Landbouweekblad

Landbouweekblad bring hulde

Dr. André de Klerk

DE KLERK (81), navorser wat vrugteen wingerdplase bestudeer het, is op 12 Januarie in die Medi-Clinic op Stellenbosch oorlede ná ’n beroerte. Hy het by Nietvoorbij navorsing gedoen oor onder meer die bestryding van wingerdplae. De Klerk het ook internasionale erkenning as wetenskaplike geniet en het ’n belangrike rol gespeel in die bestuur van die Landbounavorsingsraad en by Infruitec-Nietvoorbij, waar hy adjunkdirekteur en hoof van die plantbeskermingsafdeling was. De Klerk word oorleef deur sy vrou, Annette, vier kinders, Chris, Pierre, Anriëtte en Adéle, asook twee skoondogters, ’n skoonseun en vyf kleinkinders.

Willem Basson

, een van Darling se innoverende Basson-broers, is op 28 Januarie skielik oorlede. Hy het saam met sy broer, Paul, en hul kinders ’n gemengde boerdery op die plaas Uilenkraal bedryf met onder meer ’n Holstein-melkery, het oor die jare gereeld oor die Bassons se planne geskryf: Hoe hulle van die eerste melkboere in die Swartland was wat mieliekuilvoer gemaak het en ook in 2016 ’n biogasaanleg opgerig het nadat hulle Italië besoek het om boere daar die kuns af te vra. Basson laat sy vrou, Hannetjie, drie kinders en ses kleinkinders agter.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related