Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Die Kristal Grot
Die Kristal Grot
Die Kristal Grot
Ebook174 pages4 hours

Die Kristal Grot

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Mollie vestig saam met haar man en gesin op die familieplaas, Oasis in die Boland.
Vasgevang in die natuurskoon, is sy salig onbewus van die diep, donker geheime wat in die plaas opgesluit lê... en waarvan sy die hoofteiken sou word van die bonatuurlike.
Vele intriges en gebeure, waarvan talle onverklaarbaar is, eskaleer en bou op tot vreesaanjaende, dog verrassende hoogtepunte.
Die skrywer dryf die verhaal van hoogtepunt tot hoogtepunt en hou die leser deurlopend op die punt van sy/haar stoel.
Die leser word meegevoer in hierdie gevoelvolle , boeiende riller en beleef ‘n skokkende maar gelukkige einde saam met Mollie Theron en haar mense...

LanguageAfrikaans
Release dateFeb 9, 2012
ISBN9781465879998
Die Kristal Grot
Author

Frederick J Smith

I am an Afrikaans writer living in Centurion Gauteng.I am a pensioner retired since 1991 after serving in the SANDF (AIR FORCE) for 26 years.I am married to a marvelous wife and have three beautiful daughters, two grand daughters and three grand sons, whom I love dearly. I am addicted to reading and writing, especially in the Afrikaans language, my mother tongue. I come from a large family of ten children and was raised in the Orange Free State, one of the provinces in the Republic of South Africa. The small town of Hennenman was my inspiration to become a writer one day....although many, many years later, my dream came true. I hope that the Afrikaans readers of my books will enjoy them as much as i enjoyed writing them......i'm convinced they will love them...! xxx

Read more from Frederick J Smith

Related to Die Kristal Grot

Related ebooks

Related articles

Reviews for Die Kristal Grot

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Die Kristal Grot - Frederick J Smith

    Janke Theron is hoogs befoeterd toe hy uiteindelik by die bank uitstap. Elke keer as hy die bank besoek ( en dit is maar een maal per maand ) moet hy wag totdat die gesette, onbeskofte boekhouer met sy weglê snor hom kan sien.

    Hy wat Janke Theron is, is ‘n gelowige kerkman, maar soms is te veel net te veel, dan kook sy gemoed oor en raak hy buite homself van woede - hy is immers een van die bank se finansiëel beter kliёnte...’n gesiene boer wat beter behandeling verwag as wat hy tans kry: Sulke bliksems!

    Hy klap sy ou Ford bakkie se deur met mening toe en wens dit was daardie arrogante boekhouer se mond wat die hou kon kry. Al waaraan hy nou dink is om by Oasis, sy plaas, te kom waar sy geliefde vrou Mollie vir hom wag...

    Voor dagbreek vanoggend is hy al weg van die plaas af. Mollie het hom vier uur vanoggend wakker gemaak met ‘n stomende beker koffie en vars gebakte beskuit wat sy die vorige aand gestaan en bak het. Dit was vandag sy maandelikse rit dorp toe om al sy banksake, mark en ander sake te doen. Gelukkig kon hy vroeg Mollie se inkopies doen, anders weet hy nie waar hy kans sou kry om dit ook nog te kon inpas na die bank episode nie.

    Hy loer in sy tru spiëel en merk hoe moeg hy lyk, nee, meer bedonnerd as moeg. Hy sien op teen die tagtig kilometer terug plaas toe, maar wat, hy is honger en dors en weet dat Mollie sal regstaan met sy bordjie gekookte kos en gemmerbier...

    Hy luister na die nuus en weerberig. Die voorspelling is nie baie bemoedigend vir hom nie. Hy verwelkom die reënvoorspellings, maar die mis oor die pas wat hy moet ry, die moontlike rukwinde en rotsstortings maak hom effe benoud... die grondpad wat hy moet ry, grotendeels deur dig bebosde gebied, is in elk geval ‘n nagmerrie om te trotseer, veral in die donker; hoeka is die bakkie vandag swaarder gelaai as gewoonlik met al die proviand wat hy moes aankoop.

    Janke Theron is ‘n gesoute boer in murg en been. Hy is die enigste oorlewende seun van vier en het nooit susters gehad nie. Die ouer broer het op ‘n onverklaarbare wyse in die ou plaasdam aan die voet van die berg verdrink. Die twee broers jonger as hy se afsterwes was ook in omstredenheid gehul – die een se verskeurde liggaam is in die digte woude teen die berghang deur die plaaswerkers gekry, die jongste een is aan ‘n hoë boom gekry met `n tou om sy nek... sy klere was verskeur, sy liggaam onherkenbaar vermink. Tot vandag toe kon sy twee arms nêrens opgespoor word nie.

