Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Evangelie na Openbaring
Evangelie na Openbaring
Evangelie na Openbaring
Ebook195 pages3 hours

Evangelie na Openbaring

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

WIL JY WEET!!!
AS JESUS IN MATT. 28:20 AAN DIE DISSIPELS GESÊ HET:

“HY IS MET HULLE TOT
DIE VOLEINDING VAN DIE WÊRELD”:
Waar is Jesus vandag?
Hoe kommunikeer Hy vandag met ons?
God sê ons moet die Koninkryk soek – HOE en WAAR?
Soek ons dalk op die verkeerde plek?
Word Christus se wederkoms nie met die voleinding van tye verwar nie?
Wat is die verskil tussen die Bybel en die Lewende Woord van God?
Wat verstaan ons van die begrippe: geestelik en natuurlik?
Waarom was Paulus se kerk ‘n sekte genoem?
Waar is die hemel, en hoeveel hemele is daar?
Wat verstaan ons van die lewe voor en na die dood?
Jesus het meestal eenvoudige mense gebruik vir Sy evangelie – sal dit vandag nog so wees?
(‘n Model vir die beter verstaan van
hierdie vrae word aangebied)

Besef jy dat die ontkenning van Jesus se teenwoordigheid dieselfde beteken asof Hy weer gekruisig word! (Heb 6:4-6)

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 18, 2019
ISBN9781370709151
Evangelie na Openbaring

Related to Evangelie na Openbaring

Related ebooks

Related articles

Reviews for Evangelie na Openbaring

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Evangelie na Openbaring - Dr Stephanus Van Der Merwe van der Merwe

    Dankbetuigings

    ‘n Spesiale woord van dank aan

    My gade, Santie, wat my skrywe die afgelope drie jaar geduldig moes aanhoor en deurlees. Sy was ‘n ware klankbord, tikster en taalver- sorger. Ek dink jy het die geestelike vreugde hierdeur ervaar. Sonder jou hulp sou die taak nie moontlik gewees het nie.

    Al my familie en vriende, wat my geestelik ondersteun het.

    Die uitgewers van hierdie publikasie vir die moeite en professionele versorging van die werk om dit op die rak te verwesenlik.

    Voorwoord

    Die skrywer het vandag, na dertig jaar se wonder of moet hy die pen nader trek, besluit dat die tyd net kan uitloop en aangesien geen mens ‘n permanente woonplek hier op moeder aarde het nie, beskou die skrywer dit as belangrik om navorsing en ervaring vir ‘n nageslag in die vorm van ‘n God-geïnspireerde evangelie na te laat.

    Alle mense op die aarde is in sonde ontvang en gebore en deel verder in ‘n verlore-gaande wêreld. Daar is egter redding belowe vir die mense wat God se reddingsplan nougeset navolg. Dit sal dus belangrik wees om uit te vind presies wat God se plan is en die tersaaklike inligting te ondersoek en om dan ‘n ingeligte besluit te kan maak. In 1 Johannes (5:11-20) lees ons dat God die ewige lewe aan die mens gegee het, en die lewe is in Sy Seun. Die wie nie die Seun van God het nie, het nie die lewe nie. In vers 20 word dieselfde gedagte sterk beklemtoon deur te sê dat die Seun gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken, en ons is in die Waaragtige, in Sy Seun, Jesus Christus. Die skrywer wonder maar net oor die baie mense wat Jesus op die wolke verwag, maar dat Jesus alreeds volgens Johannes in die teenwoordigheid van die mense is, wat bely dat hulle die ewige lewe het. Hierdie evangelie van Johannes stel dit baie duidelik dat die ewige lewe en die Seun nie appart funksioneer nie. So baie gelowiges sê hulle het die ewige lewe, want Jesus het vir ons sondes gesterwe, maar Jesus moet nog kom. Lees die hele gedeelte van Johannes om meer duidelikheid te verkry.

