies na die groter kerke toe. Dit maak die reeds kleiner gemeentes nog kleiner.

    6. Kerke wat ’n hoë inkomste het, sal waarskynlik in die komende jaar ook ’n hoë inkomste hê.  Kerke met ’n klein inkomste sal waarskynlik lidmate en inkomste in die komende jaar verloor.

    7. Bedienaars van die evangelie wat baie toekomstige leiers opgelei het, sal waarskynlik meer oplei.  Mense wat nooit leiers opgelei het nie, sal minder waarskynlik ooit ’n opvolger hê.

    Waarom is dit so?

    Waarom is dit so dat Jesus se stelling: Wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het so baie waar is?

    Waarom hy wat het nog meer sal kry

    Diegene wat het, het sekere dinge gedoen wat hulle in staat gestel het om te kry wat hulle het. Gewoonlik hou diegene wat het aan om dieselfde beginsels van groei toe te pas.

    Waarom hy wat nie het nie sal verloor ook wat hy het

    Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het …

    Mattheüs 25:28

    Hulle wat nie baie het nie, pas nie sekere beginsels toe of volg sekere ideale wat na rykdom lei nie. Gewoonlik gaan dié wat nie het nie voort met die verkeerde beginsels en idees wat hulle in hulle bestaande toestand van armoede laat beland het. Dit veroorsaak dat hulle armoede erger word en hulle probleme al hoe meer ingewikkeld raak.

    ’n Vinnige kykie na lande en ekonomieë in Afrika sal toon dat daar selfs meer ingewikkelde en diepgewortelde armoede bestaan as vyftig jaar gelede. As dit ’n wonderwerk sou vra om Afrika uit sy koloniale armoede uit te lig, sou dit nou ’n duisend meer wonderwerke vra om Afrika uit te lig van waar dit nou is. Dit is omdat die probleme en uitdagings van Afrika meer geword het, vermenigvuldig het en ontwikkel het in ingewikkelde probleme wat baie ingewikkelde oplossings vereis.

    ’n Bediening wat ’n diepe worsteling het met krisisse, moeilikhede en armoede, het dikwels probleme wat nie met die eerste oogopslag raakgesien kan word nie. Hulle het dikwels diepgewortelde, ingewikkelde en langdurige probleme. Hierdie probleme is dikwels komplikasies van ingewikkelde probleme. Dit is waarom Jesus gesê het: Wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

    Wat moet ons doen?

    Wat moet ons nou doen? Ons moet die oorsake eerlik identifiseer van die ongelykhede wat in ons wêreld bestaan – sowel geestelik as finansieel. Ons moet die klein verskille identifiseer wat die groot verskille veroorsaak wat ons raaksien. Ons moet ons daarop toelê om lesse by hy wat het te leer. Daar is geen vinnige regstelling om van armoede na rykdom te beweeg nie.

    Hierdie boek gaan nie oor voorspoed nie. Daar is niks verkeerd met boeke oor voorspoed nie. Ek glo in voorspoed. Maar hierdie boek is ’n boek wat verder gaan om die geheimsinnige woorde van Jesus te verstaan: Wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. As jy die beginsels van hierdie boek toepas, sal jy word soos hy wat het.

    Verbasend genoeg bevestig studies wat deur sekulêre navorsers gedoen is, die waarheid van Jesus se woorde. Die ondersoek na die dinge wat sekulêre mense ontdek het, help ’n mens baie om te verstaan waarom hy wat het nog meer sal ontvang, en hy wat nie het nie sal verloor ook wat hy het.

    Jesus se woorde is so verreikend. Selfs sonder navorsing is Jesus se woorde die woorde wat verduidelik wat daartoe aanleiding gegee het dat daar mense in hierdie wêreld is wat het en nie het nie.

    Moenie die kundigheid en wysheid verag wat in hierdie boek geopenbaar word nie. Maak erns daarmee, want die Gees van God is die Gees van kennis.

    Daar is voorwaar geen wysheid soos die wysheid van Jesus nie en daar is geen woorde soos sy woorde nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar jy sal uitvind dat diegene wat het selfs meer ontvang en diegene wat nie het nie verloor selfs wat hulle het.

    Hoofstuk 2

    Hy wat het sal selfs meer kry omdat hy positiewe eienskappe en gesindhede het

    En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde, en by die broederliefde die naasteliefde. 