    Terwyl die ou Ford bakkie krakend en knarsend oor die stowwerige kronkelpad voort ploeter, flits Janke se gedagtes terug oor die jare op hul familieplaas. Daar was die gelukkige tye, veral oor Kerstye as al die familie van die stad af kom kuier het, dan was daar ook die bittere hartseer tye – eers is oumatjie Theron skielik, sonder enige waarskuwing deur die dood weggeraap, ‘n paar weke later was dit oupatjie Theron se beurt. Verlede jaar is pa Duan dood – hy het van die trekker afgeval waarna die stroper oor hom gery het... sal hy ooit daardie dag vergeet! Ma Susara was van daardie dag af in ‘n koma waaruit sy nooit gekom het nie en is drie maande na Pa oorlede.

    In die afgelope tien jaar het die ou familie begraafplaas gegroei tot sewe grafte. Janke is die laaste oorlewende van die Theron familie. Hy is bitter trots op die dertig duisend hektaar familieplaas wat hy geёrf het en bedryf. Die plaas is ‘n vrugbare juweel en lê uitgestrek tussen twee bergreekse aan weerskante. Die opstal kan net van een rigting af bereik word omdat die twee berge op hul verste punte ontmoet-pa Duan het altyd gepraat van die vallei van liefde.

    Dit is sterk skemer toe Janke die steiltes van die enigste toegangspad tot die plaas begin uitklim. Die wind pluk geniepsig aan die bakkie, maar gelukkig help die swaar vrag vanaand om die ou bakkie redelik stabiel op die grondpad te hou. Janke stuur die een gebedjie na die ander na Bo – hy is ‘n gelowige man, maar besef nogtans die gevare wat moontlik op hom kan wag vorentoe...

    Die oeroue bome se takke swiep in die wind en word soos slap linte deur die lug gewaai. Die mistigheid dwarrel soos mini kolke in die swak lig voor die Ford bakkie... Janke Theron prewel hardop sy gebede na Bo: Vader, U is my Behoeder vannag, al dwaal ek deur ‘n vallei van doodskaduwee, sal ek nie vrees nie Vader, U is met my... en Vader wees ook met Mollie, U weet hoe bang sy is in hierdie weer Vader, behoed en bewaar ons...!

    Janke verstyf van skok toe ‘n uil, asof van nêrens, rakelings by sy voorruit verby vlieg – vir ‘n vlietende oomblik sien hy die wydgesperde geel oë van die uil... hy trap die rem effens te hard en die bakkie knars feitlik tot stilstand, maar met twee vinnige pompe van die versneller en ‘n laer rat beur die bakkie weer vorentoe.

    Dit sou volmaan wees as die weer nie vanaand so sleg was nie, nietemin glip daar so hier en daar ‘n maanligstraal deur die miswolke. Dit omtower die gewoonlik sprokiesagtige landskap in ‘n misterieuse, onheilspellende, vreesaanjaende donker woud...

    Janke hoor hoe die wind mistroostig om die bakkie loei, die temperatuur begin sak, hy voel hoe die angssweet oor sy liggaam begin uitslaan. Dit verg die uiterste konsentrasie van hom om die pad in die swak sigbaarheid te volg. Die weerkaatsing van die ligte in die toenemende digte mis verblind hom, maar teen ‘n slakkepas dreun sy getroue ou bakkie die steilte uit.

    In sy drie en veertig jaar wat hy die aarde bewandel, weet Janke dat daar bitter min dinge is waarvoor hy werklik bang is. Sy grootste vrese is vir die elemente... weerlig, storms, verspoelings... ja, alles wat nie deur die mens se invloede veroorsaak word nie.

    ‘n Sweepslag weergalm uit die donker dieptes van die hemelruim, Janke skrik, pluk die stuurwiel na regs en mis rakelings ‘n puntige rots aan die kant van die nou erg glibberige grondpad. Alhoewel nou veel kouer as voorheen, rol dun stroompies sweet van sy voorhoof af... Janke besef dat hy onder hewige spanning verkeer... hy besef dat as sy konsentrasie nou verslap, hy moontlik nie die bakkie verder sal kan beheer nie, hy stuur weer ‘n skietgebedjie na Bo terwyl sy hande krampagtig vasklou aan die stuurwiel.