    Vir wie die saak steeds nie duidelik genoeg is nie, sal die onderwerp weer aangespreek en met verwysings en verdere inligting meer duidelik gemaak word.

    Elke leser word uitgenooi om saam met die skrywer die pad te stap en bes moontlik die eenvoudige boodskap en plan wat God daargestel het, te herontdek. Om die Bybel en geloofsboeke van die elemente te stroop, wat die kernboodskap buite die visier plaas, sal heelwat lees en voorbidding tot gevolg nodig hê. Dit staan enige persoon vry om die Bybelse samestelling en die totstandkoming daarvan ‘n bietjie na te vors en daar sal gevind word dat daar telkemale voor baie struikelblokke te staan gekom sal word. Van die mees geleerde persone sal nie verklarings hiervoor kan verskaf nie.

    Miskien is dit net belangrik om hier heel aan die begin van die skrywe die leser te herinner dat God nie akademiese kwalifikasies as voorwaarde gestel het vir die verstaan van die Bybel nie. Nee, inteendeel, word daar in verskeie gedeeltes van die Bybel baie uitdruklik gemeld dat God Sy boodskap en verborgenhede aan die eenvoudiges openbaar en word die mense ook gewaarsku teen die skrifgeleerdes en die fariseërs. Beide die eenvoudige mense en skrifgeleerdes bestaan in vandag se lewe nog steeds en daar word in die Bybel gesê dat ons versigtig moet wees om nie iemand weg te wys nie, want dit kon ‘n boodskapper van God gewees het. Gasvryheid as ‘n Christelike beginsel moet versigtig hanteer of mee omgegaan word.

    Die skrywer wil graag niemand te na kom met die skrywe van hierdie evangelie nie en kan maar net vir ons mede-gelowiges en vriende, wat nog altyd gewonder het oor die bymekaar bring van so baie inligting in die Bybel,’n eenvoudige model voorhou wat moontlik die verstaan daarvan kan vereenvoudig (sien hoofstuk 1).

    Daar het, sedert die skeppingsgeskiedenis, ongeveer ses duisend jaar verloop en het die Bybel eers ‘n duisend jaar of wat na aan-vang van die skeppingsverhaal deur middel van perkamentrolle, tablette en oorvertellings begin vorm aanneem.

    Die Mens se Bestaan vir die Afgelope 6,000 Jaar

    Hierdie primêre bronne verwys natuurlik na die ou testamentiese geskiedenis. U kan maar self dink hoeveel onthou ‘n mens na ‘n duisend jaar en veral in die lig gesien dat simbole en skryfkuns ook eers rondom hierdie tyd ontwikkel het. Dan het die Bybel ook nie aanvanklik in sy huidige vorm verskyn nie. Alles was aanmekaar in hoofletters geskryf, sonder hoofstukke, opskrifte of leestekens. Dit is eers baie jare later deur die vertalers, redigeerders en publiseerders verwerk, om meer leesbaar te wees. Hoofstukindeling het ongeveer 1200 nC ‘n aanvang geneem en vers-indeling eers na 1500 nC. U kan vir uself indink hoeveel materiaal ingelas en bygevoeg is om die eindproduk van die Bybel, soos ons dit vandag ken, daar te stel. Om nie eers te praat van die taalverskynsels van Aramees, Grieks, Hebreeus en Latyn, wat ‘n verdere invloed op die eindproduk gehad het nie. Hierdie veranderlikes sal weer na verwys word wanneer die begrip die woord van God breedvoeriger bespreek sal word (sien hoofstuk 8).

    Daar is ook met die skrywe gepoog om eenvoud deurentyd in gedagte te hou, want soos ons almal weet, word daar baie duidelik in die Bybel genoem van die eenvoudiges en die wat arm van gees is, die wyse sal beskaam. Aangesien die groot Leermeester van alle tye ooit, nooit tyd op ‘n universiteit of skool deurgebring het nie, word daar nie van natuurwetenskaplike oorsake en gevolg metodes gebruik gemaak vir verklaringe nie, maar wel kennis geneem van alle dissiplines wat raakpunte met die geloof het.

