Landbouweekblad

Pioniers laat diep spore in die landbou agter

Dr. Jasper Coetzee

As een van die mees gerekende kleinvee-kenners in Suid-Afrika is dr. Jasper Coetzee as ’n reus op sy terrein beskou. Hy het ’n groot deel van sy lewe aan navorsing oor skaapvoeding gewy, met ’n vaste oortuiging dat boere baie groter doeltreffenheid uit hul diere kon ontsluit deur strategiese byvoeding. Hy het sy kennis gereeld aan mede-veekenners en boere oorgedra, en word vandag nog gereeld op boeredae aangehaal.

Johan Botha, ’n gesoute skaapteler en eienaar van Oranjerivier Voere wat ’n intensiewe skaapstelsel by Prieska bedryf, het Jasper onlangs groot lof toegeswaai op ’n boeredag op Loxton vir sy hulp met voedingsdeurbrake in hul besigheid. Jasper het ook gereeld bydraes vir die rubriek Vra vir Faffa gelewer. Al daardie kennis en inligting is via Landbou.com steeds tot die landbou se beskikking.

Jasper was van 1973 tot 1979 verbonde aan die departement landbou op Elsenburg en tot 1986 aan die Universiteit Stellenbosch se Mariendal-proefplaas. Tot 1996 was hy ’n senior dosent in skaap-en-wolkunde aan dié universiteit en tot 2012 tegniese bestuurder by Voermol.

Daarna het hy hom as private konsultant daarop toegespits om skape se maksimum genetiese potensiaal te ontsluit.

Willem Basson

Willem Basson van Uilenkraal, Darling, was ’n baanbreker op vele gebiede. Hy en sy familie was die eerste melkboere in die Swartland wat mieliekuilvoer gemaak het, kompos pleks van sand as beddegoed vir sy koeie gebruik het, ’n eie veevoerfabriek op die plaas tot stand gebring het, en sy eie spuite en aartappelwaens gebou het.

Lank voor Eskom se kragprobleme het Willem begin om alternatiewe energie op te wek in die vorm van biogas uit beesmis. Die biogasaanleg is gebou ná ’n besoek aan Italië waar hy by boere kers opgesteek het. Die biogasaanleg wat sedert 2013 bedryf word, het in ’n stadium in tot 95% van die boerdery se behoefte aan krag voorsien. Tans is dit sowat 75%.

Nuwe koeibehuising is ook gebou vir die 1 700 Holsteinkoeie wat drie keer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
MIDDELFONTEIN (803) 75 ha, aan A.M. Taylor, van G.M. Maytham, R850 000. PUNCH BOWL (799) 33 ha, aan Epty21 Inv Trust, van R.V. Rauch, R3 700 000. DE GROOTEBOOM (373) 546 ha, aan De Grooteboom Industrial (Edms.) Bpk., van A. le Grange, R1 365 000. MOO
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad8 min read
Nuwe Tegnologie Laat Geleenthede Wink Vir SA Stamboek
Vertel van jou grootwordjare en hoe jy in dieregenetika beland het? Ek is op ’n plaas buite Ventersdorp in Noordwes gebore en het daar grootgeword. My pa het ’n gemengde boerdery bedryf. Ek het op George in die Suid-Kaap gematrikuleer nadat ons daarh

Related