    Want AS HIERDIE DINGE BY JULLE AANWESIG IS EN TOENEEM, dan LAAT DIT JULLE NIE LEDIG OF ONVRUGBAAR tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie …

    2 Petrus 1:5-8

    Die Skrifgedeelte hier bo wys vir ons dat as jy sekere dinge in jou het, sal jy nie ledig of onvrugbaar of onproduktief wees nie. Die dinge waarna Petrus verwys, is positiewe eienskappe soos ywer, geloof, deug, selfbeheersing en so meer. Dit is hierdie positiewe eienskappe in ’n persoon se karakter wat tot vrugbaarheid en produktiwiteit lei.

    Dit is positiewe eienskappe in iemand se persoonlikheid wat hom daartoe bring om weg te breek uit onvrugbaarheid, onproduktiwiteit en gebrek aan voorspoed. Onvrugbaarheid beskryf ’n dorre landskap met baie min produktiwiteit. Die droë en onvrugbare velde van hy wat nie het nie getuig van die gebrek aan sekere positiewe eienskappe in daardie persoon. Wat is die positiewe eienskappe in ’n persoon wat van hom iemand maak wat het? Dit is waaroor hierdie hoofstuk handel. Daar is nege belangrike positiewe eienskappe wat met vrugbaarheid, produktiwiteit en oorvloed in verband gebring kan word.

    Hierdie positiewe eienskappe word in die gedeelte hier bo in die Woord van God aangetoon. Dit is die persoonlike eienskappe wat enigiemand ryk sal maak. Hierdie persoonlike eienskappe moet in jou geïdentifiseer, aangemoedig en ontwikkel word sodat jy iemand kan word wat het. Die Bybel leer ons dat daar geen onvrugbaarheid, dorheid of armoede sal wees as hierdie positiewe eienskappe teenwoordig is nie.

    Die positiewe eienskappe is ywer, geloof, deug, kennis, selfbeheersing, lydsaamheid, godsvrug, broederliefde en naasteliefde. Omdat hierdie eienskappe so belangrik is, moet jy ’n aantal dinge oor elkeen van hulle weet en verstaan hoe hulle werk.

    POSITIEWE EIENSKAP: YWER

    Ywer word soos volg gedefinieer: Ywer is die volhardende en onverbiddelike poging deur ’n individu om ’n probleem op te los, om moeilikhede te oorkom en om groot dinge te bereik.

    Vier dinge wat jy oor ywer moet weet

    1. Ywer is die persoonlike eienskap wat iemand ryk maak

    Amper elke ryk mens is ’n ywerige mens.

    Hy word arm wat met ’n trae hand werk, maar DIE HAND VAN DIE VLYTIGES MAAK RYK.

    Spreuke 10:4

    2. Ywer is die persoonlike eienskap wat van ’n persoon ’n leier maak

    Die meeste leiers is ryk en voorspoedig omdat hulle voor almal is wat hulle lei.

    Die hand van die VLYTIGES SAL HEERS, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

    Spreuke 12:24

    3. Ywer is die persoonlike eienskap wat vir ’n persoon idees gee wat tot oorvloed en rykdom lei

    Die PLANNE VAN DIE VLYTIGE IS NET TOT VOORDEEL, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

    Spreuke 21:5

    4. Ywer is die persoonlike eienskap wat tot bevordering lei

    Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk – HY KAN VOOR KONINGS STAAN, hy hoef nie voor geringes te staan nie.

    Spreuke 22:29

    Die geskiedenis leer ons dat ywer die eienskap is wat ryk, suksesvolle mense gevorm het. ’n Kykie na leiers, miljoenêrs en mense van oorvloed sal dikwels baie ywer en harde werk blootlê. Die verhaal van hoe KFC gestig is, is ’n klassieke voorbeeld van die belangrikheid van ywer.

    Hoe ywer die wêreldbekende Kentucky Fried Chicken geskep het

    Toe kolonel Harland Sanders op ouderdom 65 afgetree het, het hy baie min besittings gehad behalwe ’n ou motor, ’n maandelikse pensioentjek van 105 dollar en ’n hoenderresep.

    Hy het geweet dat hy nie van sy pensioen sal kan lewe nie. Daarom het hy die hoenderresep geneem, agter die stuurwiel van sy voertuig ingeklim en weggetrek om sy fortuin te gaan maak. Sy eerste plan was om hierdie hoenderresep aan restaurant-eienaars te verkoop, wat op hulle beurt vir hom ’n kommissie sou gee vir elke stukkie hoender wat hulle verkoop – vyf sent per porsie. Die eerste restaurant-eienaar wat hy gaan sien het, het die aanbod geweier.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1