Voor Skeertyd
Ermelo was een van die plekke in Suid-Afrika wat vroeër vandeesmaand kwaai sneeuval ervaar het. Op die plaas Uitgezocht buite Ermelo in Mpumalanga het die sneeu op die oggend van 11 Julie sowat 15 cm dik gelê en die temperatuur het tot -4 °C gedaal.