    Ons dink maar byvoorbeeld aan ‘n pad en padtekens wat inligting voorsien om by ‘n bepaalde bestemming uit te kom. Die padteken sal nooit die bestemming bereik nie, alleen die persone wat die pad gebruik. Daarom word in die Bybel melding gemaak van die saligheid wat nie in die skrifte te vinde is nie, maar dat dit nuttig gebruik kan word in die ‘oppad’ wees na saligheid. Hierdie paragraaf komplimenteer die vorige paragraaf rondom die skrifte, wat as die Woord van God veralgemeen word. Jesus self verwys na die skrifte wat van God getuig. ‘n Baie versigtige aanname veronderstel gemaak te word van die geskrewe en/of teenswoordige woord van God. Hierdie onderwerp sal meer volledig in hierdie evangelie bespreek word.

    Inligting by die verskillende hoofstukke sal verwysings vanuit die Ou Afrikaanse Vertaling (OAV-1953) gegee word, aangesien die letterlike vertaling meer van pas sal wees vir die benadering in hierdie werk. Daar is geensins in die werk gepoog om die Bybel oor te skryf nie, maar ‘n model voor te hou wat die lesers instaat sal stel om self op ‘n doeltreffende en selfstandige wyse deur die Bybel te kan werk.

    By die lees van hierdie werk sal u gou agterkom dat die skrywer met inligting vanuit die laaste boek van die Bybel en wel met verse (18 en 19) van Openbaring 22 in die Bybel begin en dan verder vanuit die nuwe Testament werk om die Bybel beter te kan verstaan. Die kerngedagte agter die benadering is dat die nuwe Testamentiese geskiedenis nie net meer histories betroubaar is nie, maar dat die nuwe Testamentiese tyd as die mees volmaakte en betroubaarste tydperk in geloofs-ontwikkeling beskou kan word.

    Die vraag waarom sommige mense die skrifte verstaan en kan interpreteer en ander nie, word ook aangeraak en lesers sal maar die skoen moet aantrek as dit hom pas.

    In die skrywer se omswerwinge tussen gelowiges en verskillende denominasies het hy so baie gehoor van die wonderlike God, Heilige Gees en die Seun en dat hulle nooit aan die Seun sou doen wat die Fariseërs, Skrifgeleerdes, Owerpriesters, Owerstes, Jode en Romeine aan Jesus gedoen het nie. Tog, as die feite onder oë geneem word, het die gelowige bevolking dieselfde oortreding herhaal en gebeur dit tot selfs vandag in die een-en-twintigste eeu waar die Seun van die mens ontken word, gekruisig en bespot word. Duidelike verwysings sal in die betrokke hoofstukke deurgegee word.

    Die eenvoudige model sal nie net in hoofstuk 1 van die boek verskyn nie, maar sal in die daaropvolgende hoofstukke deurlopend na verwys word. Lesers en akademici is welkom om terugvoering te gee en word die lesers verseker van ‘n oop gemoed, aangesien die werk ‘n verskil tussen lewe en dood kan bewerkstellig. Ons praat hier nie van die natuurlike dood wat ons almal een of ander tyd in die gesig sal staar nie, maar van die toekomstige lewe waarna al die gelowiges uitsien.

    Daar is in die werk gepoog om nie belangrike inligting uit te laat nie, maar ook om nie minder belangrike inligting te herhaal nie.

    Indien ‘n mens die struktuur van ‘n eenvoudige gebou sou neem en die komponente sou benoem sal dit heel moontlik fondamente, vloere, mure, dak, vensters en deure wees. Die eienaar van die gebou kan dan self besluit oor die afwerking en die meubels wat hy/sy die gebou mee wil versier. Net so sal dit wees met God se huis en struktuur wat God geskep het en nie ‘n mens nie. Indien die komponente vir die ewige huis van God duidelik word soos God dit geskep het, het die gelowige ‘n keuse om dit te versier en te bewoon na gelang van sy/haar se besondere gawes wat ook van God gegewe is.