    Nog twee slap draaie na regs, dan sal hy die piek van die kronkelpad bereik. Van daar af kronkel die pad afdraend vir ongeveer ses kilometer tot by die plaas opstal. Dit voel alreeds vir Janke Joubert asof hy al vir ure op die pad is, asof die pad vannag heel verder is as gewoonlik... diep binne-in hom knaag ‘n onrus wat hy nie kan verklaar nie, ‘n onrus wat vererger word deur die volgehoue blitse wat die omringende woud pynig met sweepslag na sweepslag.

    Die drywende miswalms begin versag en Janke kan ten minste vyf meter voor die bakkie uitsien – hy nader die tweede draai voor hy die piek van die kronkelpad bereik en verminder spoed deur terug te rat. Toe hy om die draai gaan, flits die soveelste weerligstraal oor die woud... asof teen ‘n muur vasgejaag, ruk die bakkie tot stilstand. Janke sit versteen van skok want die enjin het nie uitgesny nie en loop nog teen volle omwentelinge. Vir ‘n stonde dink hy dat hy die rem per ongeluk getrap het, maar nee, slegs sy regter voet lê nog stewig op die versneller pedaal.

    Janke probeer die mis deurpriem om verder te probeer sien as slegs die vyf meter sigbaarheid voor hom, maar tevergeefs – die bakkie se agterwiele grou diep gate in die nat modderpad, maar ‘n onsigbare krag of kragte verhoed die bakkie om vorentoe te beweeg... Janke voel hoe sy liggaam van ongekende angs en spanning verstyf. ‘n Doodse, lam gevoel neem besit van sy ledemate en hy besef dat hy vannag hier te doen het met iets waarmee hy nog nooit van tevore mee te doen gehad het nie. Deur sy benewelde verstand deur prewel Janke weereens ‘n gebedjie...

    Janke laat sak sy kop vooroor op die stuurwiel, trap die versneller dieper in, die enjin wentel vinniger, maar bly botstil staan op dieselfde plek waar hy vasgesteek het, alhoewel die bakkie steeds in tweede rat is. Duisende emosies flits deur Janke se gemoed, vrees, angs, magteloosheid, verwardheid, paniek... emosies wat hy nog nooit in soveel felheid ervaar het nie.

    Bliksem!gil Janke dit uit van moedeloosheid en slaan met gebalde vuiste op die bakkie se stuurwiel: Hoe en waar begin ek nou soek vir die probleem, wat kan fout wees? Sy hardop vraag aan homself klink hol en niksseggend in die donkerte van die kajuit – hy haal die bakkie uit rat en reik na die deurknip om dit oop te maak. Met ‘n verdere skok besef hy dat die deur nie wil oopmaak nie, hy probeer die venster afdraai, maar die ruit wil ook nie beweeg nie.

    Die een verlammende skokgolf na die ander trek deur Janke se liggaam toe hy besef dat hy ‘n gevangene in sy eie bakkie is. Met wydgesperde oë staar hy voor die bakkie uit, die weerlig slaan weer, tref ‘n ou boom links van hom, binne enkele oomblikke staan die ou verrotte boom in ligte laaie. ‘n Sagte rooi gloed weerkaats teen die bakkie. Janke slaak ‘n sug van verligting, nou kan hy ten minste die omgewing beter sien, kan hy ten minste sien waar hy is...

    Janke sien hoe die bome steeds deur die loeiende wind gestraf word, hoe groot druppels reën op die grond neerplof, hoe die reën die brandende boom probeer blus, hoe die miswolkies in vlae oor die bakkie gejaag word... en weer bid hy hardop terwyl die enjin steeds luier.

    Dit is volmaan, maar die wolke verhoed dat die volle maanlig die omgewing bereik, sporadies breek ‘n maanligstraal deur om dan weer net so vinnig geblok te word deur die swaar, swanger wolke.

    ‘n Weerligstraal flits weer deur die lig en tref ‘n hooivurk wat vasgeklem word in ‘n onsigbare hand hier voor die bakkie – Janke se liggaam verstyf, ‘n doodse angs lê vlak afgeëts oor sy gesig. Hy staar stip na die figuur hier voor sy bakkie... hy sien die swart kappie, die lang monnik gewaad en die hooivurk...

