Skryf gerus vir my oor jou sake van die hart of moeilike persoonlike kwessies. Ek beantwoord hier vrae en briewe van lesers en gee graag raad. Ek sal nie jou naam bekend maak nie en jou identiteit bly vertroulik. Skryf vir my by: Vra vir Irma, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of stuur jou e-pos na vravirirma@gmail.com of SMS Vra vir Irma gevolg deur jou vraag na 36489.
MOET EK VIR ONS HUISHULP MY SPERM SKENK?
My vrou en ek is langer as drie dekades getroud. Ek is ’n kontakmens, maar sy is nie so erg oor drukkies en soentjies nie. Ons of groet mekaar met die hand, selfs wanneer ons nagsê. Ons het drie kinders wat deur middel