    Miskien is dit belangrik om hier by die ewige huis van God te beklemtoon dat sou die leser die struktuur/woning van God ontdek en dit word vermy of ontken, is dit presies een en dieselfde asof Jesus gekruisig word. Die skrywer meen dat die lesers nie soos die fariseërs moet soek om nie te vind nie, voortdurend Jesus moedswillig verkeerd verstaan het.

    In ‘n meer ernstige luim kan die skrywer verklaar dat hy ‘n soortgelyke ervaring as die van Apostel Paulus gehad het deur in ‘n droom die skerp lig te ervaar wat inderdaad in Paulus se geval as Christus uitgewys is. Die ervaring het al ‘n geruime tyd gelede gebeur en die skrywer voel dat die dag en tyd nou aangebreek het om hierdie inligting met ander gelowiges te deel. Die skrywer matig hom nie aan as buitengewoon begaaf nie; inteendeel voel die skrywer as sondaar eintlik skaam om so ‘n belanrike dokument saam te kan stel.

    ‘n Verdere belangrike verwysingsraam-werk is dat hierdie skrywe se titel, die: EVANGELIE NA OPENBARING getitel word, aangesien alle inligting vervat in hierdie EVANGELIE op dieselfde wyse as die res van die Nuwe Testament tot stand gekom het. Dat die opdrag van ‘n hoër gesag afkomstig is en die skrywer maar net die instrument soos Paulus lank na Jesus se kruisiging en opstanding, ook ‘n opdrag ontvang het. Paulus het nie die Bybel bestudeer of gelees voor hy die openbaring van Christus ontvang het nie. Inteendeel het hy die wette en Joodse geskrifte bestudeer om as vervolger die gelowiges, wat die WEG bewandel het, gevange te neem en dan deur die owerhede te laat doodmaak. Die skrywer van hierdie Evangelie se name is Abraham Stephanus en het die skrywer gevoel dat Abraham ‘n te groot naam in die skrywe van hierdie evangelie sal wees, aangesien dit ‘n verbondsnaam van ons Vader is. Die tweede naam Stephanus is meer gepas, aangesien een van die vroëre disippels se naam ook Stefanus was wat ter wille van die evangelie gestenig is. Hierdie evangelie sal dus EVANGELIE NA OPENBARING deur Stephanus lees.

    Evangelie na Openbaring verwys na twee belangrike aspekte. In die eerste plek het die evangelie ontstaan as gevolg van ‘n openbaring soortgelyk aan die openbaring wat van Paulus in die boek Handelinge oor gepraat word en in die tweede plek het die evangelie na die boek van Openbaring ontstaan. Hierdie Evangelie na Openbaring is ook moontlik die enigste evangelie wat as gevolg van ‘n openbaring na die boek van Openbaring op skrif gestel word.

    Die skrywer wil ook graag lig werp op ‘n saak wat nie duidelik is nie, naamlik die gebruik van die woord evangelie. Die woord evangelie is in die antieke tyd gebruik om ‘n belangrike aankondiging te maak. Hierdie aankondigings het nie noodwendig met godsdiens te doen gehad nie. Evangelie beteken blye boodskap. Die vier evangelies het hierdie woord evangelie aangeneem om na die blye boodskap van Jesus en Sy Koninkryk te verwys. Die woord evangelie is nie beperk tot die vier evangelies nie maar elke goeie boodskap oor Jesus en die Koninkryk word as evangelie gereken. Boodskappe wat deur middel van die Vader, Seun en Heilige Gees geïnspireer word is ook evangelie. Dit is ook waarom Jesus sê die dwang jou opgelê is om die evangelie te verkondig.

    Die skrywer wens u voorspoed met hierdie reis deur die boek en vertrou dat die Heilige Gees u ook sal lei en aanraak soos die skrywer hiervan aangeraak en begeesterd is.