    Janke se oë brand van die intensiteit soos hy probeer om die figuur se gelaatstrekke te sien, maar hy sien geen liggaamsdele aan die figuur nie, ook geen gelaat nie, geen voete, hande of enige teken van ‘n mens nie...!

    Vader behoede my vannag, Vader wees met my...! Voordat Janke sy gebed kan voltooi, swaai sy deur oop en staan die figuur minder as ‘n meter van hom af. ‘n Muwwe, onaardse reuk tref sy neusgate en verlam sy sintuie. Janke besef dat hy baie beslis nie hier met ‘n aardse wese te doen het nie... of ten minste nie met ‘n lewende aardse wese nie...

    Janke word met brute krag uit die bakkie se kajuit gepluk, die onaardse krag waarmee hy hanteer word laat Janke sidder. Hy trek die skaal op agt- en- negentig kilogram, het geen oormatige vet aan sy liggaam nie en is alombekend vir sy krag. Hy probeer homself verset toe die figuur hom op die grond neergooi en die hooivurk teen sy keel vasdruk.

    Janke voel hoe die koue, skerp punte van die hooivurk sy keelvel prik, hy voel hoe die warm bloedstraaltjies oor sy koue skouers begin afloop...

    Met nog ‘n weerligstraal wat Janke verblind, ontplof ‘n duisend sterre voor sy oë toe ‘n onmenslike hou hom teen die kop tref. Hy lê asof verlam, hy voel geen pyn meer nie, hy hoor slegs die drup van water, die geloei van die wind deur die bome... dan tel iemand sy voete op en begin hom trek. Deur erg benewelde oë staar Janke na die hemelruim, hy sien die donker onweerswolke daar hoog bo die boomtoppe, hy sien hoe die boomtakke, asof van strooi gemaak, deur die wind rondgepluk word, hy voel die plof van groot, koue reëndruppels teen sy gesig, genadiglik voel hy nie hoe die skerp rotspunte waaroor hy gesleep word, sy rugvelle skaaf nie...

    Na wat vir Janke soos ‘n ewigheid voel, voel hy nie meer die reën op sy wange nie, sien hy nie meer die wolke daar bo en die bome om hom nie...

    Janke spits sy oë en besef hy word in ‘n grot ingesleep – in die pikswart donker kan hy geen voorwerpe sien nie en voel hy ‘n gladder oppervlak waaroor hy gesleep word... dan word hy in ‘n dof verligte rotskamer in gesleep.

    Die figuur lig Janke op asof hy ‘n strooipop is en lê hom op ‘n kliptafel neer... hy sien die aapagtige gevreet, die glimmende lang, wit slagtande wat oor die bloedbevlekte onderlip van die ‘gedrog’ hang, hy sien die mistige figure wat in die grotvertrek rond sweef... met elke aanraking van die figure skiet ongekende elektriese pynskokke deur Janke se liggaam.

    ‘n Ondraaglik-walglike reuk hang in die grotkamer, Janke voel hoe hy onwillekeurig vomeer, hy stik en begin onbedaarlik hoes... tussen sy hoesbuie deur sien hy die skitterende prag teen die rotswande – dit weerkaats alle denkbare kleure in die dof verligte grotkamer, die skakerings van die kristalle teen die rotswande omtower die vertrek in sprokiesparadys van kleure.

    Janke sluit sy oë, hy voel hoe hy in ‘n bodemlose put afwentel, hoe verder hy val hoe minder voel hy die ondraaglike pyne wat sy sinne oorheers, wat soos brandnetels sy sensitiewe senupunte aanval en verlam... Janke dank die Vader vir die genadiglike redding uit die kloue van die mistige figure wat hom so martel...

    ~~~~

    Hoofstuk 2

    Mollie Joubert is rasend van bekommernis, gewoonlik as Janke dorp toe gaan, is hy lank voor sononder reeds terug op die plaas. Vir die soveelste keer kyk sy weer na die tyd op die ou antieke staanhorlosie in die sitkamer. Dit is al sterk donker buite, maar wat haar die meeste bekommer is die siedende storm wat daarbuite heers...

    Sy het die twee waghonde, Snuffels en Katanga in die huis laat inkom soos sy maar telkemale doen as die weer te erg raak buite. Die twee getroue brakke is net so rusteloos soos Mollie. Sy hou hulle kalm met peuselkossies terwyl sy vir die soveelste keer vir haarself ‘n beker koffie inskink.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1