Landbouweekblad

‘Moet nooit die Springbokke onderskat’

Rugbywêreldbeker 2023

Volgens die oud-Bok-senter Hennie le Roux is daar vanjaar ’n paar sterk spanne wat as Wêreldbekerwenner in Frankryk gekroon kan word. “Vir my is die vier sterk spanne Ierland, Frankryk, Suid-Afrika en Nieu-Seeland, en ek glo een van hulle sal die wenspan wees. Die Springbokke is in ’n taai groep. Hulle moet goed bestuur word sodat die beste spelers op die regte tyd speel.”

Hy sê die Springbokke moet nooit afgeskryf word nie. “As die Springbokke bymekaarkom en besluit hulle gaan vandag iets spesiaals doen, dan het hulle die vermoë om dit te doen. Die vraag is net of hulle dit herhaaldelik kan doen.”

Die Bokke is volgens hom dalk nie so konstant soos die All Blacks nie, maar kan ’n spelpatroon volg wat dit vir teenstanders moeilik maak om verdedigingstrategieë uit te voer en punte aan te teken.

Plaasseun

Hennie se wortels het nog altyd op die plaas gelê. Sy pa het op ’n plaas grootgeword en vakansietye het hy op die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related