    Soos in die vorige paragrawe belowe is, sal die verskillende hoofstukke in kort ingelei word in die voorwoord en dan weer na elke hoostuk. Die daaropvolgende hoofstuk sal inlei om met die werkswyse ‘n geheelbeeld van die evangelie te skets.

    In hoofstuk een word ‘n eenvoudige model verduidelik wat deur die hele evangelie na verwys sal word. Die model wat die tydelike en die ewige lewe as twee wêrelde voorhou, word ook grafies geillustreer. Hierdie model kan moontlik daartoe bydra om ‘n beter verstaan van die belangrike begrippe soos tydelike en die ewige. Die model word verder deur eenvoudige en verbruikers-vriendelike taal aangwend om ‘n duidelike onderskeid tussen die aardse en ewige te kan tref.

    In hoostuk twee is ek, Stephanus, die skrywer van die evangelie aan die woord om my ervaring en besluit tot die evangeliewoord met die lesers te deel. Hoofstuk twee wys ook daarop dat akademiese kwalifikasie nie ‘n voorvereiste is vir die verstaan van die Bybel en God se koninkryk is nie. Inteendeel, die Bybel is vol bewyse dat God eenvoudige mense gebruik het om Sy boodskap uit te dra. ‘n Oproep word gemaak aan die lesers, dat God, elkeen wat bewus gemaak word van sy taak rondom die evangelie, ‘n verantwoordelikheid teenoor God en sy medemens het.

    Hoofstuk drie verwys na die tydlose oproep van God en Sy aanbod tot die mens wat vandag in die een-en-twintigste eeu, nog steeds standhou. Ons ervaar in die Bybel baie verskillende wyses hoe God die mens benader het en ons moet nie vergeet dat God onveranderlik is nie, gister, vandag en in die toekoms dieselfde bly en sal wees tot in alle ewigheid. Die klem in die hoofstuk lê daarop dat die leser versigtig moet luister na geykte uitsprake van die akademici, wat op grond van wetenskaplike interpretasies gemaak word, en nie deur middel van ’n openbaring van die Heilige Gees nie.

    In hoofstuk vier word God se bemoeienis met sondaars, ongeleerdes en oningeligtes beklemtoon. Dat God vandag nog steeds met genoemde mense kommunikeer en die verskynsel versigtig benader behoort te word. Daar kan nie geoordeel word nie, want indien ons iemand oordeel is ons reeds geoordeel. Daar staan wel geskryf dat die geestelike mens alles kan beoordeel terwyl hy/sy self nie beoordeel word nie.

    Hoofstuk vyf spreek ‘n baie belangrike onderwerp aan en onderskei tussen die begrippe natuurlik en geestelik. Die Bybel verklaar dat ons God in Gees en waarheid moet dien. Alles in die Bybel is nie geestelik nie en alles is ook nie natuurlik nie. Daar is egter gelowe wat glo dat alles wat jy in die Bybel lees geestelik vertolk moet word en dan is daar gelowe wat alles natuurlik wil interpreteer. Voorbeelde word gegee om hierdie benadering beter te kan verstaan en lesers word ook toegerus om met ander geloofsgenote makliker te kommunikeer in die verband.

    In hoofstuk ses word na die voleinding en die toekomstige volmaaktheid verwys. Hierdie begrippe lewer ook probleme op deur verskillende interpretasies van gelowe. Soos hoofstuk een se eenvoudige model voorstel, behoort dit baie duidelik te wees dat God ‘n duidelike skeidslyn tussen die tydelike en ewige trek. Ons lees in die boek van Openbaringe van die nuwe Jerusalem, die nuwe hemel en aarde, waar duisternis nie meer teenwoordig sal wees nie. Hierdie begrippe word verder bespreek en verduidelik sodat daar geen twyfel verder oor die voleinding van tye behoort te bestaan nie.

    Hoofstuk sewe verwys na die maniere hoe God deur al die eeue met die mense gekommunikeer het. Hierdie hoofstuk het raakpunte